PDA

View Full Version : Oudio Bybel 1933/53



Freek
Feb 2nd 2010, 04:49 PM
Weet iemand dalk waar ek 'n oudio weergawe van die 1933/53 vertaling kan koop of aflaai? Ek het reeds die KJV en die Nav Nuwe Testament, maar die een is hogere Engels en ek hou nie baie van die nuwe vertaling nie. Net die Nuwe Testament Psalms en Spreuke sal ook goed wees. Help tog asseblief.

Willem
Feb 2nd 2010, 07:51 PM
CUM het nuwe testament en psalms in mp3 cd formaat so R180-R200 as ek reg onthou.... o en spreuke ook... cd 1 het vier evangelies op, maak werk toe en huis toe ry lekker!

Johnny
Feb 3rd 2010, 07:03 AM
Freek, hier is 'n skakel. Ek is bly jy hou by die 1933/1953 vertalings.

http://www.bybel.co.za/home/

Freek
Feb 3rd 2010, 02:53 PM
Johnny, daar is nie oudio bybels daar bekikbaar nie.

Son of the South
Feb 3rd 2010, 06:41 PM
Johnny, daar is nie oudio bybels daar bekikbaar nie.Lyk my jy is reg, Freek. As ek so vinnig op daardie skakel rondsoek kry ek ook nie ene nie. Waarvan ek jou wel kan verseker is dat jy by hulle (die Bybelgenootskap) sal regkom. Ek het in die week 'n MP3 Nuwe Testament, Psalms en Spreuke by die Bybelhuis gaan koop. Ek het minder as die helfte betaal as die prys van CUM wat vroeër gemeld is. Ek het ook al vantevore 'n gewone CD weergawe by hulle gekoop, maar ek kan nou nie meer die prys onthou nie.

Ongelukkig is ek meegedeel dat die Ou Testament ook in die verlede beskikbaar was en dat dit, weens gebrek aan belangstelling, nou nie meer verkrygbaar is nie. Weet iemand dalk waar ek die Ou Testament in MP3 formaat kan bekom?

Son of the South
May 6th 2011, 10:19 AM
Ek het onlangs weer die '53 Ou Testament in MP3 formaat teen net oor die R 300 aangekoop. PM my as jy belangstel, dan gee ek jou die kontak besonderhede van die persoon deur wie ek dit bestel het.

Elimelek
May 23rd 2011, 08:16 PM
Die Audio Bybel: 'n Woordelikse voorlesing van die 1953-vertaling (ISBN: 6009681020028) word uitgegee deur Beloftes in Aksie en die Bybelgenootskap. Die telefoonnommers op die agterkant is 012 484 2000 en 082 800 0885. Die stemkunstenaars is Jacques Botes, Lieb Bester, Esté Geldenhuys, Liane Heyl, Will Roberts, Johan Scholtz, Rentia v/d Bijl en Charl van Heyningen.

Die Filadelfieer
May 24th 2011, 08:45 AM
Wat sal die toepassing wees van so 'n Bybel, maw hoe gebruik julle ouens wat hierdie weergawe het dit ?

Son of the South
May 24th 2011, 10:42 AM
Wat sal die toepassing wees van so 'n Bybel, maw hoe gebruik julle ouens wat hierdie weergawe het dit ?Daar is natuurlik mense wat nie so maklik kan lees nie vir wie 'n Oudio Bybel 'n wonderlike hulpmiddel kan wees. Ek kan natuurlik heel goed lees (wanneer my aandag nie afgelei word nie, né), maar ek hou daarvan om daarna te luister sommer so terwyl ek op die oefenfiets is of so. Ek verkies om eerder na die Woord te luister eerder as een of ander getjommel. Ek het nie 'n MP3 speler nie, maar my selfoon het die fasiliteit om MP3 te kan terugspeel.

Willem
May 26th 2011, 09:36 PM
Wat sal die toepassing wees van so 'n Bybel, maw hoe gebruik julle ouens wat hierdie weergawe het dit ?

Faith comes by hearing and hearing by the Word..... dis amazing hoe jy die nuwe goed hoor as daar nie vers so en so heeltyd tussenin is nie, bind alles as geheel beter saam en goed wat nie sin gemaak het nie , kliek soms skielik , Ja en daai ding van dit wat die hart van vol is loop ie mond van oor, en pas jou hart op wat jy daarin hou... eish dis SO waar, sukkel soms lekker om rubbish uit mind en gedagtes te kry en die oordink en luister ( gospel songs ook *-) dan word jy wakker met lied in hart ) help om gedagtes te rig..

Francois Marais
May 27th 2011, 11:11 AM
Ek het die KJV en die NIV. Net die gesproke bybels. Ek gebruik dit as ek slaap. Slaap baie lekker daarmee in die aande.

hein
Jul 1st 2011, 08:26 AM
Wat sal die toepassing wees van so 'n Bybel, maw hoe gebruik julle ouens wat hierdie weergawe het dit ?
Ek luister daarna in die kar terwyl ek ry, ipv na musiek, (maar ek het nog die stel van 70 of so CD's ,het so paar jaar terug R2000 gekos, Gelukkig is dit deesdae aansienlik goedkoper in mp3 beskikbaar) so ek luister na een cd op n slag, dit het omtrent n halwe matheus of johanes boek op, en self al LUISTER ek nie terwyl ek daarna luister nie , (konsentreer) dink ek tog dit help jou om die bybel later soos n papegaai te ken, al kan ek nog nie johannes uit my kop hardop se nie, vind ek tog dat wanneer ek johhannes lees kom die volgende woord/woorde/sin, automaties by my op nog voordat ek dit gelees het, so ek dink tog dit dien n doel, Wat ook sal lekker wees dink ek , is as iemand die bybel kan omsit in liedjies , iets met beat :) ipv net n voorlesing uit die bybel op een toon, want dit is makliker om iets (liedjie) met beat te memoriseer as iets wat net heeltyd op die selfde stemtoon voortgaan.

Ta-An
Jul 7th 2011, 03:15 PM
Wat sal die toepassing wees van so 'n Bybel, maw hoe gebruik julle ouens wat hierdie weergawe het dit ?Ek luister in die moter wanneer ek bestuur :D
Hoor goed wat ek nog nooit raak gelees het nie.


, Wat ook sal lekker wees dink ek , is as iemand die bybel kan omsit in liedjies , iets met beat ipv net n voorlesing uit die bybel
Jy kan luister na die getoonsette Psalms van,,,,
Louis Britz of die Griekwa Psalms van Randal Wicomb.

Ek luister graag na Paul Wilbur se musiek, alhowel in Ingils is dit woord vir woord soos in die Bybel.

hein
Jul 12th 2011, 08:39 AM
Ek luister graag na Paul Wilbur se musiek, alhowel in Ingils is dit woord vir woord soos in die Bybel. [/COLOR][/I][/B]
is dit hy https://store.wilburministries.com/ . dankie?

Ta-An
Jul 12th 2011, 09:49 AM
is dit hy https://store.wilburministries.com/ . dankie?Einste :D .

sonsl
Oct 15th 2014, 08:17 AM
Goeie dag Hein,
Ek het op hierdie website afgekom in my soeke na die Audio Bybel op kaset, die 1953 vertaling. Ek het die afgelope 4 maande almal denkbaar gekontak om te kyk of iemand dalk my kan help, maar dit is uit druk uit en niemand kan help nie. Het die bybelgenootskap gekontak, CUMboeke, Pieter Meyer, Kevin Pienaar, van die voorlesers, maar NIEMAND kan help nie. Ek is oppad Abu Dhabi toe vir werk, en vertrek November/Desember, en vra of daar iemand is wat asb, en ek bedoel uit my hart uit GROOT ASSEBLIEF, vir my kan help asb. Ek weet die hele stel kos baie, maar ek is desperaat. Luister altyd oor die radio daarna. Het die MP3 cd's gekoop, maar dit is nie wat ek wil he nie. Ek weet nie van kopie reg en so aan nie, maar is daar nie dalk 'n oplossing vir my nie.
Hoop om spoedig van jou te hoor.
Groete
Sonja
sonjalizemore@gmail.com





Ek luister daarna in die kar terwyl ek ry, ipv na musiek, (maar ek het nog die stel van 70 of so CD's ,het so paar jaar terug R2000 gekos, Gelukkig is dit deesdae aansienlik goedkoper in mp3 beskikbaar) so ek luister na een cd op n slag, dit het omtrent n halwe matheus of johanes boek op, en self al LUISTER ek nie terwyl ek daarna luister nie , (konsentreer) dink ek tog dit help jou om die bybel later soos n papegaai te ken, al kan ek nog nie johannes uit my kop hardop se nie, vind ek tog dat wanneer ek johhannes lees kom die volgende woord/woorde/sin, automaties by my op nog voordat ek dit gelees het, so ek dink tog dit dien n doel, Wat ook sal lekker wees dink ek , is as iemand die bybel kan omsit in liedjies , iets met beat :) ipv net n voorlesing uit die bybel op een toon, want dit is makliker om iets (liedjie) met beat te memoriseer as iets wat net heeltyd op die selfde stemtoon voortgaan.

CFJ
Oct 15th 2014, 10:12 AM
Goeie dag Hein,
Ek het op hierdie website afgekom in my soeke na die Audio Bybel op kaset, die 1953 vertaling. Ek het die afgelope 4 maande almal denkbaar gekontak om te kyk of iemand dalk my kan help, maar dit is uit druk uit en niemand kan help nie. Het die bybelgenootskap gekontak, CUMboeke, Pieter Meyer, Kevin Pienaar, van die voorlesers, maar NIEMAND kan help nie. Ek is oppad Abu Dhabi toe vir werk, en vertrek November/Desember, en vra of daar iemand is wat asb, en ek bedoel uit my hart uit GROOT ASSEBLIEF, vir my kan help asb. Ek weet die hele stel kos baie, maar ek is desperaat. Luister altyd oor die radio daarna. Het die MP3 cd's gekoop, maar dit is nie wat ek wil he nie. Ek weet nie van kopie reg en so aan nie, maar is daar nie dalk 'n oplossing vir my nie.
Hoop om spoedig van jou te hoor.
Groete
Sonja
sonjalizemore@gmail.com

Hallo Sonja,

Welkom by ons en ek hoop jy kry wat jy soek. Het jy al hierdie Audio Bybel in Afrikaans 1953 Vertaling (http://www.bidorbuy.co.za/item/161844171/Audio_Bybel_MegaVoice_Envoy_Bybel_in_Afrikaans_195 3_Vertaling.html) gesien? Dit is lyk my 'n toestel wat mens kan koop en veral vir blindes ontwikkel is, wat werklik goedkoop is en ek oorweeg om self so een te koop.