PDA

View Full Version : Wie het al gevas?



Freek
Jan 28th 2010, 03:38 PM
Mat 17:19-21 Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en s: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie? En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek s vir julle, as julle geloof het soos n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg s: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.



Ek wonder nou wat het my hongerly met my geloof te doen. Ek het nog nooit in enige kerk so boodskap gehoor nie. Nou wil ek dit uittoets. Ek is nou in 'n voorbereidingsfase. Ek wil so 7 dae geen vleis of eiers eet nie en kyk hoe ek daarna voel. Dan nog 7 dae en so aan tot 40 dae. Ek wil hierdie jaar nog 'n 40 dae vas (net water) voltooi.


Ek is nou al 4 dae op die vegetariese diet. Vanaand is dit kaas en vrugte en ma kook hoenderkerrie vir hulle. Eina.

Francois Marais
Feb 1st 2010, 07:07 AM
Dit is uit en uit regtig 'n saak wat mens met Vader alleen bespreek, maar ek sal kan help met ruglyne.
Dit hang af van watter vas mens doen.
Ek het al die Daniels vas gedoen. Probleem is ek offer nie veel op nie. Ek is gewoond om slegs groente te eet.
Die Ester Vas: 3 Dae. Vas waar niks ingeneem word nie. Ek drink gewoonlik slegs water as ek so vas.
Die eendag vas - Gewoonlik op 'n Maandag. Probeer hou by water of sap, maar het soms net opsie vir tee.
7 dae Vas - Geen voedsel ingeneem nie. Slegs water of Sap.

Die 40 dae vas is baie moeilik vir my. Ek is redelik aktief by die werk (loop so 5 - 12 km op 'n dag) so dit raak 'n probleem vir energie.

My ma is tans besig om 'n studie te doen oor wat met die liggaam gebeur tydens 'n vas. Een van die pasiente wat by hulle kom aanklop het, het sy lewensversekering verloor agv 'n vas wat hy besig mee was. Dit klink of mens se liggaam 'n groot skok kry as mens vas. Daar was bv bloed in sy urium, sy suiker was sky high gewees en als was deurmekaar gewees.

Gene
Feb 1st 2010, 10:53 AM
Vas is om jouself voor God te verootmoedig, en in afsondering tyd met Hom te spandeer. Om te bou aan jou verhouding met Hom... Dit gaan oor eerbied en 'n oorgawe aan God, en nie oor die mens nie. Dit is nie 'n hongerstaking, om God se arm te draai nie, om voedsel prys te gee, is 'n wyse van opoffering ter wille van God en ter wille van Hom alleen (nie sodat jy iets daaruit kan kry nie) Dis ook waarom Jesus by geleentheid gese het dat sekere dade (soos die uitdryf van sekere bose geeste, wat geweldige krag van God verg..) net deur gebed en vas gedoen kan word. Net wanneer 'n mens so totaal in harmonie is met God, en totaal binne Sy wil leef, dan kan jy in Sy krag en outoriteit enigiets doen.

Die "foefies" wat deesdae in die kerk ingebring word, soos "kettingvas" en die "Daniels"- of "Ester-"vas, is goed wat myns insiens deur mense uitgedink word in 'n poging om God te probeer beindruk, of beter te voel oor jouself, maar dit is nie Bybels nie. Waar kom die gedagte vandaan om bv net groente te eet, of net vloeibare voedsel, of wat ookal? As mens die tyd kan spandeer om voedsel voor te berei en te eet, dan gaan dit geen verskl maak of dit groente, sop, of biefstuk is nie. Dit gaan immers oor die afsondering en tyd spandeer in gebed, en nie oor wat jy eet of nie eet nie?

Dis hoe ek nog altyd vas verstaan het. Ek dink dis iets wat net aangepak moet word as die Here dit op jou hart le, en dan voluit, nie om halfhartig mensgemaakte reels na te volg nie. En dis iets wat nie aan die groot klok gehang moet word, om deur ander mense ge-eer te word nie, maar 'n baie privaat ding wat net tussen jou en God moet bly. (Natuurlik nie in geheim nie, maar dit moet beslis nie uitgebasuin word nie)

Francois Marais
Feb 1st 2010, 12:22 PM
O ja, onthou kaas is nie altyd vegan nie... Vervnag eerder met neute.

Freek
Feb 1st 2010, 03:13 PM
O ja, onthou kaas is nie altyd vegan nie... Vervnag eerder met neute.

Ek weet. Ek toets myself nou. Die ergste is nie die vleis nie, dis die koffie wat ek moet los.

Francois Marais
Feb 1st 2010, 05:55 PM
Ek weet. Ek toets myself nou. Die ergste is nie die vleis nie, dis die koffie wat ek moet los.

Probeer net baie water. Die beproewings gaan baie erg wees. Ek werk tussen baie eet plekke, en kry baie swaar naby Steers, KFC en House of Coffees. Take in your stride. Sterkte en onthou spandeer baie tyd by die voete van Jesus.

Johnny
Feb 2nd 2010, 09:32 AM
Ons vas vir die afgelope 3 weke elke Dinasdag (vandag) om die aangesig van die Here te soek. Ons het Sondag 'n spesiale Nagmaal waar ons ook vir siekes wil bid.