PDA

View Full Version : Year one - Fliek

Francois Marais
Nov 2nd 2009, 05:52 AM
As iemand dink om die fliek te gaan kyk, dink asb weer.

Dit is baie lasterlik en swak in smaak. Ek weet nie of iemand hier dit al gekyk het nie, maar moet nie eens die moeite doen nie.

Daar is so baie klein goedjies in die fliek wat mens voor moet uit kyk. Soos die karakter wat Abraham speel het op een plek 'n tribute gemaak tot die een wat hy doen terwyl hy van YHWH gepraat het (as iemand die fliek gesien het wonder ek of julle dit opgetel het)

As julle die fliek gaan kyk los die kinders onder die ouderdom van 15 tuis...

Johnny
Nov 2nd 2009, 07:52 AM
Francious...ek vertrou GEEN films wat gemaak word nie, veral nie al word daar beweer dit is 'n christelike film nie....dan is ek EERS skepties. Ons wou Vrydagaand 'n video gaan uitneem. Ek is op die ou end sonder 'n video huis toe. Alles op die rak was net moord en doodslag, Halloween en 'Pagan" net waar jy kyk. Ek glo dit is wat die Here bedoel met:

Mar 9:47 En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee o te h en in die helse vuur gewerp te word,

Hy bedoel nie fisies nie, maar moenie na dinge kyk wat jy nie moet nie. As die programme op die TV jou pla..skakel na 'n ander kanaal...of nog beter, gooi die ding uit die huis saam met DSTV....soos ek.

Francois Marais
Nov 2nd 2009, 08:01 AM

Stem saam met jou . Gooi die TV weg! Ek het 4 jaar terug 'n TV gehad. Het dit weg gemaak. Mors mens se tyd. Tyd wat mens eerder kan stap, draf, fietsry, saam met die gesin spandeer en die belangrikste van als om meer tyd saam met YHWH te spandeer.
Let op as julle DVDs uitneem hoe baie oor die eindtyd se gebeure gaan. Vervolging van die wat dit nie nodig nie, en hoe flieks van PG13 'n man van 28 kan maak bloos.
Die wreld word gevoer deur leuns en mense wat die duiwel se werk goed doen. Al kommer is dat mense dit nie eens raak sien nie.

Francois Marais
Nov 2nd 2009, 08:10 AM
Die een deel wat my nogal by geval het. Waar die persoon YHWH noem maar sy hande spreek nie dieselfde nie???

Ta-An
Nov 2nd 2009, 11:25 AM
. Gooi die TV weg! .:eek: :help: En wat doen ek dan op 'n Vrydag aand sonder Noot vir Noot :hmm:

:rofl:

Francois Marais
Nov 2nd 2009, 11:46 AM
:eek: :help: En wat doen ek dan op 'n Vrydag aand sonder Noot vir Noot :hmm:

:rofl:
:lol: kuier hier saam op BF :)
Ek wonder of ek nie 'n werk op die drood loos kan kry vir 'n Kuier saam op Vrydag program... :idea:

Johnny
Nov 3rd 2009, 05:07 AM
:eek: :help: En wat doen ek dan op 'n Vrydag aand sonder Noot vir Noot :hmm:

Dis nou net wanneer ek by die jeug betrokke is vanaf 18h00 - 21h00.:)

Ta-An
Nov 3rd 2009, 05:44 AM
:lol: kuier hier saam op BF :)[//quote] :hmm:[quote]
Ek wonder of ek nie 'n werk op die drood loos kan kry vir 'n Kuier saam op Vrydag program... :idea: Goeie idee, laat weet as jy dit doen :)

Ta-An
Nov 3rd 2009, 05:47 AM
Dis nou net wanneer ek by die jeug betrokke is vanaf 18h00 - 21h00.:)Ons kerk het nie Jeug op Vrydag aande nie, Ek is bowendien te lank in die tand om saam net die tieners te jol, en wanneer jy in JHB bly, bly jy by die huis op 'n Vrydag aand :D

Johnny
Nov 3rd 2009, 06:27 AM
tieners te jol

Ons "jol" nie. Ons dien die Here op so 'n aand. Die tieners het ook boodskappe nodig.

Ta-An
Nov 3rd 2009, 06:30 AM
Ons "jol" nie. Ons dien die Here op so 'n aand. Die tieners het ook boodskappe nodig.
Ons tieners kry dit in die kerk saam met almal op Sondag....maar ek wil nie met jou baklei ni Johnny :hug:

Johnny
Nov 3rd 2009, 06:58 AM
Ons tieners kry dit in die kerk saam met almal op Sondag....maar ek wil nie met jou baklei ni Johnny

Ons sin ook....maar daar word nie vir hulle vertel van Harry Potter, Halloween, TV se gemors soos 7de laan en baie ander programme nie....Valentyn's dag...groepsdruk, drank en dwelm misbruik, voorhuwelikse seks, die vieslikheid van gay en lesbiese verhoudings en leraars nie. Die saak is bietjie dieper as dit. Baie van hierdie kinders kom uit gebroke huwelike en dan kan ons met hulle deel. Daar voel hulle belangrik en aanvaarbaar.

Ta-An
Nov 3rd 2009, 07:46 AM

Ek is bly julle doen dit :) Mooi so.