PDA

View Full Version : Die Liefde



Ta-An
Dec 20th 2009, 05:51 PM
In ons kerk word "Advent" gevier.

Die kersfeeskrans met die vier wit kerse en een rooi kers in die middel, dit is 'n Advent-krans (Advent reef) :idea:

Advent : the period beginning four Sundays before Christmas, observed in commemoration of the coming of Christ into the world. Thus Second Advent: the coming of Christ on Judgment Day.Dit is die eerste jaar wat ek werklik die boodskaap hoor wat tydens Advent gepreek word, ek weet nie hoekom nie...:blush:

Die eerste Sondag was Hoop, Die Here kom!

Tweede Sondag Vrede, Vrede kom na bekering

Derde Sondag Joy, en Vandag Liefde, alhoewel die liedere meestal gegaan het oor 1Kor 13, het die preek gegaan oor Sagaria, die Vader van Johannes en Josef, aardse Vader van Jesus.

Sagaria wat bewyse gesoek het van die boodskap van God af, en Josef wat nooit rÍrig 'n hoofrol in die blyspel gespeel het nie, maar wie se liefde alles in dade uitgekom het.... Hy het 'n boodskap van God af gekry, en gedoen wat van hom verwag was om te doen...

Liefde vir 'n mens se kinders word uitgebeeld in die voorbeeld wat jy vir hulle stel hoe om te leef.

Gehoorsaamheid .....
* Wanneer aksies meer tel as woorde
* om 'n leier van mense te wees, moet jy eers aan God gehoorsaam wees :)

Gehoorsaamheid kom teen 'n koste, maar net ook so ongehoorsaamheid. Ongehoorsaamheid kan veroorsaak dat mens jou ingeriteit verloor :eek:

Hoe ervaar jou kinders / man die liefde deur jou aksies??