PDA

View Full Version : Hoe bid jy??



Ta-An
Nov 26th 2009, 07:17 AM
Ek lees gister aand raak oor die posisie van gebed....

Wat is jou postuur wanneer jy bid? Kniel jy?

Ek weet dat mens sommer heel dag met die Here kan gesels, en nie altyd, veral nie in die middel van 'n inkopie sentrum ;) op jou knieŽ kan gaan nie...

Voel jy dat die intesiteit/ ernstigheid van jou gebed 'n invloed kan hÍ op die posisie wat jy inneem om te bid??

Bedek jy jou hoof wanneer jy bid, dra jy 'n gebedsdoek, altyd? soms? glad nie? Wanneer doen jy, indien jy sou...??

Ek glo gebed is nie altyd net beperk tot jou stiltetyd nie, maar ook dat gebed nie altyd net 'n skietgebedjie is nie....

CFJ
Nov 26th 2009, 07:53 AM
Jammer as ek so voorbarig is in tannie Ester se forum, maar dit is 'n vraag wat mens graag wil antwoord. Ekself bid nie altyd op my knieŽ nie, maar ek begeer dit om ALTYD op my knieŽ te wees voor God. Ek dink dit is 'n eg Bybelse wyse om God te verheerlik, want as jy God aanbid, sÍ die Bybel jy buig jou knieŽ voor Hom en ook sou jy 'n afgod aanbid, word dit aangedui as om jou knie te buig voor so afgod...


Maar Ek sal sewe duisend in Israel laat oorbly, al die knieŽ wat nie voor Bašl gekniel en elke mond wat hom nie gesoen het nie.
(1Kon 19:18 AOV)

Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sÍ die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
(Rom 14:10-12 AOV)
Dit is 'n posisie wat verskeie figure in die Bybel voor God ingeneem het...


Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot die HERE te bid, het hy voor die altaar van die HERE opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei;
(1Kon 8:54 AOV)

Maar op die tyd van die aandoffer het ek opgestaan uit my verootmoediging; en terwyl ek my kleed en my mantel skeur, het ek op my knieŽ my gebuig en my hande uitgebrei na die HERE my God en gesÍ: My God, ek voel te beskaamd en verleŽ om my aangesig tot U, my God, op te hef, want ons ongeregtighede het oor ons hoof gegroei, en ons skuld is hemelhoog.
(Esra 9:5-6 AOV)

Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.
(Ps 95:6 AOV)

(6:11) En net toe DaniŽl verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ‘n dag op sy knieŽ geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.
(Dan 6:10 AOV)

En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan gooi, en neergekniel en gebid
(Luk 22:41 AOV)

En hy het op sy knieŽ neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met diť woorde het hy ontslaap.
(Hand 7:60 AOV)

Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.
(Hand 21:5 AOV)

Om hierdie rede buig ek my knieŽ voor die Vader van onse Here Jesus Christus,
(Efe 3:14 AOV)

sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
(Filp 2:10 AOV)

protea
Nov 26th 2009, 02:31 PM
Van my lekkerste geselstye met die Here was as ek alleen langpad ry , wat nie baie gebeur nie. Ek kan nie so onverantwoordelik wil wees om na klassieke musiek te luister in n motor nie want dan ry ek in die eerste beste boom vas....;) As ek dus alleen ry , selfs net dorp toe , luister ek nooit radio nie want dis my geselstyd met ons Vader. Natuurlik vervang dit nie jou stiltetyd tuis nie . As ek snags wakker word en nie kan slaap nie , gaan sit ek in die sitkamer in n lekker diep leuenstoel by die venster en met die uiltjies en kiewiete as naggeluide pluis my Vader en ek baie onverstaanbaarhede uit....

Ta-An
Nov 26th 2009, 03:38 PM
protea, het jy al van 'n gebedsdoek (Prayer shawl) gebruik gemaak wanneer jy bid?

protea
Nov 26th 2009, 04:51 PM
Nee nog nie. Onthou ek het STOER NGK grootgeword!
Dit laat my egter dink aan n bekende wat gese het dat sy mammie haar voorskoot se voorste deel oor haar kop gegooi het as sy stilte soek om met haar Meester te praat. Want met 8 kinders om groot te maak het sy n heel bedrywige lewe gelei.... Dan het die kinders geweet om haar nie te pla nie.

Ta-An
Nov 26th 2009, 05:14 PM
Nee nog nie. Onthou ek het STOER NGK grootgeword!
Dit laat my egter dink aan n bekende wat gese het dat sy mammie haar voorskoot se voorste deel oor haar kop gegooi het as sy stilte soek om met haar Meester te praat. Want met 8 kinders om groot te maak het sy n heel bedrywige lewe gelei.... Dan het die kinders geweet om haar nie te pla nie.
Ek self het in die NGK groot geword met hoed op die kop en sykouse aan kerk toe.... en geen lak aan die naels op Nagmaal Sondag nie. :D

....maar en toe..... toe trou ek met 'n Suid-Afrikaanse-Duitse-Rooinek wat darm Afrikaans kan praat :lol: en ek begin 'verander' op meer as een vlak :rolleyes: ... want om nou Bybel in KJV Ingils te lees, moes ek soms met die woordeboek saam lees ;) en toe verstaan ek sommer meer as net wat my oge wou sien....

Ek kruip heerlik onder my gebeds mantel in wanneer ek daardie spesiale 'tent' van afsondering wil hÍ...:)

protea
Nov 27th 2009, 05:55 AM
...n voorstel wat ek ernstig oorweeg...dankie! :kiss:

Lanie
Nov 29th 2009, 07:59 PM
Wanneer ek bid, sonder ek my af, ek trek die deur toe en sorg dat daar geen onderbrekings gaan wees nie. Die posisie waarin ek bid hang baie af van my gemoedstoestand. Gewoonlik kniel/buig ek wanneer ek bid, maar ek het ook al wanneer ek baie hartseer was plat op my gesig gelÍ voor die Here. Soms hou ek ook my Bybel vas wanneer ek bid, veral wanneer ek bid oor God se beloftes.

Dan bid ek ook natuurlik saam met my man en kiddies en dan sal ons gewoonlik sit en mekaar se hande vashou, maar kniel soms as ons gelei voel.

MercyChild
Dec 8th 2009, 01:57 PM
Ta-An, hierdie is interessant. Is daar dan enige voorksrif wat die Bybel sÍ van hoe ons moet bid?

Ek skryf gebede, of sommer 'n simpel song so in die ry. Ander dae soek ek stil plekkies, of gaan sit sommer langs die dam of botaniese tuine waar ek tergelyke tyd die hande werk van Vader kan beskou. Meeste van die tyd praat ek sommer saggies in my hart as daar mense om my is.

Ta-An
Dec 21st 2009, 08:16 PM
Is daar dan enige voorksrif wat die Bybel sÍ van hoe ons moet bid?
.
MC, ek gaan vir jou uit CFJ se pos aanhaal ;)
Dit is 'n posisie wat verskeie figure in die Bybel voor God ingeneem het...


Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot die HERE te bid, het hy voor die altaar van die HERE opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei;
(1Kon 8:54 AOV)

Maar op die tyd van die aandoffer het ek opgestaan uit my verootmoediging; en terwyl ek my kleed en my mantel skeur, het ek op my knieŽ my gebuig en my hande uitgebrei na die HERE my God en gesÍ: My God, ek voel te beskaamd en verleŽ om my aangesig tot U, my God, op te hef, want ons ongeregtighede het oor ons hoof gegroei, en ons skuld is hemelhoog.
(Esra 9:5-6 AOV)

Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.
(Ps 95:6 AOV)

(6:11) En net toe DaniŽl verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op Ďn dag op sy knieŽ geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.
(Dan 6:10 AOV)

En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as Ďn mens met Ďn klip kan gooi, en neergekniel en gebid
(Luk 22:41 AOV)

En hy het op sy knieŽ neergeval en met Ďn groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met diť woorde het hy ontslaap.
(Hand 7:60 AOV)

Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.
(Hand 21:5 AOV)

Om hierdie rede buig ek my knieŽ voor die Vader van onse Here Jesus Christus,
(Efe 3:14 AOV)

sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
(Filp 2:10 AOV)

Johnny
Jan 11th 2010, 11:24 AM
Om te bid is die intiemste godsdienstige aksie van ‘n gelowige. Gebed is om in die heilige teenwwordigheid van God self te kom en deur sy heerlikheid en teenwoordigheid oorspeol te word. In die Ou Testament het Moses en andere vir die volk Israel se sondes gebid in die Allerheigste. Pastoor Dries het oor die paasfees ‘n boodskap gebring van die 2 bokke waarvan een geoffer moes word vir die sondes van die volk . Die rooi lint wat wit geword het om die bok se horing as God hulle sondes vergewe het. Dan is die “sondebok” met die “sondes” die afgrond in gejaag.

In die Ou Testament was dit net die priesters wat toegelaat was in die allerheiligstes.
Exodus 26:33
En die voorhangsel moet vir julle ‘n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.
1 Kronieke 6:49

Maar Ašron en sy seuns het offerrook laat opgaan op die brandofferaltaar en op die reukofferaltaar, vir al die werk in die Allerheiligste en om versoening te doen vir Israel, net soos Moses, die kneg van God, beveel het.
Vandag is dit anders. Nadat Jesus gekruisig is het die voorhangsel in die tempel van bo na onder middeldeur geskeur. Dit beteken dat ek en jy die voorreg het om persoonlik met God te kan kommunikeer deur middel van gebed. Pastoor Dries of pastoor Roelof hoef nie namens ons met Jesus of die Here die praat nie. Ons kan dit self doen. Is dit nie ‘n wonderlike voorreg nie? Dit is waar gebed in kom. Ons hoef nie bang of skaam te wees om in gebed met God te verkeer nie. Dit is ons vorreg.

Gebed is daar omdat God daar is – dit glo ons
Gebed is om na God te gaan en in sy heilge teenwoordigheid te wees.
‘n Mens bid omdat jy na God verlang (1 Kronieke 16:10-11, Psalm 42:2; 105:3-4; 130:5-6, Spreuke 8:17, Jesaja 26:9, Handelinge 17:27-28)
Gebed beteken om by en saam met God te wees en met Hom te praat (Eksodus 33:11, Psalm 27:4; 73:23-26; 145:18-20, Jesaja 55:6, Matteus 18:20)

Dit berus op ‘n geloofsverhouding.
‘n Mens moet glo God is daar om regtig na Hom te kan soek; dit vra geloof (Matteus 21:21-22, Markus 11:22-24, EfesiŽrs 3:12, HebreŽrs 10:22; 11:6)
‘n Mens se afhanklikheid van die Here vorm ‘n platvorm en basis vir gebed (Psalm 86:1; 1 Timoteus 5:5)
Gebed moet in opregte geloof en erlikheid gehul word (Jesaja 1:15-17, Matteus 6:7, Jakobus 4:1-6)
Gebed is deur aanbidding van God: ons erken Hom vir wie Hy is
Aanbidding beteken om die Here in geloof te erken vir wie Hy is.

Wie is waardig
God alleen is waardig om aanbid te word. (Openbaring 4:9-11; 5:8-14)
Aanbidding fokus op God en wie Hy is.
Dit fokusop sy heiligheid (Psalm 29:2; 96:9)
Dit fokus op sy mag (Psalm 138:5)
Dit fokus op sy heerlikheid (Romeine 16:27)
Dit fokus op sy majesteit (Psalm 96:6)
Dit fokus op sy genade en barmhartigheid (Psalm 111:4)
Dit fokus op sy trou (Psalm 111:3)

Mag jy ander gode aanbid?
Die aanbidding van ander gode of engele is verbode (Eksodus 20:3, Konings 17:35-36, Psalm 97:7, Kollosense 2:18, Openbaring 22:8-9)
Iemand wat aanbid kan nooit weer dieselfde wees nie, want hy staan in die teenwoordigheid van die lewende God met al die eienskappe hierbo en nog baie meer..
God omvou jou met sy liefde en trou. Hoe sal jy ooit weer na ‘n gebed daaraan kan twyfel? (Psalm 117:1-29)
God se heilige teenwoordigheid en grootheid laat jou besef hoe groot die God is voor wie jy in gebed kniel (Openbaring 4:8; 15:3-4)
Dit vul jou met dankbare toewyding omdat jy in sy teenwoordigheid kan wees (Jona 1:16; 2:1-2, 7-9)
Jy besef in gebed dat alles net genade is (Psalm 123:1-2, HebreŽrs 4:16)

As jy God aanbid, moet jou ingesteldheid en houding pas by iemand wat met die lewende God gaan praat..
Kyk hoe het Dawid hom gereedgemaak vir gebed (2 Samuel 12:20)
Jy noet met opregtheid van hart en siel na die Here toe gaan (Deuternomium 10:12, 1 Samuel 12:24)
Jy moet vertrou dat die Here na jou sal luister en met daardie verwagting bid (HebreŽrs 10:22-23)
Jy moet dankbaar wees dat jy in die Here se teenwoordigheid mag wees (Fillippense 4:6, Openbaring 11:17)

Gebed is lof aan God: ons sÍ vir Hom dankie vir wat Hy vir ons doen en beteken
Om die Here te loof beteken om vir Hom dankie te sÍ vir sy betrokkenheid in jou lewe. Dit is om alles wat Hy vir jou doen te erken en Hom daarvoor te loof.
Dank die Here en verkondig sy lof. (EffesiŽrs 5:19-20, Filleppense 4:6, Kollosense 4:2)
Onder andere is ons dankbaar omdat Hy ons vrygemaak het. (Psalm 30:1-6; 65:1-4; 124:5-8)
Ons is dankbaar omdat Hy vir ons sorg en ons help (Psalm 40:1-5, 103:1-5)

Kom ons lees ‘n paar lofliedere:
Moses (Eksodus 15:1-18)
Dawid (2 Samuel 22:2-51)
Asaf (1 Kronieke 16:8-36)
Maria (Lukas 1:46-55)

Gebed sorg dat jou verhouding met God suiwer bly: sondebelydenis
‘n Mens kan nie met jou sonde en al in God se teenwoordigheid staan nie. Daarom het God ‘n plan gemaak. Hy wil hÍ ons moet van ons sonde ontslae raak voordat ons verder met Hom praat. Daarom is sondebelydenis so ‘n belangrike deel van ons gebed. Dit sorg dat ons verhouding met God sterk en suiwer bly.
Dawid
Kyk hoe bely Dawid sonde (Psalm 51:1-12)
Ons moet ons sondes bely (Psalm 66:18-19, 1 Johannes 5-9)

Ons kan God dinge vra
Gebed beteken ook om sommer net lekker met God te gesels. Dit beteken dat ons dinge van Hom kan vra. Ons moet egter nie dinge van Hom vra wat nie in sy wil vir ons is nie. Daarom sÍ die Bybel telkens dat ons volgens God se wil moet bid. Dit beteken dat ons telkens moet vra of God met ons versoeke tevrede is. Dikweld gebeur daar dus in gebed meer met ons as met God; dikwels ontdek ons dat ons wil nie in pas of in ooreenstemming met God se wil is as ons bid nie. Dan moet ons ‘n regstelling aan ons kant maak.

Uitnodiging
God nooi ons uit om met Hom te kom praat (Matteus 7:7-11, Fillippense 4:6-8, 1 Tessalonisense 5:17)
Sy wil
Ons moet volgens God se wil bid (Jeremia 29:12-13, Johannes 15:7, 1 Johannes 5:14-15)
Ons kan maar enige tyd en enige plek tot die Here bid (Jona 2:1-3)
Ons kan vra vir leiding (Genesis 32:9-12)
Ons kan bid dat God ons genees (Jesaja 38:1-10)
Hanna bid vir ‘n baba (1 Samuel 1:10-11)
In ons nood kan ons gerus na die Here toe gaan in gebed (Psalm 4:2)
Jakob bid in sy krisis (Geneis 32:9-12)
Dawid bid vir hulp in nood (Psalm 28:1-9)
Elia (1 Konings 19:3-4)
Jesus (Matteus 26:39)

Gelowiges het nog altyd saam gebid
By byeenkomste (Handelinge 1:13-14; 20:36)
Met die uitstuur van die sendelinge Barnabas en Saulus (Handelinge 13:3)
Toe Paulus en Silas in die moeilikheid was (Handelinge 16:25)
Die kerk moet bly bid (Romeine 12:12, EffesiŽrs 6:18, 1 Tessaloninsense 5:17) Hier volg voorbeelde van bebedsmense.
Abraham (Geneis 18:23-33)
Moses (Eksodus 32:31-32, Deuternomium 9:25-29)
Hanna (1 Samuel 1:10-11)
Elia (1 Konings 18:36-44)
Jesus (Matteus 26:39-43, Markus 14:32-40, Lukas 22:42-44)

Ons bid vir ander mense: voorbidding
Gelowiges moet vir mekaar bid. Die Here verwag dit van ons.
Heilige Gees
Die Heilige Gees tree in vir gelowiges (Romeine 8:26-27)
Christene moet vir mekaar intree (EffesieŽrs 6:18, 1 Tessalonissense 5:25, Matteus 5:44, Handelinge 7:60, HebreŽrs 13:18-19, 1 Johannes 5:16)
Hier volg enkele voorbeelde van gebede van voorbidding:
Hiskia (2 konings 19:14-19)
Esra (Esra 8:21-23)
DaniŽl (DaniŽl 9:1-19)
Jesus (Johannes 17:1-26)
Paulus (EffesiŽrs 1:15-21; 3:14-21, Kollosense 1:9-13)

Ons God beantwoord gebede
God luister na ons gebede. Hy beantwoord dit ook altyd, maar dan op sy manier en op sy tyd. Ons raak dikwels te ongeduldig as Hy nie doen wat ons vra of sÍ nie. Natuurlik hoed God nie te doen wat ons vra nie. Hy kan selfs vir ons “nee” sÍ. Die feit bly egter dat ons kan vertrou dat God altyd ons gebede verhoor.
God sÍ soms “nee”.
God seÍ “nee” as ons sonder vertroue bids (Jakobus 1:6-8)
God kan “nee” sÍ as ons met die verkeerde motiewe bid (Jakobus 4:3-6)
God kan wag met antwoorde as ons gesindheid verkeerd is (1 Petrus 3:7)
Vir God kom eerste dinge eerste. Hy wil dus eers hÍ ons gesindheid moet regkom en ons verhouding met Hom moet weer reggestel word voordat ons verder vir Hom dinge vra (1 Johannes 3:22)

Instrumente
God gebruik ons soms as sy instrumente om ons eie gebede te ebantwoord. In Kolossense 1:3-12 bid Paulus byvoorbeeld dat die gemeente in kennis en goeie dade sal groei. Direk daarna moedig hy hulle aan om in kennis te groei en goeie werke te doen. In ‘n sekere sin doen Paulus hier sy deel om sy gebed vir die gemeente in vervulling te laat gaan.
Die Here verras ons soms deur wonders te doen.
Hy laat tronkdeure oopswaai (Handelinge 12:5-8)
Hy genees mense (Jesaja 38:1-5, Handelinge 9:40)

Tye en plekke van aanbidding
Is daar ‘n spesifieke posisie wat ‘n mens moet inneem wanneer jy bid?
Sit (2 Samuel 7:18)
Kniel (1 Konings 8:54, Lukas 22:41, EffesiŽrs 3:14)
Staan (1 Samuel 1:26, Markus 11:25)
Jou hande uitstrek na bo (Eksodus 9:29, Psalm 141:2)

Wanneer moet ‘n mens bid?
Verskeie kere per dag (Psalm 55:17-18, DaniŽl 6:11, Lukas 2:37)
Vroeg in die oggend (Psalm 5:4, Markus 1:35)
Die hele nag deur (1 Samuel 15:11)

Is daar spesifieke plekke waar ‘n mens moet bid?
Gebed is nie beperk tot ‘n enekel plak nie (Johannes 4:21-24)
Gebed in die buitelug (Markus 1:35, Lukas 5:16)
In die plek waar gelowiges bymekaar is (Lukas 4:16)
Tuis (DaniŽl 6:11-12, Matteus 6:6)

AMEN bevestig ons gebede
(Romeine 15:33, GalasiŽrs 6:18, Fillipense 4:23, Openbaring 22:20-21)

Matteus 6:7
En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

mari
Jan 25th 2010, 09:11 PM
Liewe Ta-An ....

alweer 'n interessante onderwerp met 'n twist ......

persoonlik is ek gedurig in gesprek met Vader, Jesus of die Gees of sommer al drie in een .... ( seker nie so teologies korrek nie, but anyway ..... ) my dae van "shopping lys" gebed het saam met die "name-it-claim-it-frame-it" bregade by die agterdeur uitgemars en ek het geleer daar is meer aan gebed as vra vir dit en dat ...... daar is 'n tyd vir vra, ja natuurlik..... maar verweef met dankie se en lofprysing en sommer net gesels..... en gebed sonder luister is natuurlik ook maar net 'n one man show ......

... soms ry ons by iemand, of 'n plek of situasie of watokal verby en net so in die passasiersitplek met kleinman op die skoot gaan my gedagtes op Troonkamer toe..... sommer so in tale, want die Vader weet wat nodig is en vra net ons geloof om dit in aksie te bring ....... dit is al amper vanself dat 'n ambulans of branweer sirene die tale laat uitborrel ......

.... ek vind myself self soms gelei om vir iemand in te tree met 'n nuusberig of 'n storie waar 'n naam of gesig in my gees kom vassit ... soms bly daardie persoon in my gedagtes en neem ek die gebed "binnekamer" toe later ..... ( ja, julle liggies skyn ook soms daar ;-) ...... )

dan is daar natuurlik die afsondering tydjies .... iewers op 'n duin langs die see of in die bos .... of sommer op die agterstoep onder die sterrehemel laataand as die manne al droomland toe is ........ tyd vir Woord mediteer en instel op leiding van die Gees in spesifieke situasies of met vrae of soeke na wysheid ....... oor die jare was ek al baie op my kniee langs kleinman se bed - uit dankbaarheid vir elke deurbraak ...... in nederigheid vir Onse Vader se Liefdevolle Oorvloedige Genade

..... en ja, soms trek mens die kombers oor jou kop as die dag verby is en maak jou oe toe met 'n dankbare hart ...... dat jy veilig in Vader se arms die nag kan deurgaan tot die son weer skyn .......

sela ....
m

Tonton
Jan 26th 2010, 03:22 PM
Ta-An,

Ek was al op my voete, maag, rug, knieŽ sitvlak, sy...

Ek vind nogal dat hoe nader aan die aarde ek is, hoe meer ervaar ek die teenwoordigheid van die Gees.

Anton