PDA

View Full Version : Benodig raad Shofar vs Kuduzela/Vuvuzela



Karin Joubert
Dec 7th 2009, 09:36 AM
Hi, Hier vanuit Sedgefield groet ek julle!
Ek moet kinders vertel van die verskil tussen shofar gebruik om God te verheerlik en vuvuzela/kuduzela se gebruik om sportgod te aanbid. Enige voorstelle hoe om dit te benader?
Shalom
Karin :help:

Die Filadelfieer
Dec 7th 2009, 10:06 AM
Ek dink as die Israeliete toegang tot plastiek gehad het, het hulle ook eerder vuvuzela's gebruik.(Dalk sou Jerigo se mure NOG vinniger geval het) ;)

CFJ
Dec 7th 2009, 11:14 AM
Hi, Hier vanuit Sedgefield groet ek julle!
Ek moet kinders vertel van die verskil tussen shofar gebruik om God te verheerlik en vuvuzela/kuduzela se gebruik om sportgod te aanbid. Enige voorstelle hoe om dit te benader?
Shalom
Karin :help:

Welkom hier by ons Karen. Jy is nie te vr hier van my af nie, ek is in Oudtshoorn. My kennis hiervan is nie so goed nie, maar Phil Fourie en veral Ta-An (sy weet baie van Joodse gebruike) sal jou verseker goeie antwoorde kan gee.

Francois Marais
Dec 7th 2009, 12:15 PM
Hi, Hier vanuit Sedgefield groet ek julle!
Ek moet kinders vertel van die verskil tussen shofar gebruik om God te verheerlik en vuvuzela/kuduzela se gebruik om sportgod te aanbid. Enige voorstelle hoe om dit te benader?
Shalom
Karin :help:


A shofar may be created from the horn of any kosher (http://en.wikipedia.org/wiki/Kosher) male animal from the Bovidae (http://en.wikipedia.org/wiki/Bovidae) family except for cattle (http://en.wikipedia.org/wiki/Cattle), which is specifically excluded. In practice two species are generally used: the Ashkenazi (http://en.wikipedia.org/wiki/Ashkenazi) and Sefardi (http://en.wikipedia.org/wiki/Sefardi) shofar is made from the horn of a domestic ram (see sheep (http://en.wikipedia.org/wiki/Sheep)), while a Yemeni shofar is made from the horn of a kudu (http://en.wikipedia.org/wiki/Greater_Kudu).

Ek het my 'n Yemeni gekoop laas week. Ek dink vir mens se geloof kan ons YHWH vra wat is gepas om te koop. Ek het nie vrede gehad met die Sefardi wat te koop was nie. As iemand 'n Yemeni koop vir sport :eek: kan ek niks meer se nie....

Karin Joubert
Dec 7th 2009, 01:13 PM
Dankie vir terugvoering CFJ, Ek gebruik al vir jare self koedoe shofar vanuit KleinKaroo en dit word gereeld gebruik vir oorlogvoering, Sondag Bymekaarkom-roep voor diens in Sedgefield en ek't selfs tydens Worshiptye al wonderlike ervaringe gehad in gees as shofar gebruik word om met musiek net 'n klank wat vir Vader aanneemlik en kosbaar is te gebruik om Hom te verheerlik. het vanoggend net wakker geword met die kontras tussen die twee gebruike wat hedendaags 'n algemene klank word vir wreld...en besef dat vyand wat na-aper is alweer daarin geslaag het om selfs ramshoring te 'commercialise'. wil graag net dat 2010 sokker en kuduzelas nie die oop hemelruim bestorm terwyl ons met shofars stil-stil terugsit nie. hier kom stryd tussen sportgod aanbidding en ware YHWH aanbidding tersprake vir my.

Karin Joubert
Dec 7th 2009, 01:25 PM
Middag Francois, ja, ek dink dit kan 'n ander ervaring wees om met Sefardi die dag in te gaan, klank is inderdaad nie my gedagte nie, die Yemeni en byges 'n paar Yemeni's bymekaar maak 'n nuwe dimensie oop en dan kan mens net opgewonde raak as die Gees diep vanuit ons saambeweeg in eenheid en harmonie en lofprysing...alles wat nodig is vir Heerlikheid om tempel te vul....so sal ons aanhou om Hom te soek, te aanbid en te verhoog...moet bys, my Yemeni maak ideale kussing in Knysna bos as ek bietjie wil rus en duidlik het Jakob by Betel nie een gehad nie(of syne gebruik), ideale nekstut en nogal gemaklik daarby! vandag ren dit by ons eerste keer in weke.

Karin Joubert
Dec 7th 2009, 01:40 PM
Liewe Filadelfieer, eintlik het ek gehoor dat dit engele was wat die muur tegerlykertyd afgedruk het in grond en die Israeliete het reguit oorgestap sonder omval stukke...i.e.g. dit was sekerlik net die gehoorsaamheid wat daar getel het en die klank was net deel daarvan...maar plastiek is so...so 'onnatuurlik' soos ? watookal en as jy jou eie ramshoring het dan sal jy verstaan dat dit soos 'n eie geweer is, mens moet wakker wees in gees as jy begin met shofar blaas...ek't paar mense al sien seerkry wat net wil blaas vir 'sports' en die onkunde het hul paar stewige kneusplekke laat opdoen in gees...
dis 'n bediening, 'n verantwoordelikheid en 'n voorreg om as dienskneg van Allerhoogste as wagter op mure te wees. nogtans lief vir jou...en wie weet, dalk bring Hy jou by ware passie vir shofar en dan sal jy onthou...plastiek is ...wel, dis gagga! lekker dag verder!

Francois Marais
Dec 7th 2009, 01:51 PM
Middag Francois, ja, ek dink dit kan 'n ander ervaring wees om met Sefardi die dag in te gaan, klank is inderdaad nie my gedagte nie, die Yemeni en byges 'n paar Yemeni's bymekaar maak 'n nuwe dimensie oop en dan kan mens net opgewonde raak as die Gees diep vanuit ons saambeweeg in eenheid en harmonie en lofprysing...alles wat nodig is vir Heerlikheid om tempel te vul....so sal ons aanhou om Hom te soek, te aanbid en te verhoog...moet bys, my Yemeni maak ideale kussing in Knysna bos as ek bietjie wil rus en duidlik het Jakob by Betel nie een gehad nie(of syne gebruik), ideale nekstut en nogal gemaklik daarby! vandag ren dit by ons eerste keer in weke.

Ek dink meeste mense gebruik dit om oorlog te voer. Dit maak net iets in die gees los as mens 'n Shofar blaas.
Ek het Vader gevra dat Hy my wys watter ramshoring ek moet koop, en iets was net nie lekker met van die Serardi's wat te koop was nie. Daar was maar net nie die warm fuzzy feeling in my hart oor die Shofar nie.

Ek stem saam. satan sal kom en steel waar hy kan. Kom ons bid en vertrou dat hy niks sal kan reg kry met sy haatspel nie...

Die Filadelfieer
Dec 7th 2009, 01:58 PM
Liewe Filadelfieer, eintlik het ek gehoor dat dit engele was wat die muur tegerlykertyd afgedruk het in grond en die Israeliete het reguit oorgestap sonder omval stukke...i.e.g. dit was sekerlik net die gehoorsaamheid wat daar getel het en die klank was net deel daarvan...maar plastiek is so...so 'onnatuurlik' soos ? watookal en as jy jou eie ramshoring het dan sal jy verstaan dat dit soos 'n eie geweer is, mens moet wakker wees in gees as jy begin met shofar blaas...ek't paar mense al sien seerkry wat net wil blaas vir 'sports' en die onkunde het hul paar stewige kneusplekke laat opdoen in gees...
dis 'n bediening, 'n verantwoordelikheid en 'n voorreg om as dienskneg van Allerhoogste as wagter op mure te wees. nogtans lief vir jou...en wie weet, dalk bring Hy jou by ware passie vir shofar en dan sal jy onthou...plastiek is ...wel, dis gagga! lekker dag verder!

Hallo Karin, en welkom hierso !
My pos was eintlik heeltemal tong in die kies gewees, maar aangesien hierdie 'n belangstellingsveld van jou is, kyk gerus na hierdie Wiki artikel oor resonering. (http://en.wikipedia.org/wiki/Resonance)

My idee dus : Wat van as Jerigo se mure begin resoneer het as gevolg van 'n spesifieke klank-frekwensie afkomstig van die basuine ?


Ek is eerlikwaar nog nie heeltemal seker hoekom daar 'n verskil sou wees tussen 'n plastiese en 'n regte horing nie , maar ek verstaan die atraksie tot 'n instrument wat so baie in die Ou Testament genoem word heeltemal. Wat my egter pla is die denkrigtig wat beweer dat 'n mens as te ware "spesiale kragte" sal verkry deur op ene te blaas . Beteken dit dan dat alle Christene by hulle wedergeboorte 'n ramshoring moet kry nie ..... of is alternatiewelik die Gees wat in ons kom bly genoeg om vas te staan in die gesig van die vyand ?




(NS : Ek het so 'n ruk terug toevalig iemand op 'n "kuduzela" hoor blaas : dit is 'n baie sagter klank as die "vuvu" , was eintlik heel aangenaam verras dat dit so naba aan die ware jakob klink !)

marline
Dec 7th 2009, 02:05 PM
Liewe Filadelfieer, eintlik het ek gehoor dat dit engele was wat die muur tegerlykertyd afgedruk het in grond en die Israeliete het reguit oorgestap sonder omval stukke...
Ek het dieselfde gelees, kan nou nie onthou waar nie, maar ek verbeel my in "Flavius Josephus se complete works."

Francois Marais
Dec 7th 2009, 02:20 PM
Wat my egter pla is die denkrigtig wat beweer dat 'n mens as te ware "spesiale kragte" sal verkry deur op ene te blaas . Beteken dit dan dat alle Christene by hulle wedergeboorte 'n ramshoring moet kry nie ..... of is alternatiewelik die Gees wat in ons kom bly genoeg om vas te staan in die gesig van die vyand ?

Ek dink die Heilige Gees is sterk genoeg. Sien dit as 'n skoonmaak "util" wat gebruik word. 'n "War Cry" om dit so te stel...

http://torahforthenations.org/The%20Shofar.htm
http://www.delusionresistance.org/christian/shofar.html

Karin Joubert
Dec 7th 2009, 04:28 PM
Die klank resonering maak defnitief sin in my ondervinding- 'n ren getuienis, veral nou so van pas met byna 35mm wat sover geval het hier in Knysna vandag.
dit was so tweede dag van voluit ren in Knysna bos toe ek en vriendin met reenjassies bos in is en op klein hoogtetjie op stompe gaan sit het. sopnat ...saggies in tale begin bid en Dankie s vir genaderen en toe saggies shofar diep klank geblaas... uit grond kom paddas as dit nat genoeg is en hier kom hulle met kort bonkige en ongemaklike stap beentjies aangesukkel oor blare en houtjies..die grootste ene kyk my vol in die o en kom al nader ek blaas toe weer sag en lank en diep en hulle kom almal nader na my..dan steek ek stil my hand uit en ou grote klim lomp op my hand sukkel oor vingers tot hy vol op my hand sit en stil vir my kyk..so vol vertroue, so Groot is ons Vader dat Hy met Sy gekose klank Sy skepsele bymekaar bring in eenheid...wel, ons het beide dieselfde Skepper en dit was 'n Awesome oomblik vir my en rondom my sit ander in rye drie, twee-twee en kyk almal na ons...
dit kan net die klank wees...natuurlike materiaal...die plastiek is hollerige klank, het nou die dag ene in hand gehad en hul blaas dit sangoma styl van die kant af, nie van agter soos trompet en al sketse van Bybeltyse tyd. gedog ek deel net 'n ietsie... shalom

Karin Joubert
Dec 7th 2009, 04:39 PM
Liewe Filadelfieer, net nog ietsie by die resonerings gedagte...as jy ooit kans kry, laat twee vriende met shofars lanks en regs van jou staan en beide in jou rigting blaas en dan voel jy hoe dit deur jou beweeg...powerful stuff..Nee, dit gee mens nie kragte nie, maar dat Gods Gees Kragtig is en Sy doel sal bereik deur ons wat in gehoorsaamheid beweeg en in nederigheid afhanklik bly van Hom wat ons lei en altyd aan Hom alleen eer gee en self kruisiging nastreef en nie wetties raak nie maar in vryheid van Yashua ons Redder en Verlosser beweeg in hierdie dae van chaos en sogenaamde gnostiese uitkyk wat so sterk na vore kom oralsoor, dan mag shofarklanke dalk net God se gedagtes wees om sekere dinge in geestesrealm in lyn te bring vir Groot basuin wat gaan blaas eendag!
haai, dit was nogal 'n heerlike interessante dag vir my heir by julle op Bibleforum EN EK WAARDEER ELKEEN VAN JULLE...Kan sommer hoor hoe lief julle my Yashua het! en dit maak my die meeste opgewonde!

mari
Dec 7th 2009, 04:51 PM
WELKOM SUSSIE !!!

Ja, Karinkie is myse sussie ( innie gees ) ! .... Sondae oggende, aan die begin van ons kerkdiens ( in die plaaslike skoolsaal ) blaas die mensekind die sofar dat die berge antwoord gee ..... en haar getuienis daardeur het al meer as een die kerk se deure ingelok ....

diamante kom mos in die kleinste pakies .... en praat die hardste !

shalom :hug:
m

Karin Joubert
Dec 7th 2009, 05:11 PM
Francois,
dankie vir verwysing na David Ben Yakov-Playing the shofar-

ek sien juis onderaan dat hy highlights gemaak het op dit wat my s na aan die hart l: ABBA Vader wat ons wil lei om juis die 'mind of the Messiah' te kry en soos Yashua wat ons Beminde IS TE BEGIN DINK...ANDERS AS DIE ALLEDAAGSE!
NOUJA, vanaad gaan ek my printouts lees en met druppels op dak slaap...

mag die engele wat oor julle waak met vurige gebede versterk word en julle beskerm soos net hulle dit kan doen.

het onlangs Frank E. Peretti se 'This present darkness' en 'Piercing the darkness' gelees en Wow, as iemand nie geestesrealm verstaan nie, dan kan hulle gerus hier kyk en sowaar nooit sal hul weer wonder hoe werk dit daar waar ons nie in natuurlike realm kan sien nie. shalom en lekker doeks julle
Karin

Karin Joubert
Dec 7th 2009, 05:16 PM
Hallo daar my sussa!
thanks vir voorstel aan Bibleforum!
dit was mos nou die beste geskenk vir hierdie 'caregiver' kind van Yashua wat se pasint dan nou s gesond is dat sy haar eie bed opmaak en ek tyd het vir alle ander dinge...soos gesels op hierdie plekkie waar net die gewastes en blinkgevryfdes skitter.

s bly ons Koning se bloed is geniune!

ai, Baieste lief vir jou ook.

Psalm
Dec 7th 2009, 07:49 PM
Hi Karin,
Daar is die kort en die lank ingewikkelde leer van die Shofar, hier is die kort:

Waar kom die Shofar vandaan?
Kom eintlik van die Ramshoring af.

Waar kom die ramshoring vandaan?
Waar Abraham (die Hebrieer, NIE n Jood nie Baie predekante praat van Abraham wat Joodse gebruike gevolg het, of selfs van Abraham die Jood... In Abraham se tyd was daar nie so iets soos n Jood nie, in Isak se tyd ook nie en in Jakob se tyd ook nie) Isak sou gaan offer het, het Abraham profeties ges vir Isak toe Isak vra waar die lam is wat hulle sou gaan offer, het Abraham ges: God sal vir Homself die lam vir die brandoffer voorsien...

Ons ken die verhaal van hoe Abraham Isak sou gaan offer het , maar toe is n ram in die bos voorsien wat in Isak se plek gestuur is as offer. Die ram het met sy horings in die bos vasgehaak.

Vandaar is die ramshoring begin gebruik, dit dui op dat Yahshua in die plek van ons sondes gestuur is as die perfekte Lam.

Hoe word die ramshoring of shofar gemaak?
Die horing soos op die Lam of bok word afgsny, daar is bloed by betrokke net soos wat daar bloed by betrokke was met die offer van die Lam van God.

Die horing bestaan dan uit n been aan die binnekant en hare wat hard is om die been, nou die ide is om die been uit die hare uit te kry, sodat net die hare wat hard is oorbly Dis nou die shofar.

Die horing word dan n bak met warm olie of soortgelyk geplaas en warm gemaak sodat die hare sagter word en die been uitgetrek kan word.
Die been word uitgehaal verteenwoordig sondes wat ons van gereinig word, en die been word weggegooi.
Dan is daar n skoonmaakproses van die stukkies vleis en bloed binne in die ramshoring (hare) wat oorbly nadat die been uitgehaal is Dit verteenwoordig die heiligmakings proses.
Dis nogal n lang proses, om al die vuilgoedjies aan die binnekant van die shofar uit te kry, net soos die heiligmakings proses lank vat.
Wanneer die vuilgoedjies uit is, word die shofar gevorm, want dan is hy mos nou warm en maklik om te vorm in die vorm wat jy hom wil maak. Die skerp punt word ook dan afgesny.
Die hare wat dan oorbly is dan dof en nie mooi nie, daarom word die shofar dan wanneer hy afgekoel en droog is olie gegee om hom te beskerm en blink te maak.
Nou help dit nie die pragtige shofar staan net te mooi daar op die tafel nie, hy moet geblaas word, net so help dit nie dat ons net te pragtige wedergebore kinders van God is nie, die Heilige Gees moet deur ons werk. Net soos die shofar wat te mooi blink staan op die tafel nie n geluid kan maak vanself nie, maar lug/wind nodig het om die geluid te amplifiseer, net so is ons ook van geen nut as ons die stem van die Heilige Gees nie amplifiseer nie.

Yahshua gaan ook terugkom met die klank van die basuin. (1 Thess 4:16 ; 1 Kor 15:52)
Yahshua gaan self ook die basuin/shofar blaas (Sag 9:14)
Die ware aanbidders sal geroep word met die klank van die basuin (Jes 27:13)

Die 4 basise klanke van die Shofar wat gebruik word is:
Takai Koms van die Koning
Shavarim Gebrokenheid
Terua Pleit om genade
Tekai GDollah Uitroep na Jahweh


Die 4 klanke saam verteenwoordig ook die Onse Vader:
Tekai - (Koms van die Koning) Onse Vader wat in die heleme is, laat U Naam geheilig word, laat U Koninkryk kom,
Shevarim (Gebrokenheid) laat U wil geskied soos in die hemel net so ook op die aarde
Terua (Pleit om genade) gee ons vandag ons daaglikse brood, en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe en lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose
Tekai GDollah (Uitroep na Jahweh) want aan U behoord die Koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen
Dis die kort van die shofar.

Ivm die vuvuzela/kuduzela Ek stem saam met jou, dis tien teen een vir die sportgod en tien teen een ook iets te doen met voorvader geeste oproep, hieroor kan ek jou nie inligting gee nie. God het tog gewaarsku - moet nie dat hulle julle nooi nie, want dan sal julle seuns en dogters hulle afgode begin aanhang.

Hoop dit sal dalk meer lig werp oor die shofar.

Groete

CFJ
Dec 7th 2009, 08:40 PM
Dankie Psalm, jy het my nou iets geleer waarvan ek werklik min tot bitter min geweet het en dit verstom my net hoe alles tot Christus, deur Christus en in Christus is en reeds in die OT staan dit uit.

Psalm
Dec 7th 2009, 08:46 PM
Ja, Vader se Woord is Wonderlik! Hoekom? Want dit is geestelik!

Net nog ietsie wat ek moet noem is dit.

Die Shofar is nie 'n "tower instrument" nie, net soos die Naam van Jesus/Yahshua nie 'n (met alle respek ges) "tower naam" is nie.

Ek dink maar net aan die 7 seuns van Skeva wat die duiwel probeer uitdryf het deur die Naam van Jesus/Yahshua wat Paulus verkondig.

Ons weet wat het daar gebeur...

Groete

Die Filadelfieer
Dec 8th 2009, 05:55 AM
... uit grond kom paddas as dit nat genoeg is en hier kom hulle met kort bonkige en ongemaklike stap beentjies aangesukkel oor blare en houtjies..die grootste ene kyk my vol in die o en kom al nader ek blaas toe weer sag en lank en diep en hulle kom almal nader na my..dan steek ek stil my hand uit en ou grote klim lomp op my hand sukkel oor vingers tot hy vol op my hand sit en stil vir my kyk..so vol vertroue, so Groot is ons Vader dat Hy met Sy gekose klank Sy skepsele bymekaar bring in eenheid...wel, ons het beide dieselfde Skepper en dit was 'n Awesome oomblik vir my en rondom my sit ander in rye drie, twee-twee en kyk almal na ons...


Dankie dat jy hierdie met ons deel Karin, ek het dit nou wraggies geniet ! Ek sien sommer self die paddatjies so in rye sit.

Die Filadelfieer
Dec 8th 2009, 05:59 AM
Psalm,
ek het ook nou iets geleer, baie interesant !
Ek hou veral van die manier hoe die klanke met die Onse Vader in verband gebring word.

Ta-An
Dec 8th 2009, 12:35 PM
Ahhh Shalom chaverah v'Yeshua Karin .....

Ek pop net gou-gou in om te s ek sien die draad en sal later 'n bydrae maak....

Welkom!!
:hug:

Ta-An
Dec 8th 2009, 12:37 PM
Hallelujah Psalm :pp .

Karin Joubert
Dec 8th 2009, 06:09 PM
Ja, Vader se Woord is Wonderlik! Hoekom? Want dit is geestelik!
Net nog ietsie wat ek moet noem is dit.
Die Shofar is nie 'n "tower instrument" nie, net soos die Naam van Jesus/Yahshua nie 'n (met alle respek ges) "tower naam" is nie.
Ek dink maar net aan die 7 seuns van Skeva wat die duiwel probeer uitdryf het deur die Naam van Jesus/Yahshua wat Paulus verkondig.
Ons weet wat het daar gebeur...
Groete

Naand Psalm
Ek stem heelhartig saam met die waarskuwing, dis juis byna sulke ervarings wat ek na verwys het as die shofar gebruik word vir oorlogvoering en die gebruikers is nie opgewasse in die gees dat hul seergekry het, dus nie 'tower instrument' nie, maar realiteit van blootstelling aan dimensie waar nie elkeen net kan gaan doen wat hul wil nie..geestelike volwassenheid tel nogals tot mens se voordeel en dis hier waar die Insig-(om die kwaad te vermy) na vore kom.
ek't net 'n ligte waarskuwing tussen lyne myself gesit sodat nuwe 'shofar-eienaars' nie sommer net wild en wakker gaan oorlog maak..altyd die eerbiedige vrees vir God wat eerste moet gestel word .
shalom

Karin Joubert
Dec 8th 2009, 06:22 PM
Ahhh Shalom chaverah v'Yeshua Karin .....

Ek pop net gou-gou in om te s ek sien die draad en sal later 'n bydrae maak....

Welkom!!
:hug:

Nou hier is 'n stukkie goud wat ek sommer net kan voel in die gees.

ek kruip sommer onder di vlerk in en leer wat te lere is....ja, voel reeds welkom want hier is 'n eenstemmigheid en uitgestrektheid na vore!
So bly om met jul almal kontak te kan maak..
Hoe beter ons ons Vader se uitverkorenes Yisrael verstaan en hul kultuur,
hoe nader kom ons tog aan Hom want Hy het hul beklee met tosseltjies aan die onderklere om net te onthou dat Hy hul Elohim is, hul lewenswyse en karakter daargestel aan die begin n hul anders gemaak dink....en nou wil ons soos Yashua HaMassiach dink en doen, ingeent en nuut soos ons is!

Phil Fourie
Dec 9th 2009, 08:04 AM
Hi Karen, baie welkom hier.

Man, ek wil nou nie voorkom as die een wat nie eenstemmig is nie, maar daar is tog 'n ietsie of twee wat my bietjie hinder. Eerstens die klem wat geplaas word op die Shofar, ek het ook 'n Shofar, lekker blaasding nogals, maar as ons beweer dat om hom verkeerd te blaas een of ander onding oor mens sal bring, dan weet ek nie mooi nie, ek lees nie hierdie goeters nadat Jesus die wet in vervulling gebring het nie, ek lees wel dat Paulus s ons weg moet beweeg hiervan, want dit was bloot skadus van Hom wat sou kom en noudat Hy gekom het, hoekom nog skadus gebruik wanneer ons Hom in liggaam, siel en gees kan eer en verheerlik? God se verhouding is nie meer daar buite en ons hoef Hom nie meer te bereik deur OT gebruike nie, Jesus leer tog dat ons in die binnekamer stil en rustig moet ingaan, dis vir my in wese baie belangriker as om die shofar reg of verkeerd te blaas.

Dan, hoekom beweer jy dat as ons Israel beter leer ken en meer maak soos hulle maak ons nader aan God sal kom? Dis nie die waarheid nie, anders is daar nie 'n evangelie aan die heidene nie, God is nie beter verstaanbaar vanuit die gebruike van die Jode nie, God openbaar Homself aan ons deur die Woord, nie waar nie, en die Woord kom in vervulling deur die ou en nuwe testament, die nuwe testament wat ons wat vroer ver is nader na Hom gebring het, nie nader na die gebruike van die Jode nie, nader na Hom.

Hoeveel van die gebruike wat mense wil aanhang van die Jode is wel Bybels sal ek ook graag wil byvra?

Ek luister graag na jou terugvoer in die verband.

Groete
Phil

Ta-An
Dec 10th 2009, 07:03 AM
Nou hier is 'n stukkie goud wat ek sommer net kan voel in die gees.

ek kruip sommer onder di vlerk in en leer wat te lere is....:blush: Karin, moenie omdat ek 'n biki Hebreeus ken, jou om my vinger draai nie ;)

Soos Psalm en Phil verduidelik het..... die ramshoring dui op die voorsienig wat God vir ons in Christus gemaak het.

Die Priesters blaas die horing..... maar ons is ook mos ......
Die spesifieke manier van blaas het seker nie op ons van toepassing nie.... VIR my, wanneer ek op my ramshoring blaas, verkondig ek dat Jesus Christus vir my voorsiening gemaak het, dat Sy bloed my van my sonde skoon gewas het.....



Hier is 'n ou draad wat ek opgeroep het waar jy ook kan lees oor die ramshoring:
http://bibleforums.org/showthread.php?t=123681


En Ja, daar sal altyd 'n evil eweknie wees van wat God s'n is......