PDA

View Full Version : "Priceless"



Ta-An
Jan 21st 2010, 11:31 AM
Ek vind die in my e-pos en wil dit graag deel :
'n Belastinginspekteur kom eendag by 'n arm Christen aan om vas te stel hoeveel belasting hy moet betaal.

" Watter besittings het jy? " vra die gaarder.

" Ek is regtig baie ryk, " antwoord die Christen.

" Gee my 'n lys van jou besittings, asseblief, " wil die agent weet.

Die Christen antwoord:

" 1. Ek het die ewige lewe, Joh. 3:16;

2. Ek het 'n huis in die hemel, Joh. 14:2;

3. Ek het vrede wat alle verstand te bowe gaan, Fil. 4:7;

4. Ek het onuitspreeklik vreugde, 1 Pet. 1:8;

5. Ek het liefde wat nie vergaan nie, 1 Kor. 13:8;

6. Ek het 'n getroue en vlytige vrou, Spr. 31:10;

7. Ek het gesonde en gehoorsame kinders, Ex. 20:12;

8. Ek het goeie en betroubare vriende, Spr. 18:24 ;

9. Ek het liedere in die nag, Ps. 42:9;

10. Ek het die kroon van die lewe, Jak. 1:12 "

Die agent maak sy boek toe en s: " Meneer, jy is waarlik skatryk, maar jou rykdom is nie belasbaar nie. "





Mag jy ook op hierdie manier skatryk wees in 2010

Johnny
Jan 21st 2010, 01:04 PM
Ek sou graag met die belasting ou die evangelie wou deel...sodat hy ook deel kan he aan dit wat ons het.

1 Korinthiers 9:24 "Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop s dat julle dit sekerlik kan behaal."

Dit is die prys.....van die ewige lewe.

Ta-An
Jan 24th 2010, 01:08 PM
Inderdaad Johnny.

"Ek is 'n wenner van 'n resies, ek het die eerste prys behaal: 1 Kor.9:24 :)

protea
Jan 24th 2010, 02:33 PM
Is ons nie skatryk nie?! En alles is geskenke en gawes van ons Vader aan ons !