PDA

View Full Version : Vyestories.



protea
Feb 28th 2010, 02:08 PM
Raai raai hoekom is ons bure wat met wingerd boer so lief vir ons?...... Omdat ons so baie vyebome het en voels verkies enige dag vye bo druiwe. My skoonpappie hulle het op hulle ou familieplaas onder teen die rivier n lang vyelaning gehad naby die voels se neste. Die voels hak dan by die vyebome vas en hulle vlieg nie verder na die wingerd toe nie. Elementary my dear Watson....

Die foto is geneem van die Kadota vy en die druppel wat so hang is nie omdat hy besig is om suur te word nie. Dis n helder kleurige jel en stroopsoet en die bye is mal daaroor. As jy netnou weer by die vyebome kom het die bye dit al weer weggewerk. Jy kan ook merk die toe vrugogie en daarom raak die Kadota vy nie sommer suur ook nie want die muggies wat die vye suur maak het nie toegang nie.

Dis voorwaar n treffer. En ja , daar is nog oorgenoeg vye vir ons ook en om weg te gee. Hier is nie swerms finke en spreeus nie , maar WOLKE van hulle... Toe ons hier gekom het , het Hubby gese ek moet een van elke soort plant en so plant ek rustig voort om nou met 22 vyebome te sit , oorgenoeg vir mens en dier(ystervarke) en voels.

Ta-An
Mar 7th 2010, 01:59 PM
En dit is hoekom daar al van Bybel se tyd af 'n Vyeboom in die wingerd gestaan het :idea:
Elementary my dear Watson....
:lol:

protea
Mar 13th 2010, 02:46 PM
Touchť! Dis nes jy daar sÍ Les.....(Onthou julle die lewensversekeringsadvertensie?)

Ta-An
Mar 13th 2010, 08:46 PM
Touchť! Dis nes jy daar sÍ Les.....(Onthou julle die lewensversekeringsadvertensie?)

Nee???:hmm: .

protea
Mar 15th 2010, 02:58 PM
n Hele aantal jaar gelede het Les Franken n advertensie vir n sekere lewensversekeringsmaatskappy gemaak en die ou mensies het hulle rympies mooi geleer. Daardie sinsnede is deur hulle as be-aming gese nadat hy sy maatskappy se goeie hoedanighede besing het! Ons spot nog altyd in ons familie so as ons iets wil beaam.

Die Filadelfieer
Mar 16th 2010, 06:01 AM
Daar leer ek ook iets ! Baie interesant, en nou is ek lus vir vye.

Ta-An
Mar 16th 2010, 08:28 AM
Daar leer ek ook iets ! Baie interesant, en nou is ek lus vir vye.
Vye is in seisoen, maar die voŽls vreet myne voordat ek daar kan kom!!

Heerlikste swart vye en pers vye en lekker vye op die winkel rakke deesdae :pp

protea
Jun 26th 2010, 12:40 PM
Hi julle,
Dis nou tyd om vye lote in te sit. Het iemand nie dalk vir my n Smirna vy steggie of 3 nie? (Ons het dan so min vyebome....) Die omie met sy kwekerytjie in Montagu se Kogmanskloof is oorlede en nou is my bron van skaars vyebome ook daarmee heen. Sjoe , hoe lus is ek nou vir vye en dit innie mirrel vannie winter..... Gekoopte vyerolle is n goeie 2e beste.....
Groetnis.

Ta-An
Jun 26th 2010, 08:07 PM
Gekoopte vyerolle is n goeie 2e beste.....
Groetnis. neeee man.... gedroogte vye is die besterste

Mia Ashton
Jun 27th 2010, 11:11 AM
Ag nee toggie julle...... dis nie mooi om iemand so lus te maak vir vye en dan is dit nog lank voorlat daar enige vye eetbaar of beskikbaar gaan wees. Vye is een van die vrugte wat my op 'n 'trip' sit. 'n Trip terug na my kinnerjare op oupa en ouma se plaas Droekraal naby die (destydse) Westransvaalse dorpie Leeudoringstad. Daar was ook 'n vyelaning met groot bome. As kind het ek altyd tot hoog in die takke geklim en daar gesit en vye eet. Dan het ek gewonder oor die storie van Saggeus wat in die wildevyeboom geklim het net om Jesus te kan sien en die blydskap toe Jesus onder die boom stilstaan en met hom praat. Se nou net Jesus loop onder my vyeboom verby en praat met my!!!!! Wat sal my ouma se as ek haar moet vertel Jesus kom by ons eet................ Kosbare herinnerings aan 'n wonderlike kinderlewe by oupa en ouma. Ek probeer darem ook om een vyeboompie hier op die plaas te laat groei. Die eerste jaar was die boompie in 'n pot en daar was net een vyetjie aan. Ek het dit gesien as die belofte van 'n groter oes volgende jaar. Ons het nie voels wat die vye eet nie, maar ape. Miskien kan ek 'n paar (ape) daar na Protea se kant toe stuur, of ek of die ape moet skuif, want vye moet ek he en die 'fruitshop' se vye smaak nie soos die plaas se vye nie. Wonder waar is die verskil.........
Vyelose warm groete uit 'n koue nat bibber Funny Farm.

protea
Jun 27th 2010, 01:06 PM
Ek glo almal sal n vyestorie te vertelle he.... Mia, nee dankie vir die ape , ons het genoeg cheecky bobbejane hier in ons kontrei. Hier was 16 jaar gelede een groot trop ,maar nou is daar 3 HUGE troppe. Baie windstil nagte hoor jy hulle in die berg histeries - bezerk tekere gaan . Dan moet jy maar weet oom Luiperd pla hulle weer. Hier is een wat so oor die berg heen en weer toer. Maar die bobbejane raak arogant as jy nie die belhamels uithaal nie. Ons bure is sulke 'greenies' en wou aanvanklik niks weet van strenger maatreels teenoor die bobbies nie want hulle is dan sou oulik , maar soos die jare aangestap het , is die bobbies nie meer vir hulle oulik nie. Hulle het tot letterlik voor hulle voordeur gekom en ek hou nogal nie van hulle grynslag (daardie slagtande!) so deur die ruit nie.... Hier was een wat so lastig was by die vyebome en ook die koejawelbome- gewoonlik n ou mannetjie wat n uitgeworpene raak - en toe haal Hubby hom uit . En vir maande het ons nie weer probleme gehad nie. Daardie alleenlopers doen net kwaad.

My skoonmammie het vertel van n baie klein koffievytjie wat hulle gebrand het en gemaal het en dit vir koffie gebruik het. Ken julle dit? Vye is darem self bo-aan my vrugtelys. Ek wonder so oor Openbaring se vrugteboom wat 12 keer per jaar gaan vrugte dra. Hy sal seker darem so n vytjie of 7 aanhe, hoop ek....

Stel jou in Saggeus se plek: As Jesus van onder af met my bo in die boom gepraat het, het ek vir seker uit die boom geval van oorstelptheid..... In die Bybel staan dat Saggeus vinnig afgeklim het. Maar val is mos vinniger...

Ta-An
Jun 27th 2010, 04:35 PM
Ag julle is oulik.....Protea skakel die ketel aan vi 'n biki tee, ek en Mia is op pad :)

Mia Ashton
Jun 28th 2010, 11:38 AM
Verseker Ta-An, wag net vir my......... moenie wegry nie, ek gee net gou my 30 kinders koffie en brood.

protea
Jun 28th 2010, 01:06 PM
YESSS!!! Mia , pak sommer jou kinners in n bus en bring hulle saam!!! My keteltjie koooooooook al.....

protea
Feb 4th 2011, 12:24 PM
Ons het al weer so n rondloper/uitgeskopte bobejaanmannetjie hier om die huis en op die plaas. Die laaste paar maande het hy al 3 vrugtebome se takke gebreek. Die takkies wat hy uitsoek , kan mos nou darem nie sy gewig dra nie , man! Maar nietemin, die vierde tak wat hy gebreek het , is die tak van die Kadota vyeboom , die lekkerste van al die soorte vye! So hy is nog uitsoekerig en kieskeurig daarby.

Vriende van die Citrusdal wereld het vertel dat n trekkerwerker vir hulle kom se het van een Satsuma boom (dink ek) wat elke jaar voor die ander Satsumas ryp is onder die bobbejane deurloop . Hulle hou toe die sitasie fyn dop in die nuwe seisoen en hulle kom toe agter dat dit n uitsonderlike lekker Satsuma is EN dat hy 3 weke voor die ander ryp raak. So het hulle toe van sy materiaal vermeerder en hulle oesseisoen vervroeg met drie weke. Om kultivars te kry wat so een na die ander ryp raak is mos altyd beter (EN meer lonend!) as dat alles op n hoop gelyk ryp raak!

Dus, moenie Bobbie se smaak en oordeel minag nie!

Ta-An
Feb 4th 2011, 12:32 PM
Ekke nÍ... het vir die eerste keer in my lewe Vye-konfyt gekook :monkeyd:
Ek het die voŽls voor gespring en die vye gewen.... tot binne die konfyt bottels in :yes: HEERLIK

protea
Feb 4th 2011, 03:39 PM
Kyk as jy oulik is , is jy oulik! En nou sien jy hoe maklik dit is! Kg vrugte en n kg suiker en daar gaan jy.

Ek het vandag weer groen vye gekook. Die Kadota dra sy vye in n sulke kloste en mens MOET hulle uitpluk sodat die wat uitswel plek het om uit te swel. Maar nou is ek STROOP soet!

Son of the South
Feb 4th 2011, 04:30 PM
As die vrugte vanself 'n hoŽ suikergehalte het, kan jy die suiker minder maak. Die suiker het wel 'n preserverende effek, so moenie sommer minder as sÍ maar 0.75 tot 1 gaan nie.

trudie
Feb 7th 2011, 03:54 PM
Vye konfyt saam met vars brood en botter,dit is nou mos koningskos.