PDA

View Full Version : Die lewe en werk op Funny Farm



Mia Ashton
Feb 19th 2010, 08:07 PM
Liewe Protea en ander Ligvriende,
Jammer ek het so lank geneem om van my te laat hoor, maar ons was omtrent van die buitewereld afgesny deur geweldige storms. Eers was dit vir dae so warm dat dit byna onmoontlik was om buite te werk en daarna het ons 'n geweldige donderstorm gehad. Internet, foonlyne en cellfoon was alles van die kaart af.

Dit is vir my 'n groot voorreg om vir julle van ons lewe en werk hier op Horizon te vertel. Ek wil ook baie graag vir julle fotos wys van ons Kersvieringe. Ons het die geboorte van Jesus op die planke gebring ....... en was dit nou vir jou 'n grootse gebeurtenis. Omtrent al die mense vir wie ons uitnodigings gestuur het, het gekom. Ons ou eetsaaltjie was hopeloos te klein, maar die opgewondenheid en trots om voor familie en vriende te kan optree, was ongelooflik. Sal iemand asb. vir my stap vir stap kan verduidelik hoe ek fotos vir julle kan wys wat reeds op my rekenaar is. (Onthou, ek leer maar stadig, so skryf ook tog net s-t-a-d-i-g):lol:

Om dit vir ons mensies makliker te maak, het ek 'n 'narrator' gehad en so hier en daar kon ek dat een van die spelers 'n kort sinnetjie se. Hulle het my amper mal gehad voor die tyd. As ek nie dat ons elke aand na ete oefen nie, dan was ek diep in die moeilikheid. Ek het net my spelers mooi uitgewerk gehad en aan elkeen sy karakter verduidelik, toe Maria besluit sy wil nie meer Maria wees nie, maar 'n engel. Maria sou gespeel word deur Tessa. Sy is 20 jaar oud en is in 'n rystoel. Sy kan nie praat nie, maar kan geluide maak en na 'n tyd het ek geleer om te verstaan wat sy se. Sy hou van lag en is 'n baie vrolike mens. (Toe ons hier begin het en ek nog vreeslik teen die prikkels geskop het, het haar lag my baie ge-irreteer. Dit is hard en onnatuurlik. Nou maak dit my dag om haar te hoor lag.) Sy en Johan is baie verlief op mekaar. Hy het die rol van Josef gespeel en was nie baie gelukkig dat Tessa nie meer Maria wil wees nie. Johan het op 4jarige ouderdom enkefelites (ek spel dit soos ek dit se, weetnie of dit reg is nie) opgedoen. Hy het dit oorleef, maar met breinskade. Hy is egter nie dom nie en kan bietjie lees en skryf. Hy is 'n baie groot en sterk. Oor die 6 voet soos die ou mense sou se. Dit was hy wat met een hou twee van my ribbetjies afgeslaan het. Maar dit was nie sy skuld nie. Sy medikasie wat hy moet neem net om te sorg dat hy nie 4 tot 5 epileptiese aanvalle per dag kry, het hom baie agressief gemaak. Sy dokter het ander tablette voorgeskryf om die agressie te onderdruk, maar nou is hy so gedrug dat hy gedurig loop en kwyl. Tog is Johan 'n baie dierbare mens en is hy baie lief vir my. Sy toewyding aan Tessa is ook ongelooflik. Hy is altyd by haar en tel haar in haar rystoel, of sal partykeer vir my saggies in my oor kom vra of kan hy haar maar op die rusbank laat sit. Dan sal hy langs haar gaan sit met sy lang arm om haar klein skouertjies en my roep om te kom kyk. Die twee mense, so lief vir mekaar, so gelukkig in mekaar se geselskap, so tevrede langs mekaar - dit maak my skaam omdat ek wat so baie in die lewe het en kan ervaar so baie maal ontevrede is

Maria is gespeel deur Rosie. Sy is 53 jaar oud. Breinskade asgevolg van 'n mislukte breinoperasie. Beginstanduim van Altzheimer. Maar haar humor en haar vermoe om vir haarself te lag, maak haar baie dierbaar. Ek het die toneelstukkie presies volgens Bybel gehou en toe die engel vir Maria die boodskap bring van haar swangerskap het ek dat Tessa (die engel) vir Rosie 'n wit roos gee. Ons het dat Rosie ook in 'n rystoel sit, dit was makliker vir Josef om haar na die 'stal' te stoot. Die aand met die opvoering net nadat Tessa vir Rosie die roos gee se Rosie "Thank you my darling. Its lovely." Sy is dit nooit geleer nie, maar dit was so wonderlik dat daar nie 'n droe oog in die gehoor was nie. Ek het ook nie presies geweet hoe om die geboorte sinvol te laat geskied nie tot ek die idee gekry het die verhoog donker te maak en een van my kleinste engeltjies (sy is die dogtertjie van een van ons 'carers' en 4 jaar oud) die baba Jesus na Maria te neem met 'n enkele spotlight wat die engeltjie volg. Ag dit was regtig so mooi en treffend. Weer was Rosie se kommentaar: "What a beautiful baby!" Josef het hierna die baba my Maria geneem en die kleine Jesus in die krip neergele. Hy het dit met soveel teerheid gedoen asof dit werklik 'n baba was. Hierna het hy na die gehoor gekyk en gese: "His name is Jesus"

My man het my gehelp en ons het 'n stal- 'n opeveld en 'n verhoog van Herodes se troomkamer gehad. Elke herder en wyse man het op daardie aand sy heel beste voet voorgesit en die speeltalent was beter as enige Oscar-wenner. Hulle was almal wenners. Met die fotos sal julle beter kan verstaan wat ek hier vir julle probeer vertel. Die aand was daar iemand in die gehoor wat so diep geraak was deur alles dat hy vir Tessa 'n splinternuwe elektriese rolstoel laat aflewer het. Sy het 'n baie ou elektriese stoel gehad en gedurende die opvoering het sy self al haar bewegings gedoen, maar met groot moeite. Haar stoel was lomp en moeilik om te 'bestuur'. Hierdie persoon het egter gevra om annoniem te bly en ons weet gladnie wie dit was nie. Ons loof en dank net die Heer vir die wonderlike geskenk vir Tessa.

Ek wil julle nie verveel en my plasings te lank maak nie. Asb. stop my as ek teveel en te lank praat, maar ek het nog baie wonderlike stories om julle te vertel. Ek neem 'n klomp van my kinders altyd saam met my kerk toe, maar hiervan in my volgende episode want ek kan dit nie afjaag nie en Pa se ek moet nou eers bietjie slaap en kan weer more met my pelle gesels.

Liefde vir julle vanaf Funny Farm - we here because we not all there.
Mia.:rofl:

protea
Feb 22nd 2010, 03:47 PM
Mia,
Ek sou WAT wou betaal om daardie Kerskonsert by te woon! Dis aangrypend ! Na alles bly hulle maar net kinders in grootmenslyfies.... Dis seker die wonderlikste Kerspresent wat Tessa nog ooit gekry het en ons is intens dankbaar saam met julle. Met so n 'kinder' konsert kan enigiets mos gebeur ,maar in hierdie geval glo ek die Heilige Gees het die imprompto insetsels ingevoeg omdat die gehoor so aangegryp is deur die verloop. Vertel nog asb !
Ta-An en Lanie!! HELP gou vir Mia met die oplaai van die fotos en gee vir haar n 'ramseppie' oor hoe om dit te doen.
Die meisie wat haarself so gesny het : Hoe gaan dit deesdae met haar?
Al my liefde
Protea

Mia Ashton
Feb 22nd 2010, 07:54 PM
Ai Protea, jy is heeltemal reg. Daardie aand met ons opvoering was ons eregas die Persoon oor wie alles gaan. Daarom was dit vir my belangrik om die 'text' absoluut uit die Bybel te neem. Die teenwoordigheid en inwerking van die Heilige Gees was ongelooflik vir almal wat sensitief genoeg was om na die boodskap te luister.

Daar is 'n kort video gemaak en dit is kosbaar. Tog het dit my ongelooflik hartseer gemaak toe ek agterna na al die fotos kyk en sien wie sit almal met glasies drank in die hand. Dit het my verstand te bowe gegaan dat jy na hierdie eenvoudige mense se ongelooflike spel kan kyk, wegdraai en uit jou motor se kattebak vir jou 'n lekker lang dop skink.

Op Kersoggend het ons kerk (Presbyterian) hulle kollekte aan ons geskenk. Die eerste Sondagoggend na die vakansie het ek en omtrent 8 van my 'kinders' kerktoe gegaan om te gaan se dankie. Die bedrag wat ingesamel is het my instaat gestel om vir ons nuwe kombuistoerusting soos ketels, panne en mooi kastrolle aan te koop. Ek vra toe vir Malcolm (ons pastoor) om asseblief namens ons vir die gemeente dankie te se. Nee, se hy, julle gaan dit self doen. Ons sal vir julle geleentheid gee en dan neem jy al jou manne en gaan staan voor en se dankie. Ag, was dit 'n ervaring. Dit het my etlike minute geneem om almal en vir Tessa in haar rystoel voor te kry en John, (hy is my baba. Hy is 35, groot en sterk, maar verstandelik niks ouer as 4 - 5 jaar nie) Hy is so skaam en probeer aanhoudend om agter my weg te kruip en hy is baie groter as ek. Ag, maar almal het dit so waardeer dat ons dankie gese het, en nou ken hulle ons ook sommer beter.
Dit is 'n ervaring om met hierdie mensies in die kerk te sit. Hulle sing asof hulle nooit weer wil ophou nie. Hulle juig en Tessa raak so meegevoer dat sy sit en huil. Hulle pleit net altyd dat ons tog moet bly vir tee en almal wil net met Malcolm gesels. Oppad terug na die plaas word die preek bespreek en dan word dit vir my duidelik dat hierdie mense gewis en seker weet dat Jesus hulle Verlosser en Saligmaker is. Hulle kinderlike opregte geloof laat my my kop in skaamte sak.

Ons het drie groepe mense op die plaas. Die eerste groep noem ons Villagers. Hulle bly in hulle eie klein hout 'cabin' en kan redelik na hulle self omsien. Hulle eet egter in die hoofhuis waar ons bly. Hierdie groep help baie met die werk op die plaas. Hulle verblyf is ook goedkoper as die ander sin, met die veronderstelling dat hulle help waar hulle kan. Hulle is of bio-polar, skisofrenies, borderline en Kleinfelder-sindroom. (Weetnie of alles korrek gespel is nie.) Hulle kan nogal somtyds moeilik raak en jou geduld moet maar lank wees. Tog het ek al geleer dat ek baie verder kom en meer met hulle uitgerig kry as ek nie kwaad word en hulle eerder prys en wys dat ek staatmaak op hulle. (Ek kan by tye vreeslik hulpeloos en vroulik wees en niks doen sonder die sterke hand van die manlike geslag nie. Dit werk elke keer en dan spring hulle)

Die tweede groep is almal wat in die hoofhuis of in ons nuwe "Die Lodge" bly. (Die Lodge is 'n splinternuwe 8 vertrek houthuis wat aan ons geskenk is en wat nou ingebruik geneem word. Hierdie groep het nie toesig heeltyd nodig nie, maar kan gladnie op hulle eie funksioneer nie. Hulle kry epileptiese aanvalle en is verstandelik baie vertraag.

Die derde groep is die wat een op een 'carers' nodig het. Tessa is een van hulle. Alles moet vir hulle gedoen word. Hulle word gebad en in die bed gesit en moet heeldag onder oog wees. Hulle dra ook meestal 'nappies'.

Die oggend met my verjaarsdag het hulle my man baie vroeg saggies kom wakker maak en gevra waar kan hulle blomme kry. Gelukkig het ek 'n pragtige 'peacelily' wat blom en hy se hulle kan dit maar pluk. Sewe-uur toe ek die eetsaal binnestap, spring almal op en sing vir my "Happy birthday, mamma mia ...... en gee vir my die blomme. Almal wil my 'n drukkie gee..... ag mense julle weetnie hoe het ek gehuil nie. Jare gelede het my vier kleingoed altyd so vir my gesing en voor my bed gestaan met blommetjies wat my seunskind iewers in die bure se tuine gaan gaps het. Met al hierdie stukkende mensies om my het die Heer vir my gewys wat ek nie van die begin af wou sien nie. Hy het vir my soos vir Job weer kinders gegee, nie drie nie, maar amper 30. Hier is ook ganse en eende, hoenders en makoue en ek is RYK. RYKLIK geseen deur Sy Genade wat altyd beter weet as ons ou mensies wat nie weet wat die volgende uur vir ons inhou nie.

Hier het ek in die byna twee jaar meer lewenslesse geleer as in al my ander jare. Vandag kyk ek terug en weet ek dat ek baie arm sou gewees het sonder Horizon. (Dankie Here dat U nie moeg geraak het vir 'n ou vrou se klagtes oor wereldse ongerief nie, maar my versterk het met U Gees om dag na dag nader aan U te kom. Hoe liewer ek vir hierdie kinders word, hoe nader kom ek aan U. Amen)

Tot volgende keer
Funny Farm liefde vir almal.
NS Dit gaan nie so goed met die kind wat haar so sny nie. Sy is al van die begin van Desember terug in die hospitaal en maak bykans geen vordering. Sy het 'n ondraaglike stryd met haar drang om te sny. Dit het so erg geraak dat hulle haar moes opneem. Help my bid vir haar asb.

Die Filadelfieer
Feb 23rd 2010, 07:59 AM
Sjoe Mia, en hier is ek besig om te kla oor allerhande nonsens ! Baie dankie vir jou wonderlike skrywe, en 'n draad wat werklik 'n sen is vir Lighuis.

protea
Feb 23rd 2010, 01:10 PM
Mia , ek is sprakeloos..... Kyk net hoe seen die Here jou net bloot deur jou gehoorsaamheid , bereidwilligheid en empatie vir hierdie 'kinders'. Waar jy 3 kinders verloor het , las ons Vader n nul aan en maak Hy 30 julle verantwoordelikheid! Na julle dankie se in die kerk , glo ek is julle nie net meer bekend in die omgewing nie ,maar verseker ook bemind. Mense is nou maar eenmaal so : Jy wil weet (sover moontlik) waarheen gaan jou kollekte of offergawe en julle 'sigbaarheid' voor in die kerk het n groot verskil gemaak. Nie net wat finansiele bydraes betref nie, maar ek glo ook julle het nou n begin gemaak om n gemeenskap betrokke te kry by Funny Farm. Ons Vader het voorwaar jou gestuur om vir daardie mensies n moeder , vertroueling en ook n anker in baie opsigte te wees.
Wat die meisie betref wat haar so sny betref: Ek het die ander dag oor die radio n program gehoor waar hulle praat van mense wat hulle self sny , wat n geweldige lae selfbeeld het a.g.v. watter rede ook al. Toe dink ek so aan die jong vrou by julle. Verseker sal ons vir haar bid!
Terloops, wanneer was jou verjaardag?
Groetnis
Protea

protea
Mar 2nd 2010, 12:51 PM
Mia , wat maak julle as een van die inwoners n dokter nodig kry? Is daar n sentrale dokter in die naaste dorp waarheen almal kan gaan of het elkeen maar sy eie dokter gegewe hulle eiesoortige behoeftes van bipolere depressie tot die ander uiterste van Tessa wat seker n ortopeed so van tyd tot tyd benodig?

Mia Ashton
Mar 2nd 2010, 08:17 PM
Ai tog, ek het 'n hele klomp nuus vir julle vertel en toe ..... weg alles ..... net af. Nou moet ek maar weer voor begin.
Dankie vir jou belangstelling Protea. Meeste van ons kinders se ouers neem hulle maar na 'n staatsdokter of kliniek. Alhoewel hulle in lang rye moet sit en wag, kos dit minimaal. Iemand soos Johan wat 25 tot 30 pille per dag drink en nie 'n medies het nie, het geen ander uitweg nie.

In 'n ernstige noodgeval sal ons dadelik die ouers kontak en hulle onmiddellik na die naaste dokter neem. Gelukkig was dit nog nooit nodig nie. Tessa is egter vir my so 'n hartseer geval. Ek dink sy het sedert haar geboorte weinig behandeling vir rehabilitasie ontvang. Ons het haar geleer eet en alhoewel dit met baie mors gepaart gaan (ons brakkies gee nie om nie, hulle ruim die vloer gou gou op) is dit tog vir haar 'n groot oorwinning. Ek wens ek kon uitvind hoe om haar te help om beter te kommunikeer. Sy is so intellegent. Verstaan selfs 'n bietjie Afrikaans. Miskien is daar 'n soort skootrekenaar of iets waarop sy kan tik, alhoewel die ou handjies baie spasties en onhandig is. Enige idees van julle kant sal waardeer word.

Verlede Maandag het ons 'n besoek van ons kerk gehad. Ons Jeugpastoor en 'n klompie jongmense het kom kyk wat ons doen en hoe dit hier lyk. Jy was reg, Protea. Die Sondag wat ek met hulle kerktoe was het die mense meer bewus geraak van ons en nou wil van die jeug hier kom kamp vir 'n naweek en kom werk. Ons is baie opgewonde hieroor.

Is dit nie wonderlik hoedat God Hom in die natuur aan ons openbaar en Sy geaardheid aan ons demonstreer as ons net fyn wil oplet nie. Dit gebeur van tyd tot tyd dat van ons gevleuelde inwoners soos die ganse, Indiese runners of makoue nuwe babetjies kry. Ek kan my sit en verkyk hoedat die wyfie deur net 'n sekere waarskuwings roep almal gou gou bymekaar kry en veilig onder haar vlerk. (Onder Sy vleuels sal ek skuil) Die kuikens is al heel groot en dan kruip hulle maar nog onder die moeder se vlerk in. Sy kan hulle nie eers meer almal toemaak nie, maar dit maak nie saak nie. Dan kry ek so 'n wonderlike versekering in my hart dat my Hemelse Vader ook so my veilig in Sy liefdevolle arms toevou en veilig hou tot op die dag dat ek Hom kan aanskou.

Ek moet tog net vir julle die storie vertel van die twee gansies. Op 'n keer het daar net twee gansies uitgebroei, die ma wou egter nie die nes verlaat en twee was skoon verlore. Die een is met klomp 'voete' gebore en kon gladnie loop nie. Al die tone was teenmekaar en voete was ingevou na die binnekant van die bene. Ek het die twee geneem en begin om hulle hans groot te maak. Die mank outjie het my egter baie gepla, want eintlik was daar nie 'n lewe vir haar nie. (Ek dink dit is 'n sy.) Toe op 'n nag terwyl ek nie kon slaap nie, dink ek daaraan dat indien 'n babetjie met sulke voetjies gebore word, sit die dokters dit dadelik in gips of 'n stut. So die volgende oggend vra ek vir my man vuurhoutjies en ek maak vir my eend met pleisters en vuurhoutjies stutte vir haar voete. Ek forseer die tone uitmekaar en buig die voete in die regte posisie. Alhoewel nog mank, kon sy al 'n paar tree gee. Om 'n lang storie kort te maak, sy is nou uitgegroei en hardloop die hele werf vol. Haar voete het volmaak reg gekom. Net die een toon is bietjie krom, sy het teveel in die water geboer en die pleisters wou nie lank genoeg aanbly nie. Al probleem wat ek nou het is dat die twee dink hulle is deel van die huisgesin en volg my orals. Hulle slaap reg voor ons kamer venster en roep my vroeg in die oggend vir kos.

"Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
Hy gee my nuwe krag"

So ervaar ons wonderlike vreugde tussen al die gebroke mensies om ons en kan ons ons verlustig in hulle opregte en eenvoudige en onvoorwaardelike liefde vir ons.

Tot volgende keer
Plaasgroete - en julle kan maar kom kuier vir ons. Ek sal melktert maak.
Mia.

protea
Mar 3rd 2010, 09:03 AM
Ai , Mia, ek sit nou net en dink hoe lekker sal dit nie wees om by jou af te klim as my man hulle Mighty Men's Conference toe gaan nie ,maar nou is die voertuig al klaar vol..... Sulke gestremde mense het my nog altyd geinteresseer en getrek, maar wie weet , daar kom dalk net n dag wat ek aan jou voordeur klop!

Die Filadelfieer
Mar 3rd 2010, 10:41 AM
Protea,
Dalk moet ons dit 'n Lighuis aksie maak ! Operasie KuiervirmammaMia. ( patend pending. )

protea
Mar 3rd 2010, 05:31 PM
Fila, ek sien al in my geestesoog die helderkleurige Lighuis tentjies op Mamma Mia se grasperk......

Mia Ashton
Mar 3rd 2010, 05:57 PM
Ai julle twee, julle maak my skoon opgewonde. Sal dit nie wonderlik wees om 'n klomp van my Lighuis-vriende hier te verwelkom nie. Na die baie reen, is ons dam vol en is dit pragtig groen. Ons het 'n lieflike boomhuis vir die wat van avontuur hou, vir die meer versigtige ouens, 'n groot saal waar julle kan slaap.

As julle eers hier was, gaan julle l--a---n---k kuier. Ag nee, is hier niemand op lighuis wat kans sien om my te leer van fotos plaas. Ek brand om vir julle ons plek te wys. Sebliefie, grooooot asb. help my.!!!!!!!!

protea
Mar 4th 2010, 12:33 PM
Mia, laat die wat die minste weet jou help.... Ek het gou Soezie se 'ramseppie' gaan nadersleep.

1. Click on 'Go Advanced (just next to " Post Quick Reply)
2. Scroll down , click on " Manage Attachments"
3. In the window click on " Browse"- it takes you to file " My Pictures"
4. Select picture, click on it.
5. Then click on " open"(bottom right corner of window)
6. This takes you back to window with "browse" in it.
7. Click on " upload"
8. Once you notice picture has been uploaded, close window.
9. Now you are back in " Go Advanced"
10. CLick on icon resembling paper clip.
11. Another small window appears, also " manage attachments" with "image" just below.
12. Click on "image" and your picture will appear as "attached"
13. Then submit and your pic should appear on site.

Ek hoop regtig die reseppie help vir jou ook. Druk hom sommer uit vir volgende keer se gebruik ook. Plaas heel eerste vir ons n kiekie van die boomhuis want dis waar ek deps om te slaap!!
Toedels
Protea

Mia Ashton
Mar 4th 2010, 06:37 PM
Hi Protea
Baie dankie. Ek gaan gou probeer. Hoop nie ek blaas die hele lighuis se liggies met my poging.:lol:
1. Die uwe en haar 'beter helfte'.
2. Pret in ons plaasdam
3. Tessa ry perd met behulp van 'n spesiale saal.
4. My klein gansie met die 'stutte'.
5. Tessa en Johan (Die twee verliefdes).
Hoop nie ek het teveel geplaas nie. Volgende keer van die Kerskonsert.
Liefde
Mia

Die Filadelfieer
Mar 5th 2010, 06:28 AM
Dankie Mia, jy moes al lankal fotos geplaas het !
Die eerste ding wat ek gaan doen as ek by julle kom kuier is om in daai dam te spring. :)

protea
Mar 5th 2010, 05:23 PM
Dis wonderlik om die fotos uitEINdelik te sien en nou kan ons ook n gesig by die naam Mia Ashton sit! Jy is uiterlik net so pragtig soos innerlik! Die perdrysaal is vir my baie interessant . Ek neem aan die gestremdes galop nooit alleen met die perde nie. Hulle word seker net gelei? Ek is veral geinteresseerd in die behandeling van gestremdes en ook getraumatiseerde mense d.m.v perde en ook ander diere. Ek het gelees van n drie weke oue baba wat na n baie getraumatiseerde geboorte met n abba doek voor die ruiter vasgemaak word en dan so op die perd rondgelei is op n gereelde basis. Dit was deel van die behandeling wat hulle op n spesiale perdeplaas erens in die Noorde toegepas het. So 2 weke gelede is daar n soortgelyke program vertoon op TV van n rehabilitasie sentrum erens naby Franschhoek. DIe vrou wat dit bedryf , spesialiseer in sielkunde. Het julle dit gesien?

Mia Ashton
Mar 6th 2010, 07:13 PM
Baie dankie Protea vir jou mooi kompliment.
Ek het nie die program gesien waarvan jy praat nie, maar ek kan getuig van die wonderlike waarde wat perdry-terapie op gestremdes het. Saterdae kom hier altyd mense wat hulle kinders bring vir terapie. Dit sluit kinders in met autisme, baie swaksiende, baie spasties en uiters breingestremd. Die jongste is 'n dogtertjie van 1 jaar oud. Sy het wynig sig en is uiters moeilik en huilerig. Wil niks van die perd weet nie, totdat die perd begin loop. Voor jou oe kan jy sien hoe die kind ontspan, ophou huil en begin glimlag. Dit is werklik verbasend. Die kinders ry ook op die perd deur 'n donker tonnel met ligte wat flits. Dit stimuleer blykbaar die oogsenuwees en kan sig verbeter. Ek is nie so op hoogte met presies al die mediese feite nie, maar ek kan getuig dat dit ook die kinders help met balans en natuurlik ontspan. Ekself het al bietjie gery en moet se na 'n uiters vermoeiende dag is dit wonderlik om net te sit en jou oortegee aan die ritme van die perd se stap. As dit dan ook nog in 'n mooi omgewing is, dan is die bonus dubbel. Ek voel mos altyd so naby aan onse Skepper so in Sy mooi skepping.

Ons gaan binne 'n week of wat met ons jaarlikse vakansie. Eintlik is dit al meer as 'n jaar gelede dat ons regtig 'n breek gehad het. Ek kannie meer wag nie. Kaap, hier kom ek. Moet se ons het dit bitter nodig. 'n Vreemde perd hier op die plaas het ons klein Maltese brakkie (Klaradyn) in die gesig geskop en sy het in die hospitaal beland. Die dag wat ek haar kon gaan haal, breek ons motor ook nog. Ek loop toe so ewe die hospitaal uit met die verkeerde hond. Kon nie verstaan hoekom is my Klaradyn so styf teenoor my nie. Besef darem voor ek te ver gery het, dit is die verkeerde hond. Die een was 'n manhond en ek het 'n vrouhond. Die veearts lag nounog vir my. Moenie julle ooknog lag nie hoor.:rofl::rofl:

Hier is nog 'n paar foto's.
1. Moeder Maria (Rosie) Hoofengel (Tessa) en twee engeltjies. (Catie en Talente)
2. Deel van die gehoor met my beligtingsman bo-op die leer. (Ons was baie professioneel hoor!)
3. Ouma se hart-se-punt. Drean, my kleinseun wat sy ouma kom help het. Hy was een van Herodes se raadgewers.
4. Skaapwagters, wyse manne en al die ander.
5. My twee klein engeltjies.

Hoop julle geniet dit en raak nie verveeld nie.
Liefde
Mia

protea
Mar 11th 2010, 12:50 PM
Nooit sal ons verveeld raak nie! Die laaste 2 engeltjies is te pragtig en lyk nie naastenby gestremd nie. Wie is hulle?

Ek hoop julle kom uitgerus weer terug van die mooiste Kaap! Na watter deel in die Kaap kom julle? Want die Kaap is so effens groot....

Mia Ashton
Apr 21st 2010, 07:03 PM
Nouja, hier is ons alweer terug na 'n volle maand se vakansie in die mooiste Kaap. Dit is al twee weke dat ons terug is en met die intrap toe onder al die werksaamhede. Voel ek kort 'n vakansie.

Ons het heerlik gerus, rondgery, Tafelberg verken en vir my kleinseun gewys, movies gekyk, Stormsrivier gaan verken (was bang my man wil my daar gaan afgooi) het oor die hangbrug geloop en my opnuut verwonder aan die skoonheid en natuurprag van ons land en die wonder van die skepping. Ons het in Durbanville by Pat se niggie gebly en het ons nie nodig gehad om verblyf te betaal nie, maar die Kaap is bitter ver van Hillcrest af en ons het gery en gery en gery!!!!!!!

Oppad van Stormsrivier het ons oornag in Hartenbos en daarna is ons na Hermanus. Voordat ons by Hermanus kom, het ek 'n uitdraaipad gesien Bredasdorp en ek was so jammer dat ek nie geweet het waar jy bly nie Protea, anders het ek by jou kom koffie drink en beskuit eet. Ek belowe volgende keer ry ons nie weer verby nie.

Dit gaan dol op Funny Farm. Ons het sopas ons groot houthuis met nege kamers voltooi en die mense het begin intrek. Ons is nou altesame 47 siele op die plaas waarvan oor die 30 gestremdes is. Vandat ons terug is, het ons 9 nuwe mense ingeneem. Ag, ek kan maar net vir julle se dat ek dink party mense dra swaar aan hulle kruise. Hierdie kinders is so gestrem: die een outjie het Williams Syndrome, hy kannie praat of self eet of niks vir homself doen nie. Hy maak net geluide en glimlag die hele dag. Hy dra doeke en ek moes vir hom 'n nuwe 'carer' aanstel. Ek het vanaand bietjie by hulle in die sitkamer gesit en TV kyk en hy het styf teen my kom sit en my hand houvas. Hy is 19 jaar oud. Die ander meisie wat gekom het vir 'n onderhoud is 25 jaar oud en het Aspergers sindroom - dit is verwant aan 'n sekere mate van autisme. Wanneer jy die eerste keer met haar praat kom sy vreeslik ongeskik en voor op die wa voor, totdat jy besef dat hierdie arme mens het haar hele lewe verwerping ervaar, juis as gevolg van haar toestand. Blykbaar is dit 'n siekte wat moeilik gediagnoseer word en baie keer is dit dan op 'n baie laat staduim van so 'n persoon se lewe. Die gevolg is dat haar onaanvaarbare gedrag haar ongewild maak en sy nerens aanvaar word en reg van die begin tree sy aanvallend op. Wel vriende, julle moet maar solank vir my begin bidde ............ want ek en ons voorsitter wat die keuring doen het besluit sy is 'n uitdaging en het haar aanvaar. Sy kom hierdie naweek vir 'n proef tydperk hier bly. Haar ouers se groot probleem is dat hulle 'n B&B bestuur het, en die het nou toegemaak, so hulle sit sonder 'n inkomste en gaan in 'n karavaan bly. Waarmee hulle haar verblyf by ons gaan betaal is deur en deur 'n geloofsaak. Bid ook vir hulle asb.

My hart is net baie seer want een van die stupid honde hier op die plaas het my gansie wat ek met die hand grootgemaak het, doodgebyt. Haar maat kom slaap elke aand voor my kamervenster en ek hoor hoe roep hy na haar in die nag. Ek kry hom so jammer en wens ek kan weer vir hom 'n maatjie kry. Die twee ganse het my orals op die plaas gevolg soos twee hondjies en het uit my hand ge-eet.

Kan ek ook net weereens vra dat julle sal help bid vir my kind wat nog steeds gebuk gaan onder geweldige finansieele druk. Ek het nounet met haar op die foon gepraat en haar geloof bly so sterk, maar ek kan die tamheid in haar stem hoor. Haar versoek was dan ook dat almal wat kan bid tog asb. moet help bid, sy gaan more twee nuwe kliente sien en dit is groot ouens in die sake-wereld.

Dankie dat ek altyd vir julle kan vra.
Lief vir julle met baie plaasgroete en laat weet as julle wil kom kuier. Ek het nie vergeet daar was 'n paar ouens wat sulke beloftes gemaak het ........ soos hulle gaan eerste in die dam spring. Wie was dit nou-weer????????????
Mia

Die Filadelfieer
Apr 22nd 2010, 06:34 AM
..Lief vir julle met baie plaasgroete en laat weet as julle wil kom kuier. Ek het nie vergeet daar was 'n paar ouens wat sulke beloftes gemaak het ........ soos hulle gaan eerste in die dam spring. Wie was dit nou-weer????????????
Mia

Mia ! Dit is altyd goed om van jou te hoor, ek (ons) bid dat al die nuwe dinge en mense op die plaas sal verloop soos die Here wil...... en ja, dit was ek wat in daai dam gaan kom spring, het nog nie vergeet daarvan nie !

Johnny
Apr 22nd 2010, 06:51 AM
Met gisteraand se biduur het ons ook verneem van afdankings van broers en susters in ons gemeente by hulle werk. By my werk is hulle besig met "retrenchments". Uit die 700 wat hier werk moet 187 loop. Weet nognie wie nie. Een ding kan ons weet. As kind van die Here sal Hy vir Sy kinders sord en voorsien. Uit menslike oogpunt weet ons nie hoe nie!

Lukas 10:35 En toe hy die volgende mre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en s vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag h, sal ek jou betaal as ek terugkom.

BARNES: E-Sword
Two pence - About 27 cents, or 1 shilling, 2d. This may seem a small sum, but we are to remember that that sum was probably ten times as valuable then as now - that is, that it would purchase ten times as much food and the common necessaries of life as the same sum would now. Besides, it is probable that all the man wanted was attention and kindness, and for all these it was the purpose of the Samaritan to pay when he returned.

Jesus is ons "barmhartige samaritaan" as ek dit so kan stel. Dit word vermoed dat die arme man wat gehelp is 'n Jood was.

The host - The innkeeper.

Ons "host".....ons "innkeeper" is ons Vader in die hemel! Hy sal nie dat jy honger gaan slaap as jy aan Hom behoort nie. Hy het NOOIT rykdom belowe nie, 'n gemaklike lewe ens, ens, belowe hier op aarde nie, maar daar is 'n blyplek in die hemel waar diewe....mot en roes nie kan inkom nie. 'n Ewige tuiste!

Matteus 4:2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.

Hy weet wat dit is om honger en dors te wees.

mari
Apr 22nd 2010, 02:19 PM
Hallo Mia ...

Ja, aspergers is 'n vorm van "high functioning autism " .... die mensies kan kommunikeer maar is sosiaal heel deurmekaar en dit kan 'n uitdaging wees om met hulle saam te leef...... Hulle lyk en tree oenskynlik "normaal" op, maar met swak "social skills" ..... wat hulle se en bedoel kom ook uit verskillende woordeboeke !? ........... en heelwat daarvan gaan heeltemal ongediagnoseerd en word afgemaak as iemand onbeskof ......

die beste wat julle kan doen is om tyd saam met haar te spandeer en haar te leer ken - sy sal een ding se / doen en iets heel anders bedoel ....... sy mag jou dalk wegdruk as sy eintlik toenadering soek ens ...... met tyd sal jy haar "bodylanguage" leer ken en rustiger wees, wetende sy verwerp jou nie, maar weet net nie hoe om reg te reageer nie .....

.... hulle is ook sensitief vir die omgewing en hanteer verandering maar met 'n gesukkel, maar as jy van die begin af dinge reg aanpak, het jy later beter resultate ...... maak seker sy het iewers 'n plekkie waarheen sy kan "onttrek" as dinge bietjie woelig raak en moenie kwaad raak as sy 'n sekere stoel of hoekie tot haarself toeeien nie - dit is nie selfsug nie, maar 'n behoefte aan sekuriteit.... 'n bietjie compromise sal net help in die langeduur......

Onthou die goue reel met autisme : COOSE YOUR BATTLES ....... werk aan een ding op 'n slag wat onaanvaarbaar is en help haar reg met baie gedult .... en moenie haar uitbarstings peroonlik opneem nie ......

anyways ..... daar is baie info daaroor op die web, maar soos altyd met autisme, is elkeen daarmee uniek ...... en die Vader sal julle bystaan om haar te help..... wees net altyd sensitief vir die Gees om haar optrede te interpreteer en julle het 'n suksesstorie op hande ! ....

ek sal graag wil hoor hoe dit met haar gaan ...

en ek sal onthou dat jy hier op my voorstoep verby is en nie eers kom hallo se nie !!! ......

groetnis
m

Mia Ashton
Apr 22nd 2010, 02:46 PM
Mari
Baie dankie vir jou baie goeie raad. Ek gaan dit lees en nogmaals lees en onthou wat jy se. Alles wat jy se maak sin, dit verklaar haar vreemde gedrag en tog die gevoel wat ek diep binne my het dat daar iemand anders wegkruip onder die oeinskeinlike onbeskofte houding. Jou raad kom so betyds, sy kom more vir die naweek as 'n proef.

Ek besef nou-eers waar jy bly, volgende keer maak ek seker dat ek julle adresse het en dan kom ek kuier. Sorry man, ek wag net eers dat Protea en Fila kom kuier, hulle gaan hier kom kamp .......... kan jy dink hoe lekker dit gaan wees. Hier is so baie werk, ek sal moet mooi dink wat kan ek die kuiergaste eerste gee om te doen. Hoenderhok bou of veggietuin vergroot of ........................(ek soek die smilies, waar is hulle??)
Liefde
Mia

protea
Apr 22nd 2010, 05:26 PM
Hallo Mia,
Welkom terug! Ons hoop julle het julle vakansie terdee geniet! Was naderhand net bang julle het ge-emigreer sonder om totsiens te se....

Nou as jy weer by die Bredasdorp bordjie verby ry ne, dan draai jy suid en hou verby oom Charlie se stukkende windpomp , hou tog maar stadig by tant Mart se ganse verby , sy is tog SOOO heilig op hulle. Volgende voor jou in die pad sien jy n bord waarop staan Agulhas vuurtoring ,maar pasop , die volstruise in die kamp net langsaan dink die pad en die vuurtoring behoort aan hulle. Hulle het voorwaar n 'attitude' op hulle, so kyk maar syyyyyntoe as jy daar verby toer. As jy ommie berg gery het , dan weet jy jy is nou naby en dan bel jy my sodat ek die ketel kan aanskakel....... Kyk, toe nonsense praat uitgedeel is , het ek nogal nie agter innie ry gestaan nie.......

Ernstiger nou : Mari , jy is die ideale persoon om vir Mia raad te gee oor die hantering van persone met enige graad van outisme en jy praat werklik met gesag omdat jy WEET waarvan jy praat. En vir ons lesers is dit net so interessant.

Mia , ons bid vir jou dogter se finansiele voorsiening. Ons Vader is die Meester Voorsiener en ons GLO Hy sal tot haar hulp kom!

Groetnis.

mari
Apr 22nd 2010, 05:46 PM
ja julle .... vra maar vir baas Ferdie.... net so annerkant die pienk olifant ... daar sal julle die baaaiks kry ....... en hier's altyd koffie ........

Protea ..... ek sien dit wat ek beleef met my seunskind en sy maats by die skool as iets van die Vader wat Hy in Sy Wysheid oor my pad gebring het met 'n rede .... my redes vir rejoice is soms soveel meer as ander ! .... elke dag is voorwaar genade .... bediening is nie altyd teologies nie, maar heelpaty keer erg tires-inne-modder prakties ..... ons kan soveel van mekaar leer ..... deur te gesels met Mia kan ek nou weer iets nuuts leer oor ander se gesukkel .....

ons gesels nou heelwat in pm's maar as julle wil he ons moet van die inligting hier iewers plak, se maar so ..... iewers het ek 'n draad van die leef met gestremdes...... sal dalk ietsie daar gooi .....

groete
m

protea
Apr 23rd 2010, 03:09 PM
Mari, ek pleit skuldig. Ek was die ander dag in George maar die liewe tyd het hopeloos te vinnig opgeraak ek dit was in my beplanning om die baaik winkel te gaan soek..... Sal kom tee drink as ek weer daar verby ry, bloooo.... Sallie pienk olifant gaan soek.....

Sit ASB jou en Mia se gesprekke op daardie 'draad oor gestremdes'. Ek stel net so belang in die hantering van sulke kinders/volwassenes.

Mari, jou bediening is gesentreer om jou seuntjie en sy vriende en al hulle behoeftes en aktiwiteite en die moets en moenies in hulle hantering. Almal van ons het sy of haar eie unieke bediening en dis n wonderlike wete om 'slap-dash-bang' innie mirrel van God se wil vir jou lewe te wees. DAAR voel jy tuis en het jy die vrede van ons Vader. En daar is jy gelukkig. Uit jou skrywes het ons n gelukkige mens leer ken wat weet sy is op die regte plek op die regte tyd. Watter unieke bediening het jy nie!

EK het so baie vir die Here gevra: Here , wat kan ek vir U doen en toe antwoord ons Vader : WEES net wat My wil vir jou is. Jy en Mia het albei sulke unieke bedieninge wat ons lewens verryk as ons daarvan lees. Want julle het BAIE genade en kalmte en vrede nodig vir julle werk nodig. Wat ons Vader mildelik aan julle gee as julle daarom vra. Mia en Mari, keep us posted! Ons lees graag en bid saam .
Liefde
Protea

Mia Ashton
Apr 26th 2010, 06:54 PM
Ai Protea, baie dankie vir jou mooi woorde en die versekering van gebed. Ek is werklik vanaand so moeg dat my voete sleep. Die naweek is verby en dit was moeilik en ook vandag was in vele opsigte 'n regte blou Maandag. Tog wil ek gou bietjie by julle kuier en vertel van die naweek se gebeure.

Shelly het Vrydagmiddag laat hier geariveer en dit het nie te sleg gegaan nie. Sy was rustig en tevrede met alles. Ook Saterdag het dinge belowend gelyk en ek het tyd gemaak om met haar te sit en gesels. Sy het nie baie gehou van die reels van die huis nie en wou haar eie ding doen. Alleen gaan draf, gaan perdry, met haar vriend gaan baaik ry en elke keer moes ek volledig verduidelik hoekom sy nie kan nie. Dit is net nie veilig nie. Sondagoggend is ek met 'n klomp van my kinders kerktoe. Sy het haar kans goed waargeneem en onmiddellik van die ander opgekommandeer om vir haar 'n perd op te saal en weg is sy.

Terug van die kerk moes ek 'n soektog op tousit na haar. Sy het lang stories gehad hoekom sy dit gedoen het en gese sy vind dit moeilik met al die reels, maar sy sou graag op die plaas wil kom bly. Ek worstel regtig binne in my met die vraag of ons plaas die regte plek is vir haar. Dit gaan bitter moeilik wees om haar gedurig op te pas. Ek wil hierdie mense so graag help, maar tog dink ek dit is belangrik om ook aan die ander mense te dink en miskien ook aan myself. (Mari, gee asb. jou mening.) Ek sit met 10 tot 15 verskillende gevalle. Elkeen het sy eie geite en giere. Een man wou vandag niks weet van stort nie. Dit het my byna 'n uur gekos om hom sover te kry om te gaan stort. Hierna het daar weer 'n geveg uitgebreek in die eetsaal omdat een van die nuwe intrekkers die kanaal op die TV verander het, en een van die oues nie hiervan gehou het nie.

Hierdie mense, veral die mans en hier is meestal mans, is so sterk soos beeste. Hulle kan 'n sak sement oplig sonder om 'n oog te trek - so as twee begin baklei, kry ek skoon 'n angsaanval.

Sorry as ek vanaand bietjie klaerig is, is net bietjie moeg en soek net simpatie by julle. More sien ek weer vir die klomp kans en sleep die wat nie wil bad nie sommer self onder die stort in. Daarvoor is hulle baie bang.

Dit is altyd 'n inspirasie om hulle in die kerk te sien. Hulle sing met soveel oorgawe en wil net altyd bly vir tee.

Ek gesels weer more met julle, nou eers bietjie slaap.
Mooi bly
Mia

protea
Apr 27th 2010, 07:00 AM
Hallo Mia, by ons kan jy ALTYD jou hart oopmaak. ORE ( liewers oge!) is hier volop! Almal van ons kry maar ons dae wat ons teen ses-uur die aand vra: Kan my dag nou maar eindig??

Wat Shelley betref: Om jouself en al die inwoners in ag te neem , moet ALMAL by die reels hou. Een wat die reels skeef trek , trek die hele wa skeef en almal moet daaronder ly op die ou end. Selfs jy ook wat die vermeerdering van spanning betref. So , as sy nie by die reels wil hou nie, dan kan julle haar nie akomodeer nie. Klink ek nou baie wreed? Sy klink vir my intelligent genoeg om net te wag dat jy GOED uit die pad is voor sy haar eie ding doen. Sy weet mos jy gaan nie binne n uur terug wees nie , so hier is my kans nou!

Ek giggel nou oor die ouens wat nie wil stort nie. (Ek is oortuig daarvan dis nie vir jou snaaks nie!) Dis so tipies klein kindertjies.... en ek is seker jy kry nog met BAIE sulke klein-kinnertjie-gedrag te doen by julle sentrum! Maar dat dit sy tol eis op julle energie is n feit soos n koei.

Ek hoop jou week verloop beter as die begin!

Liefde
Protea

mari
Apr 28th 2010, 08:36 AM
Hallo Mia ...

Baie aan julle gedink die naweek ..... sorrie ek kom nou eers terug, my laptop het 'n ruk gelede die gees gegaf ( danksy kleinman se ywerigge spelery ) en die werk PC moet nou vir eers doen, so net online in wekure - en ons het maandag geawol om net bietjie rus in te kry ......


..... dit klink my julle Shelly is 'n handvol ..... :pray: asperger mensies kan gewoonlik nie by reels hou nie en kan net met tonne geduld in lyn gekry word ....... elke reel en rede daarvoor en navolge as dit nie gevolg word nie moet stukkie vir stukkie verduidelik word.... meer as een keer ..... sy klink na 'n baie intellegente persoon en dit kan dan nogal moeilik wees ....

Mia, sy klink redelik onafhanklik en julle moet mooi dink of sy werklik julle sorg nodig het .... dit gaan moeilik wees, maar nie onmoontlik nie ....... julle moet tot haar deurdring dat julle haar beste sorg wil gee en sy nie kan maak soos sy wil nie ....... julle moet haar goed bewus maak van die ander se probleme en as sy nie kan saamwerk nie, bedink die ding goed ...... dit mag dalk help om haar sekere verantwoordelikhede, veral iets wat met roetiene te doen het, te gee .... onthou, hul grootste probleem is juis beheer ...... sy sal reels probeer breek om te bewys sy is in beheer van haar eie "space" .... maak haar bewus daarvan dat dit juis selfbeheersing kos om ander in ag te neem en by reels te hou wat almal veilg laat voel .......

... natuurlik is gebed en oop ore die beste uitweg .... onthou, die Vader gee jou nooit meer as wat jy kan hanteer nie, Hy ken jou perke, en Hy ken haar behoeftes en het die beste vir almal in gedagte ........ as sy moet bly, sal jy wysheid deur die Gees kry ........ as sy nie kan bly nie, sal die Vader op 'n ander manier voorsien en kan julle die ondervinding as 'n leerproses aanvaar ......

groete en sterkte
:hug:
m

Mia Ashton
May 24th 2010, 07:18 PM
Hallo almal
Vlieg die tyd by julle ook so vinnig verby soos hier op F.F. Dis amper 'n maand gelede dat ek met julle gesels het, ten spyte van my goeie voornemens elke aand dat ek bietjie by julle gaan kuier. Nouja, vanaand gaan ek kuier. Wie het beskuit en koffie, of nee wag ek sal Milo neem want dit laat my slaap en dit raak nou koud hier by ons in die aande. In die dag is dit heerlik warm, maar die aande en oggende is koud en as manlief vir my tee bring dan druk hy die kombers so om my vas en se ek moet nog bietjie le, want dit is koud. Hy weet van dag een af........ ek staan nie op voor ek nie my tee gekry het nie.

Nouja en toe gaan staan en steek ek my kop in die bye-nes en neem vir Shelley weer terug vir nog 'n week proef. Somtyds dink ek dit is ek wat op proef is................. Daar is iewers iets in my wat nie wil 'opgee' vir die kind nie. Sy maak my kwater as kwaad, tog is ek diep binne meer jammer en lief vir haar as kwaad. Sy is nou drie dae hier en dit het nie te sleg gegaan nie. Gladnie maklik, maar ek het gedink en het haar vertroue gewen en dat sy min of meer by my reels sal hou................... tot vandag. Die omgewing waar F.F. is, is afgesonder en daar is 'n baie streng reel dat nie een van ons 'kinders' alleen mag gaan draf of rondloop nie. Hier was al gevalle van verkragting, gelukkig nie van ons mensies nie. So vandag besluit juffrou die oomblik wat ek besluit ek gaan vir 'n halfuur bietjie rus, sy gaan draf............... ten spyte van my uitdruklike nee. My man was gelukkig op pad terug van Hillcrest af en kry haar draf op die GROOTPAD. Sy se toe vir hom ek gaan 'uitfreek'. Ek het ook.
Ons plaas is groot en hier is genoeg spasie waar sy kan hardloop en van haar energie ontslae raak maar dit was glo nie groot genoeg vir haar nie. Ek moes tog ook in my hart vir haar lag, want sy het 'earplugs' in. Ek se: Shelley haal uit daai goed in jou ore, ek wil met jou praat!
Nee, mamma Mia, ek is bang om te hoor hoe jy op my gaan skree, my ore is baie sensitief. Ai tog, ek het maar weer reg van die begin af verduidelik waarom ons reels het en wat en waar en hoekom. Mari, help asb. Sy se sy was op antidepressante, maar dit het nie gehelp nie, en sy het net opgehou om dit te drink. Haar rede vir die lang hardloop was dat sy depressief gevoel het en net oefening help daarvoor. Op my vraag hoekom sy nie die werk wat ek haar gegee het gedoen het nie, beweer sy dit is nie genoeg oefening vir haar bene nie. Sy beweer sy het Ritelin gebruik en dit het haar baie gehelp, maar haar ouers was teen dit. Ek het hulle vanaand geskakel en hulle is nou bereid om enige medikasie wat haar kan help, vir haar te kry. Kan jy vir my se wat dink jy van medikasie vir aspergers? Sy is meeste van die tyd so gelukkig op die plaas, dit sal my hart breek om haar te moet laat gaan. Hierdie is een van die laaste plekke waar sy nie opgesluit is, maar tog beskerming en vryheid tot 'n groot mate het. Ek voel so totaal ontoereikend, en tog weet ek ek kannie haar nou laat gaan nie.......................... Weereens, sal julle bid? Ek kan haar nie nou verstoot nie. Haar woorde aan my was dat sy vir die eerste keer in jare gelukkig is en voel sy is tussen mense wat haar aanvaar en nie verstoot nie. Sy het ook gevra of ek haar kan leer om te skilder.

More kom ons laaste inwoner, dan is ons tjok en blok vol. Ons is ook besig om ons kombuis en eetkamer te restoreer. Die brekery en bouery is vreeslik.....................net stof waar jy kyk. Vir die kinders is dit heerlik, hulle eet meestal buite of op die stoep en dan braai ons ook baie. Vir hulle is dit soos piekniek. O ja, amper vergeet ek, ons gaan op TV wees. 50/50 het 'n insetsel vir hulle program hier kom doen. Hoofsaaklik van die perde en die inpak van die terapie op die gestremde mense. Ons lag so, want Shelley het 'n hele halfuur onderhoud met hulle gehad, tog weet sy niks van die terapie, maar sy het baie goed gevoel. Ek sal julle laat weet wanneer die uitsending sal wees.

Mooi bly almal tot ons weer gesels.
Liefde
Mia

mari
May 25th 2010, 08:10 AM
Liewe Mia ... julle is gessend ( en sien vir baie kans ! ) ......

baie aan julle gedink die laaste tyd, veral gebid dat wysheid julle sal omvou ....

medikasie is nie iets om mee te speel nie, en sy kan nie self besluit sy los nou pille nie - antidepresante het 'n detox tyd nodig en jy kan dit nie sommer net los nie !!! ....... dit is uiters belangrik dat sy medise hulp met kennis van aspergers kry en onder opservasie enige medikasie gebruik ...... daar is baie ander middels, sagter en meer natuurlik as Rittelin, wat wel vir die mensies kan help .... dit sal ook beter wees as iemand haar medikasie elke dag gee, pleks van dit aan haar oorlaat, want die " beheer" storie kan in die pad kom - soos julle sien met die anti dep's ....... dit sal ook goed wees as sy in aanraking kom met 'n dieetkundige met kennis van die toestand, want seker aanvullings of spesiale dieete kan amper meer ten goede doen as chemiese middels ........ medikasie onder die regte toesig, kan 'n groot voordeel vir hierdie mensies wees, maar kan ook meer skade as goed doen as dit nie behoorlik toegedien word nie ......... asperger breintjies is erg sensitief vir enige chemiese wanbalanse en reageer dan ook sensitiewer op meeste middels, daarom is dit belangrik om kenners hulp in te roep ( en nie alle dokters of psigiaters is altyd so clued op hierdie toestande nie ) ........


as julle oorweeg om haar langtermyn daar te hou, dink aan iets wat haar kan besig hou ..... sy het mos joernalisiek geswot as ek reg onthou ? ..... wat van haar aanstel om 'n nuusbladjie bymekaar te sit - maandeliks of so, wat bv. op e-pos uitgestuur kan word ( onder toesig vanselfsprekend ! ) ......... laat haar dalk van julle mensies se " stories " skryf ( hou net 'n oog hier, natuurlik ) ............ dit sal haar ook help om meer bewus van julle struktuur en ander se probleme te word ......

anyways ...... hoop dit help .....

sterkte,seengroete en tonne huggs....m

protea
May 25th 2010, 05:11 PM
Sjoe Mia,
Ek was net van plan om Staal Burger op n speurveldtog te sit om jou te gaan soek..... Ek het net die grootste bewonderling vir jou en julle werk wat julle daar op FF doen. Weereens het Mari vir jou baie goeie raad gegee. Ek het ook al gehoor dat as n pasient sy anti-depressante los , hulle 20 keer dieper in depressie val. En daardie tipe medikasie MOET deur n spesialis (soos Mari se : amper nie eers n GP nie) gemonitor word.

Laat weet ASB vir ons betyds van die uitsending. Ons omkring die datum met rooi!
AL my liefde
Protea

Mia Ashton
Jun 29th 2010, 05:50 PM
Hi almal,
Ek het gehoop as ek lank genoeg stilbly Protea regtig vir Staal Burger op my spoor sou sit. Was my held gewees in my jonger dae. So 'n mooie stem gehad, die Staal Burger. Maar dalkies het sy speurvermoee bietjie afgeneem, ek vermoed hy is ookal bietjie ouer.

Dit is baie koud hier by ons op F.F. Vir die eerste keer in jare, bibber ons veral saans en soggens vroeg. So ek wilie weet hoe koud dit op ander plekke in ons land moet wees nie. Deur die genade het my kinders nie hierdie jaar (sover) ernstige griep opgedoen nie. Ek is besig om die wereld hier om te keer en maak tuin dat dit klap en hulle werk so hard en help my my klippe aandra en spit en plant. 'n Mens moet net b-a-i-e l-a-n-g geduld met hulle he en mooi verduidelik wat jy van hulle verlang.

Al die nuwe ouens het ook mooi aangepas en nadat ek die ou wat nie wou stort gedreig het dat ek hom self sal kom stort as hy nie plan maak nie, het hy besluit dit is veiliger om maar liewers te gaan stort. Dit is baie interressant om te sien dat die kinders wat uit welgestelde huis kom, moeiliker aanpas as die outjies wat gewoond is aan werk en nie so 'n oorvloed nie. Van ons mensies word baie bederf by die huis, soos een broer dit vir my gestel het dit is makliker om hom sy sin te gee en vrede te he, as om te probeer om reels en dissipline te handhaaf. Dit is onmoontlik om hier almal hulle sin te gee, so die eerste paar weke is die aanpassing vir sommige maar moeilik. Die ouens wat meer onafhanklik is bly in hulle eie klein houthuisie en hulle moet vuurmaak vir warmwater. 'n Groot kultuurskok vir die arme bloedtjies. Later begin hulle dit geniet om te gaan hout soek en vuur te maak in die 'donkeyboiler'.

Dit was vir my 'n baie moeilike besluit om Shelley nie op die plaas te laat bly nie, maar ek was so emosioneel afgerem na haar week hier op die plaas, dat daar vir my geen ander uitweg was nie. Dit het baie werk aan myself gekos om te besluit ek gaan nie skuldig voel oor my besluit nie, ek kan nie almal help nie, maar dat ek tog ook in 'n mate aan myself moes dink. Sy was met tye baie moeilik en my geduld moes solank rek dat ek wou gil ............................... sy het moeilik by reels gehou, regtig gedink sy is beter as die ander outjies hier, en om eerlik te wees is dat ek nie regtig opgewasse was om haar geval te hanteer nie.

Aan die anderkant het ek hierdie week die besondere voorreg gehad dat drie verskillende ouerpare vir my vertel het hoe gelukkig hulle kinders hier is en hoe hulle fisies sterker is, meer lag en gesels by die huis en tog ook haastig is om weer terug te kom na die plaas. Dan kry ek weer moed om aan te gaan. Daar het ook 'n ander probleem voor my deur kom nesmaak. Een van my kinders wat al 'n hele paar jaar hier op die plaas is, het verlief geraak om een van die nuwelinge. Beide is mans en beide is 'mondig'. Wat maak ek? Hulle is heeldag bymekaar, hou mekaar geselskap en pla niemand nie. Hulle pla niemand nie, gee die hoenders en eende kos en is heel gelukkig. Hulle verstaan nie van 'dit is verkeerd' nie. Beide gaan saam met my kerktoe en beide se ouers is sover my kennis strek, Christene.

Ons is nou presies twee jaar hier as huisouers en ek verwonder my nog steeds daaraan dat my Heer my pad na F.F. laat loop het. Ek het NOOIT GEDINK ek sal hier gelukkig wees nie. Wou net weg in die eerste drie maande, nou is ek gelukkig, met vrede in my hart. Ek het oneindig baie geleer van verstandelik gestremde volwassenes. Nie uit boeke nie, maar met praktiese betrokkenheid. Daar is nog baie om te leer en ek is gladnie (probeer ook nie) op die vlak van 'n sielkundige wees nie, maar ek ken elkeen soos my eie kind. Hulle giere en streke en selfs die outjies wat moeilik kommunikeer se taal verstaan ek al. Uit 'n alledaagse betekenlose lewe het die Here my in die diepkant van 'n lewens-skool ingegooi en my uitgedaag om te swem ................................ Bid vir my, ek kort baie wysheid.!!!!!

Soos altyd, warme F.F. groete en moenie waag verbyry as julle in die omgewing kom nie. Die weer is koud, ons harte warm en ek sal skons bak met room en aarbeikonfyt of Ta-An kan van haar 'mameleid' bring as sy nog oorhet.
Liefde
Mia

protea
Jul 2nd 2010, 04:48 PM
Hallo daar!

Mia , die kennis wat jy op FF opgedoen het , het jy nie in boeke van geleer nie. Dit is vir seker! En al jou vrae het die moeilikste antwoorde. Antwoorde wat net ons Hemelse Vader vir jou kan (en sal !) gee. Moet asb nie skuldig voel oor die feit dat jy nie kans gesien het vir Shelley nie. Dit klink vir my of sy voltyds n kinderoppasser nodig gehad het. En soos jy ook tereg opmerk:' Rules is rules' en hulle moet gehoorsaam word waar jy so n groep mense het wat saamwoon.

n BAIE interessante feit wat jy noem is die welgestelde ouers se kinders wat moeiliker aanpas. By hulle is geld nie n probleem nie en kry tuis dan genoeg fondse 'just to get them off our backs' ... of is ek nou baie naar?

Die twee verliefde mans...... EK weet nie eers naastenby hoe om te reageer nie. As hulle in hulle gestremdheid nie verstaan dat dit verkeerd is nie, is hulle dan toerekenbaar? Moeilike vrae het nie maklike antwoorde nie ne?

EK is so bly dat jy met vrede in jou hart kan se jy is gelukkig daar. Dit is WONDERLIK om vir iemand iets te kan beteken. Ek dink dis wat baie mense in die ouetehuise so mis : hulle voel nie hulle is vir enigiemand meer van waarde nie.

Wysheid waarvoor jy bid is net by ons Vader te kry wat uitdeel vir diegene wat daarom vra. Veral in julle geval waar julle wysheid tot die mag 40 (hoeveel kinners het julle?) nodig het?!

Julle klink vir my na n flukse spul mense. PM my jou posadres en dan stuur ek vir jou n paar vyelootjies as julle wil he? Mens kan dit per pos stuur . EK sit net aan sy onderkant nat toiletpaier wat weer in plastiek toegedraai is.

Al my liefde .
Protea

Mia Ashton
Jul 2nd 2010, 05:14 PM
Hi Protea
Dankie vir al jou bemoedigende woorde. Ons het darem ook baie pret hier en daar is elke dag iets om oor te lag (en te huil) Dit sal wonderlik wees as jy vir my 'n paar vye looitjies kan aanstuur. Ek het nie-eers gedink so-iets is moontlik nie. Ek is skoon opgewonde oor die vooruitsig.
My eie vyelaning op FF. Yes!!!!!!!

Ek het vir jou 'n email gestuur. Kan jy laat weet of dit daar uitgekom het. Ek het somtyds probleme met my PC en nie almal kry my emails nie.
Tot later
Mia

mari
Jul 3rd 2010, 06:43 PM
liefste Mia .........

Julle besluit oor Shelly was moedig en dapper ....... en ek glo heeltemal in die kol ....... jy soek die Here se wil eerste, en ek glo jy het dit ingesien in hierdie situasie .......... een van die eienskappe van 'n sterk mens is die vermoee om jou eie perke te respekteer .... ja, mens self toets dit, omstandighede toets dit en ander toets dit .... maar God weet waarvoor jy gemaak is en sal jou nie bo jou vermoee laat toets nie ........

Mamma-Mia ........ al raas jou hart ook wat, wees rustig .... sy is in die Vader se hande, danksy julle voorbidding wat sal voorgaan al is sy nie fisies daar nie ......... haar tyd by julle was glad nie 'n vlop nie - moet nooit so dink nie ..... niemand het opgedinges nie .... almal het gewen, as julle gewillig is om die lesse in die situasie in te sien .......... dit was 'n leerproses ( skoolgeld soos my ma sou se ) ......... vir julle en vir haar, en defnitief vir haar familie ....... dit klink of sy maar taamlik bederf is tussen haar eie mense ..... en hulle wil die probleem wat hulle self geskep het in ander se hande oorgee ..... not a good idea ! ...... mensies met aspergers is inderdaat heavy intellegent en met hulle onvermoee om ander se gevoelens regtig in te sien, kan hulle uites manipulerend raak sonder die regte leiding van kleins af ........

.... 'n tip .... as die dywl jou jouself laat bevraagteken oor Shelly .... gooi dit in sy gevreet en BID vir haar en haar mense ...... ons Vader laat NIKS flop nie, maar laat alles meewerk ten goede vir die wat glo ........... Shelly was nie daar om op julle plaas te bly nie, maar in julle HARTE ......

shalom ..... en huggs by die miljuisende.......
m

Mia Ashton
Jul 5th 2010, 05:19 PM
Liefste Mari,
Ek is so dankbaar vir die bevestiging wat ek deur middel van jou en Protea kry met betrekking tot my besluit om Shelley nie 'aanteneem' nie. Ek glo dit is waarlik die manier waarop die Here dit aan my bevestig. Lighuis is waarlik sy naam waardig ...... hier het julle vir my groot lig gewerp op 'n saak wat maar vir my taamlik swaar was. Ek is so lief vir julle almal!!!!!! Moet ook besef ek kan nie elke ouer help wat hier kom aanklop nie en hierdie ouers het ook nie die waarheid vir my vertel nie. Gese hulle bly in 'n karavaan en kan nie haar verblyf betaal nie, maar intussen het hulle werk en blyplek en was hulle met vakansie na Mosselbaai. Gun hulle dit................ maar hulle het nooit vir hulle kind perke gestel waarbinne sy kon funksioneer nie.
Dankie en liefde
Mia

Mia Ashton
Jul 26th 2010, 06:24 PM
Dagse almal,
Ek is opgewonde want Protea het vir my 'n KLOMP vyelooitjies gestuur, elkeen met sy eie soort-naam. Net op een pakkie staan daar 'sonder naam'. Ek sal nou-maar self 'n naam moet uitdink. Hierdie jaar moet ek nog die looitjies soos babetjies behandel, (TLC) maar volgende jaar kan ek hulle in "Die Boord" uitplant en dan het ek my eie eie vye-boord. Dankie Protea. Aan die punt van elke looitjie is daar die lig-groen belofte van nuwe groei. Laat my dink aan die groei wat in elkeen van ons plaasvind wanneer Jesus aan ons nuwe lewe skenk.

Op FF begin die dae heerlik warm word en sien almal uit na die lente. Ons dae is vol en bedrywigen daar is nie baie tyd vir ledig wees. Ek het so 'n jaar of twee gelede op my 'ou-dag' begin skilder maar hier op die plaas kon ek weinig tyd vind om dit te doen. Tot op 'n punt en toe besluit ek dat daar net eenvoudig tyd gemaak sal word en dit werk. Ek het vir my 'n spesiale eenkant plekkie ingerig en almal weet dit is taboe om dit in my "ateljee" te waag. Tog kan ek nie anders om somtyds te sit en lag as ek hoor hoe hulle buite die deur staan en beraadslaag wie dapper genoeg gaan wees om my te roep vir een of ander saak.

In een van my skrywes het ek julle vertel van die meisie wat haar so sny. Wel sy is nie-meer op die plaas nie en was sedert Desember in en uit inrigtings en hospitale. Dit het werklik baie sleg met haar gegaan. Ongeveer 'n week gelede kry ek 'n oproep van haar dat sy vir my wil kom kuier. Groot was my verbasing toe ek haar sien en die geweldige verbetering van haar voorkoms en ook haar hele liggaamstaal. Daar het iets uit haar gestraal wat nie voorheen daar was nie. 'n Vrede!! Sy het my van haar geweldige stryd vertel en ook die wonderlike nuus dat sy besluit het genoeg is genoeg. Sy gaan nooit weer aan 'n lemmetjies of glasstuk raak nie. Sy erken toe dat sy dit al voorheen gese het, maar hierdie keer voel sy dat daar oorwinning is. Sy het haar lewe aan Jesus oorgegee en het by 'n selgroep aangesluit en gaan ook gereeld kerktoe. Die verhouding met haar ouers en veral haar ma het ook verbeter. Ek het sommer gehuil van blydskap.

Hier het vandag 'n nuwe vrywilliger by ons begin. Sy is 49 jaar oud en het geen heenkome nie. Haar familie het nie vir haar plek nie en haar kerk probeer haar elke maand 'n ietsie gee vir die nodigste. Daar is so BAIE nood onder so baie mense!!!! Ons het ook 8 studente van die UK wat hier by ons werk. Pragtige kinders!!! Hulle is besig om my veggie-tuin te bou en my hoenderhokke te 'moderniseer'. Ek kan vir julle vertel dat daarie fyne Engelse dametjies net so goed met 'n pik en graaf kan werk soos die manne. Hulle werk baie hard en betaal ook vir hulle eie verblyf hier op FF. Dan bring hulle ook nog genoeg geld saam om die projek waaraan hulle werk, te finansier. Ek sal tog later vir julle foto's wys van die veggie-tuin. Miskien as julle kom kuier kan ons bietjie tuin toe stap en vir julle 'n mandjie met plaasgroente pluk en oor 'n jaar of wat, 'n bietjie vyetjies.

Warm plaasgroete vanaf FF.
Mia

mari
Jul 28th 2010, 10:13 AM
Mama-Mia .....

die trane sit ook vlak, ek is so dankbaar dat jy hierdie getuienisse met ons kan deel ....... die mensie met die sny probleem was nogal 'n beproewing vir jou, maar soos altyd het jy haar aan die Vader se voete gelaat, en daar het jy die resultaat .... oorwinning in CHRISTUS ......

.... onthou nou ook Shellie se kuier was glad nie om dowe neute nie ....... daar sal nog oorwiniigne daar ook kom en julle gebedsimput het baie daarmee te doen .........

seengroete

m

Mia Ashton
Oct 18th 2010, 10:02 AM
Liewe Ligvriende,
Hierdie is net 'n baie vinnige inloer om hallo te se en ook om vir julle te vertel dat ek more Zambia toe gaan vir 'n uitreik. Ons is 5 en gaan spesifiek in Lusaka die woord van die Here verkondig en om vir hulle van Jesus te vertel. Bid asb. vir ons en vir my, want die duiwel is besig om my van alle kante aan teval m.b.t. my werk op Funny F en my man en het probeer om te keer dat my paspoort betyd gereeds is. My permanente paspoort is vertraag, maar ek het 'n tydelike een gekry. Bid dat dit genoeg sal wees en dat dit wat die Here wil he ek moet spreek of nie spreek nie, duidelik vir my sal wees.

As ek nie so gereeld met julle gesels nie, beteken dit nie ek het julle vergeet nie. Ek loer dikwels in net om op hoogte te bly met al my vriende se segoed. As ek terug is sal ek vir julle vertel wat alles hier gebeur en van die uitreik.

Ons vertrek vanaand 12h00 na Jhb, bid vir veilige rit.

Liefde vir julle almal.
Mia

protea
Oct 19th 2010, 05:28 PM
Hallo Mia!

Ons bid vir julle veilige omstandighede en n wonderlike geestelike vernuwingstyd toe! Want wanneer jy mense met die Evangelie bedien , is dit die bedienaar van die Woord wat net soveel seen ervaar. Mag die Here julle almal geestelik versterk en mag julle vele na Jesus toe lei!

Mia Ashton
Feb 3rd 2011, 06:04 PM
Wees gegroet al my geliefde vriende,
Julle het seker gedink ek het die aarde verlaat, maar sedert my vertrek en terugkeer van Zambia het SO baie dinge met my en ook hier op FF gebeur. Nou wil ek net vir julle se dat ek na julle verlang het en in my gedagtes l-a-n-g gesprekke met julle gevoer. Ongelukkig kan ek nie alles wat gebeur het op die ope forum bespreek nie, wil net dat julle weet ek het julle gemis en na julle verlang.

Ons toer na Zambia was ongelooflik geseend. Die mense daar is so baie lief vir die Here en hulle het ons met ope harte en hande ontvang. Ons is elke aand op 'n heerlike ete getrakteer by een van die huise van 'n oudste. Dit was 'n ongelooflike ondervinding. Die laaste Vrydag voor ons vertrek, het ons jongklomp (2 meisies en 2 jong manne) gaan help met die bou van 'n muur om die kerk. Ek het van die begin af geweet dat ek 'n afspraak met my Heer het en daardie Vrydag het ek myself verskoon van al die bouery, en in retread gegaan. Ag, dit was so baie kosbaar. Ek het weer opnuut bewus geword van die liefde van ons Heer en dat Hy nooit moeg word vir ons en tyd maak in Sy besige skedule om 'n hele dag my te ontmoed en bewus te maak van Sy ewige liefde vir my en vir ons as mens. Dit was 'n 'bergtop-ervaring.

Ons het ook 'n wonderlike 'Nativity-play' gehad hier op die plaas. Dit was wonderlik geseend en ons het ook by ons kerk gaan optree. My kinders het seker vir 'n hele 5 minute 'n staande applous gekry. Meer as een het getuig dat dit 'n baie geseende opvoering was.

Die kinders het soos gebore Oscar-sterre gespeel. Is dit moontlik om vir julle die CD op die forum te plaas? Die man wat die 'MC' was, is een van my kinders wie se ouers hom heeltemal afgeskryf het. Hy loop altyd kop-onderstebo en hy konnie glo toe ek hom vra om die verwelkomingstoespraak te maak nie. Dit het so baie vir hom beteken. Hy was een van drie wat Kersdag op die plaas gebly het met geen familie of vriende wat hom kom besoek het nie. Met toestemming van die Trustees, kon ek vir elkeen 'n geskenkie koop en die vreugde op veral sy gesig het my laat huil. Hy het jare laas 'n geskenk gekry.

Dit is so goed om weer met julle te kan gesels. Ek het baie om optevang en ek hoop dat dit met julle almal goed gaan en dat julle nog hou by al julle Nuwejaarsvoorneme.

Ek gesels weer binnekort.
Al my liefde
Mia:hug: