PDA

View Full Version : Tofu



Ta-An
Mar 2nd 2010, 01:28 PM
Wie van julle eet Tofu?
Hoe maak julle dit gaar?
Is vars Tofu rou?

daughter
Mar 2nd 2010, 01:35 PM
Ek eet tofu. Partykeer dit smake soos niks. U moet kook dit goed.

Knip dit binne-in klompe. Vries dit. Defrost dit. Sit dit in sous vir smaak. Los dit oornag. Rol dit in meel en "fry" dit. Smake goeie!

Ek is jammer my afrikaans is nie goed

Ta-An
Mar 2nd 2010, 01:42 PM
I had you in mind when posting this..... thanks for responding... Afrikaans heel goed,

{sny dit in stukke} maybe a better translation.

Ek het rou Tofu vir middag ete gehad.... sal nie weer nie :)

Tofu gemeng met Grondboonjie botter... heerlik lekker. ;)

Gaan bevriesing probeer..... more chewy might actually be pleasantly different :)

Die Filadelfieer
Mar 4th 2010, 08:21 AM
Ek hol nou so koes koes hier in met 'n vraag wat niemand my nog kon antwoord nie ................. WAT op dees aarde is tofu ?

Ta-An
Mar 4th 2010, 08:46 AM
Fila, eers teer en veer ons vir jou :)

Tofu is wit en sag, amper die tekstuur van roomkaas en/of gaar eierwit.
Dit is gekoaguleerde soja melk, 'n goeie bron van plant proteine vir mense wat nie so baie van rooi vleis hou nie ;)
Smaakloos..... daarom kan mens dit met gronboontjie botter meng, of met kerrie en pynappel.... baie veelsydig eintlik.... kan saam eiers soos roer eier bedien word.... of in skyfies sny en in Olyfolie en botter braai, of in 'n slaai bedien...

Uitstekende plaasvervanger vir dierlike proteien soos reeds genoem, veral vir mense wat een of ander kolon siekte het wat nie dierlike protein kan verwerk nie.... veral voordelig vir mense in die A bloedgroep :)

protea
Mar 4th 2010, 12:41 PM
Ek hol nou so koes koes hier in met 'n vraag wat niemand my nog kon antwoord nie ................. WAT op dees aarde is tofu ?

Ek dog self jy sit dit op jou kop as jy na n gradeplegtiheid toe gaan.....

protea
Mar 4th 2010, 12:43 PM
Koop mens tofu of kan jy dit self maak?

Ta-An
Mar 4th 2010, 12:49 PM
Koop mens tofu of kan jy dit self maak?

Beide..... ek koop maar myne want dit kos my R5 vir 3 groot porsies :pp

daughter
Mar 4th 2010, 12:49 PM
U kan maak dit jouself, maar dit smake afskuwelik!

Ta-An
Mar 4th 2010, 12:58 PM
Tuisgemaakte Tofu resep

Lanie
Mar 4th 2010, 07:00 PM
Ek dog self jy sit dit op jou kop as jy na n gradeplegtiheid toe gaan.....
:rofl: :rofl: :rofl: :rofl: Dankie Protea, hier kom maak jy my nou lag dat die trane loop na 'n baie hartseer dag. Dankie!

Fila sallie weet wat tofu is nie, hy is 'n boerseun en boerseuns eet net rooivleis en hoender vir groente.

protea
Mar 6th 2010, 12:30 PM
I surely have my nuisense value on this forum....

Ta-An
Mar 6th 2010, 04:56 PM
I surely have my nuisense value on this forum....

En dit is so goed soos medisyne :)

Ta-An
Mar 7th 2010, 03:38 PM
:pp Nuwe eksperiment.....

Ek het die Tofu gevries, en laat ontdooi, blokkies gesny en gebraai in Olyf-olie en botter met sout oor, gebruik in 'n vars spinasie slaai met Ina Paarmans se kruie slaai-sous...... heerlik!!

Slaai bestanddele:
baba spinasie
ice-berg blaarslaai
gekapte groen uie
rooi uie ringetjies
geweekte droŽ pere, gekerf
gebraaide ontdooide vooraf-bevrore tofu
gekapte pekaneute
Braaide vars pynappel
Ina Paarmans kruie slaaisous

Heerlik!!