PDA

View Full Version : Liggaam gebreek, of nie??



Ta-An
Dec 1st 2009, 01:09 PM
Met die nagmaals formulier gebruik die Ds.1 Kor 11:24 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=46&CHAP=11&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=24) en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesÍ: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.

Sou dit nie beter wees om eerder een van die ander weergawes te gebruik nie??,,,, want die Here se liggaam is nie gebreek nie...?? :hmm:
Mattheus 26:26 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=26&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=26) En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sÍ: Neem, eet, dit is my liggaam.

Markus 14:22 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=41&CHAP=14&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=22) En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sÍ: Neem, eet, dit is my liggaam.

Lukas 22:19 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=42&CHAP=22&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=19) Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy ditdit aan hulle en sÍ: dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. en gee

Ta-An
Dec 2nd 2009, 07:32 AM
Enige Dominees, Pastore hier wat dalk weet hoekom die 1 Kor 11:24 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=46&CHAP=11&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=24) Skrif gebruik word en nie die van die Evangelies nie?? :hmm:

Want eintlik is die brood simbolies van Christus se liggaam as Offer-Lam (Paas Lam) waarvan die bene nie gebreek is nie...

Exodus 12:43 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=2&CHAP=12&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=43) Verder het die HERE aan Moses en Ašron gesÍ: Dit is die insetting van die pasga: Gťťn uitlander mag daarvan eet nie.
44 Maar elke slaaf wat 'n man met geld gekoop het, diť moet hy besny; dan kan hy daarvan eet.
45 Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.
46 In een huis moet dit geŽet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie. Johannes 19:36 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=43&CHAP=19&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=36) Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervulsouword: Geen been van Hom sal gebreek word nie.

Vleis skeur, dit breek nie, bene breek....


:hmm:

Hoe sÍ jy wanneer jy Nagmaal gebruik/bedien?? :hmm:

Francois Marais
Dec 2nd 2009, 01:40 PM
Tannie ek gebruik die een in Matt vir die nagmaal. Die liggaam van Christus is nie geskend nie, omdat dit die begin van die Sabat was, en dit sonde sou wees om die bene te breek, dit is hoekom die soldaat die spies in sy (what do you call it - Side) indedruk het.

Ek dink dit kan wees omdat meeste kerke beheer word en gese moet word wat die mense kies, nie wat waar is nie...

Dit is net soos die kerke wat vas glo dat die liggaam steeds in die graf was :rolleyes:. AS IF> Jesus leef. Die graf was leeg!

David2
Dec 2nd 2009, 01:44 PM
Tant An
Ek het gehoop iemand anders antwoord, want hierdie is nie so 'n maklike een nie. Tog lyk dit redelik seker dat die woord "breek" kom van die brood af en dat dit dan net toegepas word op die liggaam van Christus. Soos wat die brood gebreek word, is sy liggaam ook gebreek. Dit sÍ nie sy bene was gebreek nie, maar sy liggaam. Onthou, sy gewrigte was waarskynlik uitgerek en geskeur van die gewig van sy liggaam. Verder was die 39 houe wat Hy gehad het heeltemal te veel vir sy liggaam en dit het Hom reeds gebreek. Dus, ons breek die brood en daarom gebruik ons die woord "breek" ook vir sy liggaam want in 'n sekere sin was sy liggaam tog meer as gebreek. Aangesien die breek van die brood simbolies wys op sy liggaam, kan ons darem seker sÍ dat sy liggaam vir ons gebreek is.

Francois Marais
Dec 2nd 2009, 02:11 PM
Tannie ek het die in Barnes gekry (Jammer vir die Engels)


And brake it. This breaking of the bread represented the sufferings of Jesus about to take place--his body broken or wounded for sin. Hence Paul 1Cor 11:24 (file:///passagestudy.jsp?action=showRef&type=scripRef&value=1Cor+11%3A24&module=) adds, "This is my body, which is broken for you." That is, which is about to be broken for you by death, or wounded, pierced, bruised, to make atonement for your sins.

Ta-An
Dec 2nd 2009, 05:00 PM
Dankie..... maar soos ek sÍ, vleis skeur, en die kerke wat pita bood, of heel brode gebruik, skeur dit tog ook,,,,, die OT sÍ tog, die Lam sal nie gebreek word nie.... en toe die spies in Sy sy gesteek is was dit ook sodat Sy bene nie gebreek word nie...


:hmm:

Ek vra net want dit pla my....

Die Filadelfieer
Dec 3rd 2009, 08:58 AM
Dankie..... maar soos ek sÍ, vleis skeur, en die kerke wat pita bood, of heel brode gebruik, skeur dit tog ook,,,,, die OT sÍ tog, die Lam sal nie gebreek word nie.... en toe die spies in Sy sy gesteek is was dit ook sodat Sy bene nie gebreek word nie...


:hmm:

Ek vra net want dit pla my....

Soos ek dit verstaan gaan dit spesifiek oor die bene (skelet) wat nie gebreek is nie. Dit het niks met die vleis te make nie, want die oorspronklike lammers is tog ge-eet, nie waar nie ?

Ta-An
Dec 3rd 2009, 06:49 PM
Wat sÍ jou kerk??
Van watter denominasie is jy??

Ta-An
Dec 6th 2009, 07:29 PM
:ppEk het vanoggend mooi geluister,,,ons gemeente se Ds sÍ reg..." Take, eat this is His body GIVEN...." Ek wonder of lees hy hier :hmm:

Gene
Dec 7th 2009, 08:55 AM
Ta-An, persoonlik voel ek ons kloof onnodig hare as ons hieroor wonder. Soos David ook gese het, dui die "breek" van Sy liggaam nie noodwendig net op sy beendere nie. Die Bybel se vir ons dat Hy "onherkenbaar vermink" was - sy bloed het gevloei. Sy liggaam was werklik GEBREEK in die oortreffende trap, al was sy bene nie gebreek nie.... Dis maar hoe ek nog altyd hierdie teks verstaan het.

Ta-An
Dec 9th 2009, 02:38 PM
Gene, wat reg is is reg.....

Bene breek, die bene van die Paaslam is nie gebreek nie... te doen met vervulling van Skrif :)

Gene
Dec 11th 2009, 01:27 PM
Gene, wat reg is is reg.....

Bene breek, die bene van die Paaslam is nie gebreek nie... te doen met vervulling van Skrif :)
Ta-an, ek hoor wat jy se, en ek stem saam. Natuurlik is Sy bene nie gebreek nie, soos wat ook in die OT voorspel is. Die punt wat ek egter probeer maak, is dat Sy liggaam wel gebreek kon word sonder dat sy bene noodwendig ook gebreek moes wees...? 'n Liggaam bestaan tog nie net uit beendere nie. Die teks waarna jy verwys, maak geen melding van bene wat gebreek is nie, maar wel van Sy liggaam, wat flenters geslaan en vermink was, soveel so dat Hy nie eers herkenbaar was nie. Sien jy dit nie as "gebreek" nie?

Forgiven Sinner
Dec 13th 2009, 10:02 AM
Ja, dit is 'n taai een want miskien verstaan ons dit maar wat van die wat nie die Bybel so in diepte ken nie of nie die insig met ons deel nie? Verkondig ons nie 'n dwaalleer in hulle oŽ nie weens 'n gebrek aan kennis (wat seker hulle skuld is...miskien)? (Hos 4:6)