PDA

View Full Version : Eerste weergawe van die boek is ingehandig



MercyChild
Dec 21st 2009, 01:02 PM
Ek het sopas my eerste treksel ingehandig by die Redakteur van die boek wat ek geskryf het op verslawing. Die fokus is dat hulle wat honger en soekend is sal besef dat Jesus die antwoord is.

Die inligting is geispireer op dit wat ek op hierdie Forum geleer was en ontvang het, met die hoop dat ander wat vasgevang is in verslawing, Jesus 'n geleentheid sal gee om die bande te breek........

My senuwees is op, ek het glad nie ondervinding of kwalifikasies op hierdie gebied nie! Bid asb saam dat wat ookal vorentoe mag gebeur absoluut in God se hande sal wees...........:pray::pray::pray:


Dankie vir die ondersteuning en gebede.:)

Francois Marais
Dec 21st 2009, 02:48 PM
MC ek dink nie eers jy hoef te kommer nie. Solank dit vir Vader is sien ek geen probleme nie. Bid vir jou!

paidforinfull
Dec 21st 2009, 03:30 PM
Yikes en wow!!! Sien, ek het GEWEEEEEEET die Here gaan jou magtig gebruik.

Here, in Jesus Naam laat hulle asseblief Linda se boek aanvaar en publiseer. Salf die boek en laat almal wat nodig het om dit te lees dit in die hande kry. Gebruik asseblief hierdie boek om mense te verlos - nie net van verslawing nie, maar van die bose magte wat hulle vashou. Gebruik hierdie boek, Here, om siele vir U te wen. Amen.

Ta-An
Dec 21st 2009, 04:28 PM
Veels geluk!! Dit was HARDE werk!! :pp

En mag dit ook asb. in Afrikaans verskyn, dit sal maklik wees....:hug: :pray:

marline
Dec 22nd 2009, 05:42 AM
Baie baie geluk. Jy is soos die vyeboom wat vrug dra, en om so nare ondervinding wat jy gehad het, so positief te draai, is werklik bewonderings waardig. :kiss:

protea
Dec 22nd 2009, 05:56 AM
Mercy Child, ek loof ons Vader wat die negatiewe in jou lewe omgedraai het tot positief sodat jy dit in Sy Koninkryk tot Sy eer kan aanwend!! Ons bid dat daar GEEN struikelblokke in die pad van die publikasie sal wees nie! :kiss:

Willem
Dec 22nd 2009, 09:10 PM
My senuwees is op, ek het glad nie ondervinding of kwalifikasies op hierdie gebied nie! Bid asb saam dat wat ookal vorentoe mag gebeur absoluut in God se hande sal wees...........:pray::pray::pray:


Dankie vir die ondersteuning en gebede.:)
Toe ek die lees, toe lag ek want dis mos ma hoe ons Hemelse Vader maak, gebruik die wat heeltemal onbevoeg voel en (soms ook is) om die menslik onmoontlike te vermag:D :pray: :hug:

Jou hart is reg , vol liefde vir Hom en ander...dank reeds dat Hy jou gebruik :hug:

MercyChild
Dec 23rd 2009, 09:00 AM
4 Januarie lÍ gans te ver om vir reslutate te wag...natuurlik het ek opgevolg, net vir ingeval die redakteur dalk 'n kykie gehad het. Ek het geweet sy het, want het self familie lede wat sukkel om skoon te bly! :D

Sy bestuur 14 tydskrifte, en raai wat?????? Sy het gehou van wat sy tot dusver gesien het. Wat ek nie geweet het nie, is dat ek reeds so te sÍ die redaksie ook voltooi het......... Nou net om te wag en te sien wat vorentoe gaan gebeur!:eek:

Dankie vir julle gebede!.........:hug:

:idea:Anneke, ek gaan nou eers rus! As ek weet wat die resultate gaan wees, sal ons later kyk vir Afrikaans.............Lol. Slawe drywer!;)

CFJ
Dec 23rd 2009, 09:24 AM
Ek het sopas my eerste treksel ingehandig by die Redakteur van die boek wat ek geskryf het op verslawing. Die fokus is dat hulle wat honger en soekend is sal besef dat Jesus die antwoord is.

Die inligting is geispireer op dit wat ek op hierdie Forum geleer was en ontvang het, met die hoop dat ander wat vasgevang is in verslawing, Jesus 'n geleentheid sal gee om die bande te breek........

My senuwees is op, ek het glad nie ondervinding of kwalifikasies op hierdie gebied nie! Bid asb saam dat wat ookal vorentoe mag gebeur absoluut in God se hande sal wees...........:pray::pray::pray:


Dankie vir die ondersteuning en gebede.:)

Hi Linda,

As die Here jou inspireer hoef jy oor niks bekommerd te wees nie, want wat Hy doen is altyd vÍr bo ons vermoeŽns en ek is oortuig dat Hy heeltyd nog met jou was. Jy is meer as 'n oorwinnaar!

Ta-An
Dec 23rd 2009, 03:36 PM
:idea:Anneke, ek gaan nou eers rus! As ek weet wat die resultate gaan wees, sal ons later kyk vir Afrikaans.............Lol. Slawe drywer!;)Ons kan nie almal Brits lees nie, en ek weet, dat die versoek uit meer as een oord gaan kom vir Affirikaams :D

marline
Dec 23rd 2009, 06:32 PM
MC, jy gaan ons darem seker laat weet wanneer en waar is die eerste eksemplare besikbaar? Ek kan nie wag nie:pp:pp