PDA

View Full Version : Kom kyk gou hier, gou man gou!



CFJ
Nov 28th 2009, 09:30 PM
Klik gou hieronder man... :thumbsup:

DIS 'N VERRASSING (http://www.youtube.com/watch?v=T7-eOchRwTU&annotation_id=annotation_652395&feature=iv)

David2
Nov 28th 2009, 09:44 PM
Ferdi
Dankie vir die skakel. Ek was so 'n bietjie ontsteld vanaand (soos jy dalk weet), maar die het my die moed gegee om te gaan slaap. Ek sien daar is sommer 'n paar verskillende weergawes hiervan.

CFJ
Nov 28th 2009, 09:50 PM
Dit is nogal iets besonders David en ek is bly dit doen iets vir jou, want dit het my ook aangeraak. Ek sit en wonder toe ek daarna kyk, hoe dit sal lyk en klink op 'n groot skerm met goeie luidsprekers... ?

Lanie
Nov 29th 2009, 05:09 AM
Is dit jou huis, Ferdi??? :P

CFJ
Nov 29th 2009, 08:30 PM
Is dit jou huis, Ferdi??? :P

Einste, maar dis van die kant af, jy moet dit van voor af sien... :o:lol:

mari
Nov 29th 2009, 09:15 PM
Dankie Ferdi .... dis regtig amazing ......

Ons kan net jubel saam met die engele ..... vir die wat die genade ontvang om hulle nie blind te staar teen net die liggies van Kersfees nie..... maar die Lig wat mens geword het sien ...... en die wedergeboorte in en deur Hom ervaar ....

:pp ,,,,,,,

AndreHa
Dec 3rd 2009, 05:17 AM
Klik gou hieronder man... :thumbsup:

DIS 'N VERRASSING (http://www.youtube.com/watch?v=T7-eOchRwTU&annotation_id=annotation_652395&feature=iv)

Dis awesome!:cool:

CFJ
Dec 3rd 2009, 06:11 AM
Welkom by ons André, hoop jy geniet dit hier!

AndreHa
Dec 3rd 2009, 06:41 AM
Dankie, ek geniet dit beslis. Ek ontken die verskillende forums op die oomblik - dis lekker om 'n forum te he waar ek in my eie taal oor die Here kan gesels. :)

protea
Dec 3rd 2009, 12:27 PM
Klik gou hieronder man... :thumbsup:

DIS 'N VERRASSING (http://www.youtube.com/watch?v=T7-eOchRwTU&annotation_id=annotation_652395&feature=iv)

Ek wil ok sien wat julle sien......:cry: Maar my laptop se ek het n nuwe weergawe van Adobe Player nodig en dis HEELTEMAL te moeilik vir my tegnologie-gestremde-breintjie om dit self op te laai...:cry: Ek weet nie waar ek moet 'spoeg , plak' of kliek nie....:cry:

Henry
Dec 3rd 2009, 01:03 PM
Hier is 'n paar sulke liggiehuise in Pretoria. Die ouens doen regtig moeite. Al wat kort is die sneeu. Die tweede kiekie is van die Danville liggiehuis.

Karin Joubert
Dec 8th 2009, 10:22 AM
Klik gou hieronder man... :thumbsup:

DIS 'N VERRASSING (http://www.youtube.com/watch?v=T7-eOchRwTU&annotation_id=annotation_652395&feature=iv)

:idea:
Hi,

Ekke dink dat as ons 'JOY' van Jesus het Dan kan ons in die geestesrealm só lyk vir die wêreld!

Laat jou liggie(s) skyn vandag...ja, borrel 'n bietjie....loop stort, stort en spat 'n paar ander Nat!...en verlig 'n ander ou se pad!

Dis Amazing Grace wat ons vrygemaak het,
Volgemaak het,
Nuutgemaak het
En hoopvol gemaak het!

MercyChild
Dec 8th 2009, 11:29 AM
:monkeyd:Dit is super cool! Ek weet nie waarvan hou ek die meeste nie, die woorde, die ritme of die liggies! Natuurlik het die woorde die meeste impak, maar jong hou ek van die beat!