PDA

View Full Version : Bespreking Jesus in die Ou Testament



Johnny
Mar 9th 2010, 08:30 AM
Hoe wonderlik is die Bybel nie net geskryf nie! Dit moes deur 'n opper gesag ingegee gewees het. As jy 'n "search" doen (AOV 1953) vir die woord Jesus in die Ou Testament, dan kom dit NIE een keer voor nie. Hoekom nie? Want Jesus is eers in die Nuwe Testament gebore. Die woord Jesus kom 971 keer voor in die Nuwe Testament en 0 keer in die Ou Testament voor. Beteken dit dat Jesus nie bestaan het van die begin van tyd af nie?

Oral waar jy die woord "Engel" in die Bybel lees met 'n hoofletter, dan verwys dit na Jesus. Die woord "Engel" met 'n hoofletter kom 61 keer voor in die Ou Testament en 4 keer in die Nuwe Testament. Dus was Jesus baie betrokke in die Ou Testament wat bewys dat Hy van altyd nog daar was.

Heilige Gees kom 6 keer voor in die Ou Testament en 195 keer in die Nuwe Testament. So die Heilige Gees was ook van altyd af daar. God kom 2680 keer voor in die Ou Testament en 1342 keer in die Nuwe Testament.

Dus was die Drie Eenheid nog altyd saam van die begin af en SAL vir altyd saam wees tot aan die "einde" van tyd....en daar sal geen einde wees nie omdat ons vir altyd by hulle sal wees.

Die mesne wat die Ou Testament geskryf het het nie geweet van die Messias wat in die Nuwe Testament gebore sou word nie....eintlik het hulle want daar is oor die 300 profesiee in die Ou Testament van Jesus se koms.....en tog het hulle Sy naam neergeskryf elke keer as hulle die woord "Engel" met 'n hoofletter geskryf het. Absolutely Amazing!

Gene
Mar 12th 2010, 10:46 AM
Ek verskil nie noodwendig van dit wat jy hierbo skryf nie, maar ek wil so 'n klein klippie in die bos gooi.... Daar bestaan geen hoofletters in die Hebreeuse taal nie - wie het besluit wanneer om Engel met 'n hoofletter te skryf in moderne vertalings?

Maar dat Jesus van die begin af daar was, is seker. Lees maar net Johannes 1:1