PDA

View Full Version : Benodig raad Hoe gemaak as jou stiefkind "alles weet"



Elizabeth1
Jan 27th 2010, 02:37 PM
Ek het 'n "instant mamma" geword, en is uit die aard van die saak nie so emosioneel "veblind" soos wat natuurlike ouers met hul kinders se gedrag sal wees nie. IS ook baie analities van aard, en het groot geword met keuses, en wat ook al ek kies, het dan sy gevolge gehad...plat hand was ook nie verban nie, en my boude het gereeld "verjaar"
Nou die vraag - my stiefdogter is 7 (alleen kind). Sy dink sy weet deesdae alles. So erg dat ek partykeer net opstaan en uitloop voordat daar 'n uitbarsting volg. Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek is vrek lief vir die kind, maar haar gedrag dryf my teen die mure uit!!
Sy "MOAN" oor ALLES!! (van kos, klere, kuier my haar pa, as ons by mense gaan kuier, hoe ons dinge doen in ons huis, noem dit ....en sy het 'n appeltjie te skil daaroor). Gee vir haar iets ,dan is dit net eenvoudig nie goed genoeg nie...DIT MAAK MY MAL!!
Goed, my gevoel - sy begin nou agterkom dat sy opinie oor goedjies kan lewer - maar ruk heeltemal die dammetjie onder die eend uit.
Gooi deesdae dreigemente van as sy nie haar sin gaan kry nie "dan gaan ek huil". NEE man - paplepel het meer as een keer in my kop opgekom - probleem sy is nie my eie kind nie...dink net watter groot stories dit by die ex (biomom) sal veroorsaak ...hahahaha...
Gee bietjie raad toe man!!?? sal dit waardeer!!

Lanie
Jan 28th 2010, 05:47 AM
Goeiedag Elizabeth,

Eerstens wil ek sÍ, baie welkom by die forum. Ek hoop jy sal lekker saam met ons kuier.

Ek het gister al jou plasing gelees maar het besluit om nie dadelik te antwoord nie en eers mooi daaroor te dink. 'n Paar goed het by my opgekom, maar voor ek begin wil ek vir jou sÍ dat ek jou gaan antwoord as iemand wat self 'n stiefkind was met 2 stiefouers (btw, ek haat die benaming stiefouer en stiefkind, maar ek het wraggies "stiefouers" gehad in my kinderjare. "Gelukkig"? het daardie huwelike nie gehou nie, en vandag ek het 'n ander pa, wat nie my biologiese pa is nie, maar vir wie ek baie lief is en wat my liefhet) en ek antwoord ook as die mamma van my eie 7-jarige dogtertjie.

Ek weet nie of jy self biologiese kinders het nie, maar 7-jariges is van nature baie "slim". Ek het dit met my oudste dogtertjie beleef en my tweede enetjie is nou in graad 1 en moet gereeld herhinner word dat sy nie alles weet nie. :) Aanvaar maar dat dit deel van 'n proses van grootword is en dat mens hulle in elke stadium moet guide. My leuse is "alles is 'n stadium" en "this too shall pass".

Ek weet nie wat die omstandighede is nie, maar ek het al baie ongelukkige, moeilike kindertjies uit gebroke huwelike ontmoet, en dan het ek pragtige, goed-aangepaste kinders uit gebroke huwelike ontmoet. Tien uit tien keer was die gelukkige kinders in 'n situasie waar al die ouers goed oor die weg kom en die situasie volwasse hanteer. Hoe lyk julle situasie.

Dan wil ek jou raad gee, ek sal nooit maar nooit aanbeveel dat die nie-biologiese ouer die straf uitdeel nie, veral nie pakslae nie. Ek glo ook in pakslae op sy tyd, maar dit sal beter wees as haar pa daardie deel van die opvoeding op hom neem. Glo my, dit gaan baie probleme verhoed.

Ek wil aanbeveel dat jy vir jou die boeke van Hettie Brittz, Kweek kinders met karakter, en Kweek gesonde gesag aanskaf en werklik daardeur werk. Dit bevat baie nuttige inligting en die boeke het 'n sterk christelike basis wat dit werklik die moeite werd maak om te lees.

Sterkte met julle dogtertjie.

Groete
Lanie

Johnny
Jan 28th 2010, 06:57 AM
Dit is beslis 'n ander saak as dit nie jou eie kind is nie. Miskien moet jy ook met die bio ouers gesels en dalk hul toestemming daarvoor kry uit 'n Bybelse oogpunt. Lees gerus die hele gedeelte in die Bybel. Ek haal 'n paar verse aan, maar geensins se ek dit is wat jy moet doen nie. Kinders is "master manupulators"....en sy toets jou dalk, want sy is in 'n nuwe omgewing en voel dalk bedreig en onseker. Ek glo Lanie se raad is baie voldoende....en natuurlik....BID oor die saak.

Pro 1:1 Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,
Pro 1:2 om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,
Pro 1:3 om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;
Pro 1:4 om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;
Pro 1:5 laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,
Pro 1:6 om ‘n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.
Pro 1:7 Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
Pro 1:8 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
Pro 1:9 want dit is ‘n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.

Sterkte.

Elizabeth1
Jan 29th 2010, 01:21 PM
Dankie Lanie en Johnny vir die raad.
Die situasie by die huis is van 'n liefdevolle en respekvolle aard. Ek tugtig nie - ek gooi wel die "donnerdende stem en die skewe oog" (hahaha) sy val nog daarvoor, maar NOOIT sonder respek nie. Sy noem my ook MAMMA, wat baie intimederend vir die biologiese ma is. Syhet in soveel woorde haar verbied om my mamma te noem.
Dis so erg dat waneer ons haar by die ex gaan aflaai, dat haar handjies beginne sweet so angstig is sy...ek dink nie dit so nice van die ex om haar onder druk te plaas omdat die ex "insecure" is oor haarself nie. Maar nou ja, so is die lewe.
Die teken dat sy my vertou en opsien na my - toon sy is gemaklik om my mamma te noem. Ek ken haar al 3 jaar, waarvan ons nou maar net ses maande getroud is. Die mamma ding het so laas jaar November begin, ek moet se dit het my voete onder my uitgeslaan omdat ek dit glad nie verwag het nie - die een dag is ek "tannie" en die volgende dag is ek mamma! Hoe cool is dit!
Ek het glad nie biologiese kinders van my eie nie - ook die rede hoekom dit maar soms baie baie baie geduld vat. Gelukkig besef ek ons is op aarde gesit om ons kinders na God se beeld groot te maak. SO ek dink maar mooi voordat ek 'n besluit neem wat die kleinding betref.

Okie dokie, kobaai julle - lekker naweek!