PDA

View Full Version : Die drie 66's...



CFJ
Nov 13th 2009, 04:52 PM
Gister het ek gaan eierdoppe (volstruiseiers) aankoop in Heidelberg en omgewing en iets ervaar wat my in verwondering gelaat het en diep aangespreek het. 'n Vrou van Bredasdorp stuur 'n sms dat sy 66 vol eiers met kuikens in het, waarna ek haar toe laat weet dat ek eers volgende Woensdag by haar sal wees, want my vrag is reeds vol met leŽ doppe. Nog 'n vrou wat in Heidelberg distrik is skakel my, "ek verstaan jy is in my omgewing vandag", laat weet sy vir my. Sy sÍ toe dat sy o.a. x-aantal doppe het en dan het sy 66 vol eiers met kuikens in. "Ja", sÍ ek, maar ek sal eers volgende Woensdag by jou kan wees, my vrag is vol.

So kom ek by haar buurvrou waar ek die meeste van die doppe moes optel. Toe ek klaar gelaai het, vra sy of ek nog plek het, waarna ek toe sien daar is nog plek vir iets om te laai. "Ek het 66 vol eiers met kuikens in", sÍ sy.

Sy en haar buurvrou het beide verlede-/hierdie jaar hulle oudste seuns in motorongelukke aan die dood afgestaan. Beide was studente en beide het onverklaarbaar in 'n boom langs die pad vasgery, een seun redelik onlangs hier in die Kaap en die ander seun vroŽer in die Vrystaat. Uiteraard het dit hulle geruk en dit is vir my lekker om hulle te bemoedig want in beide se gevalle het hulle verhoudings met die Here verdiep en gesels ons openlik met mekaar oor die Here en hulle omstandighede. Dit was lekker om die "eienaardige toeval" oor 66 vol eiers met kuikens wat elkeen op presies dieselfde dag gehad het met hulle almal te kon deel, want ek glo die Here het aan hulle gewys dat Hy met hulle is en Hy sal elke moontlike manier gebruik om vir hulle, maar ook vir almal van ons Sy liefde en almag te verklaar. Uiteraard kan daar nog boodskappe daarin wees en ek wil liefs nie meer sÍ as wat ek seker is, 'n spesiale boodskap vir twee moeders was nie, van 'n liefdevolle God en Vader wat omgee vir hulle en ook wil hÍ hulle moet opgeskerp wees in hulle verhoudings met Hom en in die algemeen, deur so voorbeeld van Sy teenwoordigheid aan hulle oor te dra.