PDA

View Full Version : Bespreking Die GROOTSTE tafel nog ooit gedek.....!



Johnny
Mar 8th 2010, 08:41 AM
Kan God 'n tafel dek? Hier is drie voorbeelde van hoe God voorsien.

1.) Vyf brode en twee vissies. 'n Skare van 5000 mense. As in ag geneem word dat daar vir elke man heel moontlik 'n vrou was, en hulle elk ten minste 1 kind gehad het, dan was dit 15 000 mense.....en dan het daar nog 12 mandtjies oorgebly. Al gewonder hoekom 12 mandtjies? Dit verwys na die 12 stamme van Israel wat aan die einde van tyd weer bymekaar gemaak sal word vir die terugkeer na Israel....en dit gebeur voor ons oe!

Kan God 'n tafel dek?

2.) Moses en die volk, omtrent 3 000 000, trek deur die woestyn vir 40 jaar. Ek was al in daai woestyn. Boetie, dit is nie vir sissies nie. Dink daaraan. As elke persoon net 1 liter water per dag moes drink, en ek glo dit was meer as dit, is dit 3 000 000 liter water vir een dag! Waar het al die hout vandaan gekom om vuur te maak om kos voor te berei?

Kan God 'n tafel dek?

3.) Die grootste tafel nog! Ons het gister nagmaal gehad. Vir biljoene mense het God hierdie tafel voor berie......en vir nog biljoene wat moet kom. 'n Tafel wat NOOIT leeg raak nie, wat NOOIT opdroog nie. 'n Tafel waaraan elke mens op hiedie aarde deelagtig kan word. 'n Tafel van versoening, van redding, van afwassing, van genesing ,van troosting..........!

Kan God 'n tafel dek?

CFJ
Mar 8th 2010, 08:53 AM
Mooi gestel Johnny, nog nooit so daarna gekyk nie en dankie vir iets wat ek vandag kon leer!

Ta-An
Mar 8th 2010, 09:25 AM
Johnny ons God is GROOT!!!