PDA

View Full Version : Verwerping van die Messias



Johnny
Oct 27th 2009, 06:50 AM
Ek is al deur heelwat ouens aangevat oor my standpunt en sieining oor die Jode en Israel. Baie het al vir my gese: "Wat van die Jode se volgehoue verwerping van hulle Messias", wat van hulle aanhoudende "Ongehoorsaamheid"? Wel, ek het vir julle nuus. Volgens my verwerp die HELE mensdom Jesus Christus, maar die arme Jode moet alweer aan die korste end trek. Kom ons kyk 'n bietjie na die volgende:

2Co 12:21 dat as ek gekom het, my God my miskien weer by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die wat vroeër gesondig het en hulle nie bekeer het van die onreinheid en hoerery en ongebondenheid wat hulle bedryf het nie.

Die regte perspektief

Romeine 3:10 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
Romeine 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

List of countries by population

http://en.wikipedia.org/wiki/List_of_countries_by_population (http://en.wikipedia.org/wiki/List_of_countries_by_population)

Die populasie van die węreld is 6772779223. Dit is 6,7 Biljoen. Die Joode is 97 ste op die lys met 7459900, of 7,45 Miljoen. ‘n Baie klein persentasie van die węreld bevolking. Volg die skaekl en gaan kyk na al die ander bevolkingsgroepe van die węreld en jy sal agterkom dat meerderheid heiden nasies is wat ‘n ander god dien as die Bybel se God.
Major religious groups
http://en.wikipedia.org/wiki/Major_religious_groups (http://en.wikipedia.org/wiki/Major_religious_groups)
As ons kyk na die gelowe van die węreld, dan is Christinne 2,100,000,000 – 2,200,000,000, dit is 2,1 – 2,2 Biljioen….waarvan die Rooms Katolieke ongeveer 1,2 Biljoen uitmaak…..en hulle bid NIE tot die Messias, Jesus Christus nie. Nee, hulle verloën hom deur Maria te aanbid, en dan natuurli die songod.
Die Joodse geloof maak maar 12,000,000 – 18,000,000, dit is 12 – 18 Miljoen van die totale gelowe uit in die węreld. Buiten dan nou “christinne..??” en die Jode, is die res van die 6,7 Biljoen mense op aarde teen God, teen die Messias. Teen Jesus Christus wat ook vir hulle gesterf het.
As ons kyk na die kerke węreld vandag, dan is buiten die Rooms Katolieke, nie ALLE christinne wel christinne nie. Nie almal dien die Here nie. Nie almal is opreg bekeerde kinders van die Here nie. Om gelowig te wees beteken nie jy dien die God van die BYBEL nie!
Volg die skakel en jy sal sien dat die meerderheid gelowe en mense op hierdie planeet NIE die Here dien nie.
Gaan maak nou weer sommetjies. Jy sal agterkom dat nie die Jode nie, maar die res van die węreld die eintlike Jesus verraaiers is, en NIE die Jode nie. Baie se: "Dit is mos HULLE wat Jesus gekruisig het", terwyl Jesus self sę:
Johannes 10:17 Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflę om dit weer te neem.
Johannes 10:18 Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lę dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lę en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.
Ek hoop julle sien dat daar nie net Jode (minderheid) is wat die evangelie moet hoor nie....wat kwansuis die Messias verwerp nie, maar dat die wereld (meerderheid) die evangelie moet hoor en Jesus moet aanneem....inplaas van om Hom (Messias) te verwerp.
Is dit nie tyd om 'n bietjie die Rooms Katolieke te bearby nie, of die 1,2 Biljoen Moslems nie.....of al die honderde "Pagan" gelowe nie. As en wanneer ek met Jode te doen kry, dan deel ek met hulle op dieselfde manier as wat ek met 'n heiden (dit sluit alle mense in) die evangelie sou deel...en dit is 'n bekerings boodskap. Dit wat Jesus aan die kruis ook vir hulle gedoen het. Het jy al die evangelie met enige van die bogenoemde gedeel.....of lewer jy leerder kritiek oor die Jode wat hul Messias verwerp? Ek het selfs met ons onlangse Israel toer met jong Jode die goeie nuus in Eilat, Israel....6uur die oggend gedeel waar hulle van hulle nagtelike klubs af teruggekeer het huis toe ....en dit is op dvd vasgele wat eersdaags op my webblad (http://www.oospoort.co.za) te sien sal wees.
Ons bly ALMAL in huise van glas. Aan die einde van tyd gaan die meerderheid mense hulle nogsteeds nie tot God bekeer nie.....en kan kan jou verseker...die meerderhied is NIE Jode nie....maar mense soos ek en jy!
Die Laaste Oordeel
Rev 9:20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.
Rev 9:21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.

Rev 16:9 En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
Rev 16:10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;
Rev 16:11 en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.

Het jy jou al tot God bekeer (http://www.oospoort.co.za/source/woordskool.html)? Is jy WAARLIK wedergebore? Kom ons ondersoek onsself vandag en kyk of ons nie wegwerplik voor God is nie.

CFJ
Oct 27th 2009, 07:54 AM
Hi Johnny,

Ek dink nie daar behoort enige probleem te wees, sou mens 'n spesiale bediening onder Jode hę nie. Dit is iets wat die Here in 'n mens se hart sal rig en daar is baie sendelinge wat 'n spesiale bediening onder die Jode se grootste vyande ook het, die Arabiere of eerder Moslems. Daardie mense het 'n hart vir die Moslem en hulle hele bediening is op hulle en ook die vervolgde Kerk in die algemeen gerig.

Dit kan egter 'n probleem raak as ek iemand anders wil oortuig dat hy ook onder die Moslems moet werk, terwyl die Here dit dalk nooit op so iemand se hart lę nie. Miskien verstaan mense jou net verkeerd, maar Israel is nie meer spesiaal as die vervolgde Kerk, sou mens die twee teenoor mekaar afspeel nie. Dit gaan oor die siel van die mens en die Evangelie is die spesiale boodskap wat elke siel konfronteer en dit geld vir alle mense op 'n gelyke vlak. God is nie 'n aannemer van die persoon nie...


En Petrus het sy mond geopen en gesę: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
(Hand 10:34-35 AOV)

Johnny
Oct 27th 2009, 08:01 AM
Dankie CFJ...ek wou 'n punt maak dat ons 'n bietjie weier moet kyk as om net in die Jode se verwerping van die Messias vas te kyk. Almal is skuldig omdat almal die genade van GOd verwerp voor wedergeboorte.