PDA

View Full Version : Bespreking $14,1 Miljard....op een dag!



Johnny
Feb 2nd 2010, 07:06 AM
Hoeveel is $14,1 Miljard? Ek weet nie, maar dit is hoeveel mense hierdie jaar aan Valentynsdag gaan spandeer hoor ek vanoggend op RSG, en dit is laer as vorige jare omdat die wereld ekonomie 'n duik gevang het. Dan verdedig mense die saak om nie 10de te betaal, of sendelinge te ondersteun op die forum, maar kyk hoeveel word op EEN DAG aan die satan gewy! Ja, Valentyns dag en Halloween is van die satan.

Sendelinge moet raap en skraap....amper met bakhande by kerke se deure staan om die Blye Boodskap na die wereld uit te dra. Hoe christelik is ons werklik?

Die maat van sonde is vinnig besig om vol te loop....en ons deel ewe gemoeds daarin.

Julle kan 'n video leer (14 MB)aflaai wat ek gisteraand op my webblad gelaai het van die oorsprong en betekenis van Valentynsdag. Aangebeid deur Pastoor Dries van As. Ek het ook die volgende boodskap vir my meisiekind se skool gestuur waar sy vanjaar in Std 6 is.

Affies, personeel en ouers,

Kan julle glo dit is alweer Februarieen dit beteken Valentyns Dag! Is dit iets om oor opgewonde te raak? Ek hoor vanoggend op RSG dat kenners reken $14,1 Miljard sal hierdie jaar op Valentyns dag spandeer word..op EEN dag! Terwyl miljoene sterf aan honger, siektes, ens. Wat maak hierdie dag so besonders vir die mens? Waar kom die dag vandaan? Wel, dit is n okkultiese dag en kom van satan self. Ons bely ons is kinders van die Here, maar doen ons wat die Here van ons verwag? Moet ons so n dag vier? Ek was al 4 keer in Israel en weet u hoe lyk n meulsteun van die Bybelse tyd? Hier is n foto geneem in Kapernaum, die dorpie waar Jesus vir 3 jaar gebly het. Dit is n GROOT ding.n meulsteun!

SIEN FOTO!

Mar 9:41 Want elkeen wat vir julle in my Naam n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek s vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
Mar 9:42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.
Mar 9:43 En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te h en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,
Mar 9:44 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

Is u kinders vir u kosbaar? Natuurlik. Is ons kinders vir die skool kosbaar? Dit is vir die ouers op die opedag in die saal vertel. Ek weet nie of Affies iets beplan vir Valentyns dag nie.n dans of wat ook al. As dit gedoen word.wie vereer ons? Is dit tot eer van Godof tot eer van satan?

Volg gerus die skakel na my webblad vir n gratis video (14 MB) aflaai van n studie oor die oorsprong en betekenis van Valentyns dag.

http://www.oospoort.co.za/source/jeug.html