PDA

View Full Version : Bespreking Is dit Bybels....?

Johnny
Jan 28th 2010, 05:22 AM
Ek het al menige dvd's gesien oor uitsprake wat deur vooraanstaande kerk leiers reg oor die wereld gemaak word. Miljoene hang aan hulle lippe. Is uitsprake soos ek aanhaal Godslaterlik....veral teen die Heilige Gees?

1.) Give me a Holy Ghost machinegun and i'll shoot your head off!
2.) Take the Holy Ghost soap and go and wash out your mouth!

Johnny
Feb 1st 2010, 06:05 AM

Miskien moet ek maar op my eie draad 'n antwoord gee. Wonder wie sulke goed kwytraak? Wel ,kom ek help julle.

1.) Bennie Hinn het dit op TV kwyt geraak (Holy Ghost Machinegun)
2.) Saterdag oggend 23 Januarie 2010....Uncle Angus tydens sy oggend boodskap om 05h00 op TV.

Nice ne?

Die Filadelfieer
Feb 1st 2010, 06:37 AM
Johnny, alhoewel jy maar min ondersteuners van Benny Hinn op hierdie forum gaan kry sal ek graag vir interesantheid dit wat hy na bewering gesÍ het binne konteks wil sien. Wat die tweede uitspraak betref sien ek moeilik wat jy verkeerd sien daaraan, dit is tog 'n algemene erkende ding vir 'n ouers om sy kind te dreig om sy "mond met seep uit te spoel" as die kind lelik gepraat het ? Kan jy dalk bietjie uitbrei ?

Johnny
Feb 1st 2010, 07:05 AM

Dit grens vir my aan laster teen die Heilige Gees, maak nie saak wie dit se nie.

Die Filadelfieer
Feb 1st 2010, 07:12 AM
Dit grens vir my aan laster teen die Heilige Gees, maak nie saak wie dit se nie.

Ek stem nogals saam daarmee dat mens 'n uitspraak moet ondersoek, ongeag van wie dit gesÍ het. Jy antwoord egter nog steeds nie my vraag nie ?

Gene
Feb 1st 2010, 08:54 AM
Dit grens vir my aan laster teen die Heilige Gees, maak nie saak wie dit se nie.

Ek verstaan nie... laster teen die Heilige Gees is om 'n werk van die Gees willens en wetens te ontken en dit aan die satan of sy magte toe te dig.... Soos dit vir my klink, het Oom Angus bloot gese dat 'n mens die Heilige Gees se hulp nodig het om jou van binne skoon te maak van enige vuil of onwelvoeglike taalgebruik - soos om jou mond met die "seep van die Heilige Gees uit te spoel?" (Self sou ek dit nie op daardie manier gestel het nie, maar ek sien nie op sigself iets verkeerd daarmee nie)

Johnny
Feb 1st 2010, 11:59 AM
Fila, ek weet nie regtig wat jou vraag is nie. Gene, ek dink om die Heilige Gees met 'n stuk seep te vergelyk is heeltemal onvanpas en disrespekvol. As ek maar een stukkie kan aanhaal.

Jud 1:8 Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens.
Jud 1:9 Maar toe MŪgael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesÍ: Die Here bestraf jou!

Die aardsengel was nie eers toegelaat om enige iets te se of te laster teen die duiwel nie.......waar kan ons dan so omgaan met die Heilige Gees wat deel is van die Drie Eenheid? Vir sommige sal dit nie as laster voorkom nie omdat Angus Buchan dit gese het....of miskien staan hulle verstom dat hy so iets kon kwytraak. Maak nie vir my saak wat die konteks was nie, dit bly onaanvaarbaar.

Die Filadelfieer
Feb 1st 2010, 12:29 PM

Jou argumente dra geen water nie !

Ek dink ek sien nou wat die probleem is : jou inkorekte vertaling van Engels na Afrikaans.
NÍrens word die Heilige Gees met seep vergelyk nie Johnny, die sin moet eintlik lees : Vat die Heilige Gees se seep en gaan spoel jou mond.

Jou Judas aanhaling is totaal buite konteks. Verstaan jy hoekom die engel geen oordeel mag uitgespreek het teenoor die duiwel nie ?
Volgens jou argument mag ons ook niks sleg oor die satan sÍ nie, wat natuurlik 100% verkeerd is.

Jy bou ook 'n vreeslike wankelrige strooipop met jou opmerking oor AB, as jy weer mooi kyk sal jy sien ek het spesifiek geskryf ( ek bold en onderstreep dit hierdie keer vir leesbaarheid) :

Ek stem nogals saam daarmee dat mens 'n uitspraak moet ondersoek, ongeag van wie dit gesÍ het.

Johnny
Feb 1st 2010, 01:13 PM
Vat die Heilige Gees se seep en gaan spoel jou mond.

Gee my Skrif vir die "Heilige Gees seep"! Ek ken dit nie. En net so terloops....oor die satan.....hy is niemand se speelmaat nie. Die ou liedtjie van "Stamp satan lower....lower lower lower". Jy het hom seker al gehoor. Wel, dit sit nie in enige van ons broeke om dit te kan doen nie. Daar is NET een wat hom kan en sal oorwin.....JESUS.

Die Filadelfieer
Feb 1st 2010, 01:45 PM
Johnny,
Ek begin vermoed dat die enigste plasings wat jy werklik lees jou eie is. Hier is mense wat baie moeite doen en jou oordentlik probeer antwoord maar jy gaan maar net voort
om jou eie agenda te propegeer. Hierdie houding lei gewoonlik tot woordewissilings wat niks met die onderwerp te doen het nie.

Dit wil my voorkom asof hierdie draad, ook nou hierdie punt bereik het.

Johnny
Feb 2nd 2010, 05:05 AM

Fila, jy is die moderator. Jy kan maak en se en doen wat jy wil. As jy nie antwoorde uit die Woord kan gee nie, dan is die draad op sy einde, of ek lees nie ander se plasings, of dit of dat. Sluit hom as jy wil. Ek het my punt gemaak.

Die Filadelfieer
Feb 2nd 2010, 10:27 AM

Nee Johnny, dit gaan ook nie werk nie. Om 'n vinnige tref-en-trap versie uit konteks te plak veroorsaak nie dat jy skielik 'n "Bybelse antwoord" het nie. Ek kan jou inderdaad ook uit die Bybel antwoord :

Deut 2:1 Daarna het ons gedraai en weggetrek na die woestyn, op pad na die Skelfsee, soos die HERE aan my gesÍ het, en ons het om die gebergte SeÔr getrek, baie dae lank.
2 Toe het die HERE met my gespreek en gesÍ:
3 Julle het lank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai noordwaarts weg

Sien ? My Bybelse aanhaling maak nou net soveel sin soos jou Bybelse aanhaling, jou argument dra nog steeds geen water nie en jy kon nog steeds nie vir ons wys hoekom die tweede uitspraak verkeerd is nie.

As jy in die vervolg 'n probleem het dat 'n moderator op een van jou drade antwoord : taai koekies. Hierdie is 'n gespreksforum. Indien jy wel verkies om met jouself te praat begin 'n blog.