PDA

View Full Version : Egte geestelikheid



David2
Dec 11th 2009, 05:32 AM
Waaruit bestaan egte geestelikheid? Ek kon ook s heiligheid, maar ek bly maar liewer by geestelikheid. Ek het niks teen heiligheid nie, maar ek dink maar net die term is makliker vir misverstaan vatbaar.

Ek dink nie ek het al die antwoorde nie en sal graag wil hoor wat julle s. Is dit goeie werke? Is dit meer as een uur gebed per dag? Is dit konstante getuienis teenoor almal? Is dit oorwinning oor sonde of amperse sondeloosheid? Is dit kennis van die Bybel? Is dit wanneer die Here hoorbaar met jou praat? Is dit gebedsverhoring? Of is dit nie een hiervan nie of 'n kombinasie van dit alles? Is dit meetmaar en vergelykbaar tussen Christene?

CFJ
Dec 11th 2009, 07:39 AM
Hi David,

Dis 'n vraag wat seker elle lange antwoorde kan verg, maar hierdie twee verse som dit vir my op in een of ander wyse...


Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
(Pred 12:13 AOV)

Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dt: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wreld.
(Jak 1:27 AOV)

Philip dT
Dec 11th 2009, 09:06 AM
David, ek sou s:

1) 'n Besef van jou afhanklikheid van God
2) 'n Lewe van nederigheid en afhanklikheid van God
3) Om werklik God te ken en met Hom te wandel. Dit hang saam met 'n honger en begeerte vir God se wil, teenwoordigheid en sy Woord.

MercyChild
Dec 11th 2009, 09:19 AM
Ek stem saam met albei antwoorde tot dusver.

Ek dink deur persoonlike verhouding met Vader, en ons gehoorsaamheid aan Hom. S die skrif tog nie, ken 'n boom aan sy vrugte?? Ek dink dit is om geloof in God te h en in te val met Vader se beplanning, al sien ons nie wat die uitkoms is nie, altyd in Hom te bly hoop.

Om insig en wysheid van die Woord te benut wat aan ons gegee is. Ek dink dit sluit in om gereeld self te ondersoek, en te bepaal of ons nog op die pad is en doen wat God behaag.

JPR
Dec 12th 2009, 10:47 AM
David

Ek het rens gehoor heiligheid verwys na "om vir God afgesonderd te wees". Ek weet nie waar dit vandaan kom nie maar ek het nog nooit iets ervaar wat van die teendeel spreek nie.

Om geestelik te wees verwys nie na aksies nie maar na 'n liggaam: Paulus skryf in 1 Kor 15:44 "daar is 'n geestelike liggaam en daar is 'n natuurlike liggaam". Beide is liggame wat deur twee onderskeie, maar vergelykbare prosesse tot stand kom - geboorte. Een vleeslik en die ander geestelik. Yehoshuah s: "wat uit Gees gebore is is Gees en wat uit vlees gebore is, is vlees" Een leef deur kos, die ander deur "elke woord uit God se mond". Die een gaan opstaan en met 'n verheerlikte liggaam beklee word, mits die ander soos 'n koringkorreltjie gesterf het. (Saam met Christus aan die kruis)

In Rom 8:5 staan: Want die wat vleeslik is (ons vleeslike liggame) , bedink vleeslike dinge, (om onder n wet te wees wat heilig maak of sekere aksies na te kom om heilig te word) maar die wat geestelik is (ons geestelike liggame), geestelike dinge. (sodat dit wat die wet beskryf, kan gebeur en tot vervulling kan kom volgens Rom 8:4)

Om God se gebooie na te kom geld inderdaad vir alle mense.

David2
Dec 16th 2009, 04:58 AM
Daar is veral twee aspekte van geestelikheid wat my bekommer.

Die eerste is die wyse waarop die Bybel dikwels uit die proses uitgehaal word. 'n Soort geestelikheid waar die Bybel nie die sentrale rol speel nie. Dit lei uiteindelik tot emosionaliteit, pretensie of selfs bygeloof. As die Bybel nie sentraal staan nie, is daar altyd iets anders om dit te vervang.

Tweedens is daar die verskil tussen die gees en die Gees wat dikwels verwar word.

Het julle dalk idees hieroor?

JPR
Dec 17th 2009, 08:24 AM
Daar is veral twee aspekte van geestelikheid wat my bekommer

Die eerste is die wyse waarop die Bybel dikwels uit die proses uitgehaal word. 'n Soort geestelikheid waar die Bybel nie die sentrale rol speel nie. Dit lei uiteindelik tot emosionaliteit, pretensie of selfs bygeloof. As die Bybel nie sentraal staan nie, is daar altyd iets anders om dit te vervang. David, as die stelling vanuit 'n "sentrale bybelse geestelikheid" gemaak word, behoort dit 'n verwysing te bevat, kan jy dit verskaf?

Die Filadelfieer
Dec 17th 2009, 08:28 AM
Daar is veral twee aspekte van geestelikheid wat my bekommer.

Die eerste is die wyse waarop die Bybel dikwels uit die proses uitgehaal word. 'n Soort geestelikheid waar die Bybel nie die sentrale rol speel nie. Dit lei uiteindelik tot emosionaliteit, pretensie of selfs bygeloof. As die Bybel nie sentraal staan nie, is daar altyd iets anders om dit te vervang.

Tweedens is daar die verskil tussen die gees en die Gees wat dikwels verwar word.

Het julle dalk idees hieroor?

David,
Ek het dit nou al menige male gesien : sodra die Bybel nie meer sentraal staan nie, is Jesus Christus gewoonlik ook kort op die Woord se hakke by die deur uit. Dit lei gewoonlik tot gevalle waar 'n geloof gedefinier word deur Jesus n nog iets , ipv Jesus alleen. Daarna kan jy maar weet die res van die kaarthuisie tuimel inneen : Christus se genade, die eer wat God toekom, ensovoorts ensovoorts ensovoorts : alles skuif opsy vir een of ander mens-uitgedinkte teorie.

In ons eie land sien ek dit baie meer as wat ek gemaklik mee is. As voorbeeld : Die Bybel en Siener van Rensburg, die Bybel en Johanna Brand, die Bybel en <plaas moderne garismatiese "profeet" hier> ........

David2
Dec 20th 2009, 07:15 AM
David,
Ek het dit nou al menige male gesien : sodra die Bybel nie meer sentraal staan nie, is Jesus Christus gewoonlik ook kort op die Woord se hakke by die deur uit. Dit lei gewoonlik tot gevalle waar 'n geloof gedefinier word deur Jesus n nog iets , ipv Jesus alleen. Daarna kan jy maar weet die res van die kaarthuisie tuimel inneen : Christus se genade, die eer wat God toekom, ensovoorts ensovoorts ensovoorts : alles skuif opsy vir een of ander mens-uitgedinkte teorie.

In ons eie land sien ek dit baie meer as wat ek gemaklik mee is. As voorbeeld : Die Bybel en Siener van Rensburg, die Bybel en Johanna Brand, die Bybel en <plaas moderne garismatiese "profeet" hier> ........

Fila
Ek is bly om te sien jy staan vas op Bybelsgefundeerde geestelikheid. Die grootste enkele probleem in geestelikheid is die idee dat 'n mens se lewe beheer moet word deur jou gees en nie deur jou liggaam of jou siel nie. Baie mense verstaan wel die verskil tussen die siel en die gees, maar dan maak hulle die fout om te dink dat ons arriveer het as ware geestelike wesens as ons daarin kan slaag om ons lewe onder beheer van die mens se gees te plaas.

Let op: Jou gees en die Heilige Gees is nie noodwendig in dieselfde bootjie nie. Jy mag miskien so dink en jy mag miskien "aanvoel" dat jy die gawe van onderskeiding het en dat alles in jou lewe dus onder beheer van die Gees is. Maar as die Woord in die proses nie die sentrale rol speel nie, dan mislei jy jouself. Die Gees werk nie losstaande en onafhanklik van die Woord nie.

Philip dT
Dec 20th 2009, 08:42 AM
Fila
Ek is bly om te sien jy staan vas op Bybelsgefundeerde geestelikheid. Die grootste enkele probleem in geestelikheid is die idee dat 'n mens se lewe beheer moet word deur jou gees en nie deur jou liggaam of jou siel nie. Baie mense verstaan wel die verskil tussen die siel en die gees, maar dan maak hulle die fout om te dink dat ons arriveer het as ware geestelike wesens as ons daarin kan slaag om ons lewe onder beheer van die mens se gees te plaas.

Let op: Jou gees en die Heilige Gees is nie noodwendig in dieselfde bootjie nie. Jy mag miskien so dink en jy mag miskien "aanvoel" dat jy die gawe van onderskeiding het en dat alles in jou lewe dus onder beheer van die Gees is. Maar as die Woord in die proses nie die sentrale rol speel nie, dan mislei jy jouself. Die Gees werk nie losstaande en onafhanklik van die Woord nie.

Die Woord en die Gees is inderdaad Een. Die Gees werk nie buite om die Woord nie. Paulus noem die Woord die Swaard van die Gees (Ef 6:17).

Dit is egter nie korrek dat ons onsself deur siel en liggaam moet laat lei in plaas van gees nie.

1. Ons gees word gewederbaar deur God se Gees (Joh 3:3-5) sodat ons gees getuig saam met God se Gees dat ons kinders van God is (Rom 8:16). Ons word gebore uit onverganlike saad vanuit die lewende Woord wat een is met die Gees (1 Pet 1:23).
2. Ons siel is ons denke, wil en emosie. Ons kan ons nie daardeur laat lei nie want dit is onbetroubaar en verbonde aan ons menslikheid. Emosies gaan op en af en ons kan ons nie deur ons gevoel laat lei nie. Ons denke moet vernuwe word deur die Gees wat in ons gees woon. Nie andersom nie. Ons wil is dikwels nie in lyn met God se Woord nie. Ons moet bid: "laat U wil geskied" - nie ons wil nie. Ons moet ons wil ondergeskik stel aan God se wil.
3. Die liggaam is verbonde aan hierdie verganklike, aardse bestaan. Dit het vleeslike, ligaamlike begeertes. Ons kan ons ook nie daardeur laat lei nie, want dan leef ons weer in die dimensie van vlees, en nie van gees nie, waarteen Paulus waarsku in Rom 8 en Gal 5.
4. Ons moet verander word deur die vernuwing van ons gemoed/denke (Rom 12:1-2). Wie verander ons? God se Gees wat een is met sy Woord, wat in ons gees woon.

Paulus s bv:

1 Kor 14:15 "Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing."

Wat beteken "met die gees bid" of "met die gees psalmsing"?

Dit beteken my gees is (deur spreek in tale) een met God se Gees in my en gee dan uiting daaraan. Ek tree toe tot 'n modus waarin God se Gees direk beheer neem van my gees en my spraak. My verstand (wat in 'n siels-dimensie l) is onvrugbaar / nie daarby betrokke nie (1 Kor 14:2,14). Om "in die gees te bid" of "in die Gees te bid" is sinoniem, want albei is in die direkte dimensie van die Heilige Gees, want my Gees word ingewoon deur God se Gees.

Vlg. Joh 4:23 waar Jesus s ons sal "in gees en waarheid" aanbid.
Paulus s in Rom 1:9 hy dien God "in sy gees."

Ef 6:18 "terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"

Ons weet natuurlik dat die Griekse teks nie "case sensitive" is nie. "pneuma" kan soms met "Gees" en soms met "gees" vertaal word, afhangende van die konteks. Die vertaler moet self besluit. In hierdie teks dink ek beide is moontlik. Mens sou dus net so wel kon vertaal:

Ef 6:18 "terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"

David2
Dec 20th 2009, 06:37 PM
Die grootste enkele probleem in geestelikheid is die idee dat 'n mens se lewe beheer moet word deur jou gees en nie deur jou liggaam of jou siel nie.Philip
Daar is ook 'n ander manier om die aanhaling te lees. Daar is mense wat s ons moet deur die gees beheer word en nie deur jou liggaam en siel nie. Wel, ek is nie een van die mense nie, ook nie van die wat s dat jy deur die liggaam of siel beheer moet word nie. Ek glo ons gees moet gevoed word deur die beginsels van die Heilige Gees soos dit in die Woord vir ons geleer word.

Dus: Die mens se gees het nie onbevlek deur die sondeval gekom nie. Ons kan nie op ons gees staatmaak nie. Die mens se gees is net so vervalle en onbetroubaar as die siel en die liggaam. Die hele mens, gees siel en liggaam, moet dus onder beheer van God se Gees kom. 2 Kor. 7:1 s ook dat ons gees gereinig moet word.

2 Kor. 7:1 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring. Vgl. 1 Kor. 7:34.

Geestelike mense is dus nie die wat deur die gees gelei word nie, maar wel die wat reageer en gelei word deur die Gees van God (1 Kor. 2:12,14; Rom. 8:14) en so by die vrug van die Gees uitkom (Gal. 5:22).

Die mens kan met sy gees nie vir God verstaan nie en het die Gees van God self nodig om die dinge van God te verstaan (1 Kor. 2:11).

Verder moet ons ook let op die onderskeid van vlees en Gees in die Bybel. In die mens se vlees is daar niks wat goed is nie (Rom. 7:18; 8:3). Die vlees stry ook teen die Gees (Gal. 5:17). Maar pas op, die term "vlees" praat van meer as net die fisiese liggaam en die siel. Nee, die vlees is die hele ou natuur, gees, siel en liggaam. Die vlees is nie noodwendig altyd "verkeerd" nie, en kan ook 'n masker van vroomheid en godsdienstigheid voorhou. Maar ook dit kan God nie behaag nie (Rom. 8:6-8).

Wat die sondaar dus nodig het, is nie om sy gees op te voed en te leer om vroom te dink nie, maar eerder om van bo af uit God se Gees gebore te word sodat God self op so 'n wyse beheer oor die mens, gees siel en liggaam, kan uitoefen.

JPR
Dec 22nd 2009, 04:58 PM
Phillip, is daar skrif wat onteenseglik daarop dui dat die ou mens (itm die wedergebore mens) ook siel, gees en liggaam was?

David2
Dec 23rd 2009, 05:21 AM
JPR
In Gereformeerde kringe is dit dikwels die idee dat die mens (gered of ongered) net uit siel en liggaam bestaan (tweedeling). Prof. Pottie het dit nog in Dogmatiek so vir ons geleer. Dit gaan ook saam met die Calvinistiese idee dat die gees dood is en dat mens nie eers na God kan roep as jy nog verlore is nie. Dit is myns insiens verkeerd. Die onwedergebore mens het ook 'n gees, al is daardie gees dan beset deur die vlees. Dit is tog die rede waarom die verse wat ek hierbo aangehaal het, ook aantoon dat die mens se gees gereinig moet word.

Dus: die onwedergebore mens kan wel na God soek. Hy het dus die ingeboude (geestelike) dimense wat hom instaat stel om met God te kan kommunikeer. 'n Onwerdergebore mens roep dus in sy gees na God nadat hy die Woord gehoor het en dit geglo het. As die onwedergebore mens nie 'n gees gehad het nie, sou hy nie hierdie dinge kon doen nie.

Philip dT
Dec 23rd 2009, 08:45 AM
Hallo. David. Ek stem grotendeels met jou saam. Ons moet inderdaad in ons hele menswees deur God se Gees gelei word.

Ek dink daar is twee aspekte wat mens moet onderskei, wat baie mense die "indikatief" en die "imperatief" noem.

1.

Die "indikatief" dui op ons nuwe stand en identiteit in Christus. Dit dui op dit wat Christus klaar in ons gedoen het en vir ons bewerk het deur sy soenverdienste. In prinsipe is ons gees reeds gewederbaar en volkome geheilig in Christus. Dis 'n volkome werk.

bv.

Heb 2:10-11 "Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. (11) Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie,"

Heb 10:10 "Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal."

Kol 1:21-22 "Ook julle wat vroer vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen (22) in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;"

Dit is in dieselfde trant waarin Paulus die toestand van "vlees" en "gees" teenoor mekaar stel in Rom 6-8. Dit praat van twee bestaanswyses: vlees: onwedergebore / beheer deur vlees teenoor gees/Gees: wedergebore uit Gees / geheilig / ingewoon deur God se Gees.

Daarom s Rm 8:9: "julle is egter nie in die vlees nie"



2.

Die "imperatief" dui op dit wat ons nog moet doen hier op aarde in reaksie en op grond van die indikatief / ons stand in Christus. Om in die dimensie van gees te lewe / om nie deur vlees gelei te word nie / om 'n heilige lewe le lei is ook 'n keuse. Dit het egter nie te doen met ons wesensidentiteit nie, maar met die mate waarin ons vanuit die indikatief lewe. Ons moet toelaat dat die Gees wat in ons is, ook ons gedrag bepaal, ons denke vernuwe, ons keuses beheer (bv. Rom 12:1-2). Wanneer Paulus oor hierdie aspek praat, gebruik hy dikwels ook "vlees" en "gees" (bv. Gal 5), maar gebruik dit dan in 'n ander konteks as bv. in Rom 8.



Ek sou s 2 Kor 7:1 dui daarop dat ons moet toelaat dat God sy werk volkome in ons doen. Dit is ten diepste Hy wat ons gees en vlees reinig, ons heilig maak. Dit is nie iets wat ons kan doen nie, maar ons kan God wel verhinder deur verkeerde keuses en denke dat God sy werk volkome in ons doen, en hoewel ons 'n nuwe identiteit het in Christus, steeds kies om op grond van ou patrone te lewe. Ek sou dus nie s die teks dui daarop dat ons gees n wedergeboorte nog besoedel is nie, want dit sou impliseer die wedergeboorte was net halwe werk. Dit dui eerder daarop dat ons God moet toelaat om die volle implikasie van sy heiligende werk in gees, siel en liggaam moet toelaat in ons lewens.

David2
Jan 24th 2010, 01:21 PM
Kom ons kyk na nog 'n aspek van geestelikheid:

Alles op die altaar.

Rom. 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

12:2 En word nie aan hierdie wreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Hierdie vers praat van 'n "redelike godsdiens", maar dit pla my al lankal. Die American Standard s dit mooi: "spiritual service". Pragtig. Maar die woord "godsdiens" is tog meer soos die reels en rituele van 'n "godsdiens" wat nagekom moet word, maar "geestelike diens" is iets heel anders en sekerlik nader aan die bedoeling van ons vers. Sommige vertalings praat selfs van "worship" of aanbidding. Probleem is net dat in Charismatiese kerke "worship" verstaan word as sing met hande in die lug. Sing is natuurlik 'n vorm van aanbidding, maar ons aanbidding van die Here gaan oor baie meer as net sing.

Beoordeel hierdie verse in Romeine mooi. As jy nog nie jou lewe op die altaar geplaas het nie, het jy nog nie geleer wat aanbidding en geestelike diens is nie. Kyk ook daarmee saam na 1 Kor. 5:19-20. Ons behoort nie aan onsself nie en is duur gekoop. Let op: Ons is nie net losgekoop van die satan en die wreld nie, maar ook van onsself. Ons behoort nie meer aan onsself nie. Vir solank ek en jy nog nie verklaar het dat ons geheel en al God se eiendom is om mee te maak wat Hy wil, het ons nog nie geleer wat geestelike dienslewering en aanbidding is nie.

CT Studd het ges: "As Jesus Christus God is en vir my gesterf het, dan kan geen opoffering van my vir Hom te veel gevra wees nie"

Philip dT
Jan 24th 2010, 03:25 PM
Dankie David. Ek stem saam, Rom 12:1-2 gaan eintlik oor aanbidding. Dit vra dat ons ons hele lewe aan God moet gee. Ek stem ook saam dat aanbidding baie dieper l as deurleefde sang, maar dat dit eintlik te doen het met die gerigtheid of houding van jou totale menswees.