PDA

View Full Version : Inligting Ster van Dawid

Johnny
Feb 2nd 2010, 09:43 AM
ALL 24 LETTERS OF THE HEBREW ALPHABET ARE FOUND IN A MAGEN DAVID (Star of David).

THERE IS NO SUCH THING IN ANY OTHER LANGUAGE.

Philip DT....ek weet jy sal die een LIKE!

Ta-An
Feb 2nd 2010, 07:08 PM
Ahhhhhh Dankie Johnny!!
:kiss:

RR van Wyk
Feb 4th 2010, 07:01 AM
Regtig Interresant...

Philip dT
Feb 10th 2010, 09:32 AM
Maar natuurlik! Dit is onder andere waarom dit so 'n sterk okkultiese teken is! ;)

Philip dT
Feb 10th 2010, 09:40 AM
Terloops, die Hebreeuse alfabet het net 22 letters. Die laaste twee in jou clip is herhalings / spesiale vorme aan die einde van woorde.

Ta-An
Feb 10th 2010, 06:22 PM
Terloops, die Hebreeuse alfabet het net 22 letters. Die laaste twee in jou clip is herhalings / spesiale vorme aan die einde van woorde.

mens noem dit : "sofeet"

Ta-An
Feb 10th 2010, 06:22 PM
maar natuurlik! Dit is onder andere waarom dit so 'n sterk okkultiese teken is! ;) :p . :P

Johnny
May 5th 2010, 01:48 PM
Hoekom sou sneeuvlokkies 6 punte he?:hmm:

mari
May 6th 2010, 07:28 AM
Johnny ...

het jy nie geweet nie ? ..... 6 punt sneeufolkkies is op chrismiskaarte want dis okkulties ...

( as jy dit glo sal jy enigiets glo ..... )

;) .... m

Johnny
May 6th 2010, 07:59 AM
Johnny ...

het jy nie geweet nie ? ..... 6 punt sneeufolkkies is op chrismiskaarte want dis okkulties ...

( as jy dit glo sal jy enigiets glo ..... )

;) .... m

Mari, dit was vir my net 'n interresante waarneming. As ek die woord "sneeu" in die Bybel opsoek, dan verwys dit ook na reiniging. Soos ek al voorheen uitgewys het een van die oorspronge van die Dawid ster is as jy die kruis en die deur poste se punte "superimpose", vorm dit die ster. Die kruis en die deurposte verwys na reiniging/nuut maak/skoon maak/bekering. Dit is net vir my persoonlik 'n simboliek. Niemand hoef iets daarvan te maak nie. Of die teken nou vir sommige okkulties is of nie. Die ander saak is hoe wonderlik God die natuur gemaak het dat selfs verskillende tipes vlokkies dieselfde vorm het. (Ag........ en moes dit nou 'n "okkultiese" simbool wees?:mad:) Sal vir die Here vra om nie weer okkultiese simbole in die natuur te gebruik nie!

(Psa 51:7) (51:9) Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.

(Isa 1:18) Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sÍ die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

mari
May 6th 2010, 08:26 AM
Toemaar Johnny, ek speel net ( kyk die small print )

ons is vinnig om allerande okkultiese betekenisse aan simbole te gee wat eintlik van God is, maar net deur ou satan verfomfaai is om die blessings daaragter te steel .......

tot die kruis is ook sommer okkulties ..... solank almal net spoke jaag en nie tot 'n verhouding met die gekruisigde wat opgestaan het, kom nie ........

.... m

Johnny
May 6th 2010, 08:49 AM

EK is met jou. :)

Ta-An
May 6th 2010, 02:16 PM
NAV Ps51....wat is Hisop??

Johnny
May 7th 2010, 06:31 AM
NAV Ps51....wat is Hisop??

Ek weet jy weet, mar hier is 'n paar teksverse. Weet jy dat die bossies wat jy vandag nog teen die klaagmuur sien groei HISOP is?

(Exo 12:22) En neem ‘n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die mŰre toe nie.

(Lev 14:4) moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voŽls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring.

(Lev 14:6) Die lewendige voŽl moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en diť en die lewendige voŽl insteek in die bloed van die voŽl wat oor die vars water geslag is.

(Lev 14:49) Dan moet hy om die huis te ontsondig twee voŽls neem en sederhout en skarlakendraad en hisop,

(Lev 14:51) Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voŽl neem en dit in die bloed van die geslagte voŽl en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal besprinkel.

(Lev 14:52) So moet hy dan die huis ontsondig met die bloed van die voŽl sowel as met die vars water en die lewendige voŽl en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.

(Num 19:6) En die priester moet sederhout en hisop en skarlakendraad neem en dit binne-in die brand van die koei gooi.

(Num 19:18) en ‘n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ‘n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ‘n dooie of aan ‘n graf geraak het.

(1Ki 4:33) En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die LŪbanon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voŽls en oor die kruipende diere en oor die visse.

(Psa 51:7) (51:9) Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.

(Heb 9:19) want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel

Psa 51:7 Hyssop - As lepers, are by thy appointment purified by the use of hyssop and other things, so do thou cleanse me a leprous and polluted creature, by thy grace, and by that blood of Christ, which is signified by those ceremonial usages.

Die Filadelfieer
May 7th 2010, 06:59 AM
NAV Ps51....wat is Hisop??

Verbeel ek my of kry mens hisop bossies hier in Suid Afrika ook ?

Johnny
May 7th 2010, 07:22 AM
Verbeel ek my of kry mens hisop bossies hier in Suid Afrika ook ?

PDF] Die vertaling van metafore in 'n brontaalgeoriŽnteerde Bybel in ... - [ Translate this page ]
File Format: PDF/Adobe Acrobat
by E Hendriks - 2006
In die eerste plek is hisop nie 'n plant wat in Suid-Afrika groei nie, ...... S.v. 'Hyssop.' In: Buttrick, G.A. (red.). The interpreter's dictionary of ...
etd.sun.ac.za/bitstream/10019/72/1/HendrE.pdf - Similar

http://etd.sun.ac.za/bitstream/10019/72/1/HendrE.pdf

Die Filadelfieer
May 7th 2010, 08:23 AM

Ek wou mos sÍ ek het Hisop in afrikaans raak gelees ! Johnny, jou bron is foutief, Hisop word gebruik in ou boererate en is 'n krui waarmee kos gegeur kan word, my ouma het ook destyds daarvan gepraat :

BRON : (http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2003/06/12/7/9.html)

Hisop (hyssopus officinalis) kan gebruik word om bronchitis, verkoue en 'n slymerige bors te behandel. Dit kan met tiemie gekombineer word vir 'n toe bors en met ment en nieskruid vir algemene verkoues.

BRON (http://www.kookkuns.com/2008/07/indeks-h.html)

'n Struik met blomme wat lekker ruik en gebruik word om kos mee te geur.

Johnny
May 7th 2010, 08:34 AM
Fila, jou bronne se niks daarvan dat dit in Suid Afrika groei nie. Dit kan ingevoer word (vanaf Israel) en het jy geweet dat Israel een van die grootste uitvoerders van blomme geword het? Hulle voer selfs blomme uit na Holland wat gewoontlik na die wereld uitgevoer het. Ek dink my bron is korrek afterall.:D

Die Filadelfieer
May 7th 2010, 08:48 AM
Vertrou jou om 'n argument oor 'n beuselagtigheid te begin.

Wat jy dus vir my wil vertel is dat die Israeliete eers Hisop moes invoer Egipte toe voor hulle dit kon gebruik aan hulle deurkosyne ? Ek twyfel baie sterk of die ou boere Hisop ingevoer het Johnny, hulle het maar dinge wat hulle self kon groei of pluk gebruik in die ou boererate.

Hoekom is dit vir jou so belangrik dat Hisop SLEGS in Israel voorkom, en wanneer sou die egiptiese varieteit uitgesterf het ?

Johnny
May 7th 2010, 09:03 AM

Fila ek het nooit gese dit is vir my belangrik nie. Ek het ook nie gese dat hissop nie in Egipte voorkom nie. Ek het wel gese dit kom nie hier voor nie. Ek dink nie dit is waaroor die hele gesprek gaan nie. O ja......dalk het die "boere" dit ingebring met De Reiger, De Drommedaris en De Titanic. :rofl: