PDA

View Full Version : Israel sal sy lote uitsprei



Philip dT
Oct 31st 2009, 11:11 AM
Hos 14:6-10 "Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos ‘n lelie en sy wortels uitslaan soos die Líbanon. (7) Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van ‘n olyfboom en sy geur soos die Líbanon. (8) Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van die Líbanon. (9) Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos ‘n groen sipres; uit My word jou vrug gevind. (10) Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die HERE is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!"

Waarop dui Israel hier?

- hy bloei soos 'n lelie
- sy wortels slaan uit
- hy sprei sy lote uit
- soos 'n olyfboom

Kyk dan hierna:

Rom 11:17-20 "En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ‘n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, (18) moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou. (19) Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word. (20) Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees."


- Israel se vrug is uit God (Hos 14:9)

Wat is hierdie vrug? Die geestelike nageslag van Israel, die gelowiges, die kinders van Abraham: Gal 3:7.

Die laaste vers van Hos 14 sê: "die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!"

Kyk dan hierna:

Rom 9:32-33 "Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot. (33) Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion ‘n steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie."

Wie struikel? Die wat nie glo nie en vir Christus verwerp. Wie raak deel van Israel en deel van die vrug van Israel? Die wat glo.

In Rom 9:6-7 word gesê: "nie almal Israel wat uit Israel is nie.
Rom 9:7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word."

As nie almal Israel is wat uit Israel is (geneties / etnies) nie. Wie is dan deel van Israel? Die res van Rom 9 antwoord dit. Die wat glo - Jode sowel as heidene.

Net om weer na Rom 11 te kyk:

Rom 11:24-25 "Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word? (25) Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;"

- Die verharding het ten dele oor Israel gekom - ander woorde om te sê dat sommige takke van Israel afgekap is.

- Totdat die volheid van die heidene ingegaan het. Waarin moet die heidene ingaan? Hulle word ingeënt op die mak olyfboom. Dit is Israel. Hulle moet in Israel ingaan!

Eben
Oct 31st 2009, 11:48 AM
Phillip,
Ek gaan hier 'n artikel in Engels plaas. Ek is nie vreeslik rekenaar vaardig nie tik maar met twee vingers en vat tyd. So ek knip en plak maar ens. Hoop jy vind dit interessant. Dit is geskryf deur ene C.H.Welch. Hy was 'n hand.28 dispensasiolis. Daar is mos verkillende sienninge Hand 13 en 28. Ek beskou myself as Hand 13. Want so verstaan ek dat Paulus hier begin het om Israel te waarsku oor wat gebeur en dan Hand 28 die finale afsny. Maar ons stem saam oor baie ander dinge en onder andere is dit die fisiese herstel van Israel.
[Verwyder: -Engelse artikel te lank]