PDA

View Full Version : Bespreking Stokperdjies



Die Filadelfieer
Dec 8th 2009, 01:41 PM
So.... waarmee hou Lighuis se manne hulleself besig ?

manieverster
Dec 8th 2009, 01:59 PM
Met Jesus, die lighuis en met facebook en my nuwe blackberry selfoon en dan natuurlik RUGBY!!!!!!:pp

Francois Marais
Dec 9th 2009, 06:35 AM
Hmm... Fietsry (nie voor die TV sit en kyk nie maar in YHWH se skepping uit te gaan en daar te gaan ry), stap en draf
Fotografie, maar ek kom nie so baie daarby uit meer nie.
Teken, verf en daai goedjies
Lees, musiek (speel (kitaar) en luister)
Kan nie dink wat nog nie.... O ja en skryf, maar kom nie meer daarby uit nie.
En dan BF.org

AndreHa
Dec 9th 2009, 07:27 AM
Ons selgroepie hier by die werk het nounet weer bymekaargekom. Dis wonderlik om so deel van die Here se werk te wees. :)

manieverster
Dec 9th 2009, 12:42 PM
Hmm... Fietsry (nie voor die TV sit en kyk nie maar in YHWH se skepping uit te gaan en daar te gaan ry), stap en draf
Fotografie, maar ek kom nie so baie daarby uit meer nie.
Teken, verf en daai goedjies
Lees, musiek (speel (kitaar) en luister)
Kan nie dink wat nog nie.... O ja en skryf, maar kom nie meer daarby uit nie.
En dan BF.org
Jy is 'n besige man, Franscois. Ek stel ook belang in fotografie. Dalk moet ons praat. Ek is maar 'n beginner en het maar klein digitale kamera.
:idea:

Die Filadelfieer
Dec 9th 2009, 01:02 PM
Ek was ook op 'n stadium wild en woes in die fotografie ding in gewees, veral onderwater films en fotos .... maar toe loop my video kamera se "housing" vol water op 'n laaaaang dekompressie duik, waar al wat ek kon doen is om te sit en kyk hoe dit gebeur, en 'n ruk later breek die stil kamera toe ook sommer. Ek het gedink om op 'n stadium weer daarmee te begin, want dit was baie lekker toe alles nog gewerk het.

Ek het wel iets geleer met hierdie hele petalje : Daar is twee soorte onderwater fotograwe in die wÍreld : Die wat al kameras versuip het en die wat dit nog gaan doen.

manieverster
Dec 9th 2009, 01:32 PM
Ek was ook op 'n stadium wild en woes in die fotografie ding in
gewees, veral onderwater films en fotos .... maar toe loop my video kamera se "housing" vol water op 'n laaaaang dekompressie duik, waar al wat ek kon doen is om te sit en kyk hoe dit gebeur, en 'n ruk later breek die stil kamera toe ook sommer. Ek het gedink om op 'n stadium weer daarmee te begin, want dit was baie lekker toe alles nog gewerk het.

Ek het wel iets geleer met hierdie hele petalje : Daar is twee soorte onderwater fotograwe in die wÍreld : Die wat al kameras versuip het en die wat dit nog gaan doen.


Fila, ek is maar net op die stadium waar ek hou van fotos neem:D

Francois Marais
Dec 9th 2009, 02:20 PM
Jy is 'n besige man, Franscois. Ek stel ook belang in fotografie. Dalk moet ons praat. Ek is maar 'n beginner en het maar klein digitale kamera.
:idea:
Soms te besig.
Ek het nie die beste oog nie, en nog minder die beste kamera. Maar dit verskaf my meer genot om net buite in die skepping te beweeg, of om die glimlag gesiggie te sien as jy hulle 'n foto wys van hulself. Ons kan regtig praat. Mens leer bymekaar. Ek was 'n lid van ODP (outdoorphoto.co.za) maar ek het beperkte internet toegang.

Tonton
Dec 9th 2009, 02:29 PM
Ek hou van 4X4 ry - nie die wilde extreme goed nie, net lekker ry waar 'n kar nie kan kom nie - daar is die natuur op sy natuurlikste. Hou daarom ook van kamp - lekker eenvoudig kamp. Al moet jy dan soms met 'n grafie wegstap...

Anton

Phil Fourie
Dec 9th 2009, 02:54 PM
Ek sien hier is 'n paar ouens wat lief is vir hulle fotografie, dis vir my goed om te hoor, julle moet gaan kyk, Írens in Alles en nog Wat is daar 'n "Waar is die fotograwe" draad, bring bietjie julle kiekies dat ons kan loer, of dalk kan ons 'n draad hier in die manne kamer oopmaak en dit daar doen, dan kan ons bietjie die foto's krit (dis nou positiewe behulpsame kritiek) en so verbeter ons almal ons stokperdjie.

Ok, soos julle seker kan aflei, ek is lief vir fotografie, weer die laaste ruk erg bedrywig en geniet myself gate uit.

Dan jag ons ook, geweer en boog. (Die wat nie daarvan hou nie, moet dit eerder nie vir my sÍ nie, jy gaan nie my kan oortuig om op te hou nie :lol:)

Speel golf, of altans, ek probeer golf speel :lol:

Baie lief vir visvang, spesiehengel

Nou blykbaar het vriende van my besluit ons gaan nou stappers word, so, ons gaan nou stappers ook nog word :rolleyes:

En dit is vir nou eers al, my begroting laat nie meer toe nie :help:

manieverster
Dec 10th 2009, 06:14 AM
Ek sien hier is 'n paar ouens wat lief is vir hulle fotografie, dis vir my goed om te hoor, julle moet gaan kyk, Írens in Alles en nog Wat is daar 'n "Waar is die fotograwe" draad, bring bietjie julle kiekies dat ons kan loer, of dalk kan ons 'n draad hier in die manne kamer oopmaak en dit daar doen, dan kan ons bietjie die foto's krit (dis nou positiewe behulpsame kritiek) en so verbeter ons almal ons stokperdjie.

Ok, soos julle seker kan aflei, ek is lief vir fotografie, weer die laaste ruk erg bedrywig en geniet myself gate uit.

Dan jag ons ook, geweer en boog. (Die wat nie daarvan hou nie, moet dit eerder nie vir my sÍ nie, jy gaan nie my kan oortuig om op te hou nie :lol:)

Speel golf, of altans, ek probeer golf speel :lol:

Baie lief vir visvang, spesiehengel

Nou blykbaar het vriende van my besluit ons gaan nou stappers word, so, ons gaan nou stappers ook nog word :rolleyes:

En dit is vir nou eers al, my begroting laat nie meer toe nie :help:
Ek sal jou nie oortuig om nie te jag nie maar dankie, jy kan dit maar vir jouself hou. Ouens, aangaande die fotografie, ek het net 'n klein Kodak digtale kamera en het nie die begroting vir daai groot goete met die lang lense nie.

Phil Fourie
Dec 10th 2009, 08:35 AM
Hi Manie

Net oordat jy 'n mik en druk digitale kamera het, beteken nie mens kan nie met hom goeie foto's neem nie, ek het al uitstekende foto's gesien met weggooi kameras, Ansel Adams, 'n welbekende fotograaf het iets gesÍ in die lyn van: "Die belangrikse deel van enige foto is die 12 duim agter die kamera".

So, ek dink regtig ons moet kyk daarna dat ons bietjie riglyne gee oor fotografie, mens sal verbaas wees hoe gewone familie kiekies net soveel beter kan lyk deur net op 'n paar dinge te let tydens komposisie. So kan ons net almal by mekaar leer :)

Philip dT
Dec 10th 2009, 04:51 PM
Ek probeer ook ook golf speel, speel klavier, kitaar.

David2
Dec 10th 2009, 07:40 PM
Houtwerk, muntversameling en draf. Hier staan ook 'n stel golfstokke wat my seun my laat koop het, maar dit kon ek net sowel gelos het. Die muntversameling is interessant en darem een van die stokperdjies waar mens weer minstens die geld wat jy spandeer het kan terugkry. Het ook 'n foto of twee hier op die fotograwe se draad maar ek sal my nou nie as 'n fotograaf uitgee nie. Het 'n Canon Rebel XT, 'n 18-55, 'n 70-300 en 'n 1.8 50 mm lens. Soek eintlik na die Sigma 28-300.

Phil Fourie
Dec 11th 2009, 06:10 AM
Ons moet 'n Lighuis golfdag hou ;) Philip, ek tokkel ook die kitaar, maar ek moet erken, ek is lui wat dit aanbetref en moet meer moeite doen.

David

Daai 50mm 1.8, ek soek die Nikon weergawe, maar dalk die 1.4, dis nou as ek eendag weer geld het, ek het die bank gebreek noudie dag toe ek besluit het om vir my die Sigma 50-500 (Bigma) aan te skaf, lieflike lens, ek is oppad wildtuin se kant toe die week wat kom en sal hom hopelik daar goed kan inspan. Maar hoor hier, laat ek jou nou vertel, los die 28-300 en spaar eerder vir 2 jaar as jy ernstig wil raak oor mooi foto's, dan kyk jy of jy nie 'n Sigma 120-300 kan kry nie, wat 'n lens, jy sal hom so geniet, ek sal nie 2 keer dink as ek 'n geldjie het en een 2de hands vir 'n goeie prys sien rondlÍ Írens nie, dis vir my een van die beste Zoom lense op die mark, naas natuurlik nou die Nikon 200-400, maar wie kan daai ding bekostig.

Philip dT
Dec 11th 2009, 07:50 AM
Het 'n Canon Rebel XT

Nou maak dinge baie meer sin... ;)

Francois Marais
Dec 11th 2009, 11:10 AM
Ek kan nou nog my stert skop om te dink ek het Canon 350D gegaan. Ek moes die Nikon d80 gekoop het toe ek gekoop het. Nikon is net sofeel beter as Canon

David2
Dec 11th 2009, 12:52 PM
Philip
Jy het verkeerd gelees. Ek het gesÍ ek het 'n Rebel. Dit is juis omdat ek nie een is nie dat ek een moet hÍ.:monkeyd:

Phil Fourie
Dec 11th 2009, 01:32 PM
Ek kan nou nog my stert skop om te dink ek het Canon 350D gegaan. Ek moes die Nikon d80 gekoop het toe ek gekoop het. Nikon is net sofeel beter as Canon

Hi Francois

Man, nie noodwendig nie, Canon en Nikon hardloop hand aan hand, daar is in van die modelle bitter min onderskeiding en daar behoort bitter min te wees wat ek met my D80 kan doen wat jy nie met jou 350D kan doen nie, die 350D is 'n goeie kamera.

Maar as dit oor persoonlike smaak gaan, dan gaan jy my met 'n trekker en 'n ketting van Nikon af moet wegtrek :lol:

So dis maar weer die klassieke BMW vs Mercedes, personlike smaak. Hoekom hou ek van die Nikon? Want hy voel reg in my hand, hy is gemaak vir my, ek het groot hande en die Nikon is gemaak vir groot hande :rolleyes:, meeste vrouens sal byvoorbeeld gemakliker met die Canon wees, vir my voel hy weer bietjie kleiner, maar hulle Pro Bodies is weer groot. Jy gaan ver soek om tans 'n beter kamera as die Canon 1D MK IV en die Nikon D3X te kry ;)

Groete
Phil

Ns! Dit gaan nie soseer oor die kamera maar oor die lense, so die belegging by DSLR moet altyd eerder die lense wees as die kamera, kameras verloor waarde vinnig, lense verloor nie sommer so kwaai waarde nie

David2
Dec 11th 2009, 01:32 PM
http://www.camerawarehouse.co.za/product_thumb.php?img=images/camerawarehouse_sigma_120-300mm_IF_HSM.jpg&w=150&h=112 (http://www.camerawarehouse.co.za/lenses-zoom-lenses-sigma-sigma-30028-p-227.html) Sigma 120-300/2.8 EX IF HSM (http://www.camerawarehouse.co.za/lenses-zoom-lenses-sigma-sigma-30028-p-227.html) R34,499.00

Phil
Jy is seker nie ernstig nie. 'n Gewone mens kan dit mos nie koop nie! :cry: :thumbsdn: :B

Phil Fourie
Dec 11th 2009, 01:49 PM
Nee man, mens kry die ding 2de hands vir 'n 1/4 van die prys ;) Ek sal nie sommer sulke lense nuut koop as daar nie drasties 'n verandering in my finansiŽle situasie gebeur nie :lol:

Francois Marais
Dec 11th 2009, 02:01 PM
LOL Phil, ook waar. My hart trek steeds sterk na Nikon toe.

iemand het my al gese dat mens se oog moet reg wees vir foto's neem. Stem nogal saam met die stelling.
:D

Phil Fourie
Dec 11th 2009, 02:04 PM
David

Anders kan jy altyd kyk na die Sigma 50-500, nie so duur nie, lekker goeie "reach", maar hy is nie so vinnig soos die 120-300 nie, hy is 'n 4-6.3 dink ek, die 120-300 is dwarsdeur sy zoom 'n 2.8.

Skies vir die swak foto, maar hier is die 50-500 op my D80, ek geniet hom baie

Phil Fourie
Dec 11th 2009, 02:06 PM
Francois ja, alles in die komposisie oog en jou bui het ook 'n groot invloed op jou foto's as jy in 'n swak geirriteerde bui is, dan gaan jy swak fotos neem, as jy in 'n kreatiewe bui is, dan sien jy dinge met 'n ander perspektief en is jou fotos ook sommer beter ;)

Dis nou natuurlik as jy enigsins iets meer as happy snappy kiekies wil neem, anders maak dit nie saak nie :)

Francois Marais
Dec 11th 2009, 02:12 PM
Ek het ook gevind mens moet nie 'n troue se foto's neem as mens siek is nie. Ek kon nie met die mense praat nie, en die foto's het nie so lekker uitgekom nie. En dalk die idee dat die bruid die foto's 2 dae na die troue al wou gehad het... :(
Wel sy het dit gekry, maar nou praat die mense nie meer met my nie :o

Phil Fourie
Dec 11th 2009, 02:15 PM
Ja, ek is maar skrikkerig vir goed soos troues, dis iemand se spesiale dag en as jy 'n gemors daarvan moet maak. Ek los dit eerder in die bekwame hande van mense soos Lanie wat weet van.

lukeskywalker
Dec 12th 2009, 04:03 AM
Ek self speel ook golf maar is nie verskriklik goed daarmee nie, en dan onderhou ek 'n ondersteuners webwerf vir die Leeus (sedert 1996), en ek probeer gereeld gimasium toe gaan (elke oggend 5 uur)

manieverster
Dec 12th 2009, 11:45 AM
Julle het nou 'n snaakse beentjie gekielie by my wat nou al jare lank sluimer. Ek wou van kleins af fotograaf wees maar my ouers kon my nooit vir klasse stuur of die toerusting koop nie en dit het soort van in die agtergrond verdwyn. Franscois ek het daai outdoorphoto.co.za (http://www.outdoorphoto.co.za) webwerf gaan opsoek wat jy van gepraat het en bietjie rondgeblaai.Ek het toe aan Sarel 'n e-pos gestuur om 'n beginner klas by te woon. As julle ouens wat goed is 'n paar "pointers" wil gee sal ons dit waardeer.:rolleyes::rolleyes::rolleyes::rolleyes:

Willem
Dec 15th 2009, 09:20 PM
Aai maak julle my so bewoeeee nou.... :cry:


voor ek kinners en vrou gehad het en in God's Province ;) kombly het het ek op my pens gele en branders ry , toe kom ek hierheen en trou en daar gaan die waves :eek:

Ek en vroulief kyk toe maar movies en gaan eet soms uit en kuier by vriende en TOE toe kom die kinners en nou kyk ek tekenprente saam met hulle en het ek nog nie een van hulle enduit gekyk nie .... en dis seker 20 ddvieds wat ek nie weet hoe die stories gaa nie...:confused:help:

seker die dat ek nou bles ok raak oor al die stres :rofl:

Het darem die kitaar gekry en so paar keer al probeer leer om c d e te druk, maar dis staal en 12 snare en die nekenaar vinger is SAWWE handjies , so dit gaan stadig...

dan is daar vriende met kinners wat verstaan oor die ddvieds en dat ek verkies om melk eerder as bier te drink :hug:

manieverster
Dec 16th 2009, 08:35 PM
dat ek verkies om melk eerder as bier te drink :hug:

Sjoe, eina! Ja, een goeie man is daarmee heen! Grappieeeeee! Ek verkies ook deesdae melk bo bier.
:rofl:

14390876
Dec 30th 2009, 12:19 PM
Ek hou baie van lees. Veral hou ek daarvan om navorsing te doen oor interessante onderwerpe, veral geskiedenis. Ek skryf ook graag gedigte
Ek is baie lief vir enige bordspeletjie. Skaak, 30 Seconds, Go, Checkers, Monopoly, etc
Ek hou van sport, veral tennis
Ek hou van stap, veral in die berge
Internet
Ek hou daarvan om kuns te ervaar in enige vorm
Ek hou daarvan om met vriende te kuier en dit is iets waarmee ek myself baie besig hou.
Ek hou daarvan om kos te maak (en te eet :lol:)