PDA

View Full Version : Godslastering in die kabinet



Johnny
Oct 29th 2009, 07:39 AM
Gister en vanoggend luister ek op RSG dat Trevor Manuel bely dat hy 'n oordeelsfout begaan het om sy luukse BMW te koop. Op radio se hy die volgende:

Trevor: "Forgive me father for i have sinned....WHO EVER YOU ARE FARTHER...for i have sinned"
Spreker: "We greatly respect you for admitting your mistake. Is this why they have changed the ANC song to "Please God give me a Mercedes Benz"

En die hele kabinet lag en klap hande....

Trevor: "Can i sing that song now?"

Die hele kabinet bars uit van die lag.

Gene
Oct 29th 2009, 09:57 AM
Ja Johnny, dis om van siek te word, die manier hoe God vandag bespot en verkleineer word in die wereld. Maar weet jy, ek dink nie ons moet ons moeg maak daaroor nie. Iemand het nou een dag iets interressants gese wat my anders laat dink het oor die Amerikaners se geliefkoosde uitdrukking "Oh my god!" - iets wat my altyd dwars in die krop gesteek het. Hy se dat dit nie Godslasterlik is nie, want daardie persoon praat van sy of haar god (Oh MY god..) En iemand wat die Here aanbid, wat kan aanspraak maak daarop om God "my God' te noem, sal nie sulke uitdrukkings gebruik nie. So die god wat aangeroep word, is dus beslis nie ons god nie. Laat hulle dus maar begaan, hulle weet nie wat hulle doen nie...

Net terloops, die verwysing na "Father" is nie 'n verwysing na die Here nie, maar na 'n Rooms Katolieke priester teenoor wie daar belydenis gedoen word ("Forgive me Father for I have sinned") Wanneer Trevor Manuel se "who ever you are Father..." dan se hy dus eintlik dat hy nie weet wie die "priester" is teenoor wie hy moet bely nie, maar hy bely maar in elk geval teenoor enigiemand wat dit van hom verwag...

Maar ek herhaal wat ek op 'n ander draad ook gese het, daar is nie meer plek vir die Here in die wereld waarin ons leef nie, en ek dink ons moet daaraan gewoond raak

Johnny
Oct 29th 2009, 10:16 AM
Beslis is dit soos jy se. Dit is heel moontlik nie ons God nie....maar wou net ook vertel wat ek hoor op die radio.

Philip dT
Oct 29th 2009, 11:14 AM
Ek het dit ook gehoor en was net so afgesit daardeur. So New Age soos kan kom...

Francois Marais
Oct 29th 2009, 11:24 AM
Ek het dit ook gehoor en was net so afgesit daardeur. So New Age soos kan kom...
New age of Freemasons?
Dit is regtig sleg dat mense in SA moet sukkel om kos te koop en die vet katte koop 'n BMW van R1m? Ek dink ek sal amper 10 jaar moet werk om dit te maak as ek 'n groot verhoging kry.
My gebede is dat hulle Vader sal ontmoet en terug sal draai van hulle verkeede wee af. Ek kan nie verstaan hoe mense so dom kan wees nie. Hulle sien hulle seker as gode...

Johnny
Oct 29th 2009, 11:30 AM
Francois, ek moet jou eers komplimenteer. Maak nie saak hoe sleg en hoe verkeerd mense optree nie....jy is altyd die eerste wat se dat ons vir hulle moet bid en dat hulle die Here moet vind. Ek dink ons kan almal dit meer doen....om te bid vir mense wat nognie die Here ken nie.:)

Lanie
Oct 29th 2009, 12:06 PM
Francois, ek moet jou eers komplimenteer. Maak nie saak hoe sleg en hoe verkeerd mense optree nie....jy is altyd die eerste wat se dat ons vir hulle moet bid en dat hulle die Here moet vind. Ek dink ons kan almal dit meer doen....om te bid vir mense wat nognie die Here ken nie.:)

:hug: :pray: .

Johnny
Oct 29th 2009, 12:41 PM
Hallo Lanie....lekker om weer van jou te hoor. Gaan dit goed? Amper gedog die wegraping het al plaasgevind.:o

Lanie
Oct 29th 2009, 06:51 PM
Hie-hie! Nee Johnny, ek is nog die heeltyd hier...

Johnny
Oct 30th 2009, 05:54 AM
Hie-hie! Nee Johnny, ek is nog die heeltyd hier...

Sjoeeee! Nou kan ek weer "relax".:pp