PDA

View Full Version : Genade onverdiend!



MercyChild
Jan 28th 2010, 07:31 AM
Ek is Vader dankbaar dat Hy aan my genade toon, nie omdat ek dit verdien nie, maar omdat Hy is Vader is wat omgee en na ons wil omsien.

My dankbaarheid en woordeskat om Hom te dank skiet ver te kort en klink self soos leŽ woorde.

'n Geleentheid het homself gebied om na 'n nuwe plek te verhuis, of kan ek eerder sÍ Vader het 'n deur vir my geopen.
Vir eens kan ek die ou dinge agter my laat. Die ou buurt, ou vriende wat 'n styd was vir versoeking en ook die plekke wat voorheen bygedra het dat ek so maklik ingegee het.......

Dit klink soos min, maar hierdie is my kans om vars van voor af te begin.

Onverdiend het die geleentheid gekom. Onverdiend was ek genade getoon. Onverdiend is daar 'n uitkom kans gegee sonder dat ek enigsins moeite moes doen om vir 'n nuwe plek te soek......Met alles aan die gang was 'n nuwe woonplek amper heel laaste op my lys, maar ek besef dat dit ook sal bydra om ander dinge op 'n makliker wyse uit te sorteer.

Hiermee wil ek getuig dat ons 'n Lewende en Waaragtige God dien!:hug:

Johnny
Jan 28th 2010, 08:08 AM
Hy het jou paaie gelykgemaak.:pp

Spreuke 3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
Spreuke 3:6 Ken Hom in al jou weŽ, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
Spreuke 3:7 Wees nie wys in jou eie oŽ nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;
Spreuke 3:8 dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
Spreuke 3:9 Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
Spreuke 3:10 dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

protea
Jan 31st 2010, 04:07 PM
Mercy Child, ons loof die Vader saam met jou vir jou nuwe tuiste. Nog voordat ons n gebed of versugting op ons lippe gehad , het Hy al gehoor en gehelp en uitkoms gegee. Want hy ken die diepste geheime van ons hart en antwoord nog voordat ons vra. Alle eer aan ons Almagtige Vader wat Sy liefde aan die kruis vir ons bewys het. Ons is SO bly saam met jou en ons bid jou die Here se geluk en vrede en beskerming toe in jou nuwe tuiste! ( HUG-HUG) (Waar kry mens die emotives?)