PDA

View Full Version : Terug SA toe - Raad nodig



Paul Pienaar
Jan 12th 2010, 07:57 AM
Hallo Almal,

Ek wonder of ek dalk op hierdie draad julle mening kan kry?

Ek beplan om terug te keer SA toe. Is in 2002 weg, vir wat ek gedink het 'n jaar sou wees.
Sedertdien was ek 3 keer terug vir kort vakansies in die Tuin Roete area - oorspronklik van daar af.

Nou, ek oorweeg om na 'n ander area terug te keer. Drie areas wat ek oorweg is Durban en omliggende areas, Mpumalanga en Limpopo. Ek sal waarskynlik weer as onderwyser werk soek, en behoort redelik maklik 'n pos te kry. Dit is nie werklik my bekommernis nie. Die onderwys opsie sou wees om my voete weer te vind en die area beter te leer ken ens.

Die eintlike doelwit is om in die vervoer bedryf betrokke te raak. Al drie die areas wat ek hierbo genoem het, verstaan ek as geografies, goeie liggings, vir 'n potensiŽle vervoer bedryf.
Wat ek egter nie baie oor weet nie, is die veiligheid, kwailiteit van lewe, en bekostigbare verblyf. Ek sou enige raad en opinies wat julle het t.o.v. watter dorpe/stede/areas om te vermy of om sterk te oorweeg waardeer. Amper soos, as julle nou 'n skuif terug SA toe sou maak, waar sou jou julleself vestig, en hoekom?

Die idee is om oor so twee jaar 'n skuif terug te maak. Wat sou julle kon aanbeveel?

Hoor graag wat julle dink.

Groete
Paul

CFJ
Jan 12th 2010, 08:52 PM
Hallo Paul,

Self bly ek in die Suid-Kaap en hierdie deel word in wese as die veiligste deel in die land beskou en saam met die Wes-Kaap is dit ook die deel wat toeriste die meeste besoek in die land. Tog is veiligheid 'n relatiewe begrip, maar hier waar ek bly is daar werklik baie min misdaad, gemeet teen enige ander deel. Tog glo ek jy kan in enige deel veilig woon, want ons veiligheid oor die algemeen as gelowiges, word op 'n ander skaal gemeet.

Wat besigheid betref glo ek egter dat die Noordelike dele in die land beter geleenthede bied.

Die Filadelfieer
Jan 13th 2010, 07:43 AM
Ek sou 'n branderplankwinkel in die Karoo oopmaak, waar ek so min as moontlik gepla gaan word....

Paul Pienaar
Jan 15th 2010, 02:54 AM
Hi Ferdi,

Dankie vir die skrywe. Jy's mos van Oudtshorn as ek reg is?
Ek het self daar groot geword, voordat ons oor is George toe.

Die Suid-Kaap en veral Oudtshoorn trek my erg, maar ek moet maar
werks- en besigheids-geleenthede in ag neem.
Ek praat maar met so veel as moontlik mense, en glo dat deure sal
oop gaan en toe gaan, soos dit moet wees.

Fila, so 'n branderplank winkel in die Karoo kan dalk nogal redelik
baie aandag trek. Dalk sal mens nie veel surfboards so verkoop nie,
maar jy sal dalk op baie se kiekies verskyn.

Ok, ons sal maar sien hie dinge uitwerk. Nog baie water om in die
see te loop voor ons finaal besluit en gaan.

CFJ
Jan 15th 2010, 07:06 AM
Hi Paul,

Ek dink dit gaan vir my meer oor die geleentheid as die plek, want mens kan op 'n klein plekkie wees en 'n goeie geleentheid hÍ om 'n bestaan te maak en weer in 'n groot plek wees sonder goeie geleenthede.

CFJ
May 29th 2011, 05:15 PM
Hoe lyk julle planne Paul, bly julle of ry julle? Hoe lyk geleenthede waar jy nou is?