PDA

View Full Version : Help asseblief Demoon Uitdrywing

Believe
Jan 2nd 2010, 04:12 AM
Hi

My probleem is blykbaar demone. Ek is 'n paar jaar gelede deur 'n demoon aangeval, maar toe ek vir hulp na my predikant gegaan het, het hy my gese dit was my verbeelding agv die stresvolle situasie waarin ek was.

Ek weet wanneer ek droom en wanneer nie - ek het NIE gedroom nie. Die demoon het my eers gelos toe ek God se hulp vra.

Daar gaan besonder baie dinge in my lewe verkeerd - heeltemal te veel om toevallig te wees. Blybaar was 'n nabye familie lid van my betrokke by 'n okkult. Op 'n stadium was hierdie familielid baie kwaad vir my. Ek kan nie self bevestig dat die persoon aan 'n okkult behoort het nie, maar het dit tweedehands verneem.

'n Hele paar Christene het my al gese dit lyk of ek deur demone aangeval word, of dat daar 'n vloek op my rus.

Ek is dringend op soek na 'n persoon wat my kan help met bevryding in die Gauteng Provinsie.

Ek het baie talente by God gekry, soos bv 'n uitstekende sesde sintuig en ek het telepatiese vermoeens van kleintyd af.

Ek is op soek na iemand wat nie net alles onbekends (soos telepatie) as komende van die duiwel sien nie, maar as 'n gawe van God.

Is daar enige iemand wat my kan help?

Baie dankie!
Believe

CFJ
Jan 2nd 2010, 11:54 AM
Hallo Believe en baie welkom by ons!

Ekself het al met uitdrywing van demone te doen gehad, maar hier is iemand op ons forum wat werklik baie van dit weet, wat self beset was deur demone en volkome bevry is. Ek sal haar vra om hier te kom deelneem. Kan jy dalk bietjie meer inligting verskaf? Dink jy, dat jy beset word deur 'n demoon of word jy net van tyd tot tyd deur 'n demoon of demone aangeval. Dit is belangrik om dit te weet, want daar is 'n verskil tussen, 'demon possession' en 'demon oppression'.

As 'n demoon jou beset (demon possession) sal jy in jou gebeente aangeval word en daar sal sekere vaste of primÍre patrone wees en skielike onbeheersde woedebuie en ook selfmoord kan iets wees wat in jou manifesteer. Hierdie demoon/-ne kan jou op die grond neerwerp en rukkings laat kry. Jy sal bepaald iewers jouself moes oopstel, waar die demoon in jou kom woon het en 'n demoon wat in jou woon wil jou hele lewe omvÍr-werp. Met 'demon oppression' sal die patrone nie so vas wees nie en gaan dit meer oor demone wat 'n woning in jou soek en nog nie dit kon kry nie. Sulke demone sal jou byvoorbeeld net vasdruk in jou bed en vlug weer na 'n tyd. Iewers sal daar tog 'n sekondÍre patroon wees, soos 'n sekere program op televisie waarna jy kyk en dan daarna val hulle jou aan of 'n plek wat jy van tyd tot tyd besoek of 'n persoon wat jy besoek of 'n ritueel wat jy iewers beoefen.

CFJ
Jan 2nd 2010, 01:44 PM
Hi Believe,

Net iets wat belangrik is en wat mens eerste sal moet uitklaar, is jy wedergebore? Was daar m.a.w. 'n oomblik in jou lewe waar jy werklik verlore was en hartstogtelik 'n Verlosser begeer het? Hierdie oomblik is wanneer mens Jesus persoonlik ontmoet. In alle waarskynlikheid het jy so oomblik in jou lewe, maar mens moet dit in ag neem, sou mens met demone wil reken.

Ta-An
Jan 2nd 2010, 08:15 PM
Niks kan jou aanval as die bloed van Jesus jou beskerm nie...

Francois Marais
Jan 3rd 2010, 08:02 AM
Onthou die laaste tyd is 'n sataniese hoog tyd gewees. Ek is die 26 ste aangeval deur 'n demoon, en 'n persoon het astraal na my kamer toe ook. Onthou om die wapenrusting aan te trek elke dag. Daar was ook baie heksery in PTA die laaste paar dae gewees. Vra die Vader om die wortel te wys waar die dinge begin of oorsprong vind en bid vir die persoon.
Onthou moet nie die duister self aanvat nie. Met Vader aan jou kant sal niks teen jou kan staan nie!

Roelof
Jan 3rd 2010, 11:03 AM
Niks kan jou aanval as die bloed van Jesus jou beskerm nie...

Ta-an

Ek het al situasies beleef waar wedergebore predikante deur demone aangeval en siektes veroorsaak is. Ek gee dan ook 'n getuienis

Believe

Ek het die gawe van onderskeiding van geeste ontvang en sal jou graag wil help

Ek dink die maklikste is as jy jou e-pos adres aan my kan "Private Message", anders plaas dit onder "Chat to the moderators", en vra dat CFJ dit na my "Private Message"

Moenie gekommerd wees nie, ek sal bid dat die Here jou situasie aan my bekend maak, waarna mens kan kyk hoe jy gehelp kan word

Satan probeer gebedsweek kelder

Die Heilige Gees lei ds R om as deel van die gebedsweek in Januarie 2010, met ‘n nuwe bediening van gebedsgenesing te begin. Op Sondag 22 Nov. 2009 begin ds R met die beplanning. Later die dag ontwikkel hy skielik erge hoofpyne en besoek Maandag die dokter. Sy bloeddruk is ‘n lewensgevaarlike 170 / 140 en ds R word in die hospitaal opgeneem. Die medisyne slaag nie daarin om die bloeddruk af te bring nie.

Woensdag om 5:20 nm ontvang ek ‘n sms van ds R wat die nood van sy mediese probleem uitspel. Ek ry hospital toe waar hy vir my verduidelik wat gebeur het. Ek lệ ds R die hande op en bid vir hom. Die Here wys my dat drie demone ds R se gesondheid aanval. Ek bind die demone in Jesus se kragtige Naam. Om 8nm neem hulle ds R se bloeddruk en dit is terug na normaal !!! Die mediese dokter beleef dit ook as ‘n besondere geestelike ervaring.

Donderdag oggend word ds R se bloeddruk bevestig as normaal en word hy ontslaan. Ek besef dat Satan en sy travante probeer het on van ds R ontslae te raak. Die Here bevestig dit.

Nou kan ds R rustig aangaan met die beplanning van die gebedsweek en nuwe bediening van gebedsgenesing.

Die Here doen vandag nog wonderwerke!

Ek loof die Here vir Sy krag en dat Hy vir Satan vir ewig aan die kruis oorwin het!! Roelof.

-----------------------------------------------------------

Roelof
Jan 3rd 2010, 02:46 PM
Believe

Ek het gebid vir jou en oor jou en jy kan maklik gehelp word

Kontak my asb soos ek voorgestel het, ek het 'n aantal vrae om vir jou te vra

Groete

CFJ
Jan 3rd 2010, 05:37 PM
Hallo Believe,

Ongelukkig verskil mense oor demone in gelowiges, maar ek is 100% oortuig dat geen gelowige beset kan word deur 'n demoon nie en ondersoek gerus hierdie saak, voor jy vÍrder gaan en doen dan soos die Gees van God jou lei. Ek wil net meld dat as jy wedergebore is, geen demoon in jou kan bly nie (demon possession), maar demone kan jou bepaald aanval (demon oppression). Hier is 'n beginsel wat ekself glo, baie verwarring onder gelowiges teweeg bring, deur sogenaamd demone uit ware wedergebore mense uit te dryf. Ek is van mening dat die werke van die vlees verwar word met demone.

Hoe meer ekself kyk na die dogma van demone in Christene en veral dat die demone verdryf en gebind moet word, hoe meer lyk dit vir my dat hierdie uitkyk die werke van die vlees deur demone vervang en dat 'n baie eenvoudige beginsel geweldig gekompliseer word. Wat myself betref en ook ander wat ek ken, was dit bloot 'n gesindheidsverandering wat my/hulle vleeslike werke oorwin het en nie om demone spesifiek te verdryf nie. Nou en dan ja, maar nie as 'n reŽl nie en dan het ek satan self bestraf en nie spesifieke demone nie. Soos wat ons bid tot ons Vader in die hemel en dat hy Sy engele sal stuur om ons te beskerm, so glo ek bestraf mens net die vader van die demone en almal vlug! Tog is dit so dat demone agter die werke van die vlees sit, maar 'n gelowige het al die mag oor die vader van demone ontvang, bloot oor wat in Joh 1:12 staan. Hoekom moet mens dan nou weer die demoon oorwin en spesifiek by die naam noem, naamlik die demoon van wellus, as mens net 'n voorbeeld kan noem en as mens se mag oor die satan (die vader van alle demone) self is en ook totaal oor die bose is (Luk 10:19). As mens die eerste keer hierdie totale mag oor die bose ontvang, wanneer verloor 'n gelowige dit en moet daar weer so identiese oorwinning wees? Hieronder word weereens net bevestig, dat die werke van die vlees doodgemaak moet word en ook hoe mens dit doen...

Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, diť is kinders van God. Want julle het nie ontvang Ďn gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
(Rom 8:12-16 AOV)
Dit lyk vir myself dat mens slegs jou gesindheid moet verander, om die werke van die vlees dood te maak. VÍrder moet mens net in die Gees wandel en die werke van die vlees sal verdwyn. Dit is wat ek hierbo lees en as jy die Skrif anders verstaan Believe, laat weet gerus dat bespreek mens dit as jy dit nodig vind.

daughter
Jan 3rd 2010, 06:44 PM
Ek is jammer dat my afrikaans is nie goed. Ek dink dat dit mag wees 'n demon. hulle partykeer kry aangeheg(te) tot 'n familie. u moet hou deur te bid, en vas. doen u praat engels? Ek kan help u meer in engels. Ek was 'n heks.

paidforinfull
Jan 3rd 2010, 06:44 PM
Haai Believe:

Ek kan jou die naam en inligting gee van die persoon wat my na die Here gelei het en ook bevryding op my gedoen het (sy het geweier om bevryding op my te doen tensy ek Jesus as my Redder en Saligmaker aanneem asook om te onderneem om omniddelik al my okkultiese bedrywighede te stop). Sy is woonagtig in Pretoria.

Omdat jy 'n nuwe lid is kan ek nie vir jou die inligting privaat verskaf nie, maar indien jy belangstel kan ek vir CFJ die inligting PM en hy kan dit by jou uitkry. Laat weet asb. eers net of dit vir jou goed klink.

Roelof
Jan 3rd 2010, 08:24 PM
Hallo Believe,

Ongelukkig verskil mense oor demone in gelowiges, maar ek is 100% oortuig dat geen gelowige beset kan word deur 'n demoon nie en ondersoek gerus hierdie saak,

Ek stem 100% met CFJ saam
Uit my eie ervaring het ek nog nooit 'n wedergebore Christen teegekom wat duiwelbesete is nie. Satan en sy demone het wel vele aangeval of geteister

Believe

Ek het oor jou gebid en die Here het aan my getoon dat jy BESLIS nie duiwelbesete is NIE, maar wel deur demone aangeval word. Daar is wel ook vloeke oor jou uitgespreek.

Ek kan die demone en vloeke baie maklik uit jou lewe verwyder, en jy hoef my nie persoonlik te besoek nie, maar wil eers met jou in gesprek tree, e-pos is vir my baie maklik

Kontak my asb soos ek reeds vroeer versoek het.

Aangeheg nog een van my getuienisse:

Satan probeer ‘n vriend doodmaak

Op die oggend van Saterdag 12 Sept vra my vrou my hoekom ek haar op my selfoon bel en dan nie praat nie. Ek haal my selfoon uit en sien dat die “keypad lock” aan is. Satan probeer my selfoon misbruik en my toets.

Later dieselfde dag laat weet ds R my dat ‘n vriend A opgeneem is in die Garden Court Clinic met ‘n infeksie. Hy het 10 jaar tevore ‘n nieroorplanting gehad en het net een nier. Net na 4nm verneem ek dat A oorgeplaas is na die hoŽ-sorg afdeling.

Op Sondag 13 Sept om 1:30nm verneem ek dat dit nie goed met A gaan nie, hy kry stuiptrekkings van koors en sy een long het platgeval. Ek bid vir A en die Here wys my dat Satan probeer om vir A dood te maak. Ek bestraf die Bose en teen Sondagaand gaan dit baie beter met A.

Op 14 Sept om 3:34nm verneem ons dat A nog swak is, maar met besoekers gesels

Op 20 Sept noem ds. R “dat A by die poorte van die dood was”.

Op 22 Sep word A na ‘n private saal geskuif.

Weens die gebede van vele gaan dit baie beter met A.

Ek loof die Here dat Hy aan die kruis vir Satan vir ewig oorwin het. Roelof

-----------------------------------------------------------

Johnny
Jan 28th 2010, 09:54 AM
Ek is jammer dat my afrikaans is nie goed. Ek dink dat dit mag wees 'n demon. hulle partykeer kry aangeheg(te) tot 'n familie. u moet hou deur te bid, en vas. doen u praat engels? Ek kan help u meer in engels. Ek was 'n heks.

Daughter haal 'n baie relevante aksie aan. Vas en bid! Dit is goed as mense vir en saam met jou bid, maar kyk wat lees ons in Jakobus:

Jakobus 5:13 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.

Vas en bid self ook. Dit is wat hier staan....."Laat hom (jy) bid." Sterkte.

Knight Rider
Dec 25th 2012, 04:26 PM
Hallo ek sien nou die topic hoe kontak ek julle?

Blessings

Ta-An
Dec 25th 2012, 08:35 PM
Hallo ek sien nou die topic hoe kontak ek julle?

Blessings
Die persoon wat die draad begin het , pos nie meer hier nie....

CFJ
Dec 26th 2012, 07:16 AM
Hallo ek sien nou die topic hoe kontak ek julle?

Blessings

Hallo Knight Rider en baie welkom by ons. Wil jy graag met een van ons gesels, privaat? Jy kan in hierdie privaat forum, Chat to the moderators (http://bibleforums.org/forumdisplay.php/84-Chat-to-the-moderators), 'n draad oopmaak vir een van ons se aandag, as jy privaat wil gesels of as jy in die oop forum wil gesels, kan jy bloot 'n draad oopmaak en enige iemand kan reageer daarop...

Missy
Aug 18th 2014, 07:33 AM
Goeie dag aan almal,

Believe ek wil graag vir jou vertel van my eie ervare en hoop dat dit jou dalk sal kan help, al gee dit jou net hoop is ek bly.

Ek het op 17 getrou met 'n wonderlike man (nog steeds met hom getroud - al 14 jaar), weens ek onder gewig was kon ons vir 3 jaar nie swanger word nie. Ek kom uit 'n baie wrede en seer kinderlewe en moes vinnig groot word, my man het self 'n seer lewe gehad. Ek was met baie verkeerde goed deurmekaar, ek was jonk en baie ver van God af. Weens die dinge wat met my gebeur het en ook die dinge waarmee ek deur mekaar was, het daar deure oop gemaak na my lewe wat die bose mag gegee het oor my lewe. Ek het nie die goed verstaan nie en op die tyd ook nie geweet nie. Maar vir 3 jaar van my lewe het ek 'n demoon gehad wat my 'gejaag' het. Die ding was baie lelik en het gekom en gaan soos dit wou. Ek was humeurig, emosioneel, sieklik en het baie geslaap. My arme man het nie geweet wat aangaan nie. Ek het probeer om met hom te praat, maar hy het regtig gedink ek is besige om 'mal' te raak. Eers nadat hy self begin sien het hoe daar sekere goed gebeur wat net nie moet gebeur nie, toe begin hy my glo. Dit het so aangehou vir 3 jaar. Ek het swanger geraak, was 'n moeilike swangerskap. Tydens my swangerskap het ek 'n vriendin ontmoet wat my saam kerk toe geneem het, en ek het nader aan Vader gekom. My seuntjie is op 7 maande gebore, ek het net bly glo dat hy sal gesond wees.

Een aand het my baba seuntjie op my bors gelÍ en slaap, toe die demoon weer voor my staan. Gewoonlik as die ding naby my was het ek geen krag om te beweeg of te skree nie - ek was heeltemal 'parilised'. Ek het besef my kind lÍ op my bors en die ding rek na my kind toe. Met al my mag het ek my kind gegryp en begin bid. Ek het vir Vader gesÍ dat dit nie net my kind is nie, maar dat my kind aan Hom behoort, ek het gevra dat Hy my kind sal beskerm en my sal help om hom ook te beskerm. Ek het net daar my hart vir God gegee.

Die ding het nie weer aan my verskyn nie, en ek het begin om die trappies van geloof te klim. My lewe het begin verander. My baba seuntjie word volgende maand 10. Kan jy dit glo? Hy het ook 'n sussie wat volgende Januarie 9 word.

Ek het onlangs begin om 'n Bybelstudie groep te lei en ek het geweet dat ek weer gaan aangeval word, jy sien, hoe nader ons aan die Waarheid, die Woord en aan ons Vader kom - hoe meer wil Satan ons van die pad af stamp. So hy stuur sy demone om ons te mislei en te verlei. Daarom is dit so belangrik om ons wapens van geloof te verstaan en ook op te neem.

Ek was na 10 jaar vir die eerste keer weer geestelik in 'n oorlog met 'n demoon. Ek het hom bestraf in die Naam van Jesus - ek het hom mooi vertel om sy goedjies te pak en die pad te vat. Hy het geen plek in my of my gesin se lewens nie. Ek trek my krag van die Woord (Bybel) en ek staan op die beloftes wat daarin geskrywe staan.

Ons word daagliks aangeval en ons besef dit net nie. Dis nie aldag wat mense na vore sal kom en erken dat hulle aangeval was en die demoon gesien het nie. Dis baie skrikwekkend, maar bly staan in jou geloof! As jy meer wil gesels, ek is hier. Onthou net dat jy God se kind is, en deur die Lam se Bloed is jy 'n oorwinnaar.

Groete,
Missy

CFJ
Aug 18th 2014, 08:51 AM

Dankie vir jou getuienis Missy. Dis presies die wÍreld waarin ons bly en 'n realiteit wat mens nie kan ignoreer nie. Die westerse wÍreld het in 'n groot mate nie meer sensitiwiteit vir die geestes-wÍreld nie en getuienisse soos joune is meer nodig as wat mens besef, want die demone floreer daar waar mense hulle negeer...

henkie
May 22nd 2015, 12:29 AM
Hello julle pragtigge mense. Goed my geval. Ek is n verskriklikke sterk gelowige en was al op my skooldae sondagskool onderwyser. Ek het vele maal mense waarmee ek in kontak kom na God gelei en van hulle is bekeer. Goed. Ek trou met n beeldskone vrou en skielik is dit asof alles rondom my inmekaar tuimel. Ek vang my vrou drie maal met ander mans en sy loop weg met n vierde geen kinders. Ek trou n tweede keer n pragtigge dogter word gebore. Weer vang ek die tweede vrou rondloop. Ek bly toe saam n derde girlfriend weer gebeur die selfde. En heeltyd deur val al my werke en transaksies alles eenvoudig deur die mat. Ek is nou al in die afgelope 30 jaar vier maal aangerand met die doel om my te vermoor maar die Heiligge Gees hou my in die lewe en ek herstel elke keer wonderbaarlik. Finansieel is ek nou al heeltemal bankrot en het al alles verloor. Ek het daagliks n oorlas met vliee in my huis al is alle deure en vensters toe gehou. Satan word in van sy name genoem Heer van vliee. Dus my slotsom. Satan en sy demone val my aan en ek kan nie aleen bid vir reiniging nie ek het hulp nodig. Satan vernietig my finansies, my vriende kring, my omstandighede maar hy kanie slaag om my lewe te neem nie want Die Heilige Gees hou my aan die lewe. Ek het n paar maal al probeer selfmoord pleeg nodeloos om te se sonder sukses. Toue breek mes verloor plastiek sak skeur. Help asseblief iemand kom help my. My hele lewe is weg opgemors deur satan en sy volgelinge. Ek vra God net n laaste guns. Gun my net hierdie laaste stukkie van my lewe wat nog oor is tenminste n lewe waar ek weer kan asem haal ek is nou 52

BCV
Jun 12th 2015, 01:05 PM
Het enige iemand al op die vorige inskrywing gedateer 22 May 2015 geantwoord?

Son of the South
Jun 12th 2015, 02:12 PM
Het enige iemand al op die vorige inskrywing gedateer 22 May 2015 geantwoord?Hi BCV, nee, nie op die oop forum sover ek weet nie. Daar was wel in 'n private gesprek berading aan henkie gegee in "Chat to Moderators (http://bibleforums.org/forumdisplay.php/84-Chat-to-the-moderators)". Uit die aard van die saak is dit soms nodig om eers agter die kap van die byl te kom om sodoende op 'n meer betekenisvolle wyse berading te kan gee, eerder as om op aannames op die oop forum te reageer.

BCV
Jun 12th 2015, 04:09 PM
Dankie...... Dit het net gelyk soos n cry out en geen oor wat luister..... (Ken nogal die gevoel)

Thanx vir die feedback, ek waardeer.

CFJ
Jun 12th 2015, 04:46 PM
Hi BCV, nee, nie op die oop forum sover ek weet nie. Daar was wel in 'n private gesprek berading aan henkie gegee in "Chat to Moderators (http://bibleforums.org/forumdisplay.php/84-Chat-to-the-moderators)". Uit die aard van die saak is dit soms nodig om eers agter die kap van die byl te kom om sodoende op 'n meer betekenisvolle wyse berading te kan gee, eerder as om op aannames op die oop forum te reageer.

Dankie SoS en dankie BCV, jy is nie verkeerd om enige een van ons aan te speek sou dit moontlik nie aangespreek wees nie. Ons het met Henkie gesels in C2M soos SoS aangedui het en hy sou egter nie omgee as ons dit op die oop forum sou doen nie, maar dit het einde ten laaste nie hier beland nie...