PDA

View Full Version : El Nino - Waar of Vals?



CFJ
Feb 6th 2010, 02:21 PM
Dit blyk dat hierdie hele aardverwarming polemiek 'n klug is, maar wat presies beteken El Nino? Ek het so rukkie terug by 'n Bybelstudie 'n DVD gekyk waar dit baie duidelik gedefinieër was, maar kan nou werklik nie onthou wat die detail was nie en Google help my ook nie veel hiermee op die oomblik nie, kan iemand dalk meer lig werp hierop?

RR van Wyk
Feb 6th 2010, 02:51 PM
My kennis van die goed is maar min, maar ek weet mens kry blykbaar twee van hierdie verskynsels: El nino en El nina. Dit het dalk iets tedoen met die seestroomtemperature, wat dan bepaal die vogtigheid van die lug? Lei tot baie reën of baie droogte...

Johnny
Apr 26th 2010, 07:51 AM
My kennis van die goed is maar min, maar ek weet mens kry blykbaar twee van hierdie verskynsels: El nino en El nina. Dit het dalk iets tedoen met die seestroomtemperature, wat dan bepaal die vogtigheid van die lug? Lei tot baie reën of baie droogte...

Daar is eintlik 3 van hulle. El Nino, El Nina.....en El Shaddai. Laasgenoemde is natuurlik in beheer van alles wat gebeur. Het julle ouens lately bietjie die nuus dop gehoue, en nou praat ek van Sky News, BBC, CNN en E News? Daar is 'n ongekende toename in groot aardbewings, natuurrampe, vloede, droogte, brande, oproere in wereld state. Kyk maar wat gebeur ook on oorsese lande soos Korea, China. Ooral is daar gevegte aan die gang. GEEN VREDE! Gister het 'n tornado met 'n deursnee van 1,5km Missisippi getref. Daar is die afgelope 24 uur 52 tornado's in Amerika geraporteer. Die geboortepyne begin al nader aan mekaar kom en die intensiteit daarvan is besig om sterker te word. Dinge gebeur so vinnig dat vanoggend se vars nuus alweer vanmiddag "ou" nuus is.

Lukas 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.

Is God nie besig om hierdie wereld wakker te probeer skud dat Sy koms naby is nie?

RR van Wyk
Apr 26th 2010, 09:56 AM
'n tornado van 1,5km is nogal breed!!
Verkwalik die węreld al hierdie veranderinge nie aan aardverwarming nie?
En die węreld gaan tog deur natuurlike siklusse van verandering elke soveel honderd of duisend jaar. So die kans is meer as goed dat die węreld dit nie aan tekens koppel nie en hoekom selfs heelwat "Christenne" onkant gevang gaan word...

Johnny
Apr 26th 2010, 10:15 AM
'n tornado van 1,5km is nogal breed!!
Verkwalik die węreld al hierdie veranderinge nie aan aardverwarming nie?
En die węreld gaan tog deur natuurlike siklusse van verandering elke soveel honderd of duisend jaar. So die kans is meer as goed dat die węreld dit nie aan tekens koppel nie en hoekom selfs heelwat "Christenne" onkant gevang gaan word...

Ek weet nie of hy regtig 1,5km breed was nie. Het dit op Sky news gehoor. Hoe dit ook al sy, dit is nie die kwessie nie. Die kwessie is dat dinge besig is om te vererger. Hartseer dat baie dit as 'n klomp bog afmaak.

Tonton
Apr 26th 2010, 03:02 PM
...maar wat presies beteken El Nino?

El Niņo \ 'el ne nyo noun [spanish] \ 1: The Christ Child 2: the name given by Peruvian sailors to a seasonal, warm southward-moving current along the Peruvian coast <la corriente del niņo> 3: name given to the occasional return of unusually warm water in the normally cold water [upwelling] region along the Peruvian coast, disrupting local fish and bird populations 4: name given to a Pacific basin-wide increase in both sea surface temperatures in the central and/or eastern equatorial Pacific Ocean and in sea level atmospheric pressure in the western Pacific (Southern Oscillation) 5: used interchangeably with ENSO (El Niņo-Southern Oscillation) which describes the basin-wide changes in air-sea interaction in the equatorial Pacific region 6: ENSO warm event synonym warm event antonym La Niņa \ [Spanish] \ the young girl; cold event; ENSO cold event; non-El Niņo year; anti-El Niņo or anti-ENSO (pejorative); El Viejo \ 'el vya ho \ noun [Spanish] \ the old man.
Glantz, M. H., 1996. Currents of change: El Niņo's impact on climate and society. Cambridge University Press. 194 pp.

Hoop dit help.

Anton