PDA

View Full Version : Wat het gebeur?



Phil Fourie
Jan 5th 2010, 09:23 AM
Dalk kan een van die mods my uithelp hier, ek sien die bord het redelik verander en lyk nou heel skaflik, net ietsie wat my opval vanoggend, ek sien ek het in die omgewing van 4,000 plasings verloor op my plasing telling, hoe op die aarde het dit gebeur?:o

Ta-An
Jan 5th 2010, 12:38 PM
Phil.....
Iemand was baie "oulik" en het BAIE drade ouer as 1 jaar in die Argiewe gaan plaas..... :o

Die deelnemers hier wat al lank ...soos van die begin van tyd af, hier was, is die swaarste getref....... kyk na bdh se posts, nie eers 500 nie :lol:
EK en moonglow het die meeste verloor ..............

So nee, ons het niks teen jou nie..... as jy langer hier was, het jy meer verloor.....

CFJ
Jan 5th 2010, 12:51 PM
Dalk kan een van die mods my uithelp hier, ek sien die bord het redelik verander en lyk nou heel skaflik, net ietsie wat my opval vanoggend, ek sien ek het in die omgewing van 4,000 plasings verloor op my plasing telling, hoe op die aarde het dit gebeur?:o

Hi Phil,

As ek net hier by Anneke kan aansluit. Die argiewe se drade word nie meer getel met die nuwe sagteware nie, wat wel die geval was met die ouer weergawe. Daar is baie drade wat eintlik glad nie in argiewe moet wees nie en soos ek tyd kry plaas ek weer van hulle terug. Jy kan dalk een oggend verras wees as ek of iemand anders fluks was, want daar kan skielik 500 plasings meer wees as voor jy bed toe was die vorige aand... :D

Phil Fourie
Jan 5th 2010, 12:52 PM
Nee ek het beslis nie gedink julle het iets teen my nie, ek was darm ook deel van die mod span, so ek weet sulke tipe goed gebeur, wou maar net hoor of daar 'n spesifieke rede is hoekom dit gebeur het