PDA

View Full Version : Iets te leer hieruit ?



Die Filadelfieer
Mar 8th 2010, 06:48 AM
Na aanleiding van hierdie berig : ĎBid vir Zuma, help vir Zumaí (http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/e25b379cc8c44912b8102c425b1e9c12/08-03-2010-07-36/%E2%80%98Bid_vir_Zuma,_help_vir_Zuma%E2%80%99) , is hierdie nie 'n teregweising vir ons (myself ingesluit) wat alewig kla oor 'n onbeholpe regering en sy lede nie ?

Ek dank die Here dat Hy (weereens !) vir oompie Angus gebruik het as spreekbuis vir 'n baie waardevolle les : in plaas daarvan om te kla en te raas, gaan ek van nou af vir die regering bid ook.




Die voortrekkers het 'n spreekwoord gehad : Bid.... en hou jou kruit droog. Ek kan nogals saamleef daarmee. :)

Johnny
Mar 8th 2010, 07:11 AM
God bly in beheer:

Col 1:16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

Tit 3:1 Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;

Hy stel regerings aan en af. Ons moet vir hulle bid......daar is GEEN ander uitweg meer nie. Daar wag egter nie 'n Etopia op Suid Afrika of die wereld nie, behalwe die 1000 jaar vrederyk, waar Jesus vir ons gaan wys hoe dit gedoen moes gewees het.

Ek het die berig gelees en ongelukkig hanteer Angus vir Zuma asof hy 'n gelowige is. Ek sou Zuma tot bekering wou bring, maar ongelukkig is NIKS hiervan ter sprake in Angus se boodskap nie. Zuma glo nie in die God van die Bybel nie.

RR van Wyk
Mar 8th 2010, 07:21 AM
Ek dink dit behoort ons as Christenne se fokus te wees... Ek weet nie of ek die enigste een is wat dit so sien nie, maar dit is asof daar 'n verskuiwing is in hoe mense "geklassisiseer" word.

Die onderskeid tussen verskillende rassegroeppe is besig om weg te val, of terug te val, terwyl onderskeid tussen geloof meer prominent word... Sien ek reg?

Christenne word soos 'n "nasie" op sy eie uit verskillende mense van verskillende agtergronde en rasse. 'n persoon uit 'n ander ras as ek wat ook 'n Christen is, is byvoorbeeld meer my broer as 'n ongelowige uit dieselfde ras as ek.

Dit sal lekker wees as Christenne in hierdie land 'n meer prominente rol begin speel. Om vir die Presedent te bid en hulp en steun aanbied in die regte rigting, kan Groot verskil maak

RR van Wyk
Mar 8th 2010, 07:24 AM
Jy is ongelukkig reg Johnny. Die Presedent wil voorkom asof hy gelowig is, maar nie GLO nie. Hulle maak in meeste gevalle meer 'n bespotting van ons Koning as enigiets anders...

Ta-An
Mar 8th 2010, 09:58 AM
Al behoort Zuma aan 'n sekte, verwag God nog steeds dat ons voorbidding vir die regering sal doen.

Die Filadelfieer
Mar 8th 2010, 10:26 AM
Al behoort Zuma aan 'n sekte, verwag God nog steeds dat ons voorbidding vir die regering sal doen.

Ek dink dit is ook die punt wat oompie Angus wou gemaak het : die Bybel diferensiŽer nie tussen Christelike en nie-Christelike regeringsamptenare nie, bid moet ons bid, ongeag van geloofstatus.

Johnny
Mar 8th 2010, 10:45 AM
Ek dink dit is ook die punt wat oompie Angus wou gemaak het : die Bybel diferensiŽer nie tussen Christelike en nie-Christelike regeringsamptenare nie, bid moet ons bid, ongeag van geloofstatus.

Ek wonder hoekom oompie Angus nie reguit vir Zuma kan aanspreek oor bekering en sy sondige lewenswyse nie. Doen hy dit nie op sy plaas aan 180 000 manne nie of op vol stadions nie......onthou....Loftus vir Jesus? Wat van Zuma vir Jesus! Daar is nou 'n "punchline" as hy een wil gebruik!

Ta-An
Mar 8th 2010, 11:40 AM
Wat van Zuma vir Jesus! Daar is nou 'n "punchline" as hy een wil gebruik! Wel hy't spottenderwyse gesÍ ANC sal regeer tot Jesus terug kom..... miskien gouer as wat hy verwag :idea:

Inderaad Johnny,,,,, dis nog nie te laat vir 'n Nuwe jaars bid voorneme nie ;)

Johnny
Mar 8th 2010, 11:50 AM
Wel hy't spottenderwyse gesÍ ANC sal regeer tot Jesus terug kom..... miskien gouer as wat hy verwag :idea:

Inderaad Johnny,,,,, dis nog nie te laat vir 'n Nuwe jaars bid voorneme nie ;)

Of hy het dit gese om te sinspeel dat Jesus NOOIT sal terugkom nie omdat hy nie in Jesus glo nie?:hmm: