PDA

View Full Version : Dankie YHWH

Francois Marais
Nov 23rd 2009, 06:11 AM
YHWH is die BESTE!!!

Ek weet nie of ek moet lag, huil of rond spring van genot nie. Gister aand het een van my vriendinne Jesus aangeneem as haar verlosser.

Die diens wat ons bygewoon het was vol emosie (en die klein hartjie van my het dit hanteer tot sy opgestaan het toe die "alter call" gedoen was) Die trane het geloop maar dit was van blydskap. Die diens was 'n gesins diens gewees. Die preek het gehandel oor gesin woede en haat en die diens het weerklink van sniffels en mense wat sneus doekies rond gestuur het. (en ja groot manne kan ook huil)

Die Vader, Jesus en die Heilige Gees is so getrou en sy kinders begin al meer en meer Sy roepstem hoor.

As daar iemand is wat die stem van die Vader gehoor het, maar nog nie Hom as verlosser aangeneem het nie, maak asb kontak met my of een van die ouer mense op Bibleforums. Ons is hier om die werk van die Vader te doen! En onthou ons is hier nie tot ons eie eer nie, maar om die Vader te loof en Sy boodskap op aarde uit te leef vandag.

:hug:

Ta-An
Nov 23rd 2009, 07:33 AM
Hallelujah!! :pp .

protea
Nov 23rd 2009, 08:09 AM
Hallo Francois. Ons is die Vader SO dankbaar vir jou vriendin se bekering en loof Hom daarvoor!

Jy praat van die diens wat 'vol emosie' was en na aanleiding daarvan wil ek gou my mening gee. Ek het in die NGK grootgeword en is nog steeds daar (tot die Here se ek moet waai...) en my doel met hierdie skrywe is nie om die draad te ontspoor nie. Veral in die verlede is ander denominasies deur hulle (my pa en ouma -hulle by name) afgekraak deur te se dat hulle dienste met emosionele opsweping gepaard gaan.

Na my mening moet daar n verskil gemaak word tussen emosionele opsweping en die teenwoordigheid die Heilige Gees. Want wanneer die Heilige Gees teenwoordig is, is GEEN hart (en oog!) bestand teen die teerheid van Sy wonderlike liefde , genade en nabyheid nie. Baie trane vloei , nie van emosionele opsweping nie , maar van dankbaarheid vir daardie verlossing van ons sonde, vir Sy genade vir n sondaarmens en die geskenk van die ewige lewe. Die dankbaarheid van ons harte loop by ons oe uit....;) Geen mens is daarteen bestand nie. Nog verder: Daar is ook mense wat nie kan staande bly in die nabyheid van die Heilige Gees nie. Op elkeen gaan die teenwoordigheid van die Heilige Gees n emosionele reaksie ontlok. En in die meeste gevalle gaan min oge droog bly...

Hiermee impliseer ek hoegenaamd nie dat julle kerkdiens met emosionele opsweping gepaard gegaan het nie. Ek glo almal van julle het Sy heilige teenwoordigheid ervaar, soos ons Saterdag by Angus Buchan se byeenkoms op Worcester.

Lekker week verder in diens van ons Koning!

Ta-An
Nov 23rd 2009, 08:12 AM

Lekker week verder in diens van ons Koning!Amen!!

Mens kan soms die wa voor die osse inspan, maar wanneer 'n ding reg is, is hy reg :idea:

Francois Marais
Nov 23rd 2009, 09:41 AM
Hallo Francois. Ons is die Vader SO dankbaar vir jou vriendin se bekering en loof Hom daarvoor!

Jy praat van die diens wat 'vol emosie' was en na aanleiding daarvan wil ek gou my mening gee. Ek het in die NGK grootgeword en is nog steeds daar (tot die Here se ek moet waai...) en my doel met hierdie skrywe is nie om die draad te ontspoor nie. Veral in die verlede is ander denominasies deur hulle (my pa en ouma -hulle by name) afgekraak deur te se dat hulle dienste met emosionele opsweping gepaard gaan.

Na my mening moet daar n verskil gemaak word tussen emosionele opsweping en die teenwoordigheid die Heilige Gees. Want wanneer die Heilige Gees teenwoordig is, is GEEN hart (en oog!) bestand teen die teerheid van Sy wonderlike liefde , genade en nabyheid nie. Baie trane vloei , nie van emosionele opsweping nie , maar van dankbaarheid vir daardie verlossing van ons sonde, vir Sy genade vir n sondaarmens en die geskenk van die ewige lewe. Die dankbaarheid van ons harte loop by ons oe uit....;) Geen mens is daarteen bestand nie. Nog verder: Daar is ook mense wat nie kan staande bly in die nabyheid van die Heilige Gees nie. Op elkeen gaan die teenwoordigheid van die Heilige Gees n emosionele reaksie ontlok. En in die meeste gevalle gaan min oge droog bly...

Hiermee impliseer ek hoegenaamd nie dat julle kerkdiens met emosionele opsweping gepaard gegaan het nie. Ek glo almal van julle het Sy heilige teenwoordigheid ervaar, soos ons Saterdag by Angus Buchan se byeenkoms op Worcester.

Lekker week verder in diens van ons Koning!

Ek stem saam! Dit is wonderlik om te hoor hoe mense "breek" voor die Heilige Gees. Ek is een van daai outjies wat gewoonlik huil. Is die wonderlikste gevoel as die HG in mens beweeg en dinge net kon reg maak en uit gooi wat onnodig is.

En ek stem saam. Mens moet soms mooi onderskei tussen leviatan wat beweeg en die Heilige Gees wat beweeg. Selfde gevoel, verskillende vrugte....