PDA

View Full Version : Lavender rysmeel muffins



Ta-An
Jan 22nd 2010, 08:30 PM
Geniet!!

250 ml Rysmeel
250 ml Banketmeelblom
4 t Bakpoeier
knippie sout
2E Lavender blommetjies/blare (Margaret Robberts ene, die lang sprieterige blommetjie)
75ml Olyfolie
100ml botter
225ml melk

Maak aan volgens Muffin metode
Bak by 180C vir 20 min

protea
Jan 23rd 2010, 03:51 PM
Dit klink heerlik Ta An! Ek het nog nooit so n variant op die muffin geeet nie. Al wat ek nie in die huis aanhou nie , is rysmeel wat ek moet gaan koop. Mirrelsis verjaar juis vandag en kom vlge naweek huistoe en sy is hoeka ons 'groen' kind. Dit gaan beslis deel van die fees wees!

Ta-An
Jan 24th 2010, 12:31 PM
Bedien met roomkaas :) of gegeurde roomkaas
Of gooi 100g gerasperde Cheddar kaas in mengsel voor bak

Onthou die rysmeel gee 'n besonders unieke smaak :)

protea
Jan 24th 2010, 03:19 PM
Rysmeel is natuurlik ook ideaal vir mense wat n gluten intoleransie of allergie het en ek glo mens sal dit by gesondheidswinkels kry. Ek het nog nooit n rysmeel produk geeet nie en sien self uit om dit te proe. Groetnis!

Ta-An
Jan 24th 2010, 03:56 PM
Ja, ons Super Spar en Dischem verkoop beide Rysmeel ... ook gekry by die Chinees se winkel :D