PDA

View Full Version : Eindtye



Manie Schoeman
Dec 21st 2009, 06:47 PM
Ek dink ons gaan eendag 'n groot verrassing kry met Jesus se wederkoms. Vir my is die boodskap daaruit: Wees gereed, dit gaan skielik wees en dit gaan sigbaar vir almal wees.

CFJ
Dec 21st 2009, 07:04 PM
Welkom by ons Manie! Ek stem 100% saam met jou, almal sal dit sien en dit gaan onverwags en skielik kom. Ek glo ook dat die Here Sy kinders sal voorberei hiervoor en het al baie mooi getuienisse ervaar en ook van gehoor, waar mense net voor hulle gesterf het 'n geweldige verdieping in hulle verhouding met die Here gehad het.

AndreHa
Dec 22nd 2009, 08:48 AM
Ek dink ons gaan eendag 'n groot verrassing kry met Jesus se wederkoms. Vir my is die boodskap daaruit: Wees gereed, dit gaan skielik wees en dit gaan sigbaar vir almal wees.

Welkom hier Manie :)

Ek moet saamstem - ons moet gereed wees, want vinnig en skielik sal dit inderdaad wees.

protea
Dec 23rd 2009, 12:12 PM
Welkom Manie! Julle praat nou oor OPWINDENDE dinge. In plaas van ons fokus op datums sit (soos so baie mense wereldwyd doen), moet ons fokus en verwagting op Jesus en op Sy wederkoms bly sodat ons elke dag sal bly 'opkyk' boontoe. Ek raak so opgewonde as ons hieroor praat. Natuurlik weet niemand die datum van Jesus se Wederkoms nie , maar wereldwyd droom mense drome en sien gesigte en die kernboodskap is almal dieselfde: Die Here se koms is naby. Kry jou 'huis' in orde!:pp

Marinda
Dec 23rd 2009, 01:13 PM
Welkom Manie, ek stem 100% saam jou, Jesus se koms gaan baie skielik wees, en ek dink baie van ons gaan terleurgesteld omdraai, soos die 5 dwase maagde, omdat ons - ons tyd verspeel het met allerhande nuttelose dinge in die lewe. En ek moet weereens saamstem ek kan nie meer wag dat Hy moet kom nie, en wat my nog baie bekommerd maak is mense wat lewe asof ons nog baie tyd het, veral jong mense wat sÍ hul sal hul lewe reg maak as hul ouer is, maar hul besef nie, more is miskien te laat nie.