PDA

View Full Version : Swaeltjie-argitektuur.



protea
Feb 28th 2010, 02:49 PM
Die swaeltjies het uiteindelik die boodskap gekry om uit die buite-waskamer te bly en toe gaan soek hulle n uitstekende nuwe plek om hulle nessie te bou nl onder die dak in die hoek waar 2 mure en die dakke bymekaarkom. En hulle ruk hulle nuutgevonde argitektuur kennis uit (seker by die engeltjies geleer..) om met hierdie meesterstuk vorendag te kom.

Dit was nogal droog die tyd toe hulle die nessie gebou het en ons het op verskillende plekke op die groter werf besproei. Op een kol was die modder meer witterig en op ander plekke was daar weer n ander kleur klei . Dit verklaar moontlik die unieke en kleurvolle bouwyse.

Maar die toppunt van die hele poging is die manier hoe hulle in daardie nessie inkruip. Let op : Die ingang na die nessie is in die hoek en daar is net plek vir n swaeltjie om daar in te pas. Volmaak en nommerpas . Daardie maneuvers kon geen lugmag nog naboots nie! Meesterlik!

Die Filadelfieer
Mar 1st 2010, 08:16 AM
Kyk nou net ! Lyk amper soos 'n Basothoe-huisie met al die kleure. :)

Ta-An
Mar 1st 2010, 05:50 PM
Mooi kleure, en hulle hoef nooit te verf nie!!
Nogal hip swaeltjies wat jy het :)