PDA

View Full Version : Benodig raad Dwelms



marline
Nov 17th 2009, 06:06 PM
Ek gee nou moed op. My skoondogter is/was verslaaf aan voorskrif medisyne. Sy was meer as ' n jaar terug vir ' n maand lank in die rehab, en ons het gedink als is goed en wel. Sy is nou weer in die rehab vir ' n maand. Dit is so maklik om pille in die hande te kry, ek sit verstom!!! en dit deur dokters wat veronderstel is om lewens te red. Ek blameer egter ook nie die dr nie, sy moes van beter geweet het.
My stiefdogter was op heroine, en is al meer as 2 jaar skoon.
Hang dit van persoonlikheid af, of wat. Hoekom kom die een skoon en die volgende nie?
My skoondogter het meer as R15 0000 se pille gesluk!!! Haar hart is nou besig om te protesteer, Wat van die niere en lewer?
Ek bel my seun om te hoor hoe het dit vandag gegaan met sy vrou se EKG, en of hulle al haar niere en lewer getoets het, toe se hy my hy is moeg van my genag en gekarring.
Van wanneer af is bekommerd nag, en karring!!! Moet ek my nou heeltemal onttrek, en net hulp gee as daar om gevra word?

Ta-An
Nov 17th 2009, 07:34 PM
Ek gee nou moed op. My skoondogter is/was verslaaf aan voorskrif medisyne. Sy was meer as ' n jaar terug vir ' n maand lank in die rehab, en ons het gedink als is goed en wel. Sy is nou weer in die rehab vir ' n maand. Dit is so maklik om pille in die hande te kry, ek sit verstom!!! en dit deur dokters wat veronderstel is om lewens te red. Ek blameer egter ook nie die dr nie, sy moes van beter geweet het. :hug:

My stiefdogter was op heroine, en is al meer as 2 jaar skoon. Wonderlik, Prys die Here!!


Hang dit van persoonlikheid af, of wat. Hoekom kom die een skoon en die volgende nie? Jesus is die antwoord :)


My skoondogter het meer as R15 0000 se pille gesluk!!! Haar hart is nou besig om te protesteer, Wat van die niere en lewer?
Ek bel my seun om te hoor hoe het dit vandag gegaan met sy vrou se EKG, en of hulle al haar niere en lewer getoets het, toe se hy my hy is moeg van my genag en gekarring.
Van wanneer af is bekommerd nag, en karring!!!Wanneer jy 'n Ma is, mag jy nie neul nie, en neul word bepaal deur die wat kla, nie rêreig deur wat jy doen nie ;)


Moet ek my nou heeltemal onttrek, en net hulp gee as daar om gevra word? Dis moeilik om 'n Ma te wees!! Wees daar wanneer hulle om hulp vra....MAAR moenie help sonder dat jy daarvoor gevra word nie.... BID BID BID :pray: dis al wat jy mag doen sonder om enige skade aan te doen..... :hug:

Francois Marais
Nov 18th 2009, 05:47 AM
Ek stem saam met Ta-An. Gebed. En vandag bid ons saam met jou.

Dit hang baie van die persoonlikheid af van die persoon of hulle verslaaf raak of nie, maar die Vader se krag is so sterk dat niks onmoontelik is om oor te kom nie.

Die Filadelfieer
Nov 18th 2009, 05:53 AM
Hi Marline,
Dit is 'n aaklige penarie, en dit gebeur vinniger en makliker as wat baie mense besef.
Eerstens, wees dankbaar dat jou kinders mediese hulp najaag, die meeste dwelmverslaafdes doen dit nooit nie, en gaan doodeenvoudig dood omrede hulle liggame nie meer die chemies-geinduseerde stres kan hanteer nie.
Verstaan egter dat dit jou skoondogter se voorland is as sy nie ophou nie.

Wat jou laaste vraag betref : wees bloot daar vir hulle, en wees 'n bron van liefde. As dit die Here se Wil is, sal jou seun en skoondogter wel na jou graviteer. Moet om hemelsnaam net nie jou kinders afskryf oor hulle hardkoppigheid nie, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie : 'n ouer wat sy of haar kind of kinders afgeskryf het is seker die ongelukigste mense wat ek al ooit teegekom het.

Bid vir hulle ! Ons sal ook. :hug: :pray::pray::pray::pray::pray:

marline
Nov 18th 2009, 06:42 AM
Hi Marline,
Dit is 'n aaklige penarie, en dit gebeur vinniger en makliker as wat baie mense besef.

Bid vir hulle ! Ons sal ook. :hug: :pray::pray::pray::pray::pray:

Baie dankie almal vir jul gebede. Ek het elke oggend vir hul altwee 'n bemoedigende teksvers gestuur, maar dit wil vir my voorkom of ek dit ook nie meer moet doen nie. :pray::pray::pray::pray: sal ek aanhou :pray:

marline
Nov 18th 2009, 07:04 PM
Hi Marline,
Moet om hemelsnaam net nie jou kinders afskryf oor hulle hardkoppigheid nie, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie : 'n ouer wat sy of haar kind of kinders afgeskryf het is seker die ongelukigste mense wat ek al ooit teegekom het.


Ek was op punt om hulle aan hulle eie genade oor te laat, toe daar aan my gese is, dat as iemand seer het, die naaste persoon aan hom die eina moet kry, Op hierdie stadium is ek die naaste aan my seun, en ja, Fila, jy is reg. Ek kan nie my pragtige seun wat die Here aan my gegee het weggooi nie. Gelukkig is daar nie kleinkinders nie, wat die bekommernis darem minder maak. Ek sal bly lief wees, en aanhou bemoedigende boodskappies stuur, en belangrikste van als bly bid.:pray::pray:

MercyChild
Nov 19th 2009, 07:35 AM
Hi Marlene, moedeloosheid is beslis een van die eerste dinge wat gebeur as mens met verslawing moet deel. Jou seun sien natuurlik die baie vrae as karring omdat hy nie die antwoorde het nie, en self raadop is.

Plaas jouself in jou seun se sittuasie. Sy vrou wat veronderstel is om by die huis te wees om vir hom om te gee, die huishouding te hardloop en daar te wees vir hom is vir 'n tweede keer op in rehab. So 'n maand kan soms soos 'n ewigheid voel. En dan is daar dalk nog die moontlike nagevolge oor die verkeerde besluit wat sy gemaak het vir die dwelm misbruik, ten spyte van die finansiele implikasies en haar gesondheid wat hiermee gepaard gaan. Op hierdie staduim voel dit dalk vir hom dat die probleem van verslawing sy hele lewe reel, en selfs besig is om van hom te steel. Dit vra baie energie, en mens verloor hoop as dit voel of jy alles in jou vermoe gedoen het, maar dit lyk of niks wil help nie. Moet dit nie persoonlik neem omdat hy knorrig raak nie, vir hom is dit 'n nagmerrie wat in die middernag afspeel.

Niemand is immuun teen verslawing nie. Maar op die einde van die dag gaan dit oor ons persoonlike keuse. Niemand kan ophou met dwelmgebruik mits hul die besluit geneem het dat hulle wil ophou. Hierdie besluit moet nie wees om ouers, 'n man of kinders gelukkig te maak omdat jy skuldig daaroor voel nie, dit moet werklik wees omdat sy wil ophou met gebruik. Selfs geen rehabilitasie sal help as mens nie werklik wil ophou nie.

Gebed is die antwoord, ja beslis! My raad sal wees, wees net daar vir jou seun, hy het al die "support" nodig wat hy kan kry. As 'n manlike figuur kan dit sy ego so afbreek dat dit voel dat hy nie na sy vrou en haar behoeftes kan omsien nie. My persoonlike opinie is dat dit juis die rede is hoekom dit voel of almal karring, want hyself is nie geskoold wat verslawing behels nie. Waarmee hy wel moes kennis maak, is al die leuens en manipulasie wat daarmee saamgaan.My raad vir jou, kry soveel as moontlik te weet van dwelmafhanklikheid veral oor voorskrif medisyne, jy sal verbaas wees hoeveel mense weet nie eens hoeveel medisyne daar is waaraan 'n mens kan verslaaf raak nie. Bv enige medisyne met "codiene" = heroin. Albei bevat opuim, maar 'n dokter sal dit voorskryf vir my as ek nie aan hom se dat ek stryd het met dwelmverslawing nie.

Alles het nagevolge, en jou skoondogter het weet dit, of sy sal erken of nie erken nie. Julle kan ongelukkig niks vir haar doen om te help, mits sy werklik ernstig is om haar self te help. Gebed, dit kan haar hart verander. Moet nooit opgee om vir Vader te vra om haar aan te raak nie, maar die besluit bly hare.

My gebed, vir jou en jou familie.:pray:

MercyChild
Nov 19th 2009, 08:27 AM
Ek hoop nie ek kom in te veel moeilikheid hieroor nie, maar hier is iets wat en met ander op FB gedeel het...... Hoop dit gaan lig op die onderwerp giet;

"Families and Friends of Addicts/Alcoholics

Enabling
Addiction is an illness, not a moral issue. It is a two-fold disease: A physical allergy coupled with an obsession of the mind. It van be arrested but never cured. It is similar in nature to diabetes in this respect. Only complete abstinence, from the use of drugs or alcohol in any form including medicine, can arrest this disease. We can no more prevent the addict’s use of drugs than we can stop the tubercular’s coughing. No one, not even the doctor, nor the clergy nor the family can do this for him or her. We have found that compulsive use of drugs does not indicate lack of affection for the family. It is not a matter of love but of illness. The addict has lost the power of choice in the matter of drugs. Even when he knows what will happen when he takes the first drink, pill or fix he will do so. This is the “insanity” we speak of in regard to this illness. When we fully understand and accept that addiction is a disease, that it is both mental and physical, and that we are powerless over it, we become ready to learn a better way to live.

What is enabling?
Enabling is doing for others what they are capable of doing for themselves. When we enable addicts, we prevent them from experiencing the consequences of their own actions. When we do this, we discourage them from learning from their own mistakes. This, in turn, prevents them from realizing they have a problem
The Addict has made drugs the focus of their daily activity, letting responsibility and common sense fall by the wayside. When we continue to do even the simple things for an addict we care about, little is left to motivate them to enter or rediscover their recovery.

How do we enable
We enable addicts by doings such as:
Paying their bills, making car payments, covering bounced checks, paying bail, paying traffic tickets;
Making excuses for their behavior, changing appointments, calling employers on absenteeism, writing late or absentee excuses for school, covering up for missed family functions;
Providing the addict with money, clothing, housing and food.
Caring for the addict’s family by babysitting or taking their children to school.
These are the responsibilities that the addict needs to do themselves, that might help them realize that they are responsible for taking care and taking action.

What does enabling do for us?
Enabling gives us a false sense of control. We do what society tells us a ‘good” father, mother, husband, wife, son, daughter or friend should do, but we are not getting the results we desire. We feel frustrated and resentful. Because the addict’s behavior does not change, we think we have failed.
Our actions, done with the best of our intentions, have back-fired.
What is the difference between helping and enabling?
We need to look deep inside ourselves to determine the difference between helping and enabling. “How do I feel when I offer my help? What’s in it for me?” Checking your motives will help you decide when you are truly helping or when you are enabling.
Can you enable an addict or anyone who is not using?

We can enable anyone, using or not. Our enabling behavior patterns are not directed solely towards the addict and/or the addict’s sobriety. Enabling deprives anyone of experiencing the consequences of their own behavior.

Remember, when taking responsibility for our own behavior each one of us must find our own path. Experience teaches us that it is useless to lay out a path for someone else to follow"

Jammer vir die Engels.

marline
Nov 19th 2009, 10:49 AM
Hi Linda,
Baie dankie hiervoor.
My seun is moeg om so te lewe, en wil nie heeltyd polisie man speel nie. Per slot van sake moet sy geld he, om die huishouding aan die gang te hou ens. En as sy nie geld het nie, maak sy doodeenvoudig rekenings by die apteek op sy naam oop. Dit is so maklik!!!

Ons bid dat die rehabilitasie hierdie keer suksesvol sal wees, en dat dit haar volkome van die verslawing sal genees. :pray:

Maar ek gaan nie ophou karring nie, hy bring darem sy wasgoed hiernatoe, en ek probeer dat hy more aand hier kom eet. :pp

MercyChild
Nov 19th 2009, 11:00 AM
Hi Linda,


Ons bid dat die rehabilitasie hierdie keer suksesvol sal wees, en dat dit haar volkome van die verslawing sal genees. :pray:



Marline dit is nie rehabilitasie wat genesing bring nie, dit begin by besluitmaking........ Rehabilitasie verskaf nodige "tools" om ons te help, maar dit is Jesus wat die genesing bring, ons kan dit nie eens self doen nie. Een van die redes wat dit vir ons moontlik maak om skoon te kom is om te erken dat ons "powerless" is teen die stryd en nie in die vermoe is om dit alleen reg te kry nie.

Sy het nodig om "safety nets" in plek te kry, maar ek glo sy word dit geleer by rehab."

Wat jou seun behels staan hom by waar hy jou vra om by te staan. Dis goed so......En hou aan met gebed!:pray:

marline
Nov 19th 2009, 11:20 AM
:hug::hug::hug:

protea
Nov 19th 2009, 05:02 PM
Marline, ek kom nou eers op die draad af. Ek kon vir n hele paar dae nie in log nie. Ek stem saam : Die hele lewe hang van keuses af. En dit sal nie help om enige mens aan sy hare te sleep tot by hulp nie , as hy nie die keuse gemaak het om gehelp te wil wees nie, dan help al die aksie niks. Slegs deur gebed kan die Heilige Gees so n verslaafde se hart voorberei om hulp te wil he en ook die hulp te sal aanvaar. Ons bid dat die Gees haar hart sal voorberei om die regte keuse te maak.:pray:

marline
Dec 23rd 2009, 06:27 PM
Ek wil julle gou "update". Skoondogter is nou al 2 weke terug by die huis. My seun het haar een keer per week by 'n berader, en daagliks moet sy by Extreme Buddies inklok. Ek het my nou vir 'n ruk onttrek, ek glo hulle het baie dinge om uit te sorteer. Vandag hoor ek sy is nou glad nie meer gelukkig om Extreme Buddies toe te gaan nie, en sy neem ook nie verantwoordelikheid vir wat sy gedoen het nie. More met oukersaand eet ons saam soos die gebruik is, wat ek vreeeeeeslik na opsien, want eintlik is ek nog die wetter in. Sal maar op my tande kners, en staat maak op die Krag van die Vader dat ek nie iets verkeerd se nie. ( Ek praat nogal maklik voor ek dink>):pray::pray:

Ta-An
Dec 23rd 2009, 06:37 PM
Marline, mag jy toelaat dat die Here 'n wag voor jou mond plaas..... dit is moeiliker om lief te hê as om te baklei..... wees Jesus vir haar.... moenie oordeel nie, dit kom ons nie toe nie :hug:

marline
Dec 28th 2009, 01:12 PM
:wave: Ek vertrou almal het darem 'n heelrike vakansie gehad. Kers ete het toe heel lekker afgeloop, en ek het ook nie verkeerde dinge kwyt geraak nie. Prys die Heer!!!! Dankie vir julle almal se ondersteuning en gebede, ek waardeer dit opreg.:hug:

MercyChild
Dec 28th 2009, 01:16 PM
Dis goeie nuus.........:hug:. Besef dit moes moeilik gewees het. Maar natuurlik was God in beheer en dit is wat die verskil maak.......Wel gedaan:hug:

marline
Mar 14th 2010, 06:16 PM
Ag tog, daar vang my seun haar weer met slaappille. Ek vra hom of mens nou nie maar met die pilletjie of twee per aand kan saam leef nie, maar vertel hy my dit eindig nie by een of twee nie, dit raak handevol, tot R3000,00 pm of meer. Sy is altyd in 'n dwaal, die huishouding gaan agteruit, hulle het nie meer vriende nie en so eskaleer al die probleme. En ek dog als is "honkey dorey"!!!!! Hy is reg vir skei, maar gee 'n 3 weke afkoel perieode. My hart is regtig stukkend vir hulle.

Ta-An
Mar 14th 2010, 07:50 PM
:hug: Marline, ken sy die Here??

marline
Mar 15th 2010, 11:23 AM
:hug: Marline, ken sy die Here??
Ja Ta-ann, ons het saam Bybelskool bygewoon, sy het weekliks na my gekom vir Bybel studies , sy het vrywillige werk gedoen by 'n plek wat "recoverry Addicts" help, hulle het 'n diep Christilike grondslag. Weekliks nog die sielkundige gaan sien, en die weeklikse vergaderings saam met haar man by SANCA bygewoon.:cry::cry:

protea
Mar 15th 2010, 02:26 PM
Ai , Marline,
Ek bid vir julle familie! Daardie keuse om op te hou kan nie een van julle ongelukkig VIR haar neem nie, dit moet sy self doen. Daarom bly daar gebed oor (dankie tog!) want julle het seker al als in die boek probeer. Sy ken al die regte antwoorde ,maar daardie keuse is ongelukkig hare alleen....