PDA

View Full Version : Bybels teen winskoop pryse?



AndreD
Nov 30th 2009, 03:31 PM
Hello almal!

Wonder net of julle dalk weet waar ons Bybles teen winskoop pryse kan bekom? Ons betaal huidiglik R46-R49 per Bybel (Afr, Eng, Zulu, Xhosa, N. Sotho, S. Sotho, Tsonga ens.), en so nou en dan kry ek hulle teen R30 by n man wat Bybels verkoop - hy het egter bitter min Bybels op die stadium...

Hoop julle kan help

Dankie


Andre :cool:

CFJ
Nov 30th 2009, 05:27 PM
Hallo Andr,

By die Bybelgenootskap kan mens Afrikaanse Bybels vir onder R40 aankoop en as mens deur sekere NGK-gemeentes kan koop kry mens redelike goeie afslag en verlede jaar kon ek King James Bybels vir ongeveer R15 'n Bybel kry en om Engelse Bybels vir onder R30 te kry is oor die algemeen nie te moeilik nie, maar dan is dit sagteband Bybels, wat ongelukkig nie baie sterk is nie. Laat weet my, dan kyk ons wat mens kan doen, maar ongelukkig is dit 'n moeilike tyd van die jaar.

Gene
Dec 1st 2009, 09:53 AM
Hi Andre

Ek ploeg dalk nou met 'n ander man se kallers... ek weet glad nie wat die posisie is en of hulle jou sal kan help nie, maar toe ek 'n aantal jare gelede met die Jesusfilm in Botswana uitgereik het, het die plaaslike Gideons ons baie gehelp met Tswana Bybels. Ek neem aan jy wil die Bybels bekom om te versprei, en dit is die Gideons se spesialiteit. Maak gerus kontak met jou plaaslike Gideons, en hoor of hulle jou nie op een of ander manier kan help nie.

Die Filadelfieer
Dec 1st 2009, 10:27 AM
Ek het ook goedkoop Bybels via 'n NG Dominee kon kry, "On-the-Dot" lewer dit dan sommer by jou voorstoep af. Soos wat Ferdi s, is die KJV gewoonlik baie goedkoop, om die waarheid te s klink R46.00 vir my na 'n bietjie te veel, maar dit hang ook maar af van die "model" Bybel.