PDA

View Full Version : Haiti se verbond met satan...



CFJ
Feb 17th 2010, 07:46 AM
Ek het nou al 'n paar artikels gelees hieroor en laat die wat hier lees met die volgende skakel (Haiti: The Untold Story (http://newsblaze.com/story/20100125154806zzzz.nb/topstory.html)), wat ek glo sekere 'hoekoms' oor Haiti kan beantwoord. So twee dae na die aardbewing in Haiti word ek een nag so by 3 uur wakker met die volgende teks wat sommer spontaan by my opkom, 2 Sam 22:8. Ek het nie 'n idee gehad wat dit behels nie en wou dit eers nie ernstig opneem nie, maar die volgende oggend het dit my gepla en ek lees toe die volgende...


Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.
(2Sam 22:8 AOV)
Ek wil nie te veel verklarings hieraan koppel nie, behalwe dat ek dit nie toevallig gevind het, om twee dae na Haiti se aardbewings op hierdie wyse by die teks uit te kon kom nie. Al is die boodskap net vir myself, om aan my te wys dat die liewe Heer lewe en Hy dit op so manier aan my wil wys, dan is dit vir my genoeg, maar ek deel dit graag, sou dit iets beteken...

Die Filadelfieer
Feb 17th 2010, 08:37 AM
Baie interesante skakel, en iets waaroor ek ook al gewonder het, en nog steeds oor wonder. Kan 'n mens werklik natuurrampe as straf van God sien ?



NS : Voodoo is seker een van die vieslikste gelowe wat bestaan.

Ta-An
Feb 18th 2010, 08:34 AM
..... Kan 'n mens werklik natuurrampe as straf van God sien ?

Hoekom nie??
Kan mens siekte as starf van God af sien, hoekom nie??
Is alle natuurrampe en siektes van God af?? HY laat dit toe.... die rede is aan Hom bekend.