PDA

View Full Version : Bespreking Romeine: vers vir vers

Henry
Dec 2nd 2009, 08:12 PM
Ek maak hierdie draad oop om vers vir vers in detail na hierdie Boek te kyk. Almal se insette is welkom.

CFJ
Dec 2nd 2009, 08:56 PM
Sjoe Henry, julle is nie bang nie... :o

Miskien moet julle bietjie meer struktuur gee en dit in verskeie drade doen. Dalk kan mens begin by 'n historiese agtergrond en inleiding en vandaar dit hoofstuk vir hoofstuk hanteer. Ek het net 'n idee die hele boek van Romeine kan dalk 'n te lywige affÍre word om in een draad te hanteer... :idea:

Henry
Dec 3rd 2009, 04:01 AM

:lol: Ek weet. Dis een van die "moeilikste" boeke in die Bybel. Vers vir vers is dalk bietjie optimisties, maar kom ons kyk wat gebeur. Ek voorsien 'n moewiese stryery oor Rom 1:4 want die Heilige Gees se vir die een ou een ding en vir die ander ou iets anders oor daardie vers. :rofl:Ek weet nie of ons daar verby sal kom nie.

Lanie
Dec 3rd 2009, 05:11 AM
Sjoe Henry, ek wou eintlik eers na die Desember vakansie hierdie ding aanpak en ordentlik saam met die ander moderators dit beplan het, want soos CFJ sÍ, Romeine is nie 'n boek wat jy sommer net gryp nie....

Henry
Dec 3rd 2009, 05:36 AM
Romeine is nie 'n boek wat jy sommer net gryp nie....

Waarom nie? Dis 'n heavy boek en baie goeters daarin is moeilik vir meeste mense om te glo, maar ek bang hom nie. :D

Phil Fourie
Dec 3rd 2009, 05:45 AM
Henry

Dis nie soseer 'n dat dit 'n boek is met goed wat moeilik is om te glo nie, maar dit is die dogmatieste boek in die Bybel en as mens hom vers vir vers wil bespreek, dan moet jy 'n baie goeie agtergrond van die boek hÍ. Dis nie net 'n hier jy 123 bespreking nie, 'n goeie predikantsvriend van my is besig met bybelstudie oor Romeine in sy gemeente, hy is nou al vir meer as 2 jaar besig en dit is 'n uur 'n week, hy kom nou eers die einde nader, so dit is 'n intense studie.

Romeine raak ook vir baie mense kontreversiele sake aan, hier praat ek nie net oor homoseksualiteit en dies meer nie, hier praat ek oor die soewereiniteit van God en sy uitverkiesing van sy kinders, 'n Bybelse waarheid wat min wil aanvaar en dus groot dele van Romeine probeer verdraai om hierdie dinge te probeer wegsteek, dus as jy Romeine vers vir vers wil aanpak, gaan jy moet besef, as jy wil leer uit die boek en jy wil objektief en sonder vooropgestelde idees, dan gaan jy nie ander as om te besef hierdie waarhede is die Bybelse weg nie.

Besprekings rondom Romeine kan ook baie warm word, veral a.g.v. die uiteenlopende sienings van mense hier, party verskil hewig oor Rom 7 bv. party probeer 'n 2de genadewerk in die boek inlees ens. ens. ens. en dit sal jammer wees as dit veroorsaak dat so 'n studie in die kontroverse forum gaan beland.

So oorweeg a.s.b. goed voor jy so 'n studie hier aanpak en wat jy doel daarmee is, hoe jy graag die gesprek sal wil voer, want daar is kans vir groot verskille.

Groete
Phil

CFJ
Dec 3rd 2009, 06:05 AM
Sjoe Henry, ek wou eintlik eers na die Desember vakansie hierdie ding aanpak en ordentlik saam met die ander moderators dit beplan het, want soos CFJ sÍ, Romeine is nie 'n boek wat jy sommer net gryp nie....

Lanie & Co,

Ek dink dit is juis die tipe ondernemings wat mens moet aanpak en dalk moet mens hierdie draad gebruik om voorstelle te kry van almal, dan kan ons in moderators 'n besluit maak en kyk hoe mens dit sinvol kan doen. Dink net wat dit kan beteken as mens dit van die grond af kan kry!

Ek en twee internet-vrinne het op 'n stadium begin om die Bybel stap vir stap te begin skryf in Afrikaans en het nooit besef watter geweldige groot projek kan mens seker sÍ, dit is nie. Ek sal dit graag wil voortsit, maar dit staan nou al 'n rukkie stil, net omdat mens te groot hap in die begin en dit dan nie gekou kan kry nie. Ek sluk nou nog aan daai hap en as ek alles net ingesluk kan kry, dan gaan die hare waai... :D

Nee, ek spot sommer, maar mens sal dit reg moet beplan en ek dink nie hierdie draad sal deel kan wees van die hele gedoente nie, mens moet hier gesels oor al die moontlikhede en Phil het al reeds 'n baie goeie smakie gegee, van wat wag en dan moet mens dit reg hanteer.

Henry
Dec 3rd 2009, 06:30 AM
Paulus was “opgelei” as 'n Fariseer aan die voete van Gamaliel. Hy het die Ou Testament “op die punte van sy vingers” geken. Dis hoekom God hom gekies het om die grootste deel van die Nuwe Testament te skryf. God kon Paulus se kennis van die wet en die profete gebruik om Sy raadsplan en dit wat Christus gedoen het aan Paulus te verduidelik sonder om hom eers die agtergrond van voor af te leer.

Fariseer beteken afgesonder. Afgesonder vir die wet en die profete? As mens na die opleiding van die ouens gaan kyk, is dit duidelik dat dit geweldig intensiewe opleiding was. Mens doen dit nie sommer vir die lekker – soos 'n pottebakkery kursus – nie. Mens kan daaruit aflei dat Paulus uitverkoop was aan God. Kyk maar net na die ywer waarmee hy op grond van sy beperkte kennis – Ou Testament – hierdie “nuwe beweging” vervolg het. (Sien Handelinge 22) Selfs wonderwerke het hom nie oortuig nie!! Jesus het die spulletjie so gesit kyk van daar bo af en by homself gedink, Die ou is nogal gedetermineerd. Ek sal hom kan gebruik. Ek gaan gou bietjie vir vir hom kuier en beduie hoe dinge eintlik werk.

Jesus het 'n goeie joppie gedoen, want in vers1 vertel Paulus dat hy nou afgesonder is vir die Evangelie. Skielik kon hy duidelik sien hoe die hele OT vooruitwys na Jesus. Hy sien die tipes raak en hy sien hoe die profesieŽ vervul is in Jesus se lewe, sterwe en opstanding.

Vers 3 is nogal interessant en het my genoop om na die geslagsregisters van Jesus te gaan kyk. Die Mattheus en Lukas weergawes verskil van mekaar. Waarom? Van Abraham tot by Dawid is hulle dieselle en dan begin die verskille. Dawid het twee seuns in daardie geslagsregisters, Natan en Jonathan. Die een geslagsregister is die van Maria en die ander die een van Josef. Dawid was werklik God se oogappel!!

Henry
Dec 3rd 2009, 08:25 AM
Henry

Dis nie soseer 'n dat dit 'n boek is met goed wat moeilik is om te glo nie, maar dit is die dogmatieste boek in die Bybel en as mens hom vers vir vers wil bespreek, dan moet jy 'n baie goeie agtergrond van die boek hÍ. Dis nie net 'n hier jy 123 bespreking nie, 'n goeie predikantsvriend van my is besig met bybelstudie oor Romeine in sy gemeente, hy is nou al vir meer as 2 jaar besig en dit is 'n uur 'n week, hy kom nou eers die einde nader, so dit is 'n intense studie.

Romeine raak ook vir baie mense kontreversiele sake aan, hier praat ek nie net oor homoseksualiteit en dies meer nie, hier praat ek oor die soewereiniteit van God en sy uitverkiesing van sy kinders, 'n Bybelse waarheid wat min wil aanvaar en dus groot dele van Romeine probeer verdraai om hierdie dinge te probeer wegsteek, dus as jy Romeine vers vir vers wil aanpak, gaan jy moet besef, as jy wil leer uit die boek en jy wil objektief en sonder vooropgestelde idees, dan gaan jy nie ander as om te besef hierdie waarhede is die Bybelse weg nie.

Besprekings rondom Romeine kan ook baie warm word, veral a.g.v. die uiteenlopende sienings van mense hier, party verskil hewig oor Rom 7 bv. party probeer 'n 2de genadewerk in die boek inlees ens. ens. ens. en dit sal jammer wees as dit veroorsaak dat so 'n studie in die kontroverse forum gaan beland.

So oorweeg a.s.b. goed voor jy so 'n studie hier aanpak en wat jy doel daarmee is, hoe jy graag die gesprek sal wil voer, want daar is kans vir groot verskille.

Groete
Phil

Phil, ek voorsien 'n groot stryery, maar dis nie my doel nie. Die stryery gaan bloot ontstaan agv vooropgestelde idees. Vestings wat gebou is agv dinge wat jare lank verkeerdelik aan mense voorgehou is as die waarheid. As ek een of twee mense kan kry om met nuwe oe na die Bybel te kyk, is ek gelukkig.

Ek is redelik leerbaar, selfs op my gevorderde ouderdom :D en is oop vir oortuiging, maar dan moet dit wat ek geleer word sin maak in die lig van die res van die Woord.

Henry
Dec 3rd 2009, 10:24 AM
Romeine 1:4 vermoed ek sal die eerste kontroversieŽle versie wees. As ons hier verby kan kom, het ek hoop vir hierdie draad. :D

Eerstens, die Gees van heiligheid is nie die Heilige Gees nie. Later meer hieroor.

Jesus word na Sy opstanding as Seun van God verklaar. Hoe dan nou? In 3 gevalle wat ek so vinnig aan kan dink het God verklaar dat Jesus Sy Seun is. Toe die engel vir Maria vertel dat sy sou swanger raak, met Jesus se doop en met Sy verheerliking op die berg. Waarom dan Hom na Sy opstanding weer as Seun verklaar?

Want daar was 'n stadium in Sy lewe toe Hy nie meer die Seun van God was nie, toe Hy sonde gemaak is vir ons. (2 Kor 5:21) Hy het nie ons sonde gedra nie, maar Hy is sonde gemaak. Dis baie erger as wat ons besef. Die 22ste Psalm profeteer hieroor. Ook HebreŽrs 1 verklaar dat Hy na Sy opstanding die Seun van God geword het.

Lanie
Dec 3rd 2009, 10:49 AM
Henry,

Soos CFJ vroeŽr in die draag gesÍ het, ons gaan nie hierdie draad gebruik om die studie en bespreking van Romeine te doen nie. Ons soek eerder idees van julle as deelnemers oor hoe ons so draad gaan maak werk. Respekteer asseblief ons besluit om hierdie studie eers ordentlik te beplan, sodat dit ordelik sal wees en almal wat daaraan deelneem sal stig. Die studie sal afskop op die 4de Januarie... Jy kan solank vir ons voorstelle op hierdie draad gee, ek is seker jy het baie. ;)

Henry
Dec 3rd 2009, 12:34 PM

Ja baas, herkou die vakansie bietjie aan die dinge wat ek tot dusver hier kwytgeraak het. :cool: Wees nou 'n vrou soos die mense van Berea en ondersoek die skrifte of wat ek aan julle voorhou, sin maak.

Lanie
Dec 3rd 2009, 02:01 PM
Henry, dit kom voor asof jy dink ek ondersoek nie die Woord nie, of dat jy dit beter doen as diť van wie jy verskil. Dink jy nie dis effens aanmatigend nie? Jy het 'n houding dat jy hier is om die res van ons iets te leer, maar dalk het die Here jou hierheen gelei om iets by ander te leer. Net 'n gedagte....

Groete
Lanie

Henry
Dec 3rd 2009, 02:52 PM

Ja baas. BÍre nou die mes asseblief. Ek bloei al erg.

Lanie
Dec 3rd 2009, 03:08 PM
:lol: Henry, moenie so melodramaties wees nie. Ek is glad nie lelik met jou nie, ek gesels met jou.

Henry
Dec 3rd 2009, 03:25 PM
Henry, dit kom voor asof jy dink ek ondersoek nie die Woord nie, of dat jy dit beter doen as diť van wie jy verskil. Dink jy nie dis effens aanmatigend nie? Jy het 'n houding dat jy hier is om die res van ons iets te leer, maar dalk het die Here jou hierheen gelei om iets by ander te leer. Net 'n gedagte....

Groete
Lanie

Ek het ongelukkig al te veel stories oor Romeine gehoor wat glad nie sin maak nie om enige verwagting te hÍ. Maar dalk verras julle my tog. Kom ons kyk. Ek het egter 'n paar dinge uitgevind en brand nogal om dit met julle te deel. As jy met 'n "ek weet alles" houding wil deelneem, stel ek nie belang nie. As jy nie 'n oopkop het nie, maar vashou aan ds so en so se verduideliking destyds in 5de jaar Katkisasie en die Bybel net lees om daardie leringe te probeer bevestig, stel ek ook nie belang nie.

Dis my voorvereistes. Wat is joune?

David2
Dec 3rd 2009, 07:52 PM
Lanie
Ek dink ons moet 'n stryery ten alle koste verhoed. Dit sal die stigtelikheid van die draad skade berokken. Romeine is so 'n grootse leerboek in die Bybel dat mens werklik moet poog om die Bybelse doel waarvoor die boek geskryf is, weerklank te gee. Laat elke ou toe om een plasing te maak oor elke deel, een keer verder te verduidelik en daarna een keer repliek te lewer, dan het hy/sy klaar gepraat. Dit behoort 'n stryery te beperk (drie plasings per deel).

Tweedens, Romeine is 'n lang boek. Ek twyfel of ons hom vers vir vers kan vat. Dit gaan baie baie lank duur. Kom ons deel hom op in logiese perikope, groepies verse by mekaar, wat oor een tema praat. Ek dink daar is heelwat sulke indelings beskikbaar. Ongeveer so vier perikope per hoofstuk. Dan kan mens twee weke oor een perikoop gesels, m.a.w. tot twee maande oor een hoofstuk (sommige hoofstukke soos Rom. 8 kan in meer as vier perikope verdeel word.)

In so 'n geval kan mens darem die boek in redelike tyd klaarmaak. Ek voel sterk dat dit nie onnodig lank uitgerek moet word nie, want dan verloor mens die draad en die geheelbeeld. Voor ons met hoofstuk een begin, gee ons geleentheid om by die inleiding ook mense se insette te kry oor die geskiedkundige agtergrond, doel en hooftemas van die boek.

Dit is nou maar my idee.

Lanie
Dec 3rd 2009, 08:55 PM
Dankie David. Dis nou die soort konstruktiewe insette wat ons baie gaan help. Ek het nou nog nie met die ander moderators gesels nie, ek sal eers dit met hulle ook moet uitklaar, maar sou jy dalk belangstel om so studie te lei? Ek dink jy is die aangewese persoon.

Philip dT
Dec 4th 2009, 08:22 AM
Great idee om Romeine deur te werk. Ek hou ook van wat David sÍ. Ek sou byvoeg dat mens as eerste fase 'n paar moontlike indelings op die tafel kan plaas en dan hoofstuk vir hoofstuk, of in gedagte-eenhede te hanteer. Daar sal waarskynlik ook meer as een opinie wees oor hoe die gedagte-eenhede loop.

Wat ek ook dink sinvol kan wees is om bepaalde temas in Rom te identifiseer en dan daardie temas te bespreek aan die hand van die hele boek, want soms het mens nodig om na die hele boek te kyk vir een tema - dalk in aparte drade.

Ek dink nie ons moet bespreking te veel beperk nie, want die forum is tog hier om dinge te bespreek, is dit nie? Dit moet net goed gemodereer word, en elkeen wat daaraan deelneem moet:

1) onderneem om net die sake en tekste te bespreek en nooit persoonlik te raak nie
2) onderneem om 'n ander ou se siening te respekteer en
3) bereid wees om in liefde te verskil en vir mekaar ruimte te maak
4) probeer om beskeie te bly in sy verstaan, en eerder 'n styl te kweek van "soos ek dit verstaan" eerder as "nee wat ou maat, jy het die kat aan die stert beet"

CFJ
Dec 4th 2009, 08:35 AM
Ek dink nie ons moet bespreking te veel beperk nie, want die forum is tog hier om dinge te bespreek, is dit nie? Dit moet net goed gemodereer word, en elkeen wat daaraan deelneem moet:

Hi Philip,

Ek hou van jou voorstel, maar ek sou tog dink, dat dit goed sal wees om die, noem dit maar amptelike Romeine Bybelstudie, redelik gestruktureerd te hou met bepaalde beperkinge, want sou enige iemand iets wil bespreek, dan kan 'n bepaalde punt in die Bybelstudie draad of drade geneem word na 'n forum en 'n nuwe draad kan enige tyd daar begin word. Geen bespreking word dan beperk nie, maar dit laat dan ook toe dat die Bybelstudie-draad nie onnodig lomp raak nie.

Philip dT
Dec 4th 2009, 08:43 AM

Dit maak sin, mens sou ook parallele drade kan loop, een vir inligting of verstaanswyses, en een vir bespreking. 'n Ander moontlikheid sou wees om wel een draad te hÍ vir sienswyses en bespreking, maar 'n aparte draad oop te maak vir elke hoofstuk.

David2
Jan 2nd 2010, 02:29 PM
Ons outjies wat nie deel is van die groot raad van Lighuis nie, is nou al nuuskierig. Wat is besluit oor Romeine? Hoe gaan dit gedoen word? Wanneer begin ons?