PDA

View Full Version : BELANGRIK S NEE vir Pornografie.



Die Filadelfieer
Mar 4th 2010, 06:52 AM
Na aanleiding van DSTV se planne om 'n porno-kanaal te begin, het Helpende Hand hierdie webtuiste (http://www.helpendehand.co.za/?p=1962)begin waar mense 'n mediaverklaring aan Multi-Choice kan onderteken.
Volgens hierdie berig (http://www.news24.com/Content/Entertainment/SouthAfrica/1043/73bb43d02553425ba5f350c22fedb159/03-03-2010-10-52/DStv_porn_13_000+_say_no_)is daar al 13 000 mense wat die projek ondersteun.
Kan ek vra dat die Lighuisers ook hulle stem daar sal ingooi ? Dit vat letterlik net 'n paar sekondes om te regestreer

Wat dink julle ouens van pornografie ? Daar is natuurlik 'n groot gros mense wat reken dat porno nie sleg is nie, veral om dinge bietjie "op te kikker" in die huwelik. In bg. berig skryf Danie Langer egter:



"All those who watch pornography are not necessarily molesters, but according to experts all child molesters watch pornography."


Interesante stelling n ?

Ons lewe in 'n wreld waar pornografie en losbandigheid heeltemal aanvaarbaar geword het, en eintlik aangemoedig word, maar wat is die gevolge hiervan ? Behalwe vir die skade aan jou siel, het mense wat hierdie lewenstylle aanmoedig al onlangs na die nuutste HIV statistieke gekyk ? Suid Afrika is los hande voor die res van die wreld wat VIGS besmetting betref, wat beteken dat ons seker loshande die losbandigste land in die wreld ook is. Losbandigheid en rondslapery word as kulturele verskynsels aan ons voorgehou om dit meer aanvaarbaar te maak, en Christene word selfs verkwalik as hulle eie sedes meer belangrik is as politieke korrektheid.

Wat is julle mening hieroor ? Wil jy graag sien dat jou kinders en kleinkinders onder hierdie omstandighede groot word ? Wat staan ons te doen as ouers, grootouers, en "wagters op die muur" wat die verskantsing (indien enigsens) van ons kinders betref ?

RR van Wyk
Mar 4th 2010, 09:05 AM
Dankie vir jou inligting, sal dit soos 'n veldbrand versprei sover ek kan. Mense besef nie hoe groot probleem hierdie kan raak nie, dit begin met onskuldige goed en voor jy jou o kan uitvee sit ons met GROOT probleme en veranderings juis soos hierdie wat dan nie verander kan word nie, omdat ons nie al ons kele dikgemaak het met die klein goedjies nie...

Son of the South
Mar 4th 2010, 01:51 PM
Ek het self gaan stem en ek het sommer aan my vriende en familie ook versprei. Ek stem saam met jou RR, mens moenie die goed vatkans gee nie. Ek sit juis vanoggend in die verkeer en dink aan die vieslike SON advertensieborde wat altyd op ons lamppale was. Ek weet nie eers wat van hulle geword het nie, maar prys die Here dat dit darem stil-stil verdwyn het!

Pornografie is 'n vieslike ding wat vroue ontneem van hulle vroulikheid en hulle menswaardigheid. Dit is 'n ketting wat mense skelm in 'n wurggreep sit en hulle vasboei, voor hulle besef waarin hulle eintlik vasgevang is.

Die Filadelfieer
Mar 5th 2010, 10:29 AM
Dit is baie waar SOS, mens besef nie hoe erg dit eintlik in die porno/prostitusie wreld gaan nie. Dwelms, verkragting en uitbuiting is aan die orde van die dag as dit by hierdie "bedrywe" kom.

Ek lees vanoggend dat daar tot soveel as 40 000 ekstra prostitute in SA gaan wees met die Sokker. Hoe kan ons nog kwalik geneem word vir ons sogenaamde "eng" uitkyk as daar sulke dinge rondom ons gebeur ?

chisel
Mar 6th 2010, 09:43 AM
Hier is die onderhoud wat James Dobson (Focus on the family) met bekende reeksmoordenaar Ted Bundy gevoer het die dag voor Ted Bundy se teregstelling.
Hierdie is inderdaad 'n insiggewende onderhoud.

http://www.settingcaptivesfree.com/resources/article/ted-bundys-interview/

Ek kan dan ook www.settingscaptivesfree.com se kursus "Way of purity" aanbeveel vir enige iemand wat vryheid van verslawing aan pornografie verlang. Ek is tans besig om die kursus te te doen.
Die fokus van die kursus is God-gesentreerd en nie gebasseer op allerhande moderne sielkundige foefies nie. Die oplossing van die mens se morele dilemmas, hetsy pornografie, dobbel, alkoholisme, self-mutilasie (cutting) ens. is altyd Jesus. Die kursusse op SCF is werklik iets wat ek kan aanbeveel.

Willem
Mar 6th 2010, 07:34 PM
Pos die link op facebook , per epos aan almal wat jy ken dat dstv wakker skrik. Dis vir survey wat hulle oor die gevra het.vul self ook in!


http://surveys.c-search.co.za/survey/adult2010.htm

(Cut and Paste the above link to your internet address bar)


If the link above does not take you to the survey, copy the following text into you browser address bar:
http://surveys.c-search.co.za/survey/adult2010.htm.

Groete Willem

David2
Mar 7th 2010, 04:33 AM
Dankie ouens. Ek het helpende hand en die suvey ingevul. Dit is bemoedegend om te sien dat daar darem 'n paar bekende name is wat die ding teenstaan. Oor die algemeen glo ek nie eintlik aan aksies en petisies vir Chritsene om sekere goed af te dwing nie. Die wreld is in die hande van die bose en so sal ons hier lewe tot op die laaste dag. Maar hierdie saak is ietwat anders. Dit gaan nie net oor 'n Christelike standpunt nie, maar oor die beskerming van kinders en die karakter van die gemeenskap.

Ek het ook my e-mails uitgestuur.

David2
Mar 10th 2010, 03:21 PM
Dit lyk my julle stemme en julle e-mails om mense te laat stem werk nog steeds.
Dit is nou al 41 000 wat NEE s.
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/7b8941376a024618a530debfa31d63dc/10-03-2010-02-51/41_000_s%C3%AA_nee_vir_pornografie-kanaal

lukeskywalker
Mar 10th 2010, 07:53 PM
Daar is 'n facebook groep ook wat nou so 3000 lede het

http://www.facebook.com/group.php?gid=366967944767&ref=mf

David2
Mar 12th 2010, 04:42 AM
Die zip is toegetrek
http://www.nuus24.com/Content/Vermaak/Nuus/1558/a1806a08faea4fb0b8bc1a88cad6672a/12-03-2010-05-20/G%E2%80%99n_porno-kanale_vir_DStv