PDA

View Full Version : Nagmaal met Weetbix - 'n Verhaal vir die Paastyd.



Mia Ashton
Mar 8th 2010, 08:34 PM
Daar was eenkeer 'n vrou wat die koster was by 'n baie ryk en belangrike gemeente. Byna al die leraars in die betrokke gemeente kon dr. voor hulle name skryf. Sondag vir Sondag het sy vroeg by die kerk opgedaag om te sorg dat alles in orde is vir die Erediens. Niks mag verkeerd wees, die water op die kansel, die doopbak op die regte plek, presies sover regs en sover links. Die 'liturgiese ruimte moet presies volgens voorskrif gerangskik wees. Sondag na Sondag is sy opgevreet deur spanning oor die werk wat sy voel sy vir haar Here doen en nie vir mense. Alleenlik haar liefde vir haar Here het haar die krag gegee om haar kop hoog te hou en te glimlag, al het haar hart gehuil, want sien, sy en haar man kon nie meeding met die bogemiddelde gegoede gemeente nie.

So ry sy dan nou een Sondagoggend baie baie vroeg kerktoe. Die Sondag is daar 'n eucharistiese nagmaal wat gewoonlik 6 uur begin het. Dit is dan ook nog sterk skemer toe sy al op pad is kerktoe. Haar gedagtes is 'n mallemeule. Sy bekommer haar dood dat sy die verkeerde geheime kode vir die alarmstelsel in die kerk sal druk en dan gaan die mense kla omdat die alarm so lank gelui het. Die betrokke stelsel het 'n ongelooflike harde geluid gemaak. Hoor en sien kan vergaan en sy weet as sy nie kophou nie, kan dinge skeefloop. Oor en oor herhaal sy die kode en bestuur meganies tot by die kerk. Haar hart klop in haar keel. "Here help tog net dat ek die kode onthou!", is haar onophoudelik pleitgebed. Half onbewus klim sy uit die kar en stap na die sydeur waardeur sy toegang tot die kerk verkry. Haar hande bewe toe sy die deur oopsluit en haar voete huiwer op die drumpel. "Help Heer!" en sy stap binne. Oorverdowend skel die alarm deur haar flenter senuwees, tog slaag sy daarin om die kode intesleutel en 'n salige stilte omvou haar. "Dankie Heer" en haar kop rus vir 'n oomblik teen die koel muur van die kerk.

Nou moet sy net gou die wyn en druiwesap in die kelkies gooi, die spesiale brode wat sy gisteraand al aangekoop het regsit, sorg dat al die deure oopgesluit is en probeer om in haar eie gemoed bietjie rustigheid te kry. Haar man het homself 'n paar dae gelede in 'n rehab laat opneem vir alkoholverslawing, maar niemand by die kerk weet dit nie. Dit was sy versoek. Hy wou haar die verleentheid spaar. Hy het geweet van die liefdeloosheid by die plek waar sy so graag troos en gebede wou aanvra.

Skok op skok tref haar toe sy by haar motor kom en besef sy het die motor gesluit, maar die sleutels is nog binne. Hoe op aarde gaan sy nou die spesiale nagmaalbrode wat altyd vir die betrokke nagmaal gebruik word, uit die motor kry. Hoe sy ookal probeer, sy kan gladnie die venster oopkry nie. Selfs die nagwag by die kerk kan dit nie regkry nie. Sy bid en bid. Kan die Here dan nie sien hierdie is werklik 'n noodgeval en help nie? Dit is tog Sy eer wat op die spel is. Eintlik weet sy dit is haar werk wat sy kan verloor. Hulle enigste inkomste. Waarmee gaan hulle nagmaal vier? Die dominee wat vanoggend se diens waarneem is een van die heel moeilikste. Sy het al voorheen onder sy tong deurgeloop. Hy sal haar nie ontsien nie. Hy is 'n doktor in die teologie, hoog geleerd en sal nie sulke agterlosigheid duld. Dink net aan al die belangrike mense wat nagmaal toe gaan kom en daar is nie brood nie. "Ag Here, U het voorheen al duisende mense gevoed met 'n klein bietjie kos, maar waarmee gaan hierdie gemeente van U vanoggend nagmaal hou. Help my tog asb."
"Daar is Weetbix in jou lessenaar se laai"
"Here, Weetbix, wat gaan Ds. daarvan se. Ek kannie dit doen nie!"
"Gebruik die Weetbix."
Sy gaan die kerk binne en begin alles gereed kry. Dan stap sy na haar laai en haal die boxie met Weetbix uit. Sy was ook kassier by die kerk en het halfdag gewerk en Sondae koster. Wanneer sy in geweldige spanning verkeer is dit die enigste kos wat sy kan eet wat haar nie maagpyn gee nie. Die laaste paar weke is dit al waarvan sy leef. Trane van wanhoop vul haar oe, maar sy kan niks anders doen as om die Stem te gehoorsaam nie.

Toe die leraar inkom en hy die storie hoor, kan sy sien dat hy nie baie gelukkig is nie, maar hy besef dat niemand die motor kan oopkry nie en hy kan of die nagmaal afstel, of dit met Weetbix hou. Hy gee haar ook 'n CD en 'n lys van liedere wat sy tydens die kort diens moet speel. Haar maag draai nog meer. Sy moet nog die klankstelsel ook hanteer en die is so ingewikkeld soos die binnekant van 'n groot passasiersvliegtuig.

Sy neem haar plek by die klankstelsel in en die gemeente begin inkom. Sy speel die eerste lied en besef te laat dat dit die verkeerde een is. Snikke ruk onhoorbaar deur haar lyf. Sy voel totaal onwaardig in hierdie Kerk. "Here, ek is U nie werd nie. Ek kan niks doen sonder om foute te maak nie. Ek sal bedank sodat iemand wat U waardig is hierdie pos kan vul." Sy weet niks van die hele diens nie. Dan kom die uitnodiging dat mense voor by die kansel kan kniel en persoonlik die Nagmaal van die dominee ontvang. Sy besluit dat sy nie gaan nagmaal gebruik nie. Sy moet by al die mense verbyloop om voor by die kansel te kom en sy lyk soos 'n nagmerrie na al die trane. Een vir een gaan die mense en ontvang hulle Weetbix en wyn. Die betrokke oggend was daar nie baie mense in die kerk nie.

Eindelik is dit nog net sy wat nie gegaan het nie. Weer kom die uitnodiging van die leraar. "Nee Here, ek kannie. Ek is U nie waardig nie" Dan voel dit vir haar of 'n hand haar op haar voete help en vorentoe stoot. "Ek kan nie" huil sy wanhopig, maar die ferm hand bly op haar skouer. Voor die kansel kniel sy op die bankie, terwyl trane oor haar wange stroom. Sy kyk in die oe van die leraar en sien daar iets - meegevoel, liefde. Sy hoor Sy Stem, en nie die van die leraar nie. "Dit is My liggaam wat vir jou gebreek is, ja vir jou. Al sou jy die enigste mens wees, sou Ek nog vir jou gesterf het." Sy neem die Weetbix by die leraar en verwurg byna daaraan. Dankbaar neem sy die wyn en hoor: "My Bloed wat vir JOU gevloei het." Snikkend staan sy op en stap terug na haar sitplek by die klankstelsel en speel al die verkeerde snitte. Niks maak meer saak nie. Jesus het haar lief. Hy het vir haar gesterf lank voordat sy gebore is. Toe het Hy al geweet wie en wat sy sou wees en het Hy besluit sy is waardig om Sy kind te wees. Geen mens kan ooit weer die wete van haar wegneem nie. Vanoggend het Hy op 'n baie besondere wyse 'n persoonlike ontmoeting met haar gehad. Met Weetbix, het Hy haar geleer dat niks op aarde vir Hom so belangrik is, soos die liefde wat mense vir Hom en vir mekaar het nie. Sy bang niemeer die hoe dominee nie, sy bang niemeer die tyd wat voorle met haar man in rehab nie. Met haar God sal sy en kan sy oor 'n muur spring.

"Dankie Here dat U die motor toegesluit gehou het, sodat ek U liefde en U stem vandag baie duidelik kon ondervind en kon hoor. Hierdie was 'n 'berg van verheerliking ervaring' en Weetbix sal my altyd daaraan herinner."

Epiloog.
Na die diens het vriende haar na haar man in die rehab geneem om die spaarsleutel van die motor te kry. Nadat sy die motor oopgesluit het, het sy na haar man gery en die spesiale brode uit die kar geneem en druiwesap geneem en onder die bome by haar man gesit en eet en hom van haar ervaring vertel. Hy was nie kwaad omdat sy vir die mense na hom toe geneem het nie, hy het verstaan en haar vriende het sy hand geskud en vir hom vertel hoeveel bewondering hulle vir hom het omdat hy so 'n besluit kon neem. Tot vandag toe drink hierdie man geen sterk drank nie en haar geliefkoosde ontbyt is .... Weetbix.

Johnny
Mar 9th 2010, 06:09 AM
Mia....'n pragtige en aangrypende storie. Ja, baie keer dink ons die klein dingetjies wat ons vir die Here doen wat niemand in die gemeente raaksien nie, is nutteloos, maar by God dra dit die hoogste dankbaarheid. Net een ding uit jou storie:


Die Sondag is daar 'n eucharistiese nagmaal wat gewoonlik 6 uur begin het.

Die "eucharis" is die Rooms Katolieke Nagmaal en is nie dieselfde as die Nagmaal wat ek en jy in ons gemeentes hou nie.

http://www.jesus-is-savior.com/False%20Religions/Roman%20Catholicism/satanic_eucharist_and_mass.htm

http://www.youtube.com/watch?v=uFjoBFs8dHE

Die Filadelfieer
Mar 9th 2010, 10:27 AM
Pragtige storie Mia, en baie goed geskryf : ek wroeg sommer saam met daardie vroutjie as ek dit lees.

Dit laat my dink aan iets wat ek aangevang het by die gemeente wat ek voorheen by ge-kerk het. Die kerk is nogals streng en eng gereformeerd, julle ken almal die tipe, en ek was 'n diaken ook gewees. (Soet seuntjie sien ?) In elk geval, die gebruik op Nagmaal was dat die diakens vroeg by die kerk bymekaar kom, die wyn skink, die broodjies reg kry en natuurlik die tafel voor dek waar die dominee en vername kerkraadslede sit.
Die dag staan ek toe op met 'n bevlieging, en besluit basta met hierdie ernstigheid , Nagmaal is mos 'n FEES ! Rokkel die stel kombuis sleutels by die koster af en, nadat alles klaar gedek was en die vlieg-net oor die tafel gegooi is, (niemand kon dus sien wat ek gedoen het nie) en gaan dek die tafel oor met borde, messe, vurke, tee-koppies, koek bordjies, koek-vurkies, letterlik die hele boksemdaais.

Die gesigte toe daai netjie van die tafel afgelig word was 'n sielkundige se droom. Jammer ek het nie 'n kamera gehad nie.

Johnny
Mar 9th 2010, 10:35 AM
Vir ons is dit 'n WAARDIGE byeenkoms.....

1Co 11:20 As julle dus saamkom, dan wil dit nie s dat julle die nagmaal van die Here eet nie.
1Co 11:21 Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.
1Co 11:22 Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle di beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle s? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie.
1Co 11:23 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
1Co 11:24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en ges: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.
1Co 11:25 Net so ook die beker n die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.
1Co 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
1Co 11:27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.
1Co 11:28 Maar die mens moet homself beproef en s van die brood eet en uit die beker drink.
1Co 11:29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
1Co 11:30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en n aantal het ontslaap.
1Co 11:31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.
1Co 11:32 Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wreld veroordeel mag word nie.
1Co 11:33 Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar;
1Co 11:34 en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek rel wanneer ek kom.

Die Filadelfieer
Mar 9th 2010, 10:43 AM
Wat is die punt wat jy probeer maak Johnny ?

Johnny
Mar 9th 2010, 10:52 AM
Wat is die punt wat jy probeer maak Johnny ?

Die manier hoe jy dit doen klink nie vir my baie waardig nie. Ek twyfel nie daaraan dat jy dit NIE met respek doen nie, maar net die wyse hoe jy dit doen klink vir my "afgewater"!

Ta-An
Mar 9th 2010, 12:19 PM
Die manier hoe jy dit doen klink nie vir my baie waardig nie. Ek twyfel nie daaraan dat jy dit NIE met respek doen nie, maar net die wyse hoe jy dit doen klink vir my "afgewater"!

Johnny...... ek sien nie waar Fila gefouteer het nie :hmm:

Weet jy, die Nagmaal is 'n Fees.
Want al herdenk ons wat Jesus gedoen het, vier ons dit met blydskap dat ons deel daarvan kan wees.

Die sukses van wat Fila gedoen het, het baie afgehang van hoe die Ds dit hanteer het...Jesus is deel van ons elke dag se verrigtinge.
Ek het met my vriendin se 50ste verjaarsdag, nagmaal bedien voordat ons begin kuier het.

Jesus het Homself vir ons gegee, Hy lewe saam met ons in ons elke dag.... en ja, ook saam met ons by ons tee-partye.

Mooi geskryf Mia.

Dankie dat jy dit met ons gedeel het.:)

Johnny
Mar 9th 2010, 12:32 PM
Johnny...... ek sien nie waar Fila gefouteer het nie :hmm:

Weet jy, die Nagmaal is 'n Fees.
Want al herdenk ons wat Jesus gedoen het, vier ons dit met blydskap dat ons deel daarvan kan wees.

Die sukses van wat Fila gedoen het, het baie afgehang van hoe die Ds dit hanteer het...Jesus is deel van ons elke dag se verrigtinge.
Ek het met my vriendin se 50ste verjaarsdag, nagmaal bedien voordat ons begin kuier het.

Jesus het Homself vir ons gegee, Hy lewe saam met ons in ons elke dag.... en ja, ook saam met ons by ons tee-partye.

Mooi geskryf Mia.

Dankie dat jy dit met ons gedeel het.:)

As dit is hoe julle ouens Nagmaal vier, dan is dit julle besluit. EK het 'n probleem om die Nagmaal iets goedkoops te maak. Ek dink nie die Kruisiging was 'n "teepartytjie" nie. Dit is dalk nie hoe julle dit sien nie, maar dit is hoe dit vir my voorkom. So, ek dink nie ALWEER ek (of my gemeente) is reg en julle verkeerd nie, sien dit hoe ek dit sien en ervaar.

'n Vreemde ou wat vir die eerste keer op die forum kom en niks weet van die Nagmaal af nie, sal dit dalk anders opneem as wat julle werklik bedoel.;)

Die Filadelfieer
Mar 9th 2010, 12:34 PM
Ta-An,
Wat ek dalk moes bygeskryf het was dat daar natuurlik sekere gevolge van my aksies was :

Eerstens, spot die dominee my tot vandag toe nog oor daardie dag.

Tweedens vertrou gin koster my meer met 'n bos sleutels nie.

Ta-An
Mar 9th 2010, 12:48 PM
Ta-An,
Wat ek dalk moes bygeskryf het was dat daar natuurlik sekere gevolge van my aksies was : Wat wys dat jy leerbaar is :)


Eerstens, spot die dominee my tot vandag toe nog oor daardie dag. Jy het deur wat jy gedoen het, die mense se aandag gevestig daarop dat Nagmaal nie 'n ritueel moet word nie ;)


Tweedens vertrou gin koster my meer met 'n bos sleutels nie. :lol:
********************************

Johnny.....
Alle eer aan ons God en Koning!
Hy is welkom by en met ons elke dag.
Ons breek brood om Sy wondergawe van Verlossing te gedenk!
Om Dankie te s,,,,

Ek kan aan geen groter eer dink as om 'n 50ste verjaarsdag te begin met 'n Nagmaal nie....
Hallelujah!

Johnny
Mar 9th 2010, 01:33 PM
Ta-An, ek wil net hier noem dat ek nie soseer 'n probleem met julle wyse van Nagmaal viering het nie, maar ek het genoem dat ek 'n probleem met die volgende stelling het:


Die Sondag is daar 'n eucharistiese nagmaal wat gewoonlik 6 uur begin het.

Dit is die Rooms Katolieke manier van Nagmaal hou, wat NIE die Bybelse Nagmaal is nie!

Ta-An
Mar 9th 2010, 01:49 PM
Johnny: hier is bietjie meer inligting ;

Ek stem ons is gewoond daaraan dat Eucharist in die RKK gebruik word maar lees hier verder

Eucharist = –noun
1.
the sacrament of Holy Communion; the sacrifice of the Mass; the Lord's Supper.

eucharist (lowercase) the giving of thanks; thanksgiving.


Wikipedia :Names and their origin (http://en.wikipedia.org/wiki/Eucharist)

Eucharist from Greek εὐχαριστία (eucharistia), meaning thanksgiving. The verb εὐχαριστῶ, the usual word for "to thank" in the Septuagint and the New Testament, is found in the major texts concerning the Lord's Supper, including the earliest:

For I received from the Lord what I also delivered to you, that the Lord Jesus on the night when he was betrayed took bread, and when he had given thanks, he broke it, and said, "This is my body which is for you. Do this in remembrance of me." (1 Corinthians 11:23-24)

The Lord's Supper (Κυριακὸν δεῖπνον) derives from 1 Corinthians 11:20-21.

When you come together, it is not the Lord's Supper you eat, for as you eat, each of you goes ahead without waiting for anybody else. One remains hungry, another gets drunk.

Communion is a translation - other translations are "participation", "sharing", "fellowship"[4] - of the Greek κοινωνία (koinōna) in 1 Corinthians 10:16. The King James Version has

The cup of blessing which we bless, is it not the communion of the blood of Christ? The bread which we break, is it not the communion of the body of Christ?[5]

Mia Ashton
Mar 9th 2010, 04:36 PM
Ai toggie tog, nooit het ek gisteraand toe ek hierdie storie onthou, gedink en steek 'n stok in 'n byenes. Ta-An, dankie vir jou verduideliking van die woord Eucharist. Ek kannie sien hoe die manier waarop daar op daardie betrokke oggend nagmaal gevier is, enige verband hou met die RKK. Die brood en die wyn het brood en wyn gebly, wat slegs heenwys na Christus se liggaam vir ons gebreek, Sy bloed vir ons gestort. Nooit is daar na iets anders verwys. Die feit dat die 6.00 in die oggend was, weet jy Johnny hoe naby is ons Heer aan jou so vroeg in die oggend. Ek kannie dink dat dit net die RKK is wat kan aanspraak maak op 'n nagmaal die tyd van die oggend. Moenie jou blind staar teen die woord 'eucharisties' nie, lees weer die kruks van die storie. Jesus het self 'n arme sondaar mens daardie oggend, waar sy op 'n ongelooflike lae punt was, opgetel, gevoed en vertroos. Later die oggend het sy onder die bome met haar donkaard man weer gaan nagmaal hou en aan hom vertel hoe Jesus haar ontmoet het. Jesus was so genadig, Hy het ook haar man genees.!!!!!!!!!!!!!!

Die klem van my storie val op Jesus se genade en Sy Liefde. Die betrokke kerk en dominee skuif in die agtergrond. Dit was maar net die 'backdrop' waarteen hierdie storie hom afgespeel het. As Jesus geen behae in haar of haar doen en late gehad het nie, waarom het Hy haar daar ontmoet. Johnny, my vriend, moenie wees soos die leraars van daardie kerk nie, sien die liefde en genade wat God vir ons het en vergeet bietjie van die woordkeuses wat ek gebruik het. Sien die wonder van dit wat gebeur het en die vreugde wat sy ondervind het. In haar gebrokenheid was dit God self wat Sy genadige hand na haar uitgesteek het, en nie 'n mens nie.

Ek sou nie graag wou sien dat my storie 'n twispunt op Lighuis word nie. Die heiligheid van ons Heer se maaltyd, is nooit ooit betwyfel nie.

Ta-An
Mar 9th 2010, 06:23 PM
Ek sou nie graag wou sien dat my storie 'n twispunt op Lighuis word nie. Die heiligheid van ons Heer se maaltyd, is nooit ooit betwyfel nie.:hug: :hug:

protea
Mar 11th 2010, 12:42 PM
Mia, dis n PRAGTIGE verhaal wat mens maar net weer laat dink: Waar kom al die 'kerklike tierlantyntjies' vandaan? Verseker nie van ons Here af nie wat Nagmaal saam met sy geliefdes in alle eenvoud gevier het. En NATUURLIK is dit n vreugdefees want My en jou sondes is betaal vir altyd en altyd .
En by n vreudefees gaan my gesigsuitdrukking definitief nie stug en stoer wees nie! Verseker sal ek nooit weer Weetbix eet sonder om aan die verhaaltjie te dink nie!

Johnny
Mar 26th 2010, 09:25 AM
Ek wou nie die verhaal 'n twispunt maak nie. Ek het bloot probeer verduidelik dat ons nie die Heilige Nagmaal met die Roomskatolieke "Eucharist" moet verwar nie. Die verhaal haal duidelik die woord "eucharist" aan, en dit is NIE die Bybel se Nagmaal nie. Voorwaar is die Nagmaal kosbaar, maar die Rooms Katoliek het van die Nagmaal 'n "slagpale" gemaak.....en dit is nie beeste wat elke oggend in hulle "Mass" geslag word nie, maar Jesus Christus......oor en oor en oor!

Ta-An
Mar 26th 2010, 11:00 AM
Ek wou nie die verhaal 'n twispunt maak nie. Ek het bloot probeer verduidelik dat ons nie die Heilige Nagmaal met die Roomskatolieke "Eucharist" moet verwar nie. Die verhaal haal duidelik die woord "eucharist" aan, en dit is NIE die Bybel se Nagmaal nie. Voorwaar is die Nagmaal kosbaar, maar die Rooms Katoliek het van die Nagmaal 'n "slagpale" gemaak.....en dit is nie beeste wat elke oggend in hulle "Mass" geslag word nie, maar Jesus Christus......oor en oor en oor!

:hug: :hug: :hug: :hug: :hug: :hug: :hug: