PDA

View Full Version : Waatlemoen slaai...???



Ta-An
Feb 23rd 2010, 06:41 PM
Waatlemoen blokkies
Feta kaas en water... net bietjie van die kaas se water
Rooi uie, dun skyfies gesny.

Die Feta kaas se water maak 'n 'marinade'
Laat staan vir 2 uur voor bediening.

Laat weet my hoe dit smaak vir jou :)

protea
Feb 24th 2010, 01:57 PM
Sjoe , dis nogal n kombinasie! Sal dit uitprobeer.

Ek het gister 'Grelimanpynske' konfyt gekook. Dit werk so:
3 Grenedellas se moes
7 Lichi's fyngesny
1 Mango gerasper
1 Pynappel gerasper
7 Geelperskes gerasper.
Gooi alles bymekaar en weeg.
Neem dieselfde gewig suiker, voeg by vrugte en kook so vir n halfuur totdat die konfyt so wil-wil vassit aan die pot en bottel warm. Dis HEERLIK en SO geurig.

Ta-An
Feb 24th 2010, 04:37 PM
My waatlemoenslaai staan en marineer...sal kom vertel...

Grelimapynske..... wat 'n naam... klink in alle geval lekkerrrrrrrrrrrr

marline
Feb 25th 2010, 11:25 AM
Ek is net so lief vir waterlemoen. Hierdie slaai is in ons familie baie gewild: Waatlemoen blokkies, ontpit sover moontlik. Rooi uie skuiwe, gee sommer ook 'n mooi garnering, en 'n vinagairette slaai sousie. Laat staan vir +- 2 ure voor opdiening. As jou familie pietersielie eet, kan dit oor gegooi word, myne wil niks van die groen goed weet nie.:lol:

Ta-An
Feb 25th 2010, 12:57 PM
Marline....
Ek het sommer Rocket bygegooi vir groen, anders is die slaai darm baie bleek.... want die rooi vd waatlemoen en die pers vd rooi ui bots!! :lol:

Ek sal vir seker met verskillende slaai souse eksperimenteer ;)

marline
Feb 25th 2010, 01:13 PM
Waatlemoen blokkies
Feta kaas en water... net bietjie van die kaas se water
Rooi uie, dun skyfies gesny.

Die Feta kaas se water maak 'n 'marinade'
Laat staan vir 2 uur voor bediening.

Laat weet my hoe dit smaak vir jou :)

Gaan beslis die feta kaas probeer

Ta-An
Feb 25th 2010, 01:30 PM
Waatlemoen wat vir 2 ure lank staan met slaaisous oor....proe ??verlep?? of is ek nou weer sommer vol fiemies?? :lol:

marline
Feb 25th 2010, 06:13 PM
In die yskas verlep dit glad nie, en kan tot 'n paar dae nog vars bly.

Ta-An
Feb 26th 2010, 08:31 PM
Waatlemoen , kruisement en Kirsh :)

Lanie
Feb 27th 2010, 05:12 AM
Kruisement maak alles lekker....

Julle dames moet net in gedagte hou dat waatlemoen in baie hoŽ GI het, so streng gesproke moet dit nooit op sy eie geŽet word nie. Eet dit saam met ander lae GI vrugte om die total GI van die maaltyd te verlaag.