PDA

View Full Version : Kom ons gesels oor JESUS



MercyChild
Dec 8th 2009, 01:28 PM
Iemand het vir my 'n boekie gegge wat meer duidelikheid gee oor wie JESUS is. Ek het dit nogal baie interessant beskou, en was verbaas omdat ek eintlik min van Jesus weet. HY is immers die middelpunt van die Bybel en die rede vir ons geloof.


As ek sien hoe baie teologiese vrae en rolprente daar is wat bevraagteken wie Jesus is, gaan dit my verstand te bowe dat mense nie die waarheid in die Bybel kan raaklees nie. Die hooftema in die Nuwe Testament handel dan net oor Hom. Ek weet selfs miskien te min maar wil so veel as moontlik weet wie JESUS is. Nie wat Hy kan doen nie.

Sommige s hy is ‘n groot hierdie of ‘n groot daardie. Ander s hy was maar net ‘n gewone man, ‘n groot leeraar. Die profeet.

Jesus was die grootste leeraar wat die wreld tot dusver geken het. Hy is die grootste prediker wat die wreld tot dusver gehoor het. Maar Hy is meer as net dit!

Hy is ‘n vriend vir die wat geen vriende het nie. Hy is die Geneesheer vir hulle wat siek is. Hy is ‘n kompas vir die wat rigting nodig het. Hy is die blink en mre ster vir hulle wat in die donker is. Hy is die oorwinnaar oor elke sonde. Hy is die lelie van die dale, die alfa en omega, die begin en die einde, die een wat was, wat is en wat moet kom. Hy is die een wat Herodes nie kon vernietig nie. Die graf kon Hom nie terug hou nie. Hy is die een aan wie God die Naam gegee het bo alle name. Hy is die een wat water verander in wyn kan verander. Deur die spreek van Sy woorde, kan blindes sien, dowes hoor en lammes opstaan.

HY IS DIE CHRISTUS DIE SEUN VAN DIE LEWENDE GOD!

Ek wil meer van JESUS weet!

AndreHa
Dec 9th 2009, 10:48 AM
Een wonderlike ding van ons Redder is dat Hy vandag nog aan Sy kinders verskyn.

As kind het ek deur 'n verskriklike tyd gegaag. Toe hoor ek mos by my gr1 onderwyseres van Hom. Daardie nag het ek Hom toe gevra om my te help. Die volgende oomblik was ek weg, uit my liggaam uit. Toe ek my kon kry staan ek regop in 'n donker, lee plek. Voor my het Hy gestaan in al Sy glorie. Die skitterwit lig het uit Hom gestraal. Ek kon voel hoe Sy lig my opwarm van binne af. Ek het die wonderlikste liefde en vrede oor my voel kom. Ek het net daar gestaan en staar in Sy lig in. So rukkie later voel ek hoe ek teen 'n hengse spoed van agter af teruggetrek word. So paar oomblikke later was ek weer in my kamer, en hoor 'n klank omtrent soos trompette wat blaas en wegsterf. Toe hoor ek 'n stem wat se "Rus my kind, dis verby." Ek was nooit weer dieselfde nie.

So 'n jaar later of wat was my ours besig om erg stry oor iets. Ek was in my bed - wawyd wakker. Ek het hulle nog nooit so hoor praat nie, en was doodbang. Ek was so bang dat ek gebewe het soos ek huil. Toe bid ek "Jesus, gee my asseblief ouers wie vir my lief is." En net daarna, hoor ek so duidelik soos daglig, hoe Hy se "My kind, hulle is nie kwaad vir jou nie. Hulle verskil maar net oor iets. Hulle is baie lief vir jou. Rus nou, my kind." Toe val ek in 'n diep slaap in en was nooit weer so bang nie.

Ek wens ek kan vir almal wie nie glo nie die dinge wys wat die Here vir my gewys het. Mense besef nie altyd die werklikheid van wat ons in glo nie. Hulle besef nie watse plesier dit is om 'n lewende God te dien nie. Hulle dink dis 'n dooie boek reels wat ons lees, en besef nie dat dit meer 'n liefdesverhouding is tussen mens en God nie.:amen:

JPR
Dec 12th 2009, 11:11 AM
Wow AndreHa!!

Arthur Blessit (die man wat met sy kruis oor die hele wreld gestap het) het ook so 'n belewenis met Hom gehad. Ek vermoed dit is op sy webwerf. Mag jou diens in ons Meester ook baie ho hoogtes bereik.

Ek het eendag 'n ryloper opgetel wat 'n soortgelyke ding vertel het. Hy was dronk toe Yehoshuah hom besoek het, en nie net nugter geword van die besoek nie maar self die onoopgemaakte bier by hom het versuur. Hy het nie eers die vermo om twee sinnetjies in Afrikaans te skryf nie maar ek is seker, as sy liefde vir Yehoshuah nie verflou nie, gaan hy een van die dae "in die Paradys" wees.

Willem
Dec 15th 2009, 09:04 PM
Hi Linda,

iewers is daar post oor al die name van Jesus of al die verwysings na Hom in woord ... ek weet net nie hoe om op ts spoor nie...:blush:

Andreha, dis getuienis soos joune wat mense weer laat verstaan die Woord is reg en nie al die geleerde mense nie!

Saterdag toe lees Angus mos brief van outjie in tronk in Oos Kaap en sit ek en snik oor my maklike lewe en hoe die Here die ou so verander het dat hy meer oor ander worrie as oor homself en vergewe soos wat ek ... ek weet nie... as jou eie familie dit aan jou doen :cry:

Net God kan nuwe mense van ou mense maak !:pp :pray:

AndreHa
Dec 15th 2009, 11:36 PM
Ja nee kyk. Die Here het vir my verstommende gestuienisse gegee - van kindsbeen af al. Ek het natuurlik toe al nie besef dat Hy my bestem het vir werkplek bediening nie.

Net so ruk terug, ry 'n kar voor my in op die snelweg. Ek het so 125km/h gedoen, en die ander voertuig het net weggetrek. Sjoe - ek pyl toe op die kar af teen 'n hengse spoed, en begin briek, maar tevergeefs. Ek begin toe paniekerig raak, want ek het gedink daar was geen plek om uit te swaai nie. Voor ek die kar tref, toe neem die Here oor, en ruk daardie stuurwiel so hard heen en weer, mens kan dit nie indink nie. So 'n skielike beweging sal 'n kar omgooi - maar die keer was dit asof 'n groot hand my kar eenvoudig uit die pad ruk en weer terug na die oorspronklike baan. Ek's seker nie eers die duurste sport motor op aarde kan ooit so hanteer nie. Maar ja - as die hand van God mens beskerm maak dit nie saak wat jy ry nie. :)

Johnny
Jan 6th 2010, 07:14 AM
MC, ek het bietjie in E-Sword gaan speel. Jesus se naam kom 973 keer voor in die Nuwe Testament. Hy word natuurlik ander name ook genoem, maar hierdie is net met die naam "JESUS". Sal ons OOIT regtig kan besef wie HY regtig is? As ons Hom moet sien vir wie Hy is eendag, sal ons ook soos dooies voor Sy voete neerval. En tog was Hy die armste hier op aarde. Geen kussing om Sy kop op neer te le nie, met 'n liefde SO groot dat Hy die hele wereld kom red het deur Sy eie lewe aan die kruis op te gee vir ELKE sondaar......elke mens wat gebore is, vandag lewe en wat nog gebore moet word. net TWEE woorde.............."ALMOST UNBELIEVABLE"


G2424
Ἰησοῦς
Iēsous
ee-ay-sooce'
Of Hebrew origin [H3091]; Jesus (that is, Jehoshua), the name of our Lord and two (three) other Israelites: - Jesus.

H3091
יהושׁע יהושׁוּע
yehôshûa‛ yehôshûa‛
yeh-ho-shoo'-ah, yeh-ho-shoo'-ah
From H3068 and H3467; Jehovah-saved; Jehoshua (that is, Joshua), the Jewish leader: - Jehoshua, Jehoshuah, Joshua. Compare H1954, H3442.

H3068
יהוה
yehôvâh
yeh-ho-vaw'
From H1961; (the) self Existent or eternal; Jehovah, Jewish national name of God: - Jehovah, the Lord. Compare H3050, H3069.

H3467
ישׁע
yâsha‛
yaw-shah'
A primitive root; properly to be open, wide or free, that is, (by implication) to be safe; causatively to free or succor: - X at all, avenging, defend, deliver (-er), help, preserve, rescue, be safe, bring (having) salvation, save (-iour), get victory.

H1954
הושׁע
hôshêa‛
ho-shay'-ah
From H3467; deliverer;

H3442
ישׁוּע
yêshûa‛
yah-shoo'-ah
For H3091; he will save; Jeshua

MercyChild
Jan 6th 2010, 07:28 AM
Hi Jhonny, dankie vir die awesome inligting......

Anneke help my so bietjie krap met die Hebreeus, alhoewel dit heeltemal grieks was of nogsteeds is, is dit baie interessant om te sien hoeveel boodskappe ons mis deur vertalings.... God wat aan die einde is, is dieselfde God in die begin.....dis amazing inligting, maar ongelukkig weet ek nie hoe om die openbaringe en ontdekkings oor te dra nie..... Al wat ek weet is hoe dieper 'n mens delf in wie Jesus is, hoe groter is die prentjie, ver bo ons verstand!

Johnny
Jan 6th 2010, 08:13 AM
As ek in Israel is en ek luister hoe die Jode praat, dan verstaan ek niks, alhoewel my hart dit verstaan. Ek ry baie werk toe en luister na Joodse musiek en pik sommer 'n traan sonder dat ek weet hoekom want die taal raak my hart aan. Ek weet van "SHalom", wat beteken "Goeie more, middag, naand, hallo..." Dan natuurlik "Boggertof" wat goeie more beteken. Ek dink ons gaan Hebreeus praat in die hemel.:pp