PDA

View Full Version : Wat maak Jona op jou skip????



MercyChild
Feb 25th 2010, 10:31 AM
‘n Tydjie gelede het ek ‘n groot stryd gehad en baie gebid teen depressie met die hoop dat dit nie weereens die oorhand in my lewe moes kry nie. Dit was met die ontdekking van Jona wat aan my ‘n antwoord verskaf het.

Jona het per boot probeer om God te ontvlug. Hy het onder op die boot se dek gaan skuil en later rustig aan die slaap geraak. Onderwyl hy in sy rustigheid verkeer het, het ‘n storm gereis. Die kaptein het angstig en bekommerd geraak dat hulle skipbreuk sou lei. Hy het beveel dat alle goedere oor boord gegooi moes word maar nogsteeds was daar min hoop.

Eindlik was Jona ontdek en die kaptein het tot die besef gekom dat Jona die oorsaak was dat hulle tot moontlike skipbreuk kon lei. Nadat Jona oorboord gegooi was het die storm bedaar en die skip het veilig voort geseil.
Die vraag is dus, in die storm van jou lewe, is daar dalk iewers ‘n Jona wat in jou bootjie ingekruip en en nou erens rustig lÍ en slaap onder in jou skip (hart). ‘n Jona wat deur ongehoorsaamheid daar geland het, wat nie veronderstelis om op jou skippie van die lewe moet wees nie. ‘n Probleem waarvan jy dalk nie eens bewus is nie? Het jy al diep gaan delf en gaan soek na die slapende probleem wat moontlik nog in jou hart lÍ. As daar ‘n Jona op jou skip is wat nie veronderstel is om daar te wees nie, ‘n Jona van ongehoorsaamheid, gooi hom van jou skip af, raak ontslae van hom en kyk of jou lewenskip dalk weer op rustig op die oseaan van die lewe mag seil. :hmm:

CFJ
Feb 25th 2010, 10:45 AM
Jy gaan haal 'n storie diep uit, sommer daar onder uit die skip se vragruim uit! :D

Dit wat jy sÍ maak sin Linda en mens het sommer 'n nuwe 'punchline' met hierdie storie van Jona wat mens self kan gebruik, dankie vir die mooi voorbeeld en wat ek vandag kon leer!

Ta-An
Feb 25th 2010, 01:07 PM
Linda-Kind (((hug)))

Die Filadelfieer
Feb 26th 2010, 05:45 AM
'n nuwe inslag wat mens sommer opnuut na 'n storie laat kyk wat ek gedink het ek ken dubbel en dwars, en werklik 'n vergelyking wat mens oor en oor kan gebruik. Baie mooi !

protea
Feb 26th 2010, 03:55 PM
n PRAGTIGE beligtingspunt Mercy Child! Dit laat mens voorwaar diep dink en dis net die Heilige Gees wat jou die kennis van daardie 'slapende Jona' kan gee as antwoord op gebed.

Ta-An
Feb 28th 2010, 07:19 PM
Mens kan ook vra.... Hoelom is Jona op jou skip...???

MercyChild
Mar 3rd 2010, 05:38 AM
Mens kan ook vra.... Hoelom is Jona op jou skip...???

Ek vra die vraag......en soek juis waar hy lÍ en slaap.