PDA

View Full Version : Raad benodig



lukeskywalker
Feb 17th 2010, 07:20 PM
Ons Gemeente het 'n maandelikse aksie waar ons so 40 tot 50 kinders gaan oplaai wat basies in wit plakkerskampe woon, dan gee ons vir hulle 'n kerkdiens en daarna verdeel ons hulle in kleiner groepies en doen bietjie geestelike werk met hulle, en dan daarna speel hulle speletjies...ons maak ook seker ons gee vir hulle kos en drinkgoed, en partykeer gee ons vir hulle klere ook wat geskenk is.

Ek het gevolunteer om hierdie Saterdag die eerste keer my eie groepie besig te hou...maar het nie lekker 'n idee wat ek met hulle gaan doen nie, ons praat van so 45 minute...enige idees?

Die Filadelfieer
Feb 18th 2010, 06:03 AM
Hallo LS,
Watter ouderdomme is jou groepie ?

Ek weet byvoorbeeld dat van die outjies nie groot op higiŽne is nie, dalk vir elkeen 'n tandeborsel/tandepasta kry en 'n ietsie sÍ oor die voordele daarvan om skoon te wees, beginende met 'n skoon mondjie ?

MG Van Wyk
Feb 18th 2010, 09:10 AM
Haai LS,

Fila het 'n goeie idee daar beet. En jy kan dit altyd omswaai na 'n Jesus boodskap.
(Onthou net dat as een kry moet almal kry - jy kan nie net vir jou 10 kindertjies gee nie.)

Ons het al uitreike gedoen vir kampe van so 100 kinders.

Praat met die persoon wat die hoof boodsakap doen en probeer by sy boodskap aanvul.
Of breek weg en doen jou eie ding. Op aanvulling van Fila se idee. Vertel hulle van die higiene ens en miskien eindig eerder by die mondjie.
Eindig met iets soos tandepaste help ook julle asems lekker ruik... en dan gaan in die tweede aktiwiteit....

Vra hulle of hulle geweet het Jesus gee jou asem? En dat ons dit kan gebruik om te sing ens. Vra dan of hulle geweet het hulle kan prentjies met hul asem maak.
(Gee elke kind 'n wit papier en 'n strooitjie, met 'n druppertjie drup 'n drupple kleursel op die papier en met die strooitjie blaas hulle dit alle kante toe. Vat dan 'n ander kleur en doen die selfde en dan 'n derder kleur.) Dit maak oulike prente wat hulle dan huis toe kan vat.

http://i988.photobucket.com/albums/af5/FreezeFramePhotos/Boschfontein/DSC04588.jpg

http://i988.photobucket.com/albums/af5/FreezeFramePhotos/Boschfontein/DSC04603.jpg

http://i988.photobucket.com/albums/af5/FreezeFramePhotos/Boschfontein/DSC04606.jpg

http://i988.photobucket.com/albums/af5/FreezeFramePhotos/Boschfontein/DSC04611.jpg

Hoop dit help. Daar is baie idees as jy 'n tema het kan ons in daardie rigting dink.

Groete Mari

Ta-An
Feb 18th 2010, 01:37 PM
Wat miskien ook kan pas by die mond/higiene is: woorde wat daar uitkom, en dat woorde om mense mee te seŽn, en vloekwoorde nie by dieselfde mond mag uitkom nie.... en net soos die tandepasta die mond skoon maak, maak Jesus jou hartjie skoon....;)

En wys dan hoe elkeen sy tande moet borsel met die tandepasta en tande borsel.... kan pret wees ....

Tandbederf is al geteken met mannetjies met hamers en bytels wat tande afbreek,,, net so breek sonde (vloek, lieg, skinder) mens se hart af....