PDA

View Full Version : Waar is al die musikante?



Philip dT
Nov 29th 2009, 06:34 PM
Ek wil bietjie weet. Wie van die lede hier is almal musikante en watse instrument speel jy?

(dalk is hier 'n 'band' onder ons en ons weet dit nie!)

Lanie
Nov 29th 2009, 06:48 PM
Ek probeer drom speel.... maar nog net vir myself, speel nie vir anner mense nie.. te skaam...:blush:

Philip dT
Nov 29th 2009, 06:54 PM
Interessant. Wil jy graag in 'n 'band' speel?

Lanie
Nov 29th 2009, 07:39 PM
Moet nou nie vir hierdie erg gereformeerde sussie van jou lag nie, maar actually was my oorspronklike plan om in die kerk se band te speel.... nie dat dit nou ooit gaan gebeur nie....:lol:

mari
Nov 29th 2009, 09:18 PM
..... ekke tokkel die guitaar snare ...... Dawid style .....
.... net vir praise en worship ....

:pp ....

Francois Marais
Nov 30th 2009, 05:32 AM
Rk probeer nog leer kitaar speel (nou so jaar wat ek leer). Het een elektries en acoustic kitaar tans, klavier kan ek bietjie van uitmaak, orrel van klein tyd af gespeel maar het als vergeet, en dan ook besig om vluit te leer speel.

Ek het ook altyd gesing, maar die rook fase in my lewe het baie skade gemaak aan my stem.

Die Filadelfieer
Nov 30th 2009, 05:55 AM
Wat van tweede viool ? :eek:

Francois Marais
Nov 30th 2009, 06:04 AM
Wat van tweede viool ? :eek:
Ek spaar tans vir een. Is nog altyd my droom om een te kan besit en bespeel... :lol:

protea
Nov 30th 2009, 06:35 AM
Klavier, pyp-orrel en elementere kitaar. Net nie 2e viool nie ASSEBLIEF!!!;)

Philip dT
Nov 30th 2009, 06:59 AM
Wow, hier is dus 'n klompie.

Ek self is ook lief vir musiek van kleins af.

Ek speel klavier vanaf baie klein, en het later ook kitaar begin speel, veral in die kerk.

En sing? Wie van julle sing?

Ta-An
Nov 30th 2009, 07:50 AM
Ek bespeel die tamboryn.... gebruik dit in die dans. :pp

Philip dT
Nov 30th 2009, 09:06 AM
Ek bespeel die tamboryn.... gebruik dit in die dans. :pp

He he, dit laat my terugdink aan 'n keer toe mense saam met die aanbidding tamboeryn gespeel het terwyl ek gelei het, maar dit was agter in die saal en ek dink hulle was ook nie heeltemal op tyd nie. Die saal het ook 'n redelike eggo gehad. Met die gevolg dat ek die klank van die tamboeryne heelwat later gekry het waar ek voor gestaan het. Dit het my heeltemal uitgegooi...

Maar ek self hou baie van tamboeryn. My vrou gee musiek-klasse vir die kleintjies (2-5) en die tamboeryn is een van die eerste instrumente wat jy ook vir die kleintjies kan leer. Baie goed om jou ritme te leer.

Ta-An
Nov 30th 2009, 09:09 AM
...en die tamboeryn is een van die eerste instrumente wat jy ook vir die kleintjies kan leer. Baie goed om jou ritme te leer.
'n Mens speel die tamboryn nie net vir die tap-tap nie..... mens kry spesifieke gechoreograafde bewegings en kombinasies vir tamboryn speel :D

Gene
Nov 30th 2009, 10:52 AM
Die enigste instrument wat ek kan bespeel, is ....... 'n CD SPELER!!!;) (dit tel seker nie...?)

Philip dT
Nov 30th 2009, 10:54 AM
'n Mens speel die tamboryn nie net vir die tap-tap nie..... mens kry spesifieke gechoreograafde bewegings en kombinasies vir tamboryn speel :D

Jy klink soos 'n pro!

Philip dT
Nov 30th 2009, 11:00 AM
Rk probeer nog leer kitaar speel (nou so jaar wat ek leer). Het een elektries en acoustic kitaar tans, klavier kan ek bietjie van uitmaak, orrel van klein tyd af gespeel maar het als vergeet, en dan ook besig om vluit te leer speel.

Ek het ook altyd gesing, maar die rook fase in my lewe het baie skade gemaak aan my stem.

Hi, ek het ook eers klavier gespeel en toe kitaar. Toe ek eers kitaar kon speel het ek nou weer baie van die kitaar beginsels op die klavier toegepas. Ek gee tans ook klavier en kitaar lesse.

Hier is 'n paar van my aanlyn lesse, as julle nie dink ek is te voorbarig nie.

Hier is my kitaarlesse (http://www.freeguitarlessons.co.za), kitaar akkoorde (http://www.guitarchords.co.za), en klavierlesse (http://www.queryabout.com/piano/learn-to-play-the-piano) - als in Engels ongelukkig. Nou kry julle sommar 'n kykie in wat ek ook doen behalwe om met David of Phil te stry op Lighuis :lol:

Is daar nog kitaar- of klavierspelers?

protea
Nov 30th 2009, 11:30 AM
Die enigste instrument wat ek kan bespeel, is ....... 'n CD SPELER!!!;) (dit tel seker nie...?)

...of n 'fool' speler, Gene?;)

Ta-An
Nov 30th 2009, 01:17 PM
Jy klink soos 'n pro!Jy vra dan :P :hug: .

Francois Marais
Nov 30th 2009, 01:20 PM
Hi, ek het ook eers klavier gespeel en toe kitaar. Toe ek eers kitaar kon speel het ek nou weer baie van die kitaar beginsels op die klavier toegepas. Ek gee tans ook klavier en kitaar lesse.

Hier is 'n paar van my aanlyn lesse, as julle nie dink ek is te voorbarig nie.

Hier is my kitaarlesse (http://www.freeguitarlessons.co.za), kitaar akkoorde (http://www.guitarchords.co.za), en klavierlesse (http://www.queryabout.com/piano/learn-to-play-the-piano) - als in Engels ongelukkig. Nou kry julle sommar 'n kykie in wat ek ook doen behalwe om met David of Phil te stry op Lighuis :lol:

Is daar nog kitaar- of klavierspelers?

Philip as jy in PTA was het ek verseker lesse kom kry...
Ek wil lesse gaan kry, maar tyd is min. Sal bietjie jou webblad uitkyk...

Philip dT
Nov 30th 2009, 01:44 PM
Philip as jy in PTA was het ek verseker lesse kom kry...
Ek wil lesse gaan kry, maar tyd is min. Sal bietjie jou webblad uitkyk...

Ek sou nie omgegee het nie. Kyk gerus na die skakels. Kommentaar is welkom.

MercyChild
Nov 30th 2009, 01:53 PM
Oooooeh Musiek!

Ek speel die radio en die tv, maar ek geniet om geraas te maak op dromme! Ek speel sommer so op die klavier, maar dit word nie verniet speel genoem nie. Ek dink ek is een van daardie outjies wat maar eerder Phillip se draad moet gaan oplees........:D

Philip dT
Dec 4th 2009, 09:32 AM
En aanbiddingsleiers, enige aanbiddingsleiers hier?

Ta-An
Dec 4th 2009, 10:24 AM
En aanbiddingsleiers, enige aanbiddingsleiers hier?Dans Philp................. :pp