PDA

View Full Version : Ons bak koekies!!



Ta-An
Dec 10th 2009, 07:11 AM
My ma kuier by my, en ons bak regte egte boere gemmerkoekies :pp

mari
Dec 10th 2009, 08:04 AM
Ja toe ..... die manne is dors en koeldrank te duur ....... nou staan daar tuisgemaakte GEMMERBIER in die yskas ....... gelukkig word dit gou verorber voor dit te "potent" raak .....:rolleyes:

Ta-An
Dec 10th 2009, 08:47 AM
mari, nou praat jy...... maar is dit nie baie werk nie?

mari
Dec 10th 2009, 11:16 AM
nooit gesien nie ... heel maklik ....

by ons local Fruit & Veg kry mens 'n pakkie met alles in - gooi die poeier ( regte gis, gemmer & suiker ) in 5ltr louwarm water, laat staan 24 h, dan in die yskas, en whala! .....

:pp ...m

Ta-An
Dec 12th 2009, 08:30 PM
Dankie Mari, ek sal gaan ondersoek instel :)

protea
Dec 14th 2009, 12:19 PM
Ta -An , hoe lyk dit met jou moeksie se gemmerkoekie'ramseppie'? Dit lyk my gemmerkoekies is baie mans se gunsteling.

Ta-An
Dec 14th 2009, 05:10 PM
My ma kritiseer my toe mos, dit lyk nie soos hare nie....:"Jy het seker die resep verkeerd afgeskryf" sÍ sy vir my :rolleyes: maar dit lyk soos 'brandy snaps' seker te veel stroop ingegooi ;)