PDA

View Full Version : Sopas 43.5 grade gemeet!



Philip dT
Mar 8th 2010, 01:12 PM
Sopas 43.5 Grade C gemeet op Stellenbosch se lughawe: http://iweathar.co.za/display.php?s_id=66
(http://iweathar.co.za/display.php?s_id=66)
Dis op dae soos vandag dat ek bly is ek gaan nie hel toe nie. :lol:

Die Filadelfieer
Mar 8th 2010, 01:57 PM
Mensig ! Hier by ons eintlik 'n lekker herfserige dag, jy moet maar kom kuier of iets. (Klaar by die lughawe, klim net op 'n vliegtuig.)

Philip dT
Mar 8th 2010, 02:31 PM
Nee, ek is darem nie by die lughawe self nie - eintlik meer korrek 'n vliegveld (op Stellenbosch). Maar ek lees dit van hulle blad af. Ja, ek sal eendag moet kom kuier...

Johnny
Mar 9th 2010, 06:22 AM
Laasjaar in Israel stap ons af na die Dooie See om 06h30 die oggend. Daar is 'n elektroniese temperatuur meter. Die Dooie See is die laagste plek op aarde, sowat 430m onder seevlak. Die temperatuur was 47 C daai tyd van die oggend.

protea
Mar 11th 2010, 12:59 PM
In Dinsdag se Burger het hulle die termometer afgeneem waarop die temperatuur in Porterville gemeet is en dit was n hele 50 .04 grade in die koelte. Die warmste temperatuur in ons land wat nog aangeteken is , was op n plekkie effens oos van Vioolsdrif teen die Oranje met n ietsie oor die 52 grade.