PDA

View Full Version : Vee offerande? vir 2010 sokker??



Ta-An
Oct 28th 2009, 01:43 PM
Mense. ek het NIE die waarheid van die storie nagevors nie.... dra julle kennis daarvan??
Boodskap:hierdie is n artikel wat in die beeld koerant(pretoria)verskyn het op 2009-10-24. ek glo dat ons n verskil kan maak deur teen die optrede te staan in Jesus naam. dankie en groete hendrik.


Vee-slagting sal sokkerstadions 'seŽn' 10/24/2009 1:10:40 AM
Johannesburg Ė Suid-Afrikaanse tradisionele geneeshere beplan om rituele vee-slagtings uit te voer om die 10 stadions vir die 2010 WÍreldbeker in te lyf en te seŽn.

Zolani Mkiva, hoof van die Makhonya Royal Trust, Ďn groep wat verantwoordelik is om kulturele aktiwiteite te koŲrdineer, sÍ diť geleentheid moet geseŽn word in ware Afrika styl.

"Ons moet Ďn kulturele seremonie van een of ander aard hou en gaan daarom beeste slag,Ē het hy gesÍ.

Volgens Mkiva sal die slagting dien om voorvaders te vra om die geleentheid te seŽn en te verseker dat dit goed verloop.

Die WÍreldbeker sal na verwagting sowat 500 000 uitlanders lok. Mkiva sÍ daar is briewe aan die 2010-reŽlingskomitee (LOC) gestuur om voor te stel dat tradisionele seremonies voor elkeen van die 10 WÍreldbeker-stadions gehou word.

Die LOC moet nog tot hierdie briewe antwoord gee.

ďOns glo dat ons reg van die begin af dinge volgens ons tradisies sal doenĒ, het Mkiva gesÍ.

- Reuters

Die Filadelfieer
Oct 29th 2009, 05:54 AM
Ta-An,
Weet jy dat die parlement voor elke sitting "gesŽen" word deur 'n Sangoma ?

Johnny
Oct 29th 2009, 07:52 AM
Ek het laaaank gelede geplaas dat ek nie glo dat God regtig 'n sportondersteuner is nie. Watter span moet wen as altwee bid om te wen.....watter bokser se breins moet nie uitgeslaan word nie....al bid altweee vir 'n oorwinning....watter "Tempel van God" (Jou liggaam) moet nie beskadig word in een of ander geveg, hetsy op die rugby veld of waar ookal nie. Nou ek wil nounie debat daaroor voer nie, gee net my siening.

Ek het geen behae in hulle 2010 wereldbeker of wat hulle daarmee doen nie. Ek dink dit is walglik en afskuwelik om dit te doen, veral met al die "paganism" wat daarmee gepaard gaan. Ek bly liewer weg daarvan af ....en die TV. Sien my plasing vandag oor "Godslastering in die kabinet". Ons lewe in 'n godelose samelewing waar dinge by die dag erger en erger sal word. Tereg se Jesus as julle al hierdie dinge sien (en daar is BAIE ander) hef julle oe na bo want julle verlossing is naby.

Francois Marais
Oct 29th 2009, 09:03 AM
Ek glo en vertrou dat YHWH SA sal begin skud.

Ek dink dit is bietjie OT, maat het julle agter gekom dat die stede wat stadions gebou word snaakse weer die laaste tyd het. PTA het die snaakste weer die laaste paar dae. Ons kry soms 3 seisoene op een dag die laaste tyd...

Gene
Oct 29th 2009, 09:40 AM
Johnny en Francois

Ek dink regtig julle gooi nou die baba saam met die badwater uit..... Eerstens dink ek vir geen oomblik dat God 'n probleem met sport per se het nie. Kyk maar hoe baie skryf Paulus oor sport. Sport is goed vir die gees en die liggaam. Maar dit gese, moet ek erken dat die wyse waarop sport deesdae beoefen en verafgod word, wel problematies is, en 'n tendens van die tye waarin ons leef. Tweedens dink ek dis bietjie verregaande om die snaakse weer (wat terloops wereldwyd voorkom, en nie net in sekere stede nie) toe te skryf aan iets soos die sokker wereldbeker.

Maar om terug te kom na die onderwerp van hierdie draad, ek dink dit is maar net 'n druppel in die emmer. Daar is eenvoudig nie meer plek vir die Here in die wereld vandag nie, en hierdie is maar net nog 'n voorbeeld. Ek dink dis goed waaraan ons as christene sal moet begin gewoond raak. Ons is in die minderheid, en die aanvalle teen die christendom gaan baie feller word in die jare wat voorle.... en die kinders van die Here sal op hulle kniee moet bly om nie saam met die stroom meegesleur te word nie.

Johnny
Oct 29th 2009, 10:05 AM
Gene, het gladnie iets teen sport nie. Het self baie rugby gekyk en LEKKER "gekuier" voor ek 'n kind van die Here geword het. Na my bekering was dit eenvoudig net nie meer vir my belangrik nie. Het ander dinge gekry om my tyd op te neem as om voor 'n TV te sit.

Weersomstandighede:
Hou maar die wereld gebeure dop. Elke keer as Amerika iets teen Israel se, dan is daar een of ander orkaan of gebeurtenis. Die tsunamies en aardbewings is nie om dooie neute nie. Die Here is besig om hierdie wereld te skud.......en nog steeds bekeer hulle hul nie tot Hom nie. Ek hoor wat Francois se. Aborsies is wettig. Vir volgende jaar se 2010 gaan die regering prostetusie wettig. Hoere gaan ingevoer word. (Sorry, die Bybel noem hulle ook hoere). Gays is weetig. Alles wat vir God 'n gruwel is....word wettig.....en dan word daar van magtige herlewings gepraat hier en in die wereld. Regerings ministers het 3 vroue...ens, ens. Ons lewe in genade tyd.....en GOD se genade is besig om uit te loop.

Ek wil nie eens deel daarvan wees nie, want dan keer ek dit ook goed wat hulle doen.

Die Filadelfieer
Oct 29th 2009, 10:08 AM
Maar dit gese, moet ek erken dat die wyse waarop sport deesdae beoefen en verafgod word, wel problematies is, en 'n tendens van die tye waarin ons leef.

Gene,
ek moet darem so bietjie opkom vir Johnny en Francois, en sÍ dat dit wat jy hierbo geskryf het mynsinsiens 'n groter probleem geraak het as wat ons besef. Besef ons aldag wat die samelewing bereid is om prys te gee ter will van sport ?

Francois Marais
Oct 29th 2009, 10:09 AM
Gene, het gladnie iets teen sport nie. Het self baie rugby gekyk en LEKKER "gekuier" voor ek 'n kind van die Here geword het. Na my bekering was dit eenvoudig net nie meer vir my belangrik nie. Het ander dinge gekry om my tyd op te neem as om voor 'n TV te sit.

Weersomstandighede:
Hou maar die wereld gebeure dop. Elke keer as Amerika iets teen Israel se, dan is daar een of ander orkaan of gebeurtenis. Die tsunamies en aardbewings is nie om dooie neute nie. Die Here is besig om hierdie wereld te skud.......en nog steeds bekeer hulle hul nie tot Hom nie. Ek hoor wat Francois se. Aborsies is wettig. Vir volgende jaar se 2010 gaan die regering prostetusie wettig. Hoere gaan ingevoer word. (Sorry, die Bybel noem hulle ook hoere). Gays is weetig. Alles wat vir God 'n gruwel is....word wettig.....en dan word daar van magtige herlewings gepraat hier en in die wereld. Regerings ministers het 3 vroue...ens, ens. Ons lewe in genade tyd.....en GOD se genade is besig om uit te loop.

Ek wil nie eens deel daarvan wees nie, want dan keer ek dit ook goed wat hulle doen.

Dink nie ek kan iets byvoeg nie :)
Dankie Johnny. O ja, ek het ook niks teen sport nie solank hulle net nie agter 'n bal aanhardloop nie is als fine, en solank dit nie met afgode aanbidding gekoppel word nie.

Gene
Oct 29th 2009, 10:18 AM
Skies, ek het nie bedoel om iemand aan te val nie. Ter versagting... ek het darem ook gese:

Maar dit gese, moet ek erken dat die wyse waarop sport deesdae beoefen en verafgod word, wel problematies is, en 'n tendens van die tye waarin ons leef..

Die Filadelfieer
Oct 29th 2009, 10:19 AM
Ek wil nie eens deel daarvan wees nie, want dan keer ek dit ook goed wat hulle doen.


Dit is 'n ding wat my ook erg begin pla Johnny, met al hierdie verwikkelinge , dinge soos die uitnooi van demone na die onderskeie stadiums, offerhande aan demoniese magte ens ens ens .....gaan God se sŽen op hierdie aktiwiteite wees ? Kan dit OOIT God se sŽen wegdrae ?

Francois Marais
Oct 29th 2009, 10:26 AM
Al ooit gehoor van the world cup is comming, get ready church to make money?

Ek weet die Vader stuur baie mense na SA wat ons kan vertel van Jesus, maar daar is so baie vrees tans in ons land dat ek nie kan sien hoe enige iemand eens kerk toe wil gaan sonder om te vrees vir hulle lewe nie.

As ek nie verkeerd is nie is die Duitsers te bang om SA toe te kom omdat hulle bang is dat hulle dood geskiet kan word. En ek is jammer, maar as iemand hoor dat hulle 'n offer aan hulle voorvaders maak hoop ek dat YHWH die stadions sal laat val, want ek sal nie gekoppel wil word aan 'n land wat betrokke is om vals gode dien nie. Daar is EEN GOD! YHWH!

Gene
Oct 29th 2009, 10:30 AM
Dit is 'n ding wat my ook erg begin pla Johnny, met al hierdie verwikkelinge , dinge soos die uitnooi van demone na die onderskeie stadiums, offerhande aan demoniese magte ens ens ens .....gaan God se sŽen op hierdie aktiwiteite wees ? Kan dit OOIT God se sŽen wegdrae ?

Ek het geen twyfel daaroor nie, dit sal NOOIT God se seen kan wegdra nie! Maar nie net dit nie, ek glo ook nie dat wat byvoorbeeld Saterdag op Loftus gaan plaasvind, God se seen kan wegdra nie..... Die wyse waarop sport, veral op beroepsvlak, deesdae beoefen word, is van so aard dat daar beslis nie ruimte is vir God nie. (Ek praat nie noodwendig van deelnemers nie, maar van dinge soos die administrasie daarvan en die "verafgoding" van sport en sportsterre) Die punt wat ek wou maak, is bloot dat die probleem nie by sport as sulks le nie, maar by dit wat daarvan gemaak word.

Johnny
Oct 29th 2009, 10:57 AM
Ek het nog "issues" in my lewe waarmee ek moet deel....dinge wat nog nie in lyn met God se wil vir my lewe is nie.....sondes waarvan ek nog moet breek. Hoe nader die koms van die Here is....hoe Heiliger moet ons probeer lewe...dit is God se wil vir Sy Bruid.

Ek dink die "moral of the story" is.....ons moet klaarmaak met die wereld en die dinge van hierdie wereld.

Rev 22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

Francois Marais
Nov 3rd 2009, 02:24 PM
Vir die wat nie weet wat ons so bos oor gaan nie:

http://www.reuters.com/article/oddlyEnoughNews/idUSTRE59M3OI20091023?feedType=RSS&feedName=oddlyEnoughNews