PDA

View Full Version : Loslit dag vir Jesus



Francois Marais
Nov 10th 2009, 11:47 AM
Hi Almal,
Onthou dat Vrydag 13 Nov 2009, "Loslit dag vir JESUS” is.
Wys vir almal wie jou HERDER is deur wit hemp (top) en jeans te dra. Wees deel van die "fun" soos met Valentynsdag, Lentedag, ens.
(Stuur aan al jou kollegas, vriende, familie en kenisse sodat almal saam kan deel in die spesiale dag)


Dear All,

Remember that Friday, 13 Novemebr 2009 is “Casual Day for JESUS”.
Let's show our unity in faith for our Lord and Saviour Jesus Christ by wearing a blue jeans and a WHITE top

Son of the South
Nov 12th 2009, 02:18 PM
Hi Almal,
Wees deel van die "fun" soos met Valentynsdag...Jy speel seker, reg?

http://bibleforums.org/showthread.php?t=157981&highlight=valentynsdag

Francois Marais
Nov 13th 2009, 04:58 AM
Okay my bad. Jammer. Ons kan nie die dag van Jesus vereer en in dieselfde skoen plaas as kersfees en Valentines dag nie.

Ons maak dit net 'n dag vir ons Verlosser!

Son of the South
Nov 13th 2009, 06:44 AM
Phew, dankie :hug:

Son of the South
Nov 13th 2009, 06:51 AM
Ek sien nie 'n draad oor Vrydag die 13e nie. Mmmm. Miskien moet ons dit eerder elders bespreek? Ek hoor van 'die ander kant' dat Vrydag die 13e 'n hekse sabbat is. Hey, moenie my afslag nie, dis nie ek wat so glo nie, dis hulle. Dit kan nogal vir my verklaar waarom daar tog so bohaai oor gemaak word en selfs flieks daarna vernoem word. :hmm:

Gene
Nov 13th 2009, 07:06 AM
Ek sien nie 'n draad oor Vrydag die 13e nie. Mmmm. Miskien moet ons dit eerder elders bespreek? Ek hoor van 'die ander kant' dat Vrydag die 13e 'n hekse sabbat is. Hey, moenie my afslag nie, dis nie ek wat so glo nie, dis hulle. Dit kan nogal vir my verklaar waarom daar tog so bohaai oor gemaak word en selfs flieks daarna vernoem word. :hmm:
Is dit nie "great" dat Christene 'n dag wat deur die satan vir homself toege-eien is, oorneem om vir Christus op te staan nie? Dieselfde met Kersfees, die 25ste Desember is 'n heidense feesdag. Watter beter dag om vir Christus te vier? (Natuurlik praat ek nie van die heidense gebruike wat tydens Kersfees gehandhaaf word nie, maar dis 'n ander onderwerp) Dis amper soos om 'n drankwinkel te omskep in 'n kerk....

Son of the South
Nov 13th 2009, 09:13 AM
Deel A: Is dit nie "great" dat Christene 'n dag wat deur die satan vir homself toege-eien is, oorneem om vir Christus op te staan nie? Dieselfde met Kersfees, die 25ste Desember is 'n heidense feesdag. Watter beter dag om vir Christus te vier?
(Deel B: Natuurlik praat ek nie van die heidense gebruike wat tydens Kersfees gehandhaaf word nie, maar dis 'n ander onderwerp) Dis amper soos om 'n drankwinkel te omskep in 'n kerk....Hi Gene :wave:

Deel B:
Wat kry jy as jy roomys en modder meng? Roomys? Nee!

Die beginsel in Levitikus is dat iets wat geheilig is, word verontheilig wanneer dit in aanraking kom met iets wat nie geheilig is nie. Iets wat rein is, word onrein, ens.

Geheilig
Rein
Onrein

Met ander woorde:
Geheilig + rein = rein
Rein + onrein = onrein.

Die fênsie woord wanneer iets wat satanies (of bloot net wêrelds) is met Chritenskap gemeng word, is sinkritisme. Sien, sien, ek ken ook groot woorde. OK, ek kry dit op Wikipedia (http://en.wikipedia.org/wiki/Syncretism) :blush:

My slotsom: Ek dink nie God is beïndruk as ons heidense gebruike aanhang, terwyl ons sê dat ons Sy kinders is nie.

Deel A (met verwysing na Loslitdag/Vrydag die 13e):
Die Bybel sê jy màg die dag vier en ek màg nie, en ons moenie mekaar veroordeel nie (Rom 14). Wat ek dink is: as jy iets doen a) om in pas te wees met die wereld of b) om dit te 'revamp' vir God, moet jy jou motiewe mooi oorweeg. Is die gedagte maar bloot menslike plannetjies en tot my eie voordeel (vir myself, dit vir my lekker te maak, vir my gemak, die indruk wat mense oor my het, ens.), of is dit deur die Gees geïnspireer en tot verheerliking van God? As jy dit doen, doen dit dan tot Sy eer (en ek sal nie, tot Sy eer). Jy draai dalk koppe in jou omgewing deur vandag 'n wit hemp aan te hê en ek kry net soveel reaksie waar ek is deur nié 'n wit hemp aan te hê nie.

(Wat krismis betref: Mag ek vra, kom ons hou asseblief Kersfees besprekings by die Kersfees draad (http://bibleforums.org/showthread.php?t=107397&highlight=kersfees).)

Ta-An
Nov 13th 2009, 10:24 PM
Kon julle cope met Denim in die hitte?? 30C 9vm in JHB!!! :o

Lanie
Nov 14th 2009, 07:18 AM
Probeer bietjie in Limpopo bly....30 grade in nog koel vir ons....:D

Son of the South
Nov 15th 2009, 05:36 PM
Probeer bietjie in Limpopo bly....30 grade in nog koel vir ons....:DDit gee nuwe betekenis vir: "Aan die brand vir Jesus." :eek:

Die Filadelfieer
Nov 16th 2009, 09:59 AM
SOS, vertel bietjie meer van Vrydag die 13'de ?

BTW, jou vergelyking met die modder roomys is briljant, ek hoop nie jy het kopiereg nie want ek gaan dit definitief gebruik !

Son of the South
Nov 17th 2009, 12:31 PM
SOS, vertel bietjie meer van Vrydag die 13'de ?

BTW, jou vergelyking met die modder roomys is briljant, ek hoop nie jy het kopiereg nie want ek gaan dit definitief gebruik !Nee, ek kan nie sê ek het die vergelyking uitgedink nie, maar ek het dit net so bietjie aangepas en in 'n totaal nuwe konteks gebruik...:rofl: (Ek het die opmerking vantevore gehoor m.b.t. die rasse integrasie beleid van 'een van ons vooraanstaande universiteite'.)

Ek kry nie so maklik 'n bron waarna ek kan verwys, wat spesifiek meer inligting het oor die Vrydag die 13'de ding, wat geskik is vir sensitiewe kykers nie. Ek het dit maar gehoor by iemand wat voorheen in die okkulte betrokke was, wat nou in voltydse bediening (http://www.lasttrumpetministries.org/)staan.

Francois Marais
Nov 17th 2009, 12:47 PM
Wat van 'n skakel met 'n "warning" vir die wat dit kan verstaan en wil veg daarteen?